Om jou TV-lisensie te betaal is omtrent so dom soos om vir die NP te gestem het. Tog snaaks dat mens so min aktivisme en radikale uitlatings van blankes hoor; mense is geneig om liewer te sê: “Ja, maar…”
Volgens die SABC se jongste jaarverslag vir 2010/2011 wat amptelik voorgehou is aan die parlement Dinsdag, het dr Ben Ngubane, die voorsitter van die SAUK-raad, vergoeding van R444 000 ontvang.
Dit is is bloedweinig in vergelyking met die vergoeding van ‘n ander doodgewone SABC-werknemers.
Thelma Melk se totale vergoeding van R1.75m vir dieselfde tydperk, laat syne na kleingeld lyk.
Melk is ‘n sekretaresse. Sy is onlangs deur die SABC na bewering vir “swak werkprestasie” tydelik geskors.
Nog ‘n hoë-inkomste verdiener by die SABC is Richard Waghorn. Hy is die SABC se hoof-tegnologie beampte. Waghorn se totale vergoedingspakket is R3.74m.
Robin Nicholson het R4.13m as die hooffinansiëlebeampte ontvang, bedank en gaan waarskynlik ‘n groot goue handdruk kry vir sy moeite.
Die grootste vergoedingspakket in die jaarverslag vir die tydperk het egter aan die SABC se uitvoerende lid Phumelele Ntombela Nzimande, die vrou van hoër onderwysminister Blade Nzimande, gegaan.
Sy is die enkele grootste verdiener met ‘n totale vergoeding van R4.7m.
Dit gaan voorwaar lekker daar by die uitsaaier. Lees hier verder.
