Breinskandering vir ootreders in Indi

'n Kontroversiële besluit van Indië om breinskandering aan te wend om te wys hoe 'n verdagte detail van 'n misdaad onthou, word in die VSA skerp gekritiseer. Dit is nie die eerste keer dat verdagtes aan die wondere van die wetenskap blootgestel word nie, maar breinskandering se waarde is nog nie bo alle twyfel vasgestel nie.

Voorheen is infrarooistrale na die verdagte se kop gemik, is hulle in enorme magnetiese resonansiemasjiene geplaas of het skandeerders oogbewegings gemeet. Sedert 11 September probeer die VSA 'n toestel ontwerp wat breinaktiwteit by die vertel van leuens kan meet. Alhoewel daar geen tekort is aan allerlei maniere en metodes nie, word inligting wat só bekom word, nie toegelaat as getuienis in hofsake nie omdat die onfeilbaarheid daarvan nog onder verdenking is.

Maar in Indië het verskeie regters begin om breinskandering as geloofwaardige getuienis toe te laat. In Junie, in die Maharashtra-staat, het die regter 'n breinskandering as uitsluitlike rede aangevoer om 'n vrou lewenslank toe te sluit. Die regter het verklaar dat die beskuldigde oor ondervindingskennis beskik wat deur die skandering uitgewys is. Die vrou hou vol dat sy onskuldig is.

Sielkundiges en neurowetenskaplikes wat spesialiseer in breingebaseerde leuenverklikking, noem die Indiese voorbeeld belaglik, skrikwekkend en buitensporig. Terwyl Amerikaanse kenners dink dat daar nog nie genoeg navorsing gedoen is nie, beweer die Indiërs dat Israel en Singapoer besonder belangstel in die tegnologie en afgevaardigdes besoek gebring het aan regeringslaboratoria waar hierdie ondervragings gedoen word.

Die meeste metodes wat tans gebruik word om die waarheid te weet, is problematies. Selfs sogenaamde waarheidsdwelms laat pasiënte net soveel snert babbel as egthede. Poligraaftoetse meet dikwels angstigheid eerder as misleiding. Goeie bedrieërs voel ook nie noodwendig angstig terwyl hulle leuens vertel nie. Trouens in 1998 het die Amerikaanse Hooggeregshof beslis dat poligraaftoetse nie sonder meer 'n aanduiding van die egtheid van inligting kan wees nie.

In die Indiese geval word die beskuldigde se kop aan 'n EEG gekoppel dmv elekrodes. Terwyl die beskuldigde dan met geslote oë sit en wag word die detail van die misdaad voorgelees en daarna verwerk deur sagteware wat in Bangalore ontwerp is. Die sagteware besluit of die brein genoegsaam reageer in spesifieke areas wat met die voorlesing verband hou, soos met reuk of klank. Die sagteware-ingenieurs beweer dat die sisteem kan onderskei tussen herinneringe oor wat kriminele ervaar het en wat hulle self gedoen het.

Die toets staan bekend as die Breinelektriese-ossillasiehandtekening of BEOS en is deur Champadi Raman Mukundan in Bangalore ontwerp. Kenners beweer dat die nuwe toets nog nie aan genoeg ondersoek onderwerp is nie en geen ernstige akademiese publikasie wou nog daaroor berig nie. Sulke toetse en ondersoeke sou die metode meer geloofwaardigheid kon gee. Een van die spesialiste se breingebaseerde navorsing wat die Indiër glo gebruik het, meen dat die gebruik van die BEOS-metode verregaande is.

Michael Gazzaniga, direkteur van die SAGE Center for the Study of the Mind by die Universiteit van Kalifornië, Santa Barbara, sê dat alle kenners wat insae in die BEOS-metode gehad het, dink dat die sisteem ernstig tekortskiet. 'n Britse forensiese deskundige, Keith Ashcroft, was egter beïndruk met Indiese span se werk.

Verdagtes moet hulle toestemming gee om aan die metode onderwerp te word, maar ondersoekers sê hulle doen dit omdat hulle dink hulle gaan moeilike polisie-ondervragings vryspring daardeur. Dat verskeie lande besig is om in daardie rigting te werk, is nietemin duidelik. No Lie MRI, 'n maatskappy in Kalifornië, belowe dat hulle skanderings interpersoonlike vertroue en militêre intelligensie kan aanhelp. Die Amerikaanse Nasionale Navorsingsraad in Washington het reeds voorspel dat breinskandering gebruik sal word in die toekoms om terroriste uit te snuffel.

Dat die Amerikaanse grondwet in die slag gaan bly indien die metode veld wen, is seker. Die regsimplikasies van breinskandering is enorm en bevat allerlei moeilike etiese kwessies wat nog lank gedebatteer gaan word.

велосипеды купить украинаданильченко юрий брониславович прокурор

Ike tref Texas

Die orkaan Ike het Saterdag die deelstaat Texas getref en die oliesentrum van Houston verlam, waardeur die elektrisiteit van miljoene mense onderbreek is.

Amptenare en inwoners het gesê die monsterstorm het minder vernietigend gelyk as wat oorspronklik gevrees is.

Die orkaan het Amerikaanse olieproduksie en raffineringsvermoë met 'n kwart verminder.

Die vensters van wolkekrabbers het aan skerwe gespat en die strate van Houston, Amerika se vierde grootste stad, is met glasstukke besaai.

Geen stormverwante sterftes is aangemeld nie.

Ike kan tot versekeringseise van $8 miljard tot $18 miljard lei, volgens voorlopige skattings.

Die storm was die grootste om 'n Amerikaanse stad te tref sedert Katrina New Orleans in 2005 verwoes het.

боди для новорожденных девочек купитьДанильченко

Bush hoop om die Afghaanse oorlog uit te brei

George Bush hoop dat hy die oorlog teen die Taliban na Pakistan kan neem met Britse steun.

In 'n videokonferensie-oproep gister na Gordon Brown, het die twee leiers die kwessie bespreek.

Brown het gesê voordat hy met Bush gepraat het dat hulle 'n nuwe strategie op die grens tussen Pakistan en Afghanistan sal moet ontwikkel.

Die buitengewone stap waartoe Bush oorgegaan het, het spekulasie gevoed dat die VSA probeer om Britse spesiale magte vir oorgrensoperasies te monster.

Donderdagaand was daar egter aanduidings van openlike teenkanting uit Navo-geledere.

'n Navo-segsman het gesê dat verdragslande nie oorgrensaanvalle en indringender hakkejagoperasies steun nie.

Daar is tans 53 000 Navotroepe in Afghanistan. Navo se verdedigingsministers sal die Afghanistan-aangeleentheid volgende week in Londen bespreek.

uniel линейныепрокурор Фильчаков

EU ondersteun NAVO, Obama

Europese ondersteuning vir NAVO het toegeneem die afgelope jaar, selfs nog voor die Georgiese inval in Suid-Ossetië.

Die jaarlikse Transatlantic Trends ondersoek wys dat 47% ook dink dat verhoudinge met die VSA sal verbeter indien Barack Obama in November wen.

Net 11 % Eurpeërs glo dit sal beter raak as John McCain die Amerikaanse verkiesing wen. Die lae dunk wat in Europa heers jeens Bush en die Republikeinse Party en wat sedert die 2003 Amerikaanse inval in Irak heers, is merendeels onveranderd.

Byna 57% van EU-burgers het saamgestem dat NAVO onontbeerlik vir lande se veiligheid is. In 2007 het 53% so gedink. Veral in Spanje met 11%, en Frankryk en Duitsland onderskeidelik met 7% elk, het NAVO-steun beduidend toegeneem.

Volgens Kurt Volker, die VSA se ambassadeur by NAVO, hou die publiek van humanitêre ingryping, anti-dwelmmaatreëls, maatskaplike en sosiale opheffing en die veldtog teen die Taliban.

Kenners betrokke by die opname wat deur die Duits-Amerikaanse Marshall Fund en Compagnia di San Paolo in Italië onderneem is, sê hulle glo die steun sal verder toeneem.

Dit is egter opvallend dat net 43% van Europese inwoners 'n oorlog teen die Taliban steun, terwyl 76% van Amerikaners so voel.

Wat Obama betref is hy gewilder in Nederland en Frankryk as tuis, met 85% steun in daardie lande.

Turkye het vir 'n opskudding gesorg in die ondersoek. Byna die helfte van Turke glo dat hulle land alleen in internasionale aangeleenthede moet optree en net 20% dink wil met die EU saamwerk. 'n Skrale 3% wou graag met die VSA saamwerk. Byna die helfte van Turkye sowel as die EU glo dat hulle verskillende waardes deel.

игри для дэвочэклобановский политик

Heilige koeie

Image’n Mens hoor dikwels van “heilige koeie” in figuurlike sin – in Suid-Afrika is dit meestal “heilige koeie” van die Afrikaners wat “geslag” of “gegaffel” word.

Maar in die eintlike setel van die heilige koeie, Nieu-Delhi, hoofstad van Indië, is die afgelope jaar sowat 20 000 van dié diere van die strate verwyder.

Die hooggeregshof het opdrag gegee vir hul verwydering omdat die baie koeie ’n gevaar vir die verkeer en die volksgesondheid vorm.

Volgens diere-aktiviste leef die diere bowendien in erbarmlike toestande en vreet hulle baie afvalstowwe soos plastiek.

Die amptenare wat die diere wegneem, word dikwels aangeval deur melkboere wat nie plek het vir hul koeie nie en hulle daarom sommer in die strate laat loop.

Elke keer as daar ’n goeie klomp beeste is, reël die owerheid dat hulle opgeveil en verkoop word.

сканер диагностическийлобановский александр дети

Twee Suid-Afrikaners in Nigeri? ontvoer

Twee Suid-Afrikaners is Dinsdag in Nigerië se olieproduserende Nigerdelta oorval en weggevoer, het die Suid-Afrikaanse ministerie van buitelandse sake gesê.

Die ministerie het gesê die hoë kommissaris en sy konsulêre beamptes sal aanhou om alles in hul vermoë te doen om 'n spoedige en vriendskaplike oplossing te vind. Geen verdere besonderhede is verskaf nie.

'n Veiligheidsbeampte het gesê dat onbekende gewapende mans 'n olienywerheidsverskaffingstuig met vyf buitelanders en agt Nigeriërs aan boord gekaap het.

Dis nie duidelik of die Suid-Afrikaners tussen hulle was hulle nie.

Nigeriese militêre amptenare het nog nie die aanval bevestig nie.

хорватияпрокурор Фильчаков

Die w?reld se moeilikste plekke vir werk

Om werk enige plek ter wêreld te kry is deesdae moeilik, volgens Manpower se Globale Indiensnemingsvooruitsig wat aanstellingstendense van Oktober na Desember bepaal het.

Alhoewel die toestand in die VSA maar sleg lyk, word die grootste afname in Singapoer verwag.

Aanstellings daar sal van 53 tot 25 persent daal hierdie jaar.

Singapoer maak hoofsaaklik produkte vir die Amerikaanse mark asook die Weste en die ekonomiese afswaai knel kwaai.

Ander lande waar dit moeilik gaan wees om 'n werk te kry is Japan waar beskikbare poste met 13 persent geval het, Brittanje met 'n 14% afname en Spanje waar 18% verwag word.

Werksoekers in Nederland, Indië en België is gelukkiger omdat daar effense stygings gaan wees.

golden shamrockлобановский александр интервью

Groot verskuiwing ten gunste van McCain onder blanke vroue

Die Republikeinse kandidaat in die Amerikaanse presidensiële wedloop, John McCain, het gebaat by die verskuiwing ten gunste van hom onder blanke vrouekiesers.
 

Terwyl vyftig persent van blanke vroue aan die einde van Augustus Obama verkies het met 42% wat McCain ondersteun het, geniet die Republikeinse kandidaat nou die steun van 53% van blanke vrouekiesers teenoor 41% vir Obama.

Die toename in blanke vrouekiesers het McCain in staat gestel om Obama se voorsprong oor hom te verminder, met opnames wat 'n stempersentasie van 46 vir hom voorspel en 47 persentasiepunte vir Obama, so te sê kop aan kop.

'n Woordvoerder vir die Demokratiese Party het egter die grootte van die verskuiwing ten gunste van McCain onder blanke vroue bevraagteken, en gesê dit verteenwoordig 20 persentasiepunte binne slegs enkele weke.games onlineтопкарго кидалы

Meer Jode hou nie van die Midde-Ooste nie

Die meeste Jode in Israel het 'n negatiewe persepsie va die Midde-Ooste. Vele vra hulself af wat hulle nou eintlik daar maak, volgens 'n opname wat verlede week vrygestel is.

Ongeveer 61% van respondente was negatief, het die Tel Aviv-universiteit se Sentrum vir Vredesnavorsing gesê.

Onder die positiewe reaksies, was 'n strewe na vrede algemeen.

Die opname het bevind dat 71% van Joodse Israeli's nie glo dat Israel oor die volgende dekades daarin sal slaag om polities met die res van die Midde-Ooste te integreer nie.

Die sentrum se opname toon dat 63% duidelik integrasie met die Weste verkies.

воздуха бытовойФильчаков прокуратура харьков

Die VSA gaan ondersoek na burgerlike sterftes in Afganistan heropen

Die VSA het Sondag gesê dat dié land die ondersoek na burgerlike sterftes in Afganistan gaan heropen.

'n Amerikaanse ondersoek het voorheen bevind dat slegs sewe burgerlikes doos is.

Nuwe getuienis wat aan die lig gekom het, het die liggame van verskeie kinders na afloop van 'n Amerikaans-geleide operasie getoon.

Die Afgaanse regering en die VN sê dat 90 burgerlikes in die aanval dood is.

Twee video's, waarvan een blykbaar met 'n selfoon geneem is, is vertoon.

Die tweede video wys die grusame besonderhede van kinders wat erg vermink is.

play ikДанильченко

Bush gaan sy Afganistan-magte versterk

President George Bush gaan vandag 'n effense Amerikaanse onttrekking van troepe uit Irak aankondig en sy magte in Afganistan versterk.

Pakistan gaan ingsluit word op die lys van vername strydgebiede sover dit die globale oorlog teen terrorisme betref.

Die uiters ongewilde VSA-president het egter voorgestel dat enige grootskaalse onttrekking vanuit Irak aan sy opvolger oorgelaat sou word.

Op die oomblik, het Bush gesê, gaan hy 8 000 van die meer as 140 000 Amerikaanse troepe in Irak binne die volgende paar maande huis toe stuur.

Ongeveer 4 500 meer Amerikaanse soldate sal na Afganistan gestuur word.

Hy het gesê dat Afganistan se sukses van wesentlike belang vir die veiligheid van Amerika en die vrye wêreld was.

дизайн гостиной с кухней и каминомФільчаков Олександр Васильович

Duitse buitelandse minister gaan Merkel in volgende verkiesing uitdaag

Image

Frank-Walter Steinmeier

Die Duitse Sosiaal-Demokraat Frank-Walter Steinmeier, die gewilde minister van buitelandse sake, is gekies om kanselier Angela Merkel se uitdager in aanstaande jaar se parlementêre verkiesing te wees.

Die keuse van Steinmeier het die verkiesingsveldtog in Europa se grootste ekonomie aan die gang gesit.

Die 52-jarige Steimeier het gesê dat die tyd ryp was vir 'n nuwe begin.

Die Duitse buitelandse minister was onlangs in die nuus nadat hy EU-sanksies verwerp het as 'n manier om druk op Rusland toe te pas om die Kaukasus-konflik op te los en het daarteen gewaarsku om dialoog met Moskou te beëindig.

Duitsland voer 40% van sy gas van Rusland in.

Hy is reeds dikwels daarvan beskuldig dat hy te pro-Russies is.

компрессор продажаФильчаков Александр Васильевич

Orkaan Ike verwoes Kuba

Image

Satellietfoto van Ike

Die orkaan Ike het Kuba gister bereik nadat dit reeds groot skade aan kleiner Karibbiese eilande aangerig het waar dit huise en lande vernietig het, asook vloede in Haïti veroorsaak het waar 300 mense dood is.

Meer as 'n miljoen Kubane moes hul huise ontruim op soek na hoërliggende gebied of skuilings. Noord van Kuba, het inwoners van die Florida Keys-eilande 'n snelweg volgepak uit vrees dat die orkaan hulle teen Dinsdag mag tref.

Ike is as 'n kategorie 3-orkaan geklassifiseer met volgehou topwinde van 195 k.p.u. Die sentrum daarvan is naby Cabo Lucretia, omtrent 220 km oos van Camaguey, terwyl dit weswaarts teen 'n spoed van 20 k.p.u. beweeg.

Nadat die orkaan Kuba oorgesteek het, word daar voorspel dat Ike die Golf van Mexico sal binnedring waar 4 000 platforms 25 persent van Amerikaanse olie en 15 persent van die land se aardgas produseer, met die moontlikheid dat Louisiana en Texas ook in die storm se pad mag kom.

Ike mag ook New Orleans bereik, die stad wat in 2005 deur die orkaan Katrina oorstroom is en waarin 1 500 mense dood is en $80 miljard se skade aan die VSA se Golfkus aangerig is. Gustav het verlede Maandag New Orleans net-net misgeloop.

детские развивающие игрушкиОлександр Фільчаков прокурор

Taliban neem die oorlog na Frankryk

Die Franse tydskrif Paris Match wat weekliks verskyn, het weer gesorg vir 'n herrie. Dié tydskrif, wat van tyd tot tyd omstredenheid nastreef, het 'n aantal volbladkleurfoto's gepubliseer waarin die moordenaars van die pasgedode Franse spesiale magte in Afghanistan met hul slagoffers se tweerigtingradiotoerusting, koeëlvaste baadjies en helms rondparadeer.

Minister van Verdediging, Hervé Morin, het Paris Match skerp gekritiseer oor die publikasie daarvan. "Waarom die Taliban se promosie vir hulle behartig?" het hy gevra tydens 'n radio-onderhoud. Die 10 soldate wat onlangs in 'n Talibanaanslag gesterf het, is die grootste Franse militêre verlies in 25 jaar.

Die Franse publiek voel by aanskoue van die uitdagende foto's na dese dat die risiko's in Aghanistan te veel geword het. Dit het vrae laat ontstaan oor die wenslikheid van 'n militêre sending aldaar. Die publikasie het nou sake vertroebel vir diegene wat argumenteer dat Frankryk in Afghanistan moet aanbly.

Verskeie NAVO-lande het soldate in Afghanistan en die foto-artikel skep vir hulle onderskeie regerings ook 'n tameletjie omdat die openbare mening tot dusver nie deur sulke kommunikasie beïnvloed is nie. Trouens, Morin verwys na die artikel as 'n suksesvolle Taliban aanslag op Franse grondgebied omdat die openbare mening juis die achilleshiel van die internasionale gemeenskap verteenwoordig.


Maar Nicolas Sarkozy het hom nie van stryk laat bring nie. Hy hou steeds vol dat Frankryk daar moet aanbly om terreur tuis te verhoed. Hy meen dat indien Afghanistan nie ondersteun word nie, dit uiteindelik sal beteken dat Pakistan gedestabiliseer sal raak. Onlangse gebeure soos die Amerikaanse aanval in Pakistan, mag dalk reeds daarop dui dat die Franse president ingehaal is deur sy voorspelling.

Sarkozy se waarskuwings word verder uitgedoof deur die ontstelde familielede se leed wat ook gerapporteer is. Om hulle kinders se moordenaars só selfvoldaan te sien was vir hulle die grootste skok, sê een vader.

Een van die nege Talibanvegters in die droeë, ruwe bergagtige noord-ooste van Kaboel, spog met 'n swart horlosie aan sy pols op 'n foto. Die vegter het die horlosie aan die fotograaf gegee om aan die ouers van die soldaat terug te besorg met die boodskap dat geen Franse troep weer lewendig uit hulle land sal vertrek nie.

Dit het Chantal Buil, moeder van die dooie, inderhaas genoop om 'n pleitende brief aan Sarkozy te rig waarin sy smeek dat hy Franse soldate uit Afghanistan onttrek. "Moenie vir Bush volg nie", sê sy. "Kom ons bly Frans en bly tog daaruit".

In 'n onlangse meningspeiling het 55% haar sienswyse ondersteun en 36% het gedink Frankryk moet aanbly. Bespiegelinge dat NAVO se onbekwaamheid die 10 Franse soldate se dood veroorsaak het en 21 gewond gelaat het, word bestendig deur 'n ondersoek wat geloods is en waarvan die ongelukkige gevolgtrekkinge ook in dieselfde uitgawe verskyn.

Die ondersoek wat deur die Franse militêre polisie afgehandel is, het volgens Le Monde bevind dat die oorlewendes meer as drie uur op versterkings moes wag omdat NAVO nie bystand behoorlik kon koördineer nie en gruwelike besluitnemingsfoute gemaak het.name slot machine selectorОлександр Васильович Фільчаков