‘n Vier-en-dertigjarige Britse toeris is in Table View, Kaapstad, in hegtenis geneem vir die besit van tik met ‘n beraamde R2.5 miljoen straatwaarde, het die Wes-Kaapse polisie Donderdag gesê.
Lt-kol André Traut het gesê die man is in hegtenis geneem by sy stoorfasiliteit in Potsdamweg Woensdag met nege kilogram van die dwelm.
“Hy is al vir ‘n geruime tyd onder die soeklig van die polisie,” het hy gesê.
Die man was hier op ‘n drie-maande-toerisme-visum.
Hy sal Vrydag in die Kaapstadse landdroshof verskyn, het Traut gesê.
