Wiskunde-uitslae gaan glo beroerd wees

‘n Groot aantal matriekleerlinge gaan weer na verwagting wiskunde dop. Lynn Bowie, ‘n dosent in wiskunde-onderwys aan die Universiteit van die Witwatersrand, het gewaarsku oor die moontlikheid van ‘n baie hoë druipsyfer in wiskunde.

Dr Sizwe Mabizela, voorsitter van Umalusi se raad, het ook laat deurskemer dat leerlinge se wiskundeprestasie nie indrukwekkend gaan wees wanneer die resultate Woensdag vrygestel word nie.

Dié toedrag van sake kom ten spyte van sagte opsies soos Wiskundige geletterdheid, ‘n vak om swak leerlinge te help om beter te presteer in Wiskunde.

Mabizela het gesê dat die land moet bekommerd wees oor die swak prestasie in wiskunde.

“Ons moet ons onderwysers ondersteun. Ons moet belê in die onderrig en leer van wiskunde om leerders na die middel-of hoër vlak te trek.”

Verlede jaar het slegs 30,9% van die 263 034 wiskunde-kandidate 40% en meer in die vak behaal.

‘n Totaal van 620 266 kandidate is tans geregistreer vir die eksamen.

Mabizela het gesê van die 56 vakke wat aan Umalusi voorgelê is vir standaardisering, is die aanvanklike punte in 45 vakke aanvaar.

“Moderering met geringe opwaartse aanpassings in drie vakke is in werking gestel, terwyl moderering met geringe afwaartse aanpassings agt vakke in werking gestel is.”

Die vakke waarin punte aangepas is, is Lewenswetenskappe, Landbouwetenskappe, Landboubestuurspraktyke, Elektriese Tegnologie, Besigheidstudies, Rekeningkunde, Ekonomie, Geskiedenis, Engels eerste addisionele taal, Zoeloe-huistaal en Tshivenda-huistaal.

Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga en onderwys-ontleders het optimisme uitgespreek dat ten minste 70% van hierdie jaar se matrieks die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen sal slaag.

Motshekga het gesê sy sal “baie verras” wees as daar ‘n verbetering in die slaagsyfer in die Oos-Kaap is.

Motshekga het gesê: “Ek hoop regtig dat ons ten minste die 70%-merk haal sodat ons die teiken van 80% vir 2014 kan bereik.”

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae