Gaddafi glo gevange geneem

Al Jazeera berig dat Moeammar Gaddafi deur NOR-rebelle in Sirte gevang is. Libiese TV-kanale het die nuus uitgesaai.

Gaddafi is gevange geneem nadat hy in albei bene gewond is, het Abdel Majied, ‘n NOR-rebel, aan Reuters gesê.

Volgens een van die rebelle waarmee Al Jazeera gepraat het, is Gaddafi gevange geneem, maar hy kon nie bevestig of die ontsetelde leier nog lewe nie.

Die aankondiging is gemaak nadat die rebelle tydens ‘n militêre offensief op Sirte, Gaddafi se tuisstad, oorgeneem het.

Navo kon nie die berigte bevestig nie.

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae