Godsdiensgeweld in Nigerië duur voort

Vermoedelik Nigeriese Islamiete het gister op ‘n mark in die noordoostelike stad Maiduguri losgebrand en bomme afgesit en sodoende ten minste 30 mense gedood, het ‘n mediese beampte en ‘n ooggetuie gesê.

Geweerskuts wat daarvan verdink word dat hulle lede van die Islamitiese sekte Boko Haram is, het die visafdeling van die Baga-mark bestorm en die stalletjie-eienaars en smouse met koeëls besaai, het handelaars gesê en aangevoer dat vroue en kinders onder die gestorwenes is.

“Die doodsgetal kan niks minder as 30 wees nie,” het ‘n verpleegster van Maiduguri aan AFP gesê.

Die militêre owerhede het die aanslag op die mark bevestig maar ontken dat enige burgerlikes gesterf het en gesê die veiligheidsmagte het agt aanvallers doodegeskiet en die bomme wat deur hulle geplant is, veilig afgestel.

“Teen omtrent 13h30 vandag het sekere gewapende persone wat vermoedelik lede van Boko Haram is, die Baga-mark van die Maiduguri-metropool aangeval en burgerlikes by die mark geskiet,” het Luitenant-Kolonel Hassan Mohammed, segsman van ‘n spesiale militêre eenheid in die stad aan AFP gesê.

Hy het gesê dat verskeie persone gewond is maar dat daar “geen burgerlike sterftes teen hierdie tyd” was nie.

Die militêre mag het “onmiddellik tot die redding van die situasie gekom en drie bomme wat deur lede van die sekte geplant is, afgesit, en agt lede van die sekte doodgeskiet,” het Mohammed gesê.

Een handelaar wat sy naam as Mairami verskaf het, het egter gesê dat gewapende mans die voedsel- en verbruikswaremark bestorm en “sonder aansien des persoons losgebrand het. Ten minste 30 mense insluitende vroue en kinders is gedood.”

Nog ‘n smous, ene Gana, het ‘n soortgelyke verslag van die aanval in die stad, ‘n vesting van Boko Haram wat geblameer is vir ‘n dodelike vlaag bom- en skietaanvalle hoofsaaklik in die noorde van Afrika se mees bevolkte land, gegee.

“Hierdie gewapende mans het eenvoudig losgetrek. Ek het drie militêre bussies die mark sien verlaat, met lyke daarin opgestapel. Daar was verskeie ontploffings na die geskietery,” het Gana gesê.

Die aanvallers het handelaars daarvan beskuldig dat hulle met die militêre owerhede meewerk na die inhegtenisname verlede week van ‘n verdagte Boko Haram-lid in die mark, het getuies gesê.

Mairami het gesê een van die gewapende mans het woedend geskree dat die handelaars “saamgespan het met die soldate” om te help om lede van die sekte te arresteer.

“Ons het derhalwe oorlog gevoer teen julle,” het die gewapende man volgens Mairami gesê voordat hy koeëls uitgegiet het op smouse en klante.

Die verpleegster het gesê dat dit moeilik is om ‘n presiese dodetal van die aanval vas te stel aangesien die veiligheidsmagte die lyke nie na die lykshuis geneem het nie maar naasbestaandes toegelaat het om hulle geliefdes op te eis vir onmiddellike begrawing volgens Moslem-rites.

Verlede week het handelaars ‘n gewapende man wat daarvan verdink is dat hy ‘n lid van Boko Haram is, oorrompel en hom aan die militêre owerhede oorhandig.

Maiduguri, die hoofstad van die Borno-staat en die tuisbasis van Boko Haram, het beleef dat van die ergste geweld op die ekstremistiese sekte, wat hulle aanvalle hoofsaaklik op die Moslem-noorde toegespits het, geblameer is.

Die insypeling wat op Boko Haram geblameer is, het al reeds 200 mense se lewens hierdie jaar geëis, insluitende 185 in gekoördineerde wapen- en bomaanvalle in Nigerië se tweede stad Kano op die 20ste Januarie, die dodelikste aanval tot dusver.

Die geheimsinnige sekte het gesê hulle wil ‘n Islamitiese staat regoor Nigerië se erg verarmde, hoofsaaklik Moslem-, noorde oprig en sommige ontleders glo die Islamiete is verbonde aan enersdenkende groepe soos Al-Kaida.

Ander ontleders hou vol die sekte is ingestel op ‘n nougebonde plaaslike agenda.

Фильчаков прокурор отзывы

Iran staak olie aan Britte en Franse

Iran het die verkoop van ru-olie aan Britse en Franse maatskappye gestaak as vergeldingsmaatreël teen nuwe EU-sanksies teen die Islamitiese staat.

