Mulder looi China by COP17

Dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye het Dinsdag in Durban tydens die COP17-beraad gesê dat die uitdaging vir landbou oor die volgende 30 jaar is om 70% meer kos te produseer, terwyl landbouers oor dieselfde tydperk die hoeveelheid aardverhittingsgasse wat deur landbou-aktiwiteite vrygestel word, drasties moet verminder.

Dr. Mulder het die hoofrede gelewer by die Voedsel en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies (Food and Agricultural Organisation) (FAO) se ‘klimaat-slim landbou’-inligtingsdag as deel van die COP17-program.

“Wat die uitdaging soveel groter maak, is die feit dat meeste van die wêreld se landbougrond reeds benut word. Die huidige hoeveelheid vrugbare grond wêreldwyd, verminder jaarliks met sowat 10 miljoen hektaar as gevolg van verstedeliking en droogtes. Die uitdaging is dus om meer kos op minder grond met minder skade aan die atmosfeer te produseer. Ons sal slegs hiermee kan slaag indien navorsing ‘n prioriteit is en ons beter ‘klimaat-slim’-landboupraktyke (climate smart agriculture) ontwikkel,” het dr. Mulder gesê.

Dr. Mulder het bygevoeg dat daar nie oor aanpassing en mitigasie van klimaatsverandering gepraat en onderhandel kan word, indien landbou nie ‘n prioriteit, ook op die COP17-agenda is nie.

Sonder die samewerking van die groot besoedelaars in die wêreld, soos die VSA en China, sal die klimaatsprobleme nie opgelos kan word nie. Suid-Afrika se bydrae tot die wêreld se vrystelling van aardverhittingsgasse is 1,4%. Al sou Suid-Afrika in 2020 vir ‘n jaar daarin slaag om die Kopenhagen-vrystellingsdoelwitte te bereik, stel China in 68 uur genoeg gasse vry om die Suid-Afrikaanse sukses te neutraliseer.

Данильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae