Die gevurkte tong van Coca-Cola

Coca-Cola is die ondersteuner van een van Afrika se mees berugte diktators, Swaziland se koning Mswati III. Dié maatskappy word beskuldig deur aktiviste van die skending van menseregte en die plundering van nasionale rykdom.

Die multimiljardmaatskappy besit ‘n konsentraat-vervaardigingsaanleg in die verarmde koninkryk en dra dus ‘n beraamde 40% by tot die land se bruto binnelandse produk.

Coca-Cola sê dat Mswati nie enige wins of dividende uit sy Swazilandoperasie, die grootste in Afrika, ontvang nie. Die koning ontvang en misbruik egter belastinggeld wat hy uit Coca-Cola maak, sê sy kritici.

Met ‘n fortuin van sowat $100 miljoen, is Mswati aan bewind oor een van die mees ondemokratiese lande in die wêreld, met die meeste mense wat in absolute armoede leef. Politieke partye is verbode en aktiviste word gereeld in hegtenis geneem, opgesluit en gemartel.

Coca-Cola sê hulle voldoen aan die “hoogste etiese standaarde” en het ten doel om ‘n “uitstaande korporatiewe burger in elke gemeenskap wat ons dien” te wees. Die maatskappy het Swaziland in 1987 verlaat agv apartheid in Suid-Afrika.

Sherree Shereni, woordvoerder vir Coca-Cola, het gesê: “Koning Mswati III het nie enige wins of dividende uit TCCC/Conco Swaziland [Coca-Cola se produksie-aanleg] ontvang nie.”

Gevra of die koning belastinginkomste van Coca-Cola vir sy persoonlike voordeel gebruik, het Shereni gesê: “TCCC, soos enige ander belastingbetaler, bepaal nie waarvoor die belasting wat die regerings van die lande waarin hy sake doen, gebruik word nie. Dit is die statutêre bevoegdheid van die regerings self.”

Sy het bygevoeg: “Coca-Cola is nie betrokke by die politieke agenda van enige land waarin ons sake doen nie.” Sy het nie kommentaar gelewer oor die maatskappy se politieke besluit om by destyds by anti-apartheidsaktvisme betrokke te raak nie.

topcargo

Maak 'n opvolg-bydrae