‘Swart poephol’

Die gholfwêreld is in oproer nadat die gholfjoggie Steve Williams Saterdag ‘n rassistiese opmerking oor sy voormalige baas, Tiger Woods, by ‘n toekenningsgeleentheid gemaak het.

Williams, wat ‘n Nieu-Seelander is, het na Woods se “swart poephol” verwys tydens die jaarlikse gholfjoggie-toekennings by die HSBC-kampioenskapstoernooi in Sjanghai.

Hy het die bewoording gebruik ná ‘n vraag oor sy omstrede vieringe ná ‘n oorwinning deur sy nuwe werkgewer, die Australië Adam Scott, by die Bridgestone Invitational in Augustus.

Williams, wat in Julie deur Woods afgedank is nadat hy vir 13 uit 14 van die voormalige nommer een se groot kampioenskaptitels sy joggie was, het Scott se oorwinning beskryf as die “beste wen van my loopbaan”.

Die 47-jarige Williams het ‘n tong-in-die-kies-toekenning gekry vir sy “viering van die jaar” en het ander gholfjoggies, borge en spelers geskok toe hy sê: “Dit was my doel om dit reg by daardie swart poephol op te druk.”

Williams het later ‘n verskoning op sy kiwicaddy.co.nz-webwerf uitgereik.

“Ek vra om verskoning vir aanmerkings wat ek gisteraand gemaak het,” het hy in die verklaring gesê.

“Ek besef nou hoe my opmerkings as rassisties gesien kan word. Nietemin kan ek julle verseker dat dit nie my bedoeling was nie. Ek vra groot om verskoning vir Tiger en enigiemand anders wat ek moontlik beledig het.”

Daar was verskeie beroepe in die Britse media dat Williams deur Scott afgedank moet word.

Scott was saam met etlike top-10 spelers, insluitende Rory McIlroy, wat van die 100 gaste was wat Williams se kommentaar gehoor het.

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae