Kompromiedenke lei tot ondergang

As ons na die onlangse geskiedenis in Suider-Afrika kyk, kan osn sien dat diegene wat kompromieë aangegaan het feitlik volslae ondergang beleef het. Aan die ander kant het die kompromielose revolusionêre en diktators soos Mugabe wat volgens ‘n vaste stel reëls – hoe vreemd sulke reëls mag voorkom – handel, eenvoudig gedy. Oral in Suider-Afrika het die radikale bewegings oor die meer gematigdes geseëvier: die ANC en SAKP in Suid-Afrika, Swapo in Namibië, Frelimo in Mosambiek en die MPLA in Angola.

Die ANC het die hele bouwerk van Afrikanermag onder die Broederbond en Nasionale Party ‘n dwarsklap sommer met die rughand gegee. En daar tuimel alles toe na benede. As ‘n mens dink aan die ontsaglike instellings wat die Broederbond en NP namens die Afrikanervolk en blanke Suid-Afrika beheer het, dan duisel jou sinne daarvan. Daar was die staat met sy buitelandse diens en ambassades in elke belangrike land, die weermag en polisie, Eskom, Transnet, Yskor, Sasol, die Afrikaanse universiteite, Sanlam, Absa en die Openbare Beleggingskommissaris wat die staat se pensioene bestuur. Dan praat ‘n mens nie eens van al die munisipaliteite nie, van die groot stede tot die kleiner dorpe.

Daar is al baie redes vir die dekadensie en uiteindelike ineenstorting van Afrikanermag verskaf, maar die Broederbond en Nasionale Party se bereidwilligheid om feitlik oor alles ‘n kompromie aan te gaan, moet sekerlik iewers bo-aan die lys van aanleidende oorsake wees. Die probleem is dat hierdie kompromiedenke steeds met ons is. Slaan ‘n mens ‘n Afrikaanse koerant oop, dan kom ‘n mens steeds dieselfde inskiklike lafhartigheid teë wat hierdie land tot op die afgrond van ‘n stadige volksmoord en verdrywing van die blanke bevolking gebring het. Selfs ons oorlewing is onderhandelbaar. Drakoniese rassewetgewing  en allerlei vorme van diskriminasie teen blankes word meesal klakkeloos aanvaar of met begrip verduur.

Wanneer gaan ons begin om op sekere beginsels en regte te staan, soos wat die ANC en SAKP gedoen het? Gee die duiwel wat hom toekom: hulle was nie met die tweede of derde prys tevrede nie en het selfs ná die verlies van hul vernaamste strategiese vennoot en bron van finansiering, die ou Sowjetunie, uitgehou en op niks minder as oorgawe deur die Nasionale Party aangedring nie. Goetspa, noem die Jode dit.

Ongelukkig lyk dit asof goetspa, asook beginsels waarvoor hulle bereid is om op te offer, onder Afrikaners maar yl gesaai is. Ten minste onder daardie Afrikaners wat die vinnig krimpende ekonomiese en mediabasis beheer wat nog in ons mense se hande is.

фото из баниФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae