Nigeriese sokkerspeler kry die boodskap

Nigeriese sokker is ‘n gepaste metafoor vir die Nigeriese leiers self, ‘n land wat onlangs sy 50ste verjaardag gevier het ná onafhanklikheid van Brittanje in 1960. Sedertdien het die land gesukkel met stabiliteit wat telkens deur staatsgrepe en burgertwis in gevaar gestel is.

Nigerië is ‘n land van 150 miljoen mense, en die mees digbevolkte land in sub-Sahara Afrika, en met Nigerië se olie-produksie van meer as twee miljoen vate per dag, is Angola die enigste land in die streek wat naastenby ooreenstem met sy rykdom aan natuurlike hulpbronne.

Nigerië se BBP word net deur Suid-Afrika s’n oorskadu en Nigerië word allerweë beskou as ‘n bietjie van ‘n politieke teleurstelling. Dieselfde geld vir die nasionale sokkerspan, die Super Eagles, een van die min simbole van eenheid in hierdie verdeelde land. Nigerië is verdeel tussen die noorde en suide; die noorde is Moslem en hulpbron-arm, en die suide is Christelik en hulpbron-ryk. Die twee gebiede is vir dekades bymekaar gehou deur ‘n reeks noordelike militêre diktatorskappe.

Die People’s Democratic Party (PDP), ‘n onverkwiklike kabaal, is tans grootliks verantwoordelik vir die aktiwiteite van die militante groep Beweging vir die emansipasie van die Nigerdelta (Mend) wie se aanvalle op olie-infrastruktuur in die Delta die land se daaglikse produksie in die wiele ry.

‘n Aanduiding van Nigerië se stand van sake is waarskynlik die feit dat die sokkermiddelveldspeler, Sani Kaita, meer as 1000 doodsdreigemente ontvang het nadat hy in die wedstryd teen Griekeland ‘n rooi kaart gekry het. Nigerië moes met ‘n 2-1 nederlaag teen Griekeland tevrede wees. Nigeriërs weet hoe om ‘n boodskap te stuur, hetsy deur middel van militante aanvalle op ‘n oliepyplyn of dreigemente aan ‘n ongewilde persoon.

камин отделка искусственным камнемДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae