Die skrywer André P. Brink het gisteraand op ‘n KLM-vlug vanaf Europa na Kaapstad gesterf. Behalwe sy kinders uit vorige huwelike, laat hy sy Pools-gebore vrou Katrina Szczurek agter.
Hoewel Brink aanvanklik in Afrikaans begin skryf het, het hy ná die verbod op Kennis van die aand (1973) tweetalig begin skryf en in later jare eers sy boeke in Engels geskryf en agterna in Afrikaans vertaal.
Hy het meesal by Engelstalige universiteite in Afrikaans en in moderne letterkunde klas gegee en sodoende die meer radikale linkse sienings van sy eie mense, die Afrikaners, verinnerlik.
Kritici is verdeeld oor sy werke. Terwyl sommige hulle hoog aanskryf, kla ander oor die clichés en stereotipes daarin. In latere jare het hy hom merendeels toegespits op historiese romans waarin Afrikaners as wreedaardige boosaards uitgebeeld word, soos die roman Philida (2012) waarin ‘n Kaapse slavin as hoofkarakter aangebied word.
Lys van publikasies (soos op sy uitgewer se webblad aangetoon word)
Romans
1958 Meul teen die hang
1959 Die gebondenes
1960 Eindelose weë
1962 Lobola vir die lewe
1963 Die ambassadeur
1965 Orgie
1969 Miskien nooit
1973 Kennis van die aand
1975 ‘n Oomblik in die wind
1978 Gerugte van reën
1979 ‘n Droë wit seisoen
1982 Houd-den-bek
1984 Die muur van pes
1988 Die eerste lewe van Adamastor
1988 States of Emergency
1991 Die kreef raak gewoond daaraan
1993 Inteendeel
1995 Sandkastele
1998 Duiwelskloof
2000 Donkermaan
2002 Anderkant die stilte
2004 Voor ek vergeet
2005 Bidsprinkaan
2006 Die Blou Deur/The Blue Door
2008 Ander lewens 2012 Philida
Dramas
1959 Die band om ons harte
1961 Caesar
1962 Die koffer
1965 Bagasie (Koffer, Tas, Trommel)
1965 Elders mooiweer en warm
1970 Die verhoor
1970 Die rebelle
1971 Kinkels innie kabel
1973 Die bobaas van die boendoe
1973 Afrikaners is plesierig
1974 Pavane
1976 Die hamer van die hekse
1979 Toiings op die langpad
1997 Die jogger
Reisverhale
1962 Pot-pourri: sketse uit Parys
1963 Sempre diritto
1965 Olé
1969 Midi
1969 Parys-Parys Retoer
1970 Fado 2012 Herinneringe aan Parys (Heruitgawe)
Ander Werke
1961 Bakkies en sy maats – 1 Die Bende (jeugverhaal)
1963 Die Verhaal van Julius Caesar
1965 Bakkies en sy maats – 2 Platsak
1965 Rooi (5 kortverhale in bundel; met ander) Hennie Aucamp, Jan Rabie, Freda Linde en Uys Krige
1973 Portret van die Vrou as ‘n Meisie
1973 Die geskiedenis van oom Kootjie Emmer van Witgatworteldraai
1973 Brandewyn in Suid-Afrika
1974 Dessertwyn in Suid-Afrika
1974 Die klap van die meul
1974 Die wyn van bowe
1981 ‘n Emmertjie wyn (kortverhale)
1983 Oom Kootjie Emmer en die nuwe bedeling
1984 Loopdoppies (kortverhale)
2010 Oom Kootjie Emmer
Omnibusse
1982 Die fees van die malles (humor)
1986 Mal en ander stories
1990 Latynse reise (reissketse)
2006 Met ‘n glimlag
Samestellings
1977 Oggendlied: ‘n Bundel vir Uys Krige op sy Verjaardag
1979 Klein Avontuur (Top Naeff)
1986 A Land Apart: A South African Reader (saam met J.M. Coetzee)
1994 SA 27 April 1994
1995 27 April – One Year Later/Een Jaar Later
2000 Groot Verseboek
2008 Groot Verseboek
Outobiografie
2009 ‘n Vurk in die pad (Human & Rousseau)
Die Hollywood-ster Mark Wahlberg wat tans ‘n nuwe rolprent uitreik, The Gambler, het aansoek gedoen om sy misdaadrekord in die deelstaat van Massachusetts te laat uitwis omdat hy glo berou het oor sy dade wat byna 30 jaar gelede gepleeg is. Wahlberg is destyds as jeugdige tot 45 dae tronkstraf gevonnis omdat hy twee Viëtnamese geslaan het.
Maar Wahlberg het ook destyds rassistiese taal teenoor ‘n swart meisie gebruik waarvoor hy tans voor stok gekry word.
‘Negrologie’ is verreweg een van die beste onlangse boeke oor Afrika wat daar ooit geskryf is. Elke aspek van die vasteland se probleme (bevolkingsontploffing, geweld, korrupsie) word ondersoek, tesame met ‘n hoofstuk oor Suid-Afrika. Die boek is slegs in die oorspronklike Frans en in PRAAG se Afrikaanse vertaling beskikbaar. Daar is egter min van die boeke oor en waarskynlik sal dit te duur kos om die boek te herdruk aangesien die oorspronklike uitgawe met vertaalregte en drukkoste ons meer as R100 000 uit die sak gejaag het.
Binnekort is dié vertaling dalk ‘n versamelaarsitem.
Koop dit nou by ons WINKEL waar u met direkte bankbetaling of ‘n debiet-/kredietkaart kan betaal.
It is anyone’s guess how long it will take to recuperate from the current rapine practised by another invader, the erstwhile foreign terrorist group known as the ANC. Since coming to power in 1994, a staggering 300 000 people have been murdered, and our beautiful country has become a criminal state. Not only has government become corrupt to the core, as exemplified by the R60 billion arms deal, but South Africa is also the preferred domicile of hundreds of foreign crime syndicates.
We have been transformed – to use a fashionable piece of official jargon – into a den of iniquity, the international crime capital and centre for drug-trafficking, prostitution, money laundering, child pornography, rape, murder, car hijacking, and so on.” In these two polemical essays, the author argues persuasively for a speedy end to ANC rule. No-one in the last ten years has had the courage to denounce the racial madness and patent injustices of this unwanted and bloody regime.
N.B. To pay via PayPal or credit card, do a normal purchase as if you are going to pay via EFT/interbank transfer in Rand, then send us an email to info@praag.org in order request a link to PayPal or our credit card facility.
Die bekende Franse filosoof, Alain Finkelkraut, waarsku in ‘n nuwe boek dat anti-Semitisme verander het. Die bron daarvan is nie meer etniese nasionalisme soos in die verlede nie, maar die multikulturele beweging.
In ‘n boek genaamd Au nom de l’Autre (In die naam van die Ander), skryf hy, “die toekoms van haat is nou in die kamp van die multikulturele beweging en nie in dié van Vichy se volgelinge nie.” Vichy was tydens die Tweede Wêreldoorlog die setel van die Franse regering wat met die Duitse Nazi’s saamgewerk het. Finkelkraut beklemtoon verder: “Die probleem is in die kamp van die rasgemengde samelewing en nie in dié van die etniese nasie nie.”
Alain Finkielkraut
Finkelkraut het hom voorheen teen etniese nasionalisme uitgespreek en die universele aard van die Franse nasie beklemtoon, teenoor die Duitse tradisie van Herder en ander wat klem lê op taal en afkoms.
Hy het ook kritiek gelewer op die vervlakking wat gepaardgaan met die multikulturele samelewing, maar dit is die eerste keer dat hy hom so sterk uitspreek teen multikulturalisme as bron van anti-Semitisme en haat jeens bepaalde etniese groepe soos Jode.
“Dit wat tans teen die Jode gehou word, is nie dat hulle die Franse identiteit korrupteer nie, maar dat hulle martelaarskap afdwing of laat afdwing in hul naam op die andersheid van die Palestyne.”
Volgens hom is Westerse intellektuele in die greep van ‘n “internasionalistiese pogromisme” waardeur hulle alle groepe wat hul etniese identiteit wil behou, stigmatiseer as “die enigste ware rassiste”. Dit lei tot ‘n nuwe anti-Semitisme wat aan die opmars is in Europa, maar dié keer nie in die naam van rasse- of etniese suiwerheid nie, maar in die naam van die verpligting om te meng.
Hy skryf hierdie nuwe onverdraagsaamheid teenoor Jode toe aan die “kultus van die Ander.” In samehang met die “kultuur van skuld en verskoning” onder Europeërs, veroorsaak dit dat die Ander, “selfs al gedra hy homself soos ‘n verklaarde vyand, nooit enigiets beoefen behalwe geregverdigde selfverdediging nie; as hy wandade pleeg, is dit in reaksie op die reaksionêre gees, in reaksie op apartheidsmaatreëls of op die veiligheidsmaatreëls waarvan hy die slagoffer is.”
Ook weens die hoë aantal Arabiere en Moslems in Frankryk, is die gevalle van anti-Joodse aanvalle op sinagoges en begraafplase besig om toe te neem. Frankryk beskik oor ‘n groot Joodse gemeenskap van ongeveer 700 000 siele.
Uit die PRAAG-argief: hierdie artikel is vir die eerste keer gepubliseer op 8 September 2003 om 16:07
Twee jaar gelede het PRAAG ‘n boek uitgegee wat in skokkende besonderhede die krisis van Amerikaanse rasseverhoudinge uitbeeld: White Identity: racial consciousness in the 21st century deur Jared Taylor. Die voorwoord is deur dr. Dan Roodt van PRAAG geskryf, waarin hy o.a. sê: “The USA is to South Africa what the USSR was to Cuba. It is our model and intellectual home. In South Africa, the American ideology of multiculturalism has already done as much damage as communism did to Cuba and Eastern Europe, if not more.”
Onluste in Ferguson, Missouri
Nadat Michael Brown op 9 Augustus 2014 deur ‘n blanke polisieman doodgeskiet is, heers daar onrus en rasse-onluste in Ferguson, Missouri, wat ook dreig om na ander Amerikaanse stede met groot konsentrasies swartes uit te brei. Volgens Jared Taylor het die Amerikaanse rassebeleid wat swartes bevoordeel en blankes benadeel tot ‘n “intense, veglustige rassebewussyn onder swartes” gelei wat nie anders kan as om tot uitbarsting te kom nie. Stede soos Detroit en St. Louis is misdaadhole wat in die geval van Detroit tot ‘n uittog van blankes en die ineenstorting van die munisipaliteit gelei het.
Weens die plofbaarheid van die inhoud – wat bloot feite is – wou geen boekwinkel in Suid-Afrika White Identity aanhou nie en wou geen koerant boonop die boek resenseer nie. Mnr. Jared Taylor het aan die Yale-universiteit gestudeer en is een van Amerika se bekendste aktiviste vir blanke gelykheid teenoor swartes, asook leier van die beweging American Renaissance.
Maak seker dat u dié belangwekkende boek nóú bestel – terwyl voorraad hou en terwyl die posdiens weer werk!
Die boek van 350 bladsye wat duursaam gedruk en gebind is, kos slegs R200. Koop die boek op hierdie bladsy of stuur ‘n epos na inlig@praag.org. Ons aanvaar kredietkaarte, PayPal of direkte betalings na ons bankrekening by ABSA.
Die Franse skrywer Patrick Modiano het so pas die Nobelprys vir letterkunde ontvang, soos ons vroeër vandag op ons Engelse blad berig het.
Is u dalk nuuskierig oor sy werk? Alle huidige en voornemende lede van PRAAG kan nou dadelik ‘n gratis PDF-kopie van sy vertaalde roman, Honeymoon, per epos ontvang deur bloot die onderstaande vormpie in te vul. Sodra ons u boodskap ontvang, stuur ons vir u die aflaaiskakel per kerende epos terug.
Die publikasie Geloof anderkant Sondag is deel van Julian Müller se trilogie. Die ander twee boeke is: Om te mag twyfel en Opstanding. Dit blyk dat in die trilogie die aspek van “twyfel in geloof” sentraal staan.
‘n Beoordeling van eersgenoemde hang grootliks af van ‘n eie standpunt in sake:
Die kerk as godsdiensinstelling en
Geloof (beter gestel: oor die inhoud van geloof).
In ‘n Bybelse mensbeskouing is geloof ‘n eienskap of ‘n vermoë van menswees, naas ‘n juridiese besef, ‘n etiese verantwoordelikheid, ‘n sosiale lewe, ‘n ekonomiese aktiwiteit, ‘n taalvermoë, om logiese te kan dink, ens.
Dit is die inhoud wat die mens aan geloof gee wat dikwels omstrede is!
In hierdie verband kan (ja, moet!) die kerkbegrip aan ‘n struktuuranalise onderwerp word. Die kerk is ‘n enkele instelling in ‘n meer omvattende koninkryksperspektief. In ‘n koninkryksperspektief moet elke instelling ‘n godgewilde karakter hê en word elke instelling deur interne vryheid geken. So is die kerk ‘n vertikale godsdiensinstelling vir die formele aanbidding van Adonai Jahweh, naas en in onderskeiding van die volgende:
Die huwelik ‘n verbinding tussen man en vrou wat op gesinsvorming aangewese is.
Die gesin ‘n verbintenis tussen ouers en kinders, wat normaalweg bloedbande kan wees.
Die familie ‘n breër verbinding tussen bloedverwante is.
Die staat ‘n regsverbintenis vir die ordelike samesyn van burgers binne ‘n spesifieke geografiese gebied.
‘n Sake-onderneming ‘n dienslewerende instelling is wat ook op wins en groei ingestel is.
Ens.
In sodanige koninkryksperspektief is een instelling nie na ‘n ander te herlei nie maar vorm al die instellinge ‘n kulturele inslag en volgens ‘n religieuse rigting ‘n eenheidskarakter.
In hierdie verband is die kerk ‘n godsdiensinstelling vir die formele aanbidding van GOD en van ‘n gemeenskap van mense met dieselfde religieuse ingesteldheid. Die liturg tree namens die gemeenskap/gemeente op en dien terselfdertyd as verteenwoordiger van GOD, gegrond op Bybelse analise en eksegese. So gesien, is dit uiters riskant vir die liturg om:
Die kansel vir “social gospel”-stories te misbruik.
Twyfel te saai of selfs ruimte vir twyfel te maak, want twyfel binne hierdie konteks is ongeloof.
Riskante, verdelende dogma te verkondig.
Die formele karakter van die kerk in/tot ‘n vermaaklikheidsinstelling te misvorm.
In die bestuur van die kerk is dit uiters noodsaaklik dat lidmate sal weet:
dat die erediens ‘n formele aanbiddingskarakter het,
dat die Tien Gebooie en gebed en toewyding noodsaaklike liturgiese aktes en dade is, en
dat ‘n gemeente substrukture kan/moet daarstel om aan ander godsdiensbehoeftes uitdrukking/vervulling te gee.
Daar is egter substrukture van ‘n kerk waar gemeentelike behoefte en teologie in mindere of meerdere mate bedryf kan word. Omdat die godsdiens noodwendig op dogmavorming aangewese is, is die wisselwerking tussen teologie as godsdienswetenskap en kerklike liturgie van die allergrootste belang. Die kloof tussen teoloog en dominee moet uitgewis word. Die verskil tussen die historiese Jesus van die teoloog en die mitiese Jesus van die kerk moet in ewewig gebring word. Die geskiedenis van die kerk begin nie, soos Markus Borg suggereer, vier jaar na die aanvang van die Christelike jaartelling nie, maar by Abraham 1800 jaar voor die christelike kalender.
Dit is teen bg. agtergrond dat Julian Müller aan die orde tree.
In die godsbeskouing van Müller is:
GOD duskant die Sondag transendent … teïsties (daar vêr) … gebaseer op ‘n drie-vlak-wêreldbeeld (hemel, aarde, onder die aarde).
GOD anderkant die Sondag post-teïsties … selfs pan-teïsties (in alles en ook buite alles). In so ‘n benadering speel die bloedteologie (die kruis … die nagmaal) van die Sondagkerk geen rol nie. Bloedteologie skep ‘n karikatuurbeeld van GOD!
In die Jesus van die geloof anderkant die Sondag is Jesus nie die geslagte lam in ‘n verlossingsleer nie, maar GOD se gesig na die wêreld. Na die voorbeeld van Jesus leer die mens GOD beter ken.
Die Sondagkerk soek mag … word twyfel uitgesluit … ly die kerk aan sekularisasie (ontkerkliking) van sy lidmate … ens. Anderkant die Sondag is daar ruimte vir kritiese denke … is die kerk buigbaar en oop … gaan dit oor bediening … bestaan geloof en twyfel in harmonie … is daar oop gesprek.
Die vraag is nou welke kritiek/kommentaar ek op Müller se dokument, in die lig van my kerkbeskouing, nahou?
Toegepas op die NGK is daar ‘n historiese verbondenheid tussen NGK en politiek … eers onder NP-bewind en nou onder ANC-regering. Onder NP-bewind het die NG Kerk rasse-differensiasie aan die hand van die dokument “Ras, volk en nasie” vergoeilik … en toe die NP-politiek verander, dogmatiese klemverskuiwings in die dokument “Kerk en Samelewing” aangebring. Nou weer word “Belhar” omhels. Is dit om die ANC ter wille te wees? Mag is dus, soos Julian Müller dit stel, belangrik vir die NGK.
Dogmaties gesproke hou die NGK vas aan die belydenis van Nicea waarop 325 jaar na Christus besluit is, onder voorsitterskap van die heidense keiser Konstantyn. Dit geld ook vir die sg. drie-eenheid maar wat in feite ‘n twee-eenheid word, wanneer die onderskeid tussen GOD en Jesus uitgewis word. Wat dít betref, is Müller weer reg, wanneer hy die godwording van Jesus bevraagteken. Dogmatiese vernuwing is eenvoudig nie deel van die NGK se opset en ingesteldheid nie. Dit is wel part en deel van teoloë van die NGK.
Tewens, as die kerk staande wil bly, ten aansien van ‘n immer-veranderende mens, sal die kerk hom los moet maak van die pre-moderne/mitiese inhoude wat nog steeds sy belydenisskrifte kenmerk.
Uit bogenoemde is dit duidelik dat Müller sy lesers wil laat dink. Hy sien sy lesers as sy post-universitêre studente. Hy neem die leerstoel na die gemeenskap. Dit maak sy boeke boeiend en aktueel.
Müller is ‘n plaasseun van Nigel. Kerkgaan was vir hom as kind ‘n straf. Tog studeer hy teologie. Sy eerste gemeente is in Johannesburg-Oos. Hier vind hy die Sondagkerk. By die studentegemeente is die kerk ‘n instelling anderkant die Sondag. As professor maak hy van die narratiewe leermetode gebruik.
Die lees van Julian Müller se Geloof anderkant Sondag word aanbeveel!
Bram Vermeulen, die Nederlandse joernalis van “het jaar 2009” het pas ‘n lesenswaardige boek gepubliseer oor sy ervaringe as buitelandse korrespondent van die NRC Handelsblad, die NOS TV Joernaal, die VRT asook die Nederlandse Wereldomroep. Die boek is getiteld Help, Ik Ben Blank Geworden en is uitgegee deur Promethius/NRC Handelsblad Amsterdam/Rotterdam (241 paginas).
“Na 1994 zou alles beter worden. Iedereen zou een huis krijgen, een baan, een beter leven. Armoede is in Afrika alleen maar groter geworden in de afgelopen jaren” (124, 125p.).
Vermeulen kom na SA met ‘n tipiese linkse geestesinstelling, assosieer sterk met die sg. onderdrukte swartes, maar word oor tyd “ongeneeslijk blank”. Hoe dieper Vermeulen in die problematiek tussen wit en swart delf, hoe meer het “Zwarte vlekken in mijn integratiedroom” (p. 60) vorm aangeneem. In Nederland het Vermeulen nooit blank gevoel nie, maar “in Afrika was ik ongeneeslijk blank geworden)”(p. 61). Blank beteken in Afrika soveel meer as alleen die kleur van die vel, ontdek hy (p. 62). Hy siteer ‘n blanke wat verklaar dat “wij (de blanken) en zij (de zwarten) verschillen van elkaar zoals de dag van de nacht en dat zal nooit veranderen” (p. 131).
Vermeulen kyk terug op sy verslaggewing van insidente oor sewe jaar en kom met betrekking tot die moorde tot die gevolgtrekking dat hy toe “onzin had uitgekraamd” (p. 65).
Op soek na die waaroms van die moorde probeer Vermeulen grotere vrae te vra en te beantwoord oor die situasie van die blankes in die suide van Afrika, sedert 1993. Sekondêre temas wat aan die orde kom is:
Swart-op-swart geweld.
Die tragiek van Zimbabwe.
Die geestelike ommekeer wat Vermeulen maak is dat, in plaas daarvan dat hy integreer met die swart massas – die hoofdoelwit van sy koms – hy verder wegdryf en sy blankheid ontdek. Hy tipeer dit so:
“… ik haalde mijn doelstellingen niet. … ik integreerde niet … ik dreef er steeds verder vandaan. Ik faalde zoals Johan (Nel) had gefaald. Ik bleef proberen, telkens weer, totdat ik zeker wist dat mijn falen niet te vermijden was.” (p. 49).
Die oorhoofse gevolgtrekking waartoe Vermeulen kom is dat die toenemende rassisme in SA sedert 1993 die direkte resultaat is van die brutale plaasmoorde, xenofobie teen buitelandse swartes en verkeerdstellende aksie (affirmative action). Blank en Swart in Suider-Afrika verteenwoordig twee mekaaruitsluitende beskouings oor die lewe, oor private eienaarskap van grond en van besittings. In Afrika word anders na geld gekyk as in Nederland (p. 191). In die Westerse kultuur draai alles om die individu, maar in Afrika gaan dit om die groep, haal hy Jacob Zuma aan (p. 202). Daar is ‘n reaksionêre element teenwoordig: blanke rykdom teenoor onoplosbare swart armoede en die feit dat private grondbesit by die swartes se kaart en transport geleë is in familiegrafte.
“Als het op gerechtighied aankwam, lagen de ideëenwerelden van blanken en zwarten mijlenver uit elkaar.” (p. 209)
Hy kom tot die gevolgtrekking dat “echt opgaan in een andeere cultuur, assimileren, integreren of wat voor een naam politici er ook aan geven, onmogelijk is” (p. 237).
Vermeulen eindig sy boek met ‘n dag-tot-dagbeskrywing van die hofsaak en veroordeling van Johan Nel tot 76 jaar gevangenisstraf vir elf aanklagte van poging tot moord en verbode wapen en ammunisiebesit. Hy skryf dat “iedereen in deze rechszaal creëert zijn eigen waarheid” (p. 230).
Vermeulen gaan akkoord met dr. Irma Labuschagne se gevolgtrekking in die hof dat in Johan Nel se getraumatiseerde wêreld hy sy greep op die werklikheid verloor het. Die skrywer vind dit jammer dat die geweldskonteks in die lewe van Johan Nel nie genoegsaam in die hofsaak beklemtoon is nie.
Die woede van Johan Nel wat stelselmatig in sy kop opgehoop het, hou direkte verband met fisiese aanslae op sy gesin en vriende. Vermeulen verwys na die geheime taal van swart aanvallers op blanke gesinne (p. 78). Daar is plastieksakke aan bome opgehang. ‘n Blik aan ‘n boom het ‘n boodskap verraai.
“Een platte steen betekende dat die boeren sliepen. De kleur roodt betekende: gevaar, pasop de boer is gewapend en zal zich verzetten.” (p. 79)
Vriende van die Nels se huis is oornag gestroop (p. 79). Misdaad was nie ‘n klassestryd nie, maar ‘n industrie (p. 90). Vermeulen tipeer die fisiese aanslae op mense as “beestachtig” en “pervers”(p. 92). Johan Nel se broer is aangehou terwyl die Nels in die kerk was. Johan Nel is self op die plaas met ‘n sekel aangeval. “Iets in Johan Nel is gewoon geknapt”(p. 101), skryf Vermeulen. Van die twee duisend boere wat sedert “de komst van de democratie … waren vermoord, kwamen er vijf uit Swartruggens” (p. 136).
Wat xenofobie betref, skryf Vermeulen dat swartes op ‘n goeie nag van huis tot huis aanklop, van die inwoners verwag om sekere kodewoorde korrek te gebruik en indien hulle nie die tradisionele begrippe kon gebruik nie, dan summier doodgemaak is (p. 122). Derhalwe het vele Suid-Afrikaanse swartes hulle lewe ingeboet.
Zimbabwe is tipologies van die eliminasie van die witman. By onafhanklikheid op 18 April 1980 was daar 250 000 blankes in Zimbabwe wat vandag na 25 000 gekrimp het (p. 149). Die enigste verskil tussen toestande tans in SA vergeleke met Zimbabwe is 14 jaar, skryf Vermeulen (p. 149). Die waarheid is dat daar geen metode is waarvolgens blankes in ‘n groeiende diktatuur kan oorleef nie, haal hy ‘n blanke Rhodesiër aan (p. 158).
Die algemeen verslegtende toestande in SA word treffend deur die skrywer toegelig.
“Het water in de rivieren was vies en vrot. De boeren sproeiden nu ontlasting van de omliggende dorpen op de tamaten, uien en cool”(p. 130).
Die skrywer siteer boere wat verklaar dat voor die koms van die witman hier niks gaande was nie. Die swartes het met hulle blote “konte” rondgeloop (p. 131).
Betreffende die slepende Boeremagsaak rapporteer Vermeulen dat die groep geïnfiltreer is deur die veiligheidsdienste.
“Het was deze infiltrant die de naam Boeremag had verzonnen en de verdachten aanspoorde met de bommen-campagne te beginnen” (p. 177).
Die waarde van Vermeulen se boek lê daarin dat die verskil tussen wit en swart nie ‘n kwessie van pigmentasie is nie, maar dat pigmentasie saamval met twee mekaar-uitsluitende sosiale ordes wat in een en dieselfde staatsverband onverenigbaar is. Die vraag bly onopgelos hoe twee gemeenskappe – Wes-Europees teenoor Afrikasentries – met twee verskillende staatsidees vreedsaam deurmekaar in een en dieselfde staat kan bly bestaan.
Die invloedryke konserwatiewe Amerikaanse webblad American Renaissance het so pas dr. Dan Roodt se eboek-essay, Raiders of the lost Empire, geresenseer onder die titel, Snuffing out South African identity. Die resensent is dr. F. Roger Devlin, ‘n bekende filosoof, akademikus en skrywer in die VSA wat homself Afrikaans vanaf ‘n CD in sy motor geleer het.
Sy gevolgtrekking aan die einde is:
The Afrikaner people are clearly under attack from all sides: from blacks who resent them, from English-speakers who envy and despise them, and from the larger white world that will never forgive them for taking the measures they found necessary to build a European society in Africa. Their stark numerical disadvantage–they are perhaps 5 percent of South Africa’s population–means the stakes are higher and the crisis sharper for them than for other European peoples. But they are a heroic people, and if they rally to spokesmen like Dan Roodt, they will surely have a future.
Hoewel Raiders of the lost Empire heelwat kritiek teen veral linkse Engelssprekendes en verloopte Afrikaners uitspreek, meen Devlin dat Roodt nie anti-Engels is nie:
Dr. Roodt is not hostile to the English language; he has an extensive knowledge of English literature which would put many native speakers to shame. What he opposes is English as a “killer language”–a term recently coined for “a language so dominant that it tends to wipe out all others.” Language is an important ingredient of identity for black and white South Africans alike, and Dr. Roodt believes that “killer English” is partly to blame for the: “lack of identity [which] drives the need for drugs, for drink, prostitution, gambling and the vast spectrum of vices consuming South Africa, at once the most decadent and the most criminal of countries in the world. The corollary of deracinated English is that there is a constant process of identity-seeking and whether one finds one’s identity in drugs, golf, adopting a ‘posh’ British accent, or radical politics, is a matter of choice or chance.”
Die geskiedenis van Namibië van ontvoogding vanaf Duitse kolonialisme sedert 1884 na soewereine onafhanklikheid in 1990 is een van verlore kanse waarin Suid-Afrika die bal verkeerd gespeel het.
In die mees onlangse geskiedenis van hierdie multi-etniese land was JWF (Koos) Pretorius ‘n belangrike rolspeler as leier van die SWA Nasionale Party.
In sy outobiografie “Suidwes-Afrika na Namibië”(2014) verduidelik hy sy rol, mislukkings en frustrasies.
Suidwes Afrika na Namibië – ‘n politieke bosoorlog deur Koos (JWF) Pretorius. Olimpiade Uitgewers 2014.
Wie was Kosie Pretorius?
Kosie Pretorius
Akademies het Pretorius met BA Admissie begin, maar uiteindelik met filosofie en staatsleer aan die Vrystaatse Universiteit voortgegaan en sy MA in Staatsleer behaal.
In 1983 is hy verkies tot leier van die NP (p. 7) in Suidwes. Ook voorsitter van die uitvoerende komitee in die Blanke Wetgewende Raad. Hy was ook vir 15 jaar lid van die opposisie onder ‘n SWAPO-regering.
Politieke filosofie
Sy politieke filosofie is dan ook tipologies van die staatsleer van Herman Strauss aan die destydse Vrystaatse Universiteit. In hierdie variant van die staatsleer as vakwetenskap word die humanistiese aandrang op individuele menseregte (wat verbind is aan ‘n unitêre staat) geringskat en die Christelike regstaatsidee hoog aangeslaan. Binne laasgenoemde konteks moet individuele menseregte, soos verwoord in moderne Handveste van Regte, uitgebalanseer word met gemeenskapsregte.
So gesien sou dit in die denke van Pretorius beter gewees het om Namibië progressief op die pad van selfstandigheid, uit onderhorigheid, binne die konteks van ‘n etnies saamgestelde federale staat te geplaas het.
Namibië en etnisiteit
Namibië is by uitnemendheid ‘n etnies plurale gemeenskap waarvolgens die verskillende gemeenskappe ook verskillende gedeeltes van hierdie land bewoon het.
In pre-koloniale Namibië was die San/Boesmans die enigste werklik inheemse gemeenskap. Die Koisan/Nama/Damara/Koikoi-mense het toe in die omgewing van die Oranjerivier hulle tuiste gemaak. Die Damaras het die grondgebied van SWA in die 9de eeu betree. Die Herero’s kom eers in die 17de eeu vanaf Oos-Afrika Damaraland binne. Die Afrikaner-boere het in die 19de eeu hulle opwagting gemaak. Die Oorlams/Koisan , met Jonker Afrikaner as die leier, het in die 1830s ‘n verdere toevoeging tot etniese pluralisme gemaak. Die Rehoboth-Basters, die nasate van blanke boere en swart vroue, het binne die SWA-grondgebied ‘n vrye Republiek van Rehoboth tot stand gebring.
Kolonialisme
Soos menige ander land, waaronder SA, was SWA die speelbal van kolonialisme en van vreemde sendingaksies. In 1793 annekseer die Kaapkolonie Walvisbaai. Deutsch Südwestafrika is die breinkind van Otto von Bismarck. As direkte gevolg van Wêreldoorlog I neem SA vir SWA in 1915 oor. Kragtens artikel 22 van die Gemenebes van Nasies administreer SA toe SWA as Klas C-mandaatgebied.
Met die tot niet gaan van die Gemenebes word SWA toe onder die Trusteeskap van die Verenigde Nasies geplaas. In 1971 het die Internasionale Geregshof die gesag van die VN oor SWA gehandhaaf en die administrasie van SWA deur SA as onwettig verklaar.
In 1977 het die Westerse kontakgroep (Kanada, Frankryk, Wes-Duitsland, die VK en VSA) deur resolusie 435 SWA op die pad na onafhanklikheid geplaas. Hierdie resolusie is in 1988 ‘n stappie verder geneem toe Chester Crocker begin het om resolusie 435 in werking te stel.
Etniese konflik in Namibië
Die geskiedenis van Namibië is van meet af aan deur etniese konflikte gekenmerk. In die 1830s was daar die konflik tussen die Herero, Oorlams en Damaras. Die Hottentotrebellie van Hendrik Witbooi het aanleiding gegee tot die Schuts-elitetroepe wat enige verset moes onderdruk en besleg. In 1904 was daar die Herero/Namaqu-rebellie. In 1917 het koning Mandume Ya Ndemufayo van Ovamboland tot verset oorgegaan. Toe in 1959 het die Katutura-opstande SA geruk. Dan volg SWAPO se gewapende verset, met die hulp van Kuba, die Sowjetunie en Angola.
SA se mistasting
Pretorius se analise van die politieke oplossing vir ‘n multi-etniese en diepverdeelde SWA is deurspek met voorbeelde, ingevolge waarvan SA die verkeerde politieke resep gevolg het.
Pretorius plaas die blaam vierkantig op die alliansie van Pik Botha, Marinus Wiechers en tot ‘n mindere mate op Dirk Mudge, wat deur verskillende administrateurs-generaal ondersteun is, waarvan Louis Pienaar en Danie Hough sag daarvan afkom, maar ander soos regter Tienie Steyn nie.
Hy beskryf Pik Botha met nie-vleiende taal en steun ook op die biografie van Papenfus om Botha te diskrediteer. Pik Botha is ‘n politieke opportunis (p. 2) met dualistiese persoonlikheidseienskappe (p. 18). Sy motivering was nie tussen reg en verkeerd nie, maar om gewild te wees (p. 4). Pik het twee standpunte gelyktydig ingeneem, om almal te probeer tevrede stel en so die NP’s in beide SA en SWA te flous (p. 6). Pretorius haal Ken Owen aan wat skryf dat Pik kon swaai, manipuleer en bluf (p. 15). Hy het aangeleun op die humanistiese en individualistiese mensbeskouing (p. 16). Vir Botha word die onderskeid tussen reg en verkeerd deur meerderheidsteun en nie prinsipieel bepaal nie (p. 18).
Die werklike Pik het meerderheidsregering saam met die Westerse Vyf bevorder en nie minderheidsregte nie (p. 8). In SA het hy egter verklaar dat “een-mens-een-stem” selfmoord sou wees (p. 9). Pik het eers voor en toe teen PW Botha gedraai toe dit dienstig was … soos ‘n hiëna wat ‘n gewonde leeu bekruip.
Pretorius beskuldig Botha daarvan dat hy nie met die NP/SWA gesprek gevoer het nie, maar mense in die RSA tog mislei het met uitsprake dat met almal gekonsulteer is (p. 26).
Slotbeskouing
Die punt word onderstreep dat as SA betyds begin het om anti-kolonialisme in SA en SWA van stapel te stuur, sodanige politieke aksie die VN van sy venyn kon ontneem het en dat SA binne hierdie konteks groter beweegruimte kon geniet het. Dit geld ook vir die rol van die politieke onderhandelaars uit SA, waaronder Pik Botha.
Alhoewel Pretorius ‘n meestersgraad in Staatsleer verwerf het, en sy staatkundige insigte gewig dra, is sy outobiografie swak geskryf. Hy ryg sy argumente soos krale in ‘n string aaneen, sonder dat daar geïntegreerde skakels is wat ‘n storie in verhaaltrant vertel.
Hy is nogal geneig om op voetpaadjies te dwaal, dan skielik oor ‘n paar klippe op ‘n ander pad te spring en ‘n ander pad te bewandel en later weer na reeds behandelde gebeure terug te gryp. So gaan die konteks dikwels verlore.
Nietemin is Pretorius se Suidwes-Afrika na Namibië ‘n lesenswaardige dokument, omdat dit die subjektiewe verhaal van ‘n belangrike rolspeler is.
Die geskiedenis van Suider-Afrika kan nie teruggedraai word nie. Maar ‘n mens wonder tog of vroegtydige staatsmanskap binne die konteks van konsosiatiewe demokrasie vir en binne SA, SWA en helaas ook Rhodesië en die Britse protektorate nie ‘n beter oplossing vir die sub-kontinent sou wees, as tans nie? ‘n Konfederale Alliansie van Suider-Afrikaanse state wat elk konsosiatief gestruktureer kon word, sou waarskynlik ‘n totaal ander gesig vertoon het, as die totalitarismes van Sam Njoma, van Mugabe en van Jakob Zuma … en op die verlengde moontlik Malema! Wie weet? Post facto weet mens beter …
Die nuwe eboek-opstel deur Dan Roodt in Engels, Raiders of the lost Empire: South Africa’s ‘English identity, waarvan daar verlede Sondag ‘n uittreksel in Afrikaans verskyn het, is nou beskikbaar teen slegs R30 of $3 via PayPal op praag.org.
Die boek beslaan ongeveer 27 500 woorde, wat gelykstaande is aan 80 tot 100 gedrukte bladsye. Lees ‘n langer uittreksel in Engels hier.
‘n Onderhoud met die skrywer oor die boek sal binnekort hier verskyn.
Só lyk die inhoudsopgawe van die boek:
Table of Contents
From Vanuatu ‘our’ flag and penchant for imitation
The importance of being English (with an apology to Oscar Wilde)
‘n Resensent in die Business Day wat deesdae al hoe meer anti-Afrikaans raak, het gister die nuwe boek deur Chris Ash, Kruger, kommandos & kak opgehemel vir die “nuwe perspektief” wat dit op ‘n “gemitologiseerde oorlog” bied.
Volgens Maarten Mittner, die resensent, “sal Steve Hofmeyr nie van die boek hou nie”, weens die pro-Britse standpunte daarin. Oor Rhodes sê Mittner:
“Anders as die skurk waarvoor hy so dikwels voorgehou word, beskryf Ash Rhodes as veel meer van ‘n taktikus en subtiele strateeg as ‘n grondgryper, in weerwil van sir Leander Starr Jameson se ongelukkige inval in die Transvaal in 1896. Ash se siening, dat Rhodes en die mynmagnate nie die oorlog wou gehad het nie, het sekere akademici ontstel.”
Ash pak die skuld vir die oorlog op Paul Kruger en die “aggressiewe” Transvaal. Kennelik het hy niks gelees van Jan Smuts en Paul Kruger se verbete pogings in die tent by Bloemfontein in 1899 om Milner te oorreed om nie met sy oorlogsplanne voort te gaan nie. Selfs Smuts, wat later so anglofiel geraak het, het vermeld dat daar geen salf aan Milner te smeer was nie en dat hy die oorlog wóú ontketen, kom wat wil.
Die Afrikaanse historikus, Fransjohan Pretorius, het vroeër vandeesweek in sy resensie bevind dat, as gevolg van die vele mistastinge en gebreke in die boek “daar een waar woord in die titel” is. Pretorius skryf:
Die skrywer, ’n Skot, het hierdie boek geskryf omdat hy ’n weersin het in dronk, onkundige Afrikaners wat in kroeë aan hom vertel “hoe die Boere die Britte opgefoeter het en Boerevroue en -kinders in die konsentrasiekampe vermoor is”.
Dit is ’n alternatiewe geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog om sake reg te stel. Soos die subtitel dui: “Debunking the Myths of the Boer War”. Dat hy in die proses ’n spektakel van homself maak, gaan hom heeltemal verby.
Die historiese metode vereis dat die historikus sy bronne krities benader. Wat wou! Ash aanvaar kritiekloos Britse jingo-bronne voor 1902, soos Creswicke, H.W. Wilson en Rider Haggard, vir sy siening van die Boere, maar hy is skokkend beledigend teenoor gerespekteerde historici soos Rodney Davenport, Leopold Scholtz, Iain Smith, Bill Nasson en Thomas Pakenham.
Daar is 15 hoofstukke oor die verloop van die oorlog, die verskroeideaardebeleid, konsentrasiekampe, Boeregeneraals, die “superhuman”- Boer en swart betrokkenheid.
Sy vooroordeel en onvermoë om die kompleksiteit in die geskiedenis raak te sien, maak dat hy ’n prentjie skets van bose Boere en brawe Britte. President Paul Kruger het met sy “violent conquest” die Anglo-Boereoorlog veroorsaak, terwyl Britse imperialisme ’n welwillende krag was wat slegs gebiede geannekseer het wanneer die swart inwoners Britse beskerming teen die Boere gesoek het.
Die Boere word veroordeel dat hulle die Pedi aangeval het, maar die Britte mag dieselfde doen en bowendien Zoeloe, Griekwa en Basotho se grondgebied annekseer.
Die Britse Intelligensiediens mag sedert 1896 heimlik inligting in die ZAR insamel en ’n geheime verslag saamstel vir militêre doeleindes, maar die spioenasie van die Boere se Geheime Dienst in die Britse kolonies bewys Kruger het uitbreidingsoogmerke gehad. Die Boere het met hul inval in die Kaapkolonie gebiede geannekseer, wat hul uitbreidingsoogmerke bewys, maar dat dieselfde argument uitgemaak kan word vir lord Roberts se anneksasie van die Vrystaat en die ZAR, ontgaan die skrywer.
Hy veroordeel gevalle (en maak asof dit deur historici verswyg word) waar die Boere private eiendom plunder, die wit vlag misbruik en dumdumpatrone gebruik, maar hy swyg oor soortgelyke Britse optrede.
Onkundig is die opmerking dat die Transvalers lank voor die Jameson-inval met ’n bewapening gekom het (en dus bewys dat Kruger die oorlog veroorsaak het). Na regte het die ZAR-regering ná die Jameson-inval ontdek dat 41% van sy burgers geen gewere besit nie, die res was verouderd. Tóé eers het die ZAR-regering sy burgers op groot skaal begin bewapen.
Ook sy hantering van die konsentrasiekampe is deurspek met feitefoute, vooroordeel en onkritiese gebruik van bronne. Voorspelbaar vereenselwig hy hom met Elizabeth van Heyningen se geloof in die Britse Blouboeke (gepubliseerde regeringsdokumente) en haar standpunte oor die konsentrasiekampe (“die meerderheid inwoners was bywoners”). Ash se versuim om S.B. Spies se Methods of Barbarism? te raadpleeg, maak sy aannames verdag. Skouerophalend verklaar hy: “To this day people die of natural causes in hospitals.” Hy begryp nie dat die sterftes in die eerste plek voorgekom het vanweë die gebrekkige administrasie van die Britse leërleiding nie. Emily Hobhouse se rol om die bestaan van die kampe en die haglike toestande in Brittanje te openbaar, en só die weg tot die aanstelling van die Dameskomitee en die gevolglike verbetering van die kampadministrasie te open, is ook vir hom geen begrip nie.
Ash se argument dat Britse soldate eweseer aan siekte gesterf het as die inwoners van die konsentrasiekampe, hou nie steek nie – feit is dat 14 000 uit 450 000 Britse soldate aan siekte oorlede is, teenoor 28 000 sterftes uit 110 000 inwoners in die wit konsentrasiekampe. Hy beweer die wit kampinwoners se rantsoene was beter as dié van die Britse soldate – maar kampinwoners het ná verhoogde rantsoene in Maart 1901 elk ’n half pond (dikwels oneetbare) vleis per dag gekry, teenoor die Britse soldaat se twee pond vleis.
Die Boere se “moenie” en die Britte se “mag maar” duur voort: Boere-simpatiseerders soos Olive Schreiner is verblind deur hul irrasionele haat vir die Britse ryk, maar die Britse jingo’s se haat en minagting vir die Boere is volkome in orde. Boere wat die wapen aan Britse kant opneem, is verstandig, maar Britte wat die Boerekant ondersteun, is “treacherous and loathsome renegades and extremists”. Tereg wys Ash daarop dat Boeregeneraals soos Cronjé, Snyman en Erasmus power was, maar hy weerhou kritiek op ewe-vrotsige Britse generaals, soos Buller aan die Natalse front, Clements en Colvile (wat hy ophemel en wie se van hy verkeerd spel).
Sonder bewyse (en verkeerdelik) voer hy aan dat die meeste bittereinder-Boere die armste en mees ongeskoolde burgers was, “essentially White Trash”. Baie van hulle was “a less pleasant bunch” en “common criminals”, en hul aktiwiteite “pure banditry”. En die Boere se guerrilla-optrede? “As long as they stayed hidden and managed to shoot a policeman, murder some Africans or blow up a railway line now and again, the conflict dragged on.”
Met die herskrywing van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat tans onder die ANC-bewind aan die gang is, moet nie net Joe Slovo en sy Kommunisteparty, of ANC-Winnie Mandela en haar halssnoerbendes nie, maar ook Rhodes, Milner, Roberts en Kitchener, as helde uit die stryd tree.
Terwyl die gewilde Afrikaanse televisienuus reeds tydelik opgeskort is ter wille van die sokkerwêreldbeker wat op SABC2 uitgesaai word, het dit bekendgeraak dat Afrikaans ná die sokker byna heeltemal op TV afgeskaf gaan word.
Slegs enkele Afrikaanse programme gaan op SABC3 oorbly, ‘n kanaal wat nie in alle dele van die land ontvang kan word nie. Omdat soveel Afrikaanssprekendes op die platteland bly, gaan die taal wesentlik op televisie afgeskeep word.
Sedert 1976 toe televisie in Suid-Afrika bekendgestel is, was Afrikaans nog altyd op die kassie teenwoordig en Afrikaners het ‘n groot tegniese en professionele rol gespeel om die medium in die land te vestig. Nietemin het die SAUK besluit om die taal verder te marginaliseer deur die Afrikaanse nuus voortaan nie meer op SABC2 uit te saai nie en slegs enkele reste op SABC3 aan te bied.
Volgens die SAUK het Afrikaans vir hom “onvolhoubaar” geraak. Dis egter bekend dat die SAUK reeds jare lank sukkel om genoeg kykers vir sy Engelse TV-nuus te werf, terwyl die Afrikaanse TV-nuus besonder goed doen omdat dit min of meer professioneel deur moedertaalsprekers van die taal aangebied word, anders as Engels waar nie-moedertaalsprekers dikwels as nuuslesers ingespan word.
SABC2 sal voortaan, met die uitsondering van die kreools-Afrikaanse program, Sewendelaan, programme slegs in Engels en Sotho uitsaai.
Vir die eerste keer in 38 jaar sal daar ook nie meer ‘n Afrikaanse dramareeks op SABC2 uitgesaai word nie, iets wat die doodsklok vir Afrikaanse drama lui aangesien daar nog altyd ‘n dramareeks beskikbaar was wat mense landwyd kon kyk.
Blykbaar sal daar soms nog Afrikaanse drama op SABC3 uitgesaai word, maar dan vir die kleiner gehoor op daardie kanaal wat uiteraard minder advertensie-inkomste sal lok.
Kykers wat vandeesweek na die Afrikaanse nuus op die SAUK-TV gesoek het, moes teleurgesteld verneem dat dit geheel en al opgeskort is in die belang van die sokkerwêreldbeker waaraan slegs buitelandse spanne deelneem. Boonop is sokker nie ‘n gewilde sport onder Afrikaners en ander Afrikaanssprekendes nie.
Benewens Sewendelaan, sal Noot vir Noot blykbaar ook op SABC2 behou word, maar vir hoe lank wou die openbare uitsaaikorporasie nie sê nie. Ander programme waarin Afrikaans nog gedeeltelik gepraat word, soos Fokus, die TV-drama Swartwater en 50/50 sal almal na SABC3 verskuif word.
Weens ‘n gebrek aan sein, sal kykers in vele dele van die land egter nie dié laaste Afrikaanse klanke op SAUK-TV kan ervaar nie.
Die SAUK se beleid om Engels op alle gebiede te bevoordeel word voortgesit, aangesien van die tydgleuwe wat nou deur Afrikaans vakant gelaat word, deur Engelse programme gevul sal word. Die politieke gespreksprogram Interface waarin anti-blanke standpunte gewoonlik gestel word, sal van SABC3 na SABC2 verskuif word sodat meer mense dit kan sien.
Die meeste drastiese programveranderings sal in September plaasvind. Daar word verwag dat die kykertalle van die Afrikaans nuusbulletin en Fokus grootliks gaan daal, terwyl dié programme tans onder die tien gewildstes op SAUK-TV tel en ook van die winsgewendste is aangesien hulle goeie adverteerders lok.
Die Nuus om 7 in Afrikaans sal voortaan om 19:30 uitgesaai word, terwyl die SAUK se sukkelende Engelse nuusbulletin om 18:30 aangebied sal word.
Jacqui Hlongwane, die waarnemende programbestuurder van SABC2 het vandeesweek aan televisieverslaggewers en -adverteerders gesê:
“Die Afrikaanse nuus soos dit tans bekend is, sal permanent na SABC3 verskuif word.
“Wat dit vir ons beteken, is dat die SABC2-skedule daarmee oopgemaak word, sodat dit beter vloei. In die verlede was dit vir SABC2 nog ‘n uitdaging. Ons was regtig ‘n skisofreniese kanaal.”
“Tot dusver het ons twee markte bedien – die Sesotho-gehoor, asook die Afrikaanse gehoor – en dit was regtig ‘n stryd om dié twee belangrike gehore te bedien,” het sy voortgegaan. “Binne een kanaal raak daardie soort posisionering onvolhoubaar.”
“Wat ons gesinsaanbieding betref, wil ons inhoud hê wat tot Suid-Afrikaanse gesinne spreek. Dus moet taal ons nie definieer nie.”
“Ons wil steeds al die tale op ons kanaal hê, waaronder Afrikaans, maar ons voel sterk dat dit om gesinsvermaak gaan, asook gesinswaardes en al die goeie dinge wat ons nodig het om dié land op te bou,” meen Hlongwane.
“Om 18:30 op SABC2 het ons Sewendelaan. Dit bly op die kanaal van Maandag tot Vrydag. En daarna, waar ons die Afrikaanse nuus gehad het, gaan ons dinge soos gesinspeletjieprogramme en werklikheidstelevisie en feitelike inhoud aanbied.
“Daarop sal situasiekomedies volg – sowel plaaslik as buitelands – asook ‘n nuwe telenovelle wat ons wil bekendstel.
“Dit spreek vanself dat dit tyd neem om daardie soort plaaslike inhoud te produseer maar hopelik sal ons teen Julie aanstaande jaar ‘n telenovelle hê. Dus vind daar baie belegging in plaaslike inhoud by SABC2 plaas want kykers wil hulself sien. Hulle wil hul lewens op die skerm weerspieël sien.”
“Swartwater, wat basies die Afrikaanse dramagleuf verteenwoordig, verskuif na SABC3. Dus sal SABC2 nie meer Afrikaanse dramas vertoon nie, dit verskuif na SABC3,” sê Hlongwane.
“Dis ‘n uitdaging met drie TV-kanale om 34 miljoen TV-huishoudings in dié land te bedien, maar ons kry dit reg, en ons poog om dit na die beste van ons vermoë te doen,” meen Leo Manne, the algemene bestuurder for TV-kanale by die SAUK.