Swart ouers kry blonde kind

‘n Swart ouerpaar van Nigerië het genetiese kenners stomgeslaan nadat hul babadogtertjie met ‘n wit vel, blou oë en blonde hare gebore is. Die baba het negroïede gelaatstrekke

Genetici het bevestig dat die baba nie aan albinisme ly nie.

Benjamin en Angela Ihegboro se dogtertjie, Nmachi, laat medici kopkrap omdat hulle nie haar vel- en haarkleur kan verduidelik nie.

Die Nigeriese ouers sê hulle dra ook nie kennis van enige wit voorvaders in hulle onderskeie families nie.

Die paartjie het ook ‘n tweejarige dogter, Dumebi, en ‘n vierjarige seun, Chisom, wat duidelik swart is.

Die moeder, Angela, 35, van Woolwich, Suid-London, noem haar “pragtige” kind ‘n “wonderwerk”. Albei ouers is hoogs in hul skik met hul blonde telg.

“Nmachi” beteken “Skoonheid van God”.

In ‘n soortgelyke voorval in Duitsland enkele jare gelede, waar ‘n wit ouerpaar ‘n swart kind gehad het, is die geboorte met afgryse deur die ouers begroet.

Nadat die vader sy verslane vrou van oneerlikheid beskuldig het, het genetici vasgestel dat die moeder van die vader hom onder ‘n valse indruk gebring het oor sy eie herkoms.

Sy het naamlik ‘n verhouding met ‘n swart Amerikaner gehad en haar seun was die produk daarvan. Alhoewel hy wit is, is sy swart gene na sy kind oorgedra.

 

 

детский плед купитьОлександр Фільчаков прокурор

NAACP bevorder naakte rassisme

Breitbart, ‘n bekende Amerikaanse webwerf het ‘n video gepos van ‘n toespraak deur Shirley Sherrod, USDA se Landelike Ontwikkelingsdirekteur van die deelstaat Georgia, waar sy by die swart aktivistegroep, die NAACP (National Association for the Advancement of Colored Peoples} se 20ste jaarlikse Vryheidsbanket wit boere bykom.  

Die video toon Sherrod waar sy sê rasse-oorwegings was ‘n faktor in haar besluit om ‘n wit boer wat by haar aangeklop het vir hulp, nie te help nie

“Die eerste keer dat ek te make gehad het met ‘n wit boer wat wou gehad het dat ek sy plaas moes help red, het hy ‘n lang tyd gepraat, maar hy het probeer om my te wys hy is beter as ek. Ek weet wat hy gedoen het, maar hy het na my gekom vir hulp. Wat hy nie geweet het nie was dat terwyl hy al die tyd probeer om te wys hy is beter as ek met sy pratery, het ek probeer om te bepaal hoeveel hulp ek hom wou gee,” het Sherrod gesê.

Haar anti-wit opmerkings is met ‘n goedkeurende “dis reg!” uit die gehoor begroet.

“Ek sukkel met die feit dat soveel swart mense hul plaasgrond verloor het, en hier het ek te make met ‘n wit persoon wat wil hê ek moet hulle grond red. Dus het ek hom nie die volle krag van wat ek kan doen aangebied nie. Ek het net genoeg gedoen,” het Sherrod gesê, “dat wanneer hy – ek aanvaar dat die Departement van Landbou hom na my gestuur het, of die Georgia Departement van Landbou – teruggaan om verslag te doen, ten minste [vir hulle] sal sê dat ek probeer het om hom te help.”

In die video, het Sherrod ook gesê sy het die wit boer verwys na ‘n wit prokureur, denkende dat laasgenoemde meer simpatiek sou wees as gevolg van ras. “Ek het hom na ‘n wit prokureur wat van die opleiding wat ons verskaf het vir bankrotskap […] bygewoon het, gestuur. Ek het gedink as ek hom na een van sy eie stuur, dat sy eie soort vir hom sou sorg.”

Die NAACP wou Maandag nie dadelik kommentaar lewer nie.

и мозаикаФільчаков прокурор

Clinton glo Bin Laden leef nog

Hillary Clinton, die VSA se minister van buitelandse sake, het Maandag in Islamabad tydens ‘n televisie-onderhoud gesê sy glo Osama bin Laden is steeds in Pakistan.

“Ek glo hy (Bin Laden) is hier in Pakistan en dit sal baie help as ons hulle almal (Al-Kaida-leiers) kan uitvat,” het sy gesê.

Leon Panetta, hoof van die CIA, het in Junie gesê dat die hoof van Al-Kaida êrens diep wegkruip.

Bin Laden het nege jaar gelede verdwyn nadat die VSA op 11 September 2001 aangeval is.

гостиная с камином в загородном домеданильченко юрій Харків

Swart Expo ontaard in skietery

In drie afsonderlike skietvoorvalle is tien mense in die sentrum van Indianapolis, VSA, gewond en honderde verstrooi tydens die stampvol Indianapolis Swart Expo, het die polisie Sondag gesê.

Polisiewoordvoerder Lt Jeff Duhamell sê geen onmiddellike arrestasies is gemaak wat direk gekoppel kan word aan die skietery nie en ondersoekbeamptes is steeds op soek na leidrade.

Nie een van die slagoffers se beserings was die lewensbedreigend nie, het Duhamell aan The Associated Press gesê, en bygevoeg dat die polisie ook drie onverwante arrestasies agv onwettige wapenbesit gemaak het.

Die voorval het begin toe verskeie skote omstreeks 21:30 Saterdag by Circle Sentrum Mall weerklink het, en agt mense gewond gelaat het en mense in alle rigtings laat spaander het, het Duhamell gesê.

Hy het gesê ‘n tweede skietery in die omgewing het ‘n paar minute later uitgebreek en ‘n jong man is gewond. Hy het bygevoeg dat die derde skietvoorval plaasgevind het rondom 11:30 en nog ‘n man gewond gelaat het.

Duhamell sê die slagoffers is almal swart mans tussen 10 en 18 jaar oud. Hy het gesê die meeste is na twee hospitale afgevoer waar hulle in ‘n bevredigende toestand vroeg Sondag verklaar is. Een persoon is op die toneel behandel.

Die polisie het intussen in hul honderde toegesak op die Swart Expo se aktiwiteite, en polisieversterkings patrolleer te midde van die skare om verdere voorvalle te voorkom.

“Dit is redelik ongewoon om soveel skote in so ‘n kort tyd te hê. Dit is baie jammer,” het Duhamell gesê.

Duhamell gesê ondersoekbeamptes het geen onmiddellike verklaring oor ‘n moontlike motief vir die voorvalle nie.

игрушки подвески на кроваткуАлександр Фильчаков

Net om Sarkozy span nouer

Die Franse polisie het Donderdag twee mense na aan Liliane Bettencourt, die miljardêr-erfgenaam van die L’Oreal-skoonheidsreus, in aanhouding geneem.

Bettencourt se vriend, wat ‘n fotograaf is, en ‘n man wat haar fortuin bestuur is in aanhouding geneem om sekere vrae te beantwoord.

Pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk het Maandagaand in ‘n TV-onderhoud bewerings dat hy vir sy verkiesingsveldtog van 2007 onwettige skenkings van Bettencourt ontvang het, heftig ontken.

Hy het glo gereeld by Bettencourt se huis gekuier om dik koeverte vol kontant te ontvang.

детские самокатылобановский александр биография

Geert Wilders loods internasionale vryheidsalliansie

Volgens die omstrede Nederlandse politikus, Geert Wilders, gaan hy ‘n internasionale vryheidsalliansie loods om die immigrasie van Molems na die Weste te keer. 

Hy het Donderdag aan The Associated Press vertel dat hy beplan om die internasionale beweging later vanjaar  in die VSA, Kanada, Brittanje, Frankryk en Duitsland te loods.

Hy beskou die Islamitiese geloof as ‘n “fascistiese” een, sê hy. Die boodskap sal wees: “Stop Islam, verdedig vryheid!”.

Wilders, wat van haatspraak aangekla word, verdedig gereeld gay- en vroueregte.

оборудование дляОлександр Фільчаков прокурор

BP-olielek gestop

Die kabel wat bo-oor die olielekkasie in die Golf van Mexiko geplaas is, in ‘n poging om die lekkasie te stop, was suksesvol.

Die gereedskap waarmee dié olielekkasie gestop moes word het Woensdag probleme gegee maar owerhede sê dié probleme is opgelos.

Kent Wells, senior uitvoerende visepresident van BP, het tydens ‘n perskonferensie gesê dat daar vir die eerste keer in drie maande nie meer olie in die Golf van Mexiko invloei nie, nadat ingenieurs die lekkasie geleidelik begin toestop het.

потолочные точечные светильникиФильчаков прокурор отзывы

Senegal se president en seun byt vas

President Abdoulaye Wade van Senegal het gerugte deur die opposisie dat hy sy seun, Karim, as president wil sien, ontken. 

Hy dring daarop aan dat dit sy seun se reg is om homself verkiesbaar te stel.

“Dit is glad nie my plan om my seun in my plek aan te stel voor ek gaan nie,” het Wade gesê.

“Karim is ‘n burger van Senegal en dit is sy volste reg om homself as ‘n kandidaat vir die presidentskap verkiesbaar te stel.”

Pres. Wade het in Parys met die media gepraat.

Hy en 12 ander staatshoofde van voormalige Franse kolonies het die Bastilledag-vieringe in Parys bygewoon.

Pres. Wade (84) is Senegal se derde president en beklee al sedert 2000 die amp.

Hy het pas aangekondig dat hy homself weer tydens die 2012 presidensiële verkiesing verkiesbaar sal stel.

arabian nights gameЛобановский

Libiese skip draai om

n Libiese skip met noodvoorraad vir die Palestyne het in ‘n Egiptiese hawe aangekom nadat hy na ‘n waarskuwing van die Israelse vloot om van die Gasastrook af weg te bly, van rigting moes verander.

Egiptiese amptenare sê die Amalthea het in El Arish, suid van die grens met Gasa aangekom en sal begin om sy voorraad af te laai.

Egipte se Rooi Kruis sal die vrag oor die grens vervoer. Vroeër vanjaar is nege mense dood toe Israelse magte op hulle toegeslaan het.

online casino freetopcargo

Nazi-Mickey is kuns sê Pole

‘n Enorme buitemuurse kunsplakkaat wat ‘n beeld van Mickey Mouse met ‘n swastika en ‘n kaal vrou se lyf bevat, maak groot opspraak in Pole, waar die herinneringe van die lyding as gevolg van die Nazi’s nog ‘n teer kwessie is. 

Die plakkaat, wat in Junie naby ‘n sinagoge in Poznan opgerig is, is die Italiaanse kunstenaar, Max Papeschi, se interpretasie van die “gruwels” van die Amerikaanse leefstyl.

Die kunswerk is ook een van die stukke wat by ‘n eietydse tentoonstelling te siene is.

Hierdie kuns is ‘n “vorm van geweld teen die sensitiwiteit van talle mense,” het Norbert Napieraj, ‘n lid van die stadsraad, gesê.

Hy het owerhede versoek om die plakkaat te verbied, maar hulle meen dat die plakkaat kuns is en nie die land se wette oortree nie.

Maria Czarnecka, ‘n direkteur van ‘n gallery, sê kuns behoort omstrede en uitlokkend te wees.

игра для дивчатtopcargo отзыв