Malema se regsverteenwoordigers moet binne 14 dae appèl aanteken.
Die NTK het gesê Malema hy het “sy lidmaatskap-eed versaak en is nie gereed om die ANC se grondwet te respekteer nie”.
Malema was tuis, in Seshego in Limpopo, toe die aankondiging gemaak is. Sowat 500 mense het Woensdagaand buite sy woonplek saamgetrek, het die polisie in Limpopo gesê. Volgens brig. Hangwani Mulaudzi het die skare gekom om Malema te ondersteun.
Floyd Shivambu, woordvoerder van die jeugliga, se lidmaatskap is vir drie jaar opgeskort.
“Hierdie bekragtiging is ook toepaslik op kameraad Shivambu se lidmaatskap van die ANC-jeugliga. Gevolglik sal hy uittree uit sy posisie as lid van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC-jeugliga.”
Die SABC-nuus het betroubaar verneem dat Malema sy skorsing na die ANC se nasionale uitvoerende komitee sal neem as sy appèl misluk.
Malema se politieke loopbaan is waarskynlik dus nog nie verby nie, en sal uitgespeel word in die aanloop tot die ANC se elektiewe konferensie in Bloemfontein, aangesien Malema baie steun onder swart kiesers geniet.
Die DA het gesê Malema moet die besluit van die ANC se nasionale tugkomitee (NTK) aanvaar.
Brig. Hangwani Mulaudzi sê die skietery het laat Woensdagaand plaasgevind nadat twee groepe buite Malema se huis mekaar met klippe gegooi het.
Na bewering het Malema se veiligheidswagte waarskuwingskote afgevuur. Daar word ook beweer dat een van die groepe skote afgevuur het.
“Die situasie is onder beheer. Ons het beide partye oortuig dat… die polisie ernstige stappe sal neem indien hulle daarmee voortduur,” het Mulaudzi gesê.
Daarna het die groepe bedaar. Niemand is in die voorval beseer nie.
Die polisie is besig om die gebied te patrolleer. Mulaudzi sê polisiebeamptes is ook besig om ondersoek in te stel.
“Ons moet aanvaar dat hierdie die besluit is, maar dat dit nie die einde van die pad is nie,” het hy gesê.
“Dit is nog vroeg om fees te vier, omdat die pad voor ons baie lank gaan wees en mans en vroue benodig… wat baie sterk is.”
“As jy swak is, gaan jy in die proses val,” het Malema gesê.
“Ek is nie ‘n soldaat wat bereid is om tydens die geveg te val nie; ek sal sterf met my stewels aan; ek sal sterf vir wat ek glo.”
Malema sê hy het niks verkeerd gedoen nie.
“Ek het van niemand gesteel nie… Ek het niemand doodgemaak nie,” het hy gesê.
