Maar blykbaar onthou Xi Jinping die 1985-verblyf, want hy het daarop aangedring om hierdie week Muscatine, ‘n klein boerderygemeenskap weer te besoek.
Destyds was hy ‘n jong Kommunistiese Party-leier op soek na idees om die landbou-streek in die noorde van China te help. Nou is hy die land se vise-president.
“Ek is stomgeslaan dat hy tyd sal neem met sy besige skedule om terug te kom na Muscatine,” sê die Eleanor Dvorchak, by wie hy vir twee nagte oorgeslaap het.
Sommige plaaslike amptenare is vol hoop omdat landbou – en spesifiek Iowa se landbou – ‘n prominente rol in die reis deur die toekomstige leier van die wêreld se mees bevolkte land, speel.
“Dit stuur ‘n sein dat die nuwe leier nie ‘n vreemdeling vir die VSA is nie en dat hy ondervinding en kennis het van Amerika se hartland,” sê David Shorr, ‘n buitelandse beleid-spesialis by die Stanley Foundation in Muscatine.
Xi sal volgende jaar na verwagting die land se hoogste amp oorneem en Sjina lei oor die volgende dekade. Hy sal ontmoet met president Barack Obama, Dinsdag in Washington, voor hy na Iowa vlieg. Hy sal ook in Kalifornië aandoen.
China het ‘n toenemend belangrike handelsvennoot van die Verenigde State geword. Hulle het verlede jaar $20 miljard aan Amerikaanse landbou-uitvoere uitgegee, dus die grootste aankoper van landbougoedere.
In 1985, het Xi by die Dvorchaks, hul dogter en hul hond in ‘n vier-slaapkamer, drie-badkamer, ranch-styl huis oorgebly. Die Star Trek-tema kamer is onveranderd gelaat nadat die egpaar se seuns kollege toe is.
Eleanor Dvorchak, nou 72, onthou ‘n aantreklike 31-jarige man wat kalm en intens gefokus was daarop om soveel as moontlik te leer tydens sy kort reis.
“My werk was om hom te voorsien van ontbyt en ‘n rustige plek vir hom om te ontspan en dink, hom tyd te gee om sy gedagtes saam te vat vir die volgende dag,” het sy gesê. “Dit was net ‘n plesier om hom in ons huis te hê. Hy was nie veeleisend nie.”
Die taalgrens het gesprek moeilik gemaak, maar Xi was geïnteresseerd in die toer van die huis en was beïndruk met die twee-motor motorhuis en groot beton oprit met ‘n basketbalmandjie, het sy gesê.
Donderdag beplan Xi om die eerste VSA-China Landbousimposium in Des Moines by te woon. China se minister van landbou, Han Changfu, sal ook na verwagting dit bywoon.
“Die feit dat hy die leier van China gaan wees, hy het natuurlik ‘n baie vriendelike en positiewe gevoel teenoor Iowa,” sê van die inwoners. “Dit kan ‘n groot aanwins vir ons wees op die pad vorentoe.”
