“Ek is diep teleurgesteld deur die uitkoms van verlede week se beraad omdat ek dink daar kan nou ‘n werklike gevaar wees dat die Verenigde Koninkryk mettertyd in die Europese Unie geïsoleer en gemarginaliseer sal word,” het Clegg aan BBC gesê.
Premier David Cameron het buitensporige eise gestel om die Britse finansiële sektor in Londen teen mededingers in Frankfurt en Parys te beskerm. Hy geniet steun in sy party vir sy standpunte.
Sy politieke opponente het sy houding as ‘n “katastrofe” vir die VK se rol in die EU beskryf en ook gekla dat hy Brittanje “volledig geïsoleer” het.
Tsjeggië en Swede het buite stemming gebly, sodat hul parlemente eers geraadpleeg kan word.
Indien dié parlemente instem, sal Duitsland en Frankryk 26 stemme wen en Brittanje slegs een.
