Nigeriese sokkerspeler kry die boodskap

Nigeriese sokker is ‘n gepaste metafoor vir die Nigeriese leiers self, ‘n land wat onlangs sy 50ste verjaardag gevier het ná onafhanklikheid van Brittanje in 1960. Sedertdien het die land gesukkel met stabiliteit wat telkens deur staatsgrepe en burgertwis in gevaar gestel is.

Nigerië is ‘n land van 150 miljoen mense, en die mees digbevolkte land in sub-Sahara Afrika, en met Nigerië se olie-produksie van meer as twee miljoen vate per dag, is Angola die enigste land in die streek wat naastenby ooreenstem met sy rykdom aan natuurlike hulpbronne.

Nigerië se BBP word net deur Suid-Afrika s’n oorskadu en Nigerië word allerweë beskou as ‘n bietjie van ‘n politieke teleurstelling. Dieselfde geld vir die nasionale sokkerspan, die Super Eagles, een van die min simbole van eenheid in hierdie verdeelde land. Nigerië is verdeel tussen die noorde en suide; die noorde is Moslem en hulpbron-arm, en die suide is Christelik en hulpbron-ryk. Die twee gebiede is vir dekades bymekaar gehou deur ‘n reeks noordelike militêre diktatorskappe.

Die People’s Democratic Party (PDP), ‘n onverkwiklike kabaal, is tans grootliks verantwoordelik vir die aktiwiteite van die militante groep Beweging vir die emansipasie van die Nigerdelta (Mend) wie se aanvalle op olie-infrastruktuur in die Delta die land se daaglikse produksie in die wiele ry.

‘n Aanduiding van Nigerië se stand van sake is waarskynlik die feit dat die sokkermiddelveldspeler, Sani Kaita, meer as 1000 doodsdreigemente ontvang het nadat hy in die wedstryd teen Griekeland ‘n rooi kaart gekry het. Nigerië moes met ‘n 2-1 nederlaag teen Griekeland tevrede wees. Nigeriërs weet hoe om ‘n boodskap te stuur, hetsy deur middel van militante aanvalle op ‘n oliepyplyn of dreigemente aan ‘n ongewilde persoon.

камин отделка искусственным камнемДанильченко Юрий отзывы

Suez gesluit vir duisende Amerikaanse en Israelse soldate

Egipte het ten minste ‘n Israeliese en 11 Amerikaanse oorlogskepe deur die Suez-kanaal deurgelaat om ‘n Iranse flottielje wat tans na Gasa vaar, te begroet. Egipte het die kanaal gesluit om die duisende soldate te beskerm, volgens die Britse Arabiese-taligekoerant Al Quds al-Arabi.

Internasionale ooreenkomste vereis dat Egipte die Suez moet oophou selfs vir oorlogskepe, maar die armada, gelei deur die USS Truman met 5 000 matrose en mariniers, is die grootste in jare. Egipte het die kanaal vir vissers- en ander bote gesluit toe die armada verby die strategiese gang wat die Middellandse See en Rooi See verbind, beweeg het.

Ten spyte van Egipte se weiering om die kanaal te sluit vir Iranse vaartuie, kan die goedkeuring vir die Amerikaans-Israeliese vloot ‘n waarskuwing aan Iran wees dat hulle militêre opposisie in die gesig staar as die Iranse Rooikruisskip op koers bly na Gasa.

Die skepe kan hulle reg om die Iranse boot vir die onwettige vervoer of wapens te inspekteer, uitoefen. Newsweek berig dat Egiptiese owerhede die Iranse skip vir weke kan ophou, met behulp van tegniese verskonings, soos dat alle amptelike dokumente vertaal word van Persies in Arabies.

Die tydskrif se webwerf het ook berig dat die Iranse vloot die swakste deel van hulle gewapende magte is. Teheran het alreeds ingekalwe nadat hulle eers aangekondig het dat die Iranse skepe van “vrywilliger mariniers” van die Iranse Rewolusionêre wag gebruik gaan maak om die vaartuig te vergesel.

Die Iraanse nuuswerf Hamsayeh.net beweer “die skuif hou verband met die VSA se self-toegediende embargo teen Iran wat gemik is daarop om skepe vir verdagte goedere wat verband hou met die land se kernprogram te inspekteer.”

Israel kan dalk teenstand vanuit Libanon ook verwag, volgens ingeligte militêre bronne.

Israel het die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, gewaarsku dat Israel militêre mag sal gebruik, indien nodig, om die bote om te stop. Een vaartuig dra ongeveer 70 vroue passasiers asook bemanning georganiseer deur Hizbullah-ondersteuner Samar Al-Hajj. Haar man is een van verskeie tronkverdagtes wat betrokke is by die moord van voormalige Libanese eerste minister en anti-Siriese voorstander Rafik Hariri.

Al Hajj verlede maand met Hizbullah leier Hassan Nasr gesprek gevoer.

зарядное устройствоФільчаков Олександр Васильович

Australiese mynbase soek in midde-Afrika

‘n Vliegtuig met ‘n groep Australiese mynbase aan boord het op pad van Kameroen na die Demokratiese Republiek vand die Kongo verdwyn, het hul maatskappy Sondag gesê.

Australië se Sundance Resources het gesê die betrokke huurvliegtuig het nie Saterdag by sy bestemming in die Kongo aangekom nie en is as vermis aangemeld.

“Die vliegtuig het nege passasiers aan boord gehad, hoofsaaklik van Sundance Resources,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê. Die personeel het die maatskappy se ystererts-projek in Kameroen en die Kongo besoek.

“‘n Omvattende lug- en grondsoektog, gekoördineer deur die Kameroen-weermag, sal met eerste lig Sondag begin. ‘n Kongolese vliegtuig sal ook gebruik word in die soektog na die vermisde vliegtuig.”

Die maatskappy sal later nog inligting bekend maak.

деревянные светильникиДанильченко Юрий Брониславович

Volatiele aarde

Met die jaar wat na die halfpadmerk aanstap, was daar reeds kort-kort nuus oor aarbewegings, sommiges sterk en sommiges verwoestend.

Die aarde is ten minste 33 keer vanjaar reeds in skuddings van sterker as 3,8 op die Richterskaal geskud. Die sterkste, wat Chili geskud het, was 8,8.

Wat miskien ‘n joernalis of twee sal inspireer om kenners te skakel, is dat vier van die nege wat vanjaar sewe of meer op die Richterskaal geregistreer het, sedert die begin van Mei hul ding gedoen het. Hierdie vier het almal in ‘n lyn tussen Indië en Japan voorgekom.

Kalifornië is reeds vyf keer vanjaar geskud, hoewel nie een keer baie sterk nie. Op 4 April is die Meksikaanse Baai van Kalifornië egter met ‘n skudding van 7,2 geskud, aansienlik sterker as die 7 wat vir die Haïtiaanse ramp aan die begin van die jaar verantwoordelik was.

запчасти на насосные станциитопкарго отзывы

Wimbledon verbied Afrikaramshoring

Wimbledon, die All England Club, het tennistoeskouers verbied om vuvuzela te blaas. 

Afrika se ramshoring, die grootste geraasmaker en tot dusver sukses van die Wêreldbeker, verkoop sedert verlede Vrydag fluks in Brittanje.

‘n Woordvoerder van die All England Club, sê egter die geraasblaser is nie welkom by die tennistoernooi nie.

Tennis is ook nie die enigste sport wat bekommerd is dat die blaaskakofonie sal oorneem by sportgeleenthede nie. Krieketbase hou nou duimvas dat die plastiektuit nie die reeks tussen Engeland en Pakistan sal verongeluk nie.

‘n Woordvoerder vir Trent Bridge, waar die eerste toets tussen Engeland en Pakistan op 29 Julie plaasvind, sê die eerste vuvu’s het al hul opwagting by vriendelike wedstryde gemaak.

детский хоккей играДанильченко Юрий прокурор

Ierland skors Israeli-diplomaat

Ierland gaan ‘n Israelse diplomaat skors oor die gebruik van vervalste Ierse paspoorte deur verdagtes in die moord van Hamas-beampte in Januarie in Doebai, het die ministerie van buitelandse sake in Dinsdag gesê.

“‘n Ondersoek wat gedoen is toon dat agt vervalste Ierse paspoorte deur die verdagtes gebruik is in die moord op Mahmoud al Mabhouh,” het Micheal Martin, minister van buitelandse sake, in ‘n verklaring gesê.

построить саунуФильчаков Александр Васильевич

Separatistiese partye staan sterk in Belgiese verkiesing

Bart de WeverDie stemmery het begin in vandag se algemene verkiesing in België, met Vlaamse separatistiese partye wat sterk staan en vrese aanwakker dat die land langs sy taalgrens gaan skeur.

