Volgende Vigsplan vandag bekend

President Jacob Zuma stel vandag ‘n nuwe Nasionale Strategiese Plan oor MIV/VIGS en TB bekend. Die vyfjaarplan sal die rigting aandui oor hoe die pandemie oor die volgende paar jaar hanteer behoort te word.

Verskeie sektore onder die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad het tot die nuwe plan bygedra. Die ondervoorsitter van SANAC, Mark Heywood, sê die nuwe plan gee aandag aan uitdagings en vul die leemtes wat in die vorige strategiese plan voorgekom het.

Intussen het Amerikaanse wetenskaplikes aangekondig dat toetse op laboratorium-muise daarop dui dat hulle op koers is met die soektog na ‘n entstof teen MIV.

Die vaktydskrif, Nature, sê geneties-aangepaste muise het die virus weerstaan, nadat hulle ingeënt is met gene om teenliggaampies te maak. MIV, wat vir die eerste keer in 1981 geïdentifiseer is, het reeds minstens 25 miljoen lewens geëis.

Tot dusver het slegs een middel in kliniese toetse ‘n mate van sukses behaal, met ‘n 31 persent doeltreffendheid om MIV infeksie te keer.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae