Chaos het uitgebreek by die Universiteit van Fort Hare in Alice in die Oos-Kaap toe die polisie met rubberkoeëls op studente losgebrand het.
Die studente kla reeds ‘n geruime tyd oor die gebrek aan water en elektrisiteit in koshuise by dié universiteit.
Die polisie het die studente met rubberkoeëls en skokgranate uiteengejaag nadat hulle buitebande aan die brand gesteek het.
Bedrywighede by die universiteit het ook tot stilstand gekom toe studente die hoofingang versper het.
