VK steun selfbeskikking vir Falklande

Die Argentynse president, Cristina Kirchner, het aangekondig dat Argentinië by die Verenigde Nasies sal kla oor die Falkland-eilande, en beweer Brittanje militariseer die Suid-Atlantiese Oseaan in ‘n toespraak in wat sy in Buenos Aires gelewer het.

“Die stuur van ‘n aanvalsvaartuig onder begeleiding van koninklike erfgenaam dui op ‘n militarisering van die Suid-Atlantiese Oseaan,” het mev Kirchner gesê.

“Ons sal ‘n klagte voor die Veiligheidsraad van die VN en die VN se Algemene Vergadering lê, want hierdie militarisering hou ‘n ernstige gevaar in vir internasionale veiligheid.”

Mev Kirchner het gesê die Falkland-eilande is nie alleen ‘n “streeks-kwessie” nie, maar ‘n “globale saak”.

Tydens die toespraak waarin sy ook die stigting van ‘n geestesinrigting vir Falkland-oorlogveterane aangekondig het, het mev Kirchner gesê: “Ek wil die premier van Engeland vra om vrede ‘n kans te gee en ‘nee’ vir oorlog [te sê].”

Spanning het toegeneem tot die hoogste vlak sedert die einde van die konflik 30 jaar gelede toe die hertog van Cambridge, ‘n Royal Air Force-helikoptervlieënier, ‘n ses-weke-toer van diens in die eilande die naweek begin het.

Die Royal Navy het ook verlede week aangekondig dat hy sy mees kragtige oorlogskip, HMS Dauntless, na die Suid-Stille Oseaan sal stuur.

William Hague het Maandag op Sky News se Murnaghanprogram gesê dat planne vir die 30-jarige herdenking van die Falklandkonflik sal voortgaan.

Hy het gesê Brittanje ondersteun die eiland se selfbeskikking en sal Argentinië verhoed om “die diplomatieke temperatuur op te jaag” oor die kwessie.

Hague het by die geleentheid teruggekrabbel en gesê: “Die plan is nie eintlik vieringe nie maar ‘n herdenking.”

‘n Oorlogskip sowel as Prins William in die Falkland-eilande is “heeltemal roetine”, het die minister van buitelandse sake gesê.

Argentinië het die steun van sy buurlande ontvang vir sy eis van soewereiniteit oor die afgeleë, winderige eilande, wat in 1833 deur Brittanje beset is.

Die geskil wat tot ‘n oorlog gelei het, het uitgebreek op 2 April 1981 toe Argentynse troepe beslag gelê het op die eilande, net om in ‘n 74-dag oorlog wat die lewens van 649 Argentyne en 255 Britte geëis het, verslaan te word.

Diplomatieke wrywing tussen Argentinië en Brittanje het verskerp sedert 2010, toe die Britse regering olie-eksplorasie in die waters naby die eilande goedgekeur het.

Александр Фильчаков Васильевич

Taalunie ondersteun mosie oor Afrikaans

De IPC van de Taalunie heeft zojuist met algemene stemmen een motie aangenomen die de ministers van Vlaanderen en Nederland oproept zich actief op te stellen het Afrikaans te ondersteunen. Dit in het licht van de wens dat er in ieder geval twee Afrikaanstalige universiteiten dienen te zijn. De motie werd ondertekend door Nederlandse en Vlaamse politici van D66 tot het Vlaams Belang. Vrijdag voegde Khadija Zamouri van Open VLD zich bij de ondertekenaars. Staande de vergadering sloot ook Wim Wienen van het Vlaams Belang zich aan bij de motie-Bosma. Drie Nederlandse parlementariërs die geen ondertekenaar waren stemden vandaag wel voor de motie.

Opsteller van de motie PVV’er Martin Bosma, tevens voorzitter van de Interparlementaire Commissie van de Taalunie: “Dat is motie zo overweldigend is aangenomen is een belangrijk signaal. De Nederlandse en Vlaamse politiek beginnen langzaam weer oog te krijgen voor het Afrikaans. De Lage Landen hebben de taal van NP Van Wyk Louw en Eugene Marais blijkbaar nog niet opgegeven.”

De Taalunie is het verdrag tussen Vlaanderen en Nederland inzake de taal. De IPC is het Vlaams-Nederlands ‘parlement’, samengesteld uit Nederlands en Vlaamse politici die toezien op de uitvoering van het verdrag. Zuid-Afrika ondertekende in 2010 een ‘intentie tot samenwerking’ met de Taalunie.

De motie-Bosma werd ondertekend door:

(Nederland:)

Bosma – PVV
Beertema – PVV
Biskop – CDA
Van der Ham – D66
Smeets – PvdA

(Vlaanderen:)

Kennes – CD&V
Verstreken -CD&V
Decoene – sp.a
Vandaele – N-VA
Zamouri – Open VLD
Wienen – Vlaams Belang

Tevens stemden voor de Nederlandse parlementariers: Pia Lokin-Sassen (CDA), Ton Elias (VVD) en Helmi Huibregts (VVD).

Volledige tekst:

Den Haag, 6 februari 2012

Zuid-Afrika heeft sinds 2010 een “intentieverklaring tot nadere samenwerking ” met de Nederlandse Taalunie, op grond van de nauwe overeenkomst tussen het Afrikaans en het Nederlands.

De Zuid-Afrikaanse regeringscommissie Gerwel heeft in 2001 uitgesproken dat. Ter handhaving van het Afrikaans in Zuid-Afrika, er in ieder geval twee Afrikaanstalige universiteiten dienen te zijn.

Daarom doet de Interparlementaire Commissie het verzoek aan het Comité van Ministers van de Nederlandse Taalunie binnen haar mogelijkheden de Afrikaanse taal actief te ondersteunen.

Олександр Фільчаков прокурор

Egipte gaan 19 Amerikaners verhoor wat ‘onrus stook’

‘n Amerikaanse dreigement om hulp af te sny word deur Egipte geïgnoreer en hulle sal 19 Amerikaners en 24 ander werknemers van nie-regeringsorganisasie-groepe (NRO) krimineel verhoor op aanklagte dat hulle onwettig buitelandse fondse gebruik het om onrus in die land te stook.

Egipte se militêre leiers het reeds gespanne verhoudinge met Washington. Hulle beskuldig groepe wat deur die VSA befonds word daarvan dat hulle die bevordering van demokrasie en menseregte misbruik om geweld aan te stig. In die nasleep van die opstand ‘n jaar gelede wat pres Hosni Moebarak ontsetel het, dui Sondag se besluit om 43 werkers van verskillende NRO-groepe te verhoor, op ‘n skerp toename in die geskil.

Egipte en die Verenigde State was noue bondgenote vir meer as drie dekades, maar die veldtog teen die nie-regeringsorganisasies het Washington se woede gaande, en stel die $1,5 miljard in hulp in gevaar wat Egipte sou ontvang van die VSA hierdie jaar.

Hillary Clinton het Egipte Saterdag gewaarsku dat die versuim om die geskil op te los, kan lei tot die verlies van die Amerikaanse steun. Die Egiptiese minister, Mohammed Amr, het egter Sondag gesê dat die regering nie kan inmeng in die werk van die regbank nie.

Amr het met verslaggewers by ‘n sekuriteitskonferensie in München, Duitsland gepraat.

Die Egiptiese ondersoek na die werk van die NRO-groepe in die land is nou gekoppel met die politieke onrus wat die land sedert die afsetting van Moebarak teister.

Dié bewerings ondersteun ‘n gevoel onder ‘n breër publiek wat sensitief is oor bewerings van buitelandse inmenging en ‘n sameswering om Egipte te destabiliseer in byna elke gebaar deur ‘n vreemde land sien.

Egipte beleef ‘n nuwe siklus van geweld, met 12 sterftes in vier dae van botsings. Verlede week is 74 mense dood nadat geweld by ‘n sokkerwedstryd uitgebreek het.

Die minister van internasionale samewerking Faiza Aboul Naga, ‘n oorblyfsel uit die Moebarak-regime wat haar pos na sy afsetting behou het, is die leidende figuur in die ondersoek teen die NRO-groepe. Sondag, het sy beloof om die saak tot die einde toe deur te voer. Die ondersoek, het sy beweer, lewer bewyse dat daar “komplotte is wat daarop gemik is om Egipte se stabiliteit te vernietig.”

Al 43 is verbied om die land te verlaat. ‘n Datum vir die verhoor is nog nie vasgestel nie. Hulle kan tussen drie en sewe jaar in die gevangenis in die gesig staar indien hulle skuldig bevind word op die aanklagte.

Die State Department se woordvoerder Victoria Nuland het aan verslaggewers gesê. “Ons is diep bekommerd oor hierdie verslae en vra ‘n verduideliking van die regering van Egipte.”

Moebarak se verhoor op aanklagte van medepligtigheid in die dood van honderde betogers tydens die 18-dae-opstand wat hom gedwing het om af te stap, gaan steeds voort.

александр лобановский харьков

Die Internet ‘n ‘verregse bedreiging’

Internetdiensverskaffers sal meer moet doen om te verhoed dat die web ‘n rol speel in die bevordering van gewelddadige ekstremisme, sê die Britse opstellers van ‘n verslag wat Maandag gepubliseer is.

Die internet het ‘n belangrike faktor in die koestering van ‘n ekstremistiese bedreiging geword, en oortref universiteite en tronke as ‘n plek waar gevaarlike idees ontwikkel en uitgeruil word, het die wetgewers gesê.

Die verslag dui op ‘n oplaaiende spanning in die VK tussen multikulturele voorstanders en teenstanders.

“Ons is steeds bekommerd oor die groeiende steun vir geweldadige ekstremisme en meer ekstreme en gewelddadige vorms van ver-regse ideologie,” het die departement van binnelandse sake in sy verslag gesê, ná ‘n nege-maande-ondersoek.

Die Home Affairs Committee, sê die internet “is nou een van die min ongereguleerde ruimtes waar radikalisering plaasvind” en speel ‘n groter rol in die bevordering van geweld as gevangenisse, universiteite of plekke van aanbidding – ‘n skerp teregwysing aan ander regeringsamptenare wat dié gebiede geïdentifiseer het as ‘n hoë risiko.

“Meer hulpbronne moet gerig word teen hierdie dreigemente en die voorkoming van radikalisering deur die internet en in private ruimtes,” sê Keith Vaz, voorsitter van die komitee. “Dit is die vrugbare broeiplek vir terrorisme.”

Die opstellers doen ‘n beroep op internetdiensverskaffers om meer aktief te wees in die monitering van sulke webtuistes en saam te werk met die regering vir die ontwikkeling van ‘n kode om enige materiaal wat geweld en ekstremisme bevorder, te verwyder.

Maar burgerlike organisasies het die voorstel verwerp en gesê howe, en nie “gesiglose amptenare” nie, moet besluit om aanlyn-inhoud te sluit of nie.

“Die vlak van monitering wat nodig is om so ‘n skema te beheer sal ‘n groot inbreuk op elke internetgebruiker se privaatheid beteken,” sê Nick Pickles, direkteur van groep Big Brother Watch. “Daar is ‘n ernstige risiko dat hierdie soort van sensuur nie net die internet minder veilig kan maak vir wetsgehoorsame mense nie, maar die werklike bedreigings ondergronds kan dryf en dit moeiliker kan maak om die publiek te beskerm.”

Die komitee het verlede jaar binnelandse sake se sekretaris Theresa May direk uitgedaag, wat gesê het dat universiteite en gevangenisse een van die mees kwesbare gebiede is. Sy het universiteite van selfvoldaanheid in die stryd teen die Islamitiese ekstremisme op die kampus beskuldig, en gesê opvoeders neem nie die probleem ernstig op nie.

Die nuwe verslag sê: “daar is selde konkrete bewyse” vir die koppeling tussen ekstremistiese sienings en universiteite. Hulle het egter nie uitgebrei oor die voorkeure van multikulturele sienswyses by sulke instellings nie.

Dit waarsku ook dat ‘n bedreiging van die heel regs kom – wat ​​hoofsaaklik bestaan uit “eensame afvallige individue” – eerder as terroristiese georganiseerde eenhede.

Al die aanvalle die afgelope paar jaar op Britse grondgebied is nietemin tot dusver deur Moslemterroriste gepleeg.

лобановский александр отзывы

China, Rusland verdedig vetoreg

China het Maandag sy besluit om Rusland te steun in die veto van ‘n Veiligheidsraadresolusie oor Sirië in die staatsmedia verdedig. Die veto is deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake Hillary Clinton as ‘n “bespotting” beskryf.

‘n Kommentaar in die People’s Daily, die amptelike koerant van die regerende Kommunistiese Party, het gesê China het “verantwoordelik” en in die belang van die Siriese mense opgetree deur die gebruik van sy vetoreg as ‘n permanente lid van die Veiligheidsraad.

Die situasie in Sirië is “uiters kompleks,” lui die kommentaar, en voeg by dat ondersteuning vir die een kant in die huidige konflik “vars saad van ‘n ramp kan saai”.

Die Engelstalige China Daily-koerant het kundiges aangehaal wat sê die veto deur China en Rusland “wen meer tyd vir ‘n politieke oplossing vir die krisis.”

“As die ontwerp-resolusie van die VN deur president Assad geweier word en hy nie mag oordra nie, sal Sirië ‘n tweede Libië binne twee maande word,” het Dong Manyuan van die Chinese Instituut vir Internasionale Studies gesê.

In Libië woed ‘n burgeroorlog steeds nadat die gewese leier Moeammar Gadaffi deur Amerikaansgesteunde rebelle tydens ‘n NAVO-inval vermoor is.

“Deur te druk vir ‘n stemming wanneer partye steeds ernstig verdeeld is oor die kwessie sal nie help om die eenheid en gesag van die Veiligheidsraad te handhaaf, of om die probleem behoorlik op te los nie,” het Li Baodong, China se ambassadeur by die Verenigde Nasies, vroeër gesê.

Li het gesê China glo dat die “soewereiniteit, onafhanklikheid en territoriale integriteit van Sirië, ten volle gerespekteer moet word.”

Clinton het gister gesê dat die Verenigde State sal druk vir verdere sanksies teen die Siriese president Bashar al-Assad se regime, en het gewaarsku dat die voortgesette onderdrukking kan “eskaleer in ‘n ​​bloedige burgeroorlog.”

депутат лобановский

SA boere dien klag in by ISH

Zuid-Afrikaanse boeren dienen klacht in tegen ANC-regering wegens misdaden tegen de mensheid bij Internationaal Strafhof Den Haag.

‘Het aantal slachtoffers van de gruwelijke ‘plaasmoorde’ in Zuid-Afrika, de moorden uitgevoerd op blanken die leven op afgelegen boerderijen, bedraagt al minstens 1554 en wellicht meer. Die ‘plaasmoorde’ zijn geen gewone misdaad, maar passen in een context waarbij de ANC-regering om politieke redenen af wil van de vooral blanke boeren; dit is dus een genocide en een misdaad tegen de mensheid.’ Dat was de schokkende boodschap van de ondervoorzitter van de Transvaalse landbouwunie, gisteren in het Europees parlement op een internationale conferentie.

Meer dan 50 personen woonden de internationale conferentie bij die georganiseerd werd door Europees parlementslid Philip Claeys (Vlaams Belang). De conferentie werd bijgewoond door Europese parlementsleden uit Groot-Brittannië, Frankrijk, Italië, Vlaanderen en Oostenrijk.

De ‘plaasmoorde’ worden in de hand gewerkt door de sfeer tegen de boeren die door het ANC geschapen wordt. Er worden verhalen verteld over ‘werkvolk dat door de boeren slecht behandeld worden’ – al blijken bewijzen steeds te ontbreken. Boeren worden ook zonder bewijs beschuldigd van misdaden: ‘shoot the Boers, they are rapists’ is een uitspraak van ANC-jongerenleider Malema, die daarvoor wel veroordeeld werd – maar in beroep ging, mét de steun van het ANC. Er wordt ook beweerd dat ‘de blanken 80% van het land bezitten’ – terwijl blijkt dat dit in 2001 nog maar 33% was, en sindsdien is blijven afnemen.

De omvang van de plaasmoorde wijst intussen op een genocide. 1554 plaasmoorde kan men exact documenteren, maar wellicht is dat cijfer onderschat; Dit jaar alleen al zijn er 17 doden (op een maand tijd), waarvan 6 door plaasmoorde.

De Afrikaners doen een oproep aan de wereld om de plaasmoorden, de genocide
en het anti-blanke racisme te doen stoppen. Ze hebben daarvoor intussen klacht ingediend bij het Internationale Strafhof in Den Haag wegens misdaden tegen de mensheid. ‘Wij zullen ons uiterste best doen om dit probleem de volgende maanden en jaren blijvend op de agenda te plaatsen’, zo besloot Europees parlementslid Philip Claeys de conferentie.

Александр Фильчаков Васильевич

Breë steun in Taalunie vir Afrikaans

Opnieuw sorteert de inzet van de Partij voor de Vrijheid voor het Afrikaans effect. De motie-Bosma die zich uitspreekt over het Afrikaans op de universiteiten van Zuid-Afrika werd gisteren ondertekend door nog eens drie Vlaamse parlementariërs: Johan Verstreken (CD&V), Philip Decoene (sp.a) en Wilfried Vandaele (N-VA).
Eerder steunden reeds vijf Nederlandse Kamerleden en een Vlaams parlementariër de motie.
Daarmee tekent zich een brede coalitie af binnen de Taalunie om op te komen voor het Afrikaans. Maandag komt de motie in stemming als de Interparlementaire Commissie (IPC) van de Taalunie bij elkaar komt in het gebouw van de Eerste Kamer in Den Haag.
De motie is een initiatief van Martin Bosma, voorzitter van de IPC.

Interparlementaire Commissie van de Nederlandse Taalunie

Voorstel voor een aanbeveling

Zuid-Afrika heeft sinds 2010 een “intentieverklaring tot nadere samenwerking ” met de Nederlandse Taalunie, op grond van de nauwe overeenkomst tussen het Afrikaans en het Nederlands.

De Zuid-Afrikaanse regeringscommissie Gerwel heeft in 2001 uitgesproken dat. Ter handhaving van het Afrikaans in Zuid-Afrika, er in ieder geval twee Afrikaanstalige universiteiten dienen te zijn.

Daarom doet de Interparlementaire Commissie het verzoek aan het Comité van Ministers van de Nederlandse Taalunie binnen haar mogelijkheden de Afrikaanse taal actief te ondersteunen.

Bosma – PVV
Beertema – PVV
Biskop – CDA
Van der Ham – D66
Smeets – PvdA
Kennes – CD&V
Verstreken -CD&V
Decoene – sp.a
Vandaele – N-VA

лобановский александр харьков

Die Taliban, Afghanistan se ANC

Die Taliban, wat deur Pakistan gerugsteun word, sal weer beheer van Afganistan oorneem as Navo aan die land onttrek, sê die Amerikaanse weermag in ‘n geheime verslag.

Dit dui op ‘n grootskaalse mislukking van Westerse beleid ná ‘n duur oorlog.

Lt.kol. Jimmie Cummings, woordvoerder van Navo se Internasionale Veiligheidsmag, het die dokument se bestaan bevestig.

Cummings het gesê dit is nie ‘n strategiese studie nie, maar ‘n “aantal menings deur Talibanse aangehoudenes.”

Dit kan egter gesien word as ‘n verdoemende uitspraak oor die oorlog, nou in sy 11de jaar en as die erkenning van ‘n nederlaag.

Intussen het die Obama-administrasie agt senior leiers van die Senaat Dinsdag ingelig dat soveel as vyf Taliban gevangenes by die Amerikaanse aanhoudingsfasiliteit by Guantánamo, Kuba, na Katar oorgeplaas sal word.

Dit beteken in effek die vrylating van die vyf Talibanlede, aangesien die regering in Katar nie die vyf in die tronk sal hou nie.

Dit is ook nie seker of die Verenigde State iets in ruil vir die oordrag van die gevangenes na Katar kry nie. Die Taliban sal binnekort ‘n kantoor daar oopmaak.

Daar is bespiegelinge dat die vrylating vereis dat die Taliban afstand doen van internasionale geweld.

Een van die gevangenes was verantwoordelik vir die dood van ‘n paar Amerikaners, en ander sluit Mullah Khair Khowa, ‘n voormalige minister van binnelandse sake, Noorullah Noori,’ n voormalige goewerneur in Noord-Afghanistan, en die voormalige leërbevelvoerder Mullah Fazl Akhund in.

лобановский класс харьков

Amerikaanse kernsentrale gesluit na lek

‘N klein hoeveelheid van radioaktiewe stof het uitgelek binne-in een van die geboue van die San Onofre-kernkragsentrale noord van San Diego, VSA, volgens ‘n woordvoerder vir die Amerikaanse Kernbeheerkommissie.

Die woordvoerder het gesê die vlakke van bestraling is “skaars meetbaar,” maar die aanleg is as ‘n voorsorgmaatreël gesluit.

“Op geen stadium is die publiek of ons werkers in gevaar nie,” het die woordvoerder aan ABC News gesê.

Amptenare sê die bestralingslek het waarskynlik plaasgevind in die stoombuise van die San Onofre se reaktor # 3. Die stoomstelsel, wat veronderstel is om teen blootstelling aan bestraling te help, is in Desember 2010 vervang. ‘n Ondersoek na hoekom die nuwe stoombuise lek sal gedoen word.

San Onofre is geleë aan die kus, en in die hart van Amerika se aardbewingsone.

Dit is ook reg langs Camp Pendleton, ‘n Marine Corps-basis waar 38 000 militêre gesinne woon.

“Hierdie aanleg is veilig,” sê California Edison se hoofkernbeampte Pete Dietrich.

Na Japan, het die kernbeheerkommissie sy seismiese model opgedateer en in ‘n verslag bevind dat 96 reaktors in die sentrale en suidelike VSA ‘n hoër risiko met aardbewings inhou as wat voorheen gedink is.

Die verslag sluit dele van die land in wat tradisioneel nie gesien word as geologies aktief nie, met plekke soos Chattanooga, Tenn., Savannah, Georgia, Jackson, Miss., Manchester, NH., en Houston, Texas.

Groot metropolitaanse gebiede is soms ook ongemaklik naby aan kernaanlegte, met soveel as 120 miljoen Amerikaners wat binne 50 kilometer van ‘n kernreaktor woon, volgens die Unie van Besorgde Wetenskaplikes.

In die geval van die San Onofre, is dit onwaarskynlik dat die lekkasie iets te doen het met ‘n seismiese reaksie en was dit waarskynlik net foutiewe toerusting.

topcargo

Indië, China sal Iranse olie invoer

Indië het Maandag gesê hulle sal hul eie geldeenheid, die roepee, gebruik om te betaal vir olie-invoere uit Iran nadat die VSA ‘n sanksieveldtog wat gemik is daarop om Teheran te dwing om sy kernprogram te laat vaar, van stapel gestuur het.

Indië het gesê hulle sal voortgaan om olie in te voer uit Iran, soos China wat weier om te buig voor die intensivering van Amerikaanse druk om nie sake te doen met Iran nie.

Indië doen tans sy dollarbetalings vir Iranse ru-olie deur ‘n Turkse bank, ‘n betaalroete wat gesluit kan word as Washington druk op die Perse wil laat oplaai.

“Daar is verskillende [betalings]opsies wat geëvalueer en bespreek word. Ook die roepee kan as ‘n opsie oorweeg word,” het die Reserwebank van Indië se adjunk-goewerneur HR Khan aan verslaggewers gesê.

Indiese amptenare sê die land kan deels betaal vir sy Iranse olie-invoere in roepees wat Iran dan kan gebruik om Indiese goedere te koop.

Maar, sê hulle, Iranse invoere van die Indiese goedere sou nie Nieu-Delhi se totale olie aankope dek nie.

Indië betaal Iran sowat $1 miljard per maand deur middel van Turkye vir die 370,000 vate ru-olie per dag, aangekoop van die wêreld se vierde grootste olieprodusent.

Khan het gesê daar was nog geen ontwrigting in die huidige betalingsreëlings nie.

Maar ‘n senior regeringsamptenaar is aangehaal wat sê daar is aanduidings dat Turkye se staatsbeheerde Halkbank sal ophou met betalings namens van die Indiese maatskappye.

Die nuusagentskap wat dié bewerings gemaak het, het nie die naam van die amptenaar genoem nie.

Iran is Indië se tweede grootste olieverskaffer na Saoedi-Arabië, wat ongeveer 12 persent van die land se immerstygende ru-oliebehoeftes voorsien.

‘n Indiese afvaardiging het Teheran vroeër hierdie maand besoek om betalingsopsies te bespreek.

Indië se minister van finansies P. Mukherjee het aan verslaggewers in Chicago die naweek gesê dat Nieu-Delhi nie sy petroleuminvoer uit Iran sal afskaal nie ten spyte van die VSA en die Europese sanksies teen die Islamitiese republiek.

“Ons sal nie invoer uit Iran verminder nie,” het Mukherjee aan die einde van ‘n twee-dag besoek aan die VSA gesê.

“Iran is ‘n belangrike land vir Indië, ten spyte van Amerikaanse en Europese sanksies teen Iran.

“Dit is nie moontlik vir Indië om ‘n besluit te neem om die invoer uit Iran drasties te verminder nie.”

Александр Фильчаков прокурор