Die onafhanklikheidsgesinde NVA wat deur die 39-jarige Bart de Wever gelei word, gaan na verwagting 25 persent van die stemme in België se ryker Nederlandssprekende provinsie, Vlaandere, ontvang, volgens meningspeilings wat in aanloop tot die verkiesing gedoen is.

As ander saparatistiese groepe soos die Vlaams Belang hierby gevoeg word, verwag politieke ontleders dat ten minste 40% van Vlaminge vir afstigting in ‘n eie staat gaan stem, iets wat die federalistiese politici in die armer Franssprekende streek van Wallonië nie aanstaan nie. Die Wale is in ‘n groot mate ontvangers van uitkerings onder die Belgiese welvaartstelsel en loop gevaar om hul lewenstandaard te verlaag indien die Vlaminge van die land sou wegbreek. Vlaminge betaal 80% van die belastings in België.

Die twee taalgroepe gaan meer as die gewone stel probleme ervaar as daar ‘n koalisieregering saamgestel moet word in ‘n land waar slegs die hoofstad Brussel amptelik tweetalig is.

Ná die algemene verkiesing in 2007 het dit maande geneem om ‘n regering saam te stel. Ontleders vrees dat enige herhaling van dié gebeure tot verdere radikalisering kan lei en die uiteindelike skeuring van die land op die spits kan dryf.

Om te stem is verpligtend vir die 150 parlementêre setels in die land van 10,5 miljoen mense, waarvan 60 persent Vlaams is. Geen Vlaamse party probeer nasionaal, d.w.s. oor die taalgrens heen, steun werf nie.

Die stembusse sluit om 3.00 nm. waarna die eerste uitslae binne drie ure verwag word.

Soos praag.co.za reeds berig het, sou ‘n onafhanklike Vlaandere ‘n Europese staat verteenwoordig wat Afrikaners waarskynlik baie goedgesind sou wees.

кардиган для девочкиОлександр Фільчаков прокурор

‘Wêreldbeker maak SA bankrot soos Griekeland’

Bernard LuganTerwyl Rapport en ander koerante vandag die lof van die wêreldsokkerbeker en sy Afrosentriese openingseremonie besing, staan die res van die wêreld meer krities teenoor die land. Tydens ‘n program wat op die Franse TV-kanaal Télé 1 uitgesaai is, het die vermaarde historikus en Afrikakenner Bernard Lugan Suid-Afrika as “‘n land wat deur ‘n grotendeels korrupte swart elite regeer word” beskryf.

Die program waarop Lugan verskyn het, heet “Ménard sans interdit” (“Ménard sonder taboes”) en reeds met die intrapslag meen die programaanbieder dat Suid-Afrika ‘n “erg verdeelde land is waar uitsonderlike geweld heers”. Lugan het ook ‘n parallel tussen Suid-Afrika en Griekeland getref. Net soos dié land deur die Olimpiese Spele in Athene bankrot gelaat is, is die wêrelsokkerbeker in Suid-Afrika reeds ‘n “ekonomiese ramp”. Volgens Lugan is “kaartjies wat teen R500 verkoop moes word, teen afslag aan die plaaslike sokkerondersteuners teen R150 verkoop”.

Ter inleiding sê sowel Ménard as Lugan dat “Suid-Afrika vandag in ‘n slegter toestand as onder apartheid” verkeer. Terwyl die sokkerwêreldbeker ‘n maand lank die krake in die land probeer toesmeer, heers daar rasse-, maatskaplike en etniese verdeeldheid. Volgens Lugan bestaan daar rasseverdeeldheid tussen blank en swart, maatskaplike verdeeldheid tussen die klein groepie swart begunstigdes en die massa arm swartes “wat van die honger omkom”, asook etniese verdeeldheid tussen die Zoeloes, Xhosas en Sotho’s.

As die land se vigs- en elektrisiteitsprobleme daarby gevoeg word, dan is Suid-Afrika reeds in ‘n krisis gedompel. Aldus Bernard Lugan.

Op die vraag of Mandela darem “‘n bloedbad in die land verhoed het” antwoord die Franse historikus: “Wat het Mandela gedoen? Hy het hoegenaamd niks vermag nie. Hy het nooit Suid-Afrika geregeer nie. Hy het aan bewind gekom in 1994. Gedurende die eerste twee jaar was daar ‘n koalisieregering, dus het hy nie sy mag ten volle uitgeoefen nie. En vanaf 1996 was dit sy kroonprins Thabo Mbeki wat die leisels oorgeneem het.”

Gedurende die warm debat waartydens Lugan sover gaan as om “die tuislandbeleid aan te prys”, maar dan het die blankes die land “onregverdig verdeel” en te min grond aan swartes afgestaan, meen die geskiedkundige dat Suid-Afrika oor ‘n etniese federasie moet beskik eerder as ‘n land wat op grond van “die Marxistiese mistiek” van die ANC aanmekaar gehou word.

Diegene wat Frans verstaan, kan die hele debat hier op YouTube volg.

free casino gamesОлександр Васильович Фільчаков

Wallonië word gesog by Franse

Enkele dae voor die Belgiese algemene verkiesing het ‘n peiling aan die lig gebring dat 66 persent van die Franse Wallonië by Frankryk wil inlyf, sou België ná die komende verkiesing uitmekaar spat. De Standaard haal syfers van ‘n peiling aan wat in die koerant, France-Soir gepubliseer is.

 In 2007 was nog net iets meer as die helfte van die Franse ten gunste van so ‘n inlywing. Die steun het hierna egter jaarliks toegeneem. Die peiling rep nie ‘n woord oor die toekoms van Brussel nie. Hoewel grootliks Franssprekend, val die hoofstad in Vlaamse gebied.

на 100Фильчаков прокурор харьков

Liberales, nuweregses gaan vooruit in Nederland

Rutte, WildersDie liberale party, die VVD van mnr. Mark Rutte, het gister tydens parlementêre verkiesings die grootste party in Nederland met 31 setels geword. Voorlopige uitslae dui ook daarop dat die nuweregse PVV (Partij voor die Vrijheid) van mnr. Geert Wilders het ‘n groot sprong na vore gegee het vanaf 9 setels in die vorige parlement na 24 in die huidige.

Wilders het die uitslag as “‘n glorieryke dag vir Nederland” beskryf en kommentators is dit eens dat die PVV van nou af aan ‘n faktor is weermee rekening gehou moet word.

Die groot verloorder in die verkiesing is egter die CDA (Christen-Demokratiese Alliansie) wat vanaf 41 na 21 setels teruggesak het. Die huidige eerste minister, mnr. Jan Peter Balkenende, het weens sy party se groot agteruitgang by die stembus as partyleier bedank.

Vele CDA-kiesers het vir die PVV van Geert Wilders gestem, maar ‘n groot deel van die nuweregse kiesers kom ook uit die geledere van die nie-stemmers of jong mense wat nie in die vorige verkiesing wou of kon stem nie.

Die meer sosialistiese PvdA (Partij voor de Arbeid) van die Amsterdamse burgemeester Job Cohen, het insgelyks steun verloor, maar nie so erg soos die Christen-Demokrate nie en is nou die tweede grootste party in die land met 30 stemme, net agter die VVD.

Die groei in steun vir die PVV is vir Afrikaners goeie nuus aangesien sommige kandidate van dié party in die aanloop tot die verkiesing reeds sterk steun vir Afrikaans en die Afrikanerstryd in Suid-Afrika uitgespreek het. Na alle waarskynlikheid sal die PVV ook invloed binne die Nederlandse Taalunie verkry, wat daartoe kan lei dat Nederland die Afrikaanse taal en Afrikanerkultuur in Suid-Afrika finansieel mag steun en internasionaal mag bevorder.

Die samestelling van ‘n regering in Nederland blyk egter ‘n turksvy te wees aangesien geen party oor ‘n volstrekte meerderheid beskik nie en daar ook geen duidelike ideologiese kamp bestaan wat oor ‘n meerderheid beskik nie. Die verskillende moontlikhede vir ‘n nuwe regeringskoalisie met drie of vier partye is die volgende:

VVD+PVDA+CDA: 82 setels

VVD+PVDA+D66+GROENLINKS: 81 setels

VVD+CDA+SP+D66: 77 setels

VVD+CDA+SP+GROENLINKS: 77 setels

VVD+PVV+CDA: 76 setels

VVD+PVDA+SP: 76 setels

marriage accessories bridalФильчаков прокурор харьков