“Uitvoere van ru-olie aan Britse en Franse maatskappye is gestaak… ons sal ons olie aan nuwe kliënte verkoop,” is woordvoerder Alireza Nikzad op die Ministerie van Petroleum se webwerf aangehaal.

Die Europese Unie het in Januarie besluit om die invoer van ru-olie van Iran vanaf 1 Julie in te kort.

Die VSA en Brittanje het gister ook versoek dat Israel nie Iran se kerninstellings aanval nie. Groeiende internasionale kommer heers dat die Israeli’s gereed is om ‘n aanval te loods, en het beide lande genoop om hulle in die openbaar daarteen uit te spreek.

In hul waarskuwings, het die Amerikaanse weermagstafhoof genl. Martin Dempsey, en die Britse minister van buitelandse sake William Hague gesê dat ‘n Israeliese aanval op Iran ernstige gevolge vir die hele streek sal inhou, en aangedring daarop dat Israel internasionale sanksies teen Teheran meer tyd gee om te werk.

Dempsey het gesê ‘n Israeliese aanval “is nie verstandig nie,” en Hague het gesê dit sal nie “‘n wyse ding wees nie”. Dit is nie bekend of hulle boodskappe gekoördineer is nie.

Iran se minister van olie het op 4 Februarie gesê dat die Islamitiese staat sy olie-uitvoere na “sommige” Europese lande sal staak.

Die Europese Kommissie het verlede week gesê dat die besluit nie die blok sal raak nie aangesien hulle genoeg in voorraad hou om in hul behoeftes te voorsien vir ongeveer 120 dae.

Frankryk se Total het reeds opgehou om Iran se ru-olie te koop, wat onderhewig is aan nuwe EU-sanksies. Markbronne het gesê Royal Dutch Shell het ook afgeskaal. Shell het geen kommentaar op die aankondiging gelewer nie.

Onder die Europese lande, is die skuld-geteisterde Griekeland blootgestel aan Iranse olie-ontwrigting.

Iran het meer as 700,000 vate per dag aan die EU, Turkye in 2011 verskaf, het bedryfsbronne gesê.

Teen die begin van hierdie jaar het die invoer gedaal na ongeveer 650,000 vate soos sommige kliënte teruggesny het in afwagting van ‘n EU-verbod.

Saoedi-Arabië sê hy is bereid om ekstra olie te voorsien. Iran het Riyadh gekritiseer vir die aanbod.

Iran het gewaarsku dat enige sanksies op sy olie internasionale ru-pryse sal verhoog.

Brent ru-olie pryse was op $118,35 kort nadat Iran se staatsbeheerde media verlede week aangekondig het dat olie-uitvoere na ses Europese lande gestaak is.

Александр Фильчаков Васильевич

Proefbuisburger reg vir Oktober

Die wêreld se eerste proefbuishamburger, in ‘n Nederlandse laboratorium geskep deur groeiende spiervesels van beesstamselle, sal gereed wees om te braai in Oktober, glo wetenskaplikes.

“Ek is van plan om Heston Blumenthal [die bekende sjef] te vra om dit voor te berei,” het Mark Post, leier van die kunsmatigevleisprojek by die Maastricht Universiteit in Nederland, in Vancouver aan die AAAS (American Association for the Advancement of Science) gesê.

Navorsers glo dat vleis wat in fabrieke gegroei word, eerder as op plase, ‘n meer volhoubare en minder omgewingskadelike bron van voedsel sal wees. Lewende hawe soos beeste en varke is slegs 15 persent doeltreffend by die omskakeling van plantaardige proteïene na vleis, van die gras en graan wat hulle eet.

“As ons die doeltreffendheid kan verhoog vanaf 15 tot 50 persent deur die vleis in die laboratorium te kweek, sal dit ‘n geweldige sprong vorentoe wees,” het prof. Post gesê.

Met beesstamselle, het die Nederlandse navorsers spiervesels tot 3 cm lank en 0.5mm dik gekweek. Die vesels word geoefen soos hulle groei, net soos regte spiere, deur hulle te buig en te strek. Hulle voed op ‘n sous van plantaardige proteïene en ander voedingstowwe, gelykstaande aan die gras- of graandieet van beeste.

Op die oomblik is die vesel ‘n bleek geel-pienk kleur, eerder as die rooi van rou beesvleis, omdat hulle nie bloed bevat nie, maar prof Post beplan om hul voorkoms te verbeter.

Patrick Brown, ‘n biochemie professor aan die Stanford Universiteit in Kalifornië, het by die AAAS-byeenkoms gesê dat die globale vleisverbruik na verwagting sal verdubbel teen 2050, en dat veeboerdery reeds verantwoordelik is vir 18 persent van mensgemaakte kweekhuisgasvrystellings en biodiversiteit wêreldwyd bedreig.

Om vet te verskaf, is ook ‘n noodsaaklike element in die werklike burgers, en dus sal beesvetselle wat in die laboratorium gekweek word met die spiervesels ingemaal word.

“Ons het hierdie projek begin sowat ses jaar gelede, en ek verwag dit sal nog 10 tot 20 jaar duur voordat ons ons vleis sal kan massa-vervaardig,” het prof. Post gesê.

‘n Anonieme persoon het die projek gefinansier met €250 000. Hy sal verdere fondse bydra na die beplande burger van laboratorium-gegroeide spier in Oktober gebraai is.

Лобановский

‘Chink’ kos 2 hul werk

ESPN, die Amerikaanse sporttelevisienetwerk, het een werknemer geskors en ‘n ander een in die pad gesteek omdat hulle – dieselfde – rassistiese benaming gebruik het om die basketbalspeler van die New York Knicks, Jeremy Lin, te beskryf.

In albei gevalle het hulle die woord “chink” gebruik in verwysing na Lin, ‘n Palo Alto-boorling van Sjinese afkoms.

“Ons vra weereens om verskoning, veral van Mnr. Lin,” het ESPN geskryf. “Sy prestasies is ‘n bron van groot trots vir die Asiër-Amerikaanse gemeenskap, insluitende die Asiër-Amerikaanse werknemers by ESPN. Deur selfondersoek, verbeterde redaksionele praktyke en beheermaatreëls, en reaksie op konstruktiewe kritiek, sal ons beter vaar in die toekoms.”

Een werknemer het die woord in ‘n mobiele opskrif – “Chink in the Armor” (“Gaping in die Pantser”) – gebruik nadat die Knicks verlede Vrydag teen die New Orleans Hornets verloor het.

Die opskrif het net van 2h30 tot 3h05 verskyn, maar ‘n werknemer van SB Nation het dit vasgevang.

‘n Paar dae voor dit het Max Bretos, ‘n aanbieder vir ESPN News, dieselfde beskrywing gebruik terwyl hy met die Knicks-legende Walt Frazier gesels het. ‘n Radiokommentator op ESPN se luggolwe het ook die woord gebruik, maar die persoon is nie ‘n ESPN-werknemer nie.

ESPN het aanvanklik Saterdag apologie aangeteken met die volgende verklaring:

“Ons het ‘n algehele hersiening van ons kruisplatform- redaksionele prosedures geloods en is besig om dissiplinêre optredes te bepaal om te verseker dat dit nie weer gebeur nie. Ons is jammer en vra om verskoning vir die flater.”

Die Asiër-Amerikaanse Verdedigingsbond het ook Saterdag ‘n verklaring uitgereik en die beskrywing “rassisties en onverskoonbaar” genoem. Die organisasie het ‘n beroep op ESPN gedoen om ‘n verskoning “wat prominent op ESPN se televisieprogramme uitgesaai sal word,” uit te reik, en het ook aangebied om met ESPN se werknemers te vergader om toekomstige rassisme te voorkom.

ESPN se werknemers is nie die enigstes om klei te trap waar Lin betrokke is nie. MSG, wat die Knicks besit, het beeldmateriaal van Lin uitgesaai waar hy uit ‘n fortuinkoekie – wat met Sjinese restaurante vereenselwig word – wip, en Fox Sports se rubriekskrywer Jason Whitlock het ‘n aanstootlike twiet oor basketbal se nuutste ster gepos.

Whitock het gou verskoning aangebied en gesê hy het toegegee aan ‘n “onvolwasse, hoërskoolagtige, komediese” sy van sy persoonlikheid.

Lin, ‘n Harvard-gegradueerde, het die afgelope paar weke vanuit die niet verskyn om die Knicks tot respekwaardigheid te lei. Sondag het Lin die Knicks tot ‘n oorwinning van 104-97 oor die NBA-kampioene die Dallas Mavericks by Madison Square Garden aangevoer. Hy het 28 punte en 14 hulpverlenings aangeteken.

Sy kitsgewildheid het vir hom ‘n plek in die NBA se All-Star naweek besorg – vir die wedstryd op Saterdag die 25ste Februarie maar nie vir die wedstryd op die 26ste Februarie nie – en ook gehelp dat MSG en Time Warner Cable ‘n dispuut kon oplos. Dié twee maatskappy was in ‘n struweling oor fooie en het New Yorkers van plaaslike sportgebeurtenisse beroof.

Sy verrysing het tot wye bespreking oor sy ras en of dit tot groter bewonderaarondersteuning stimuleer, gelei.

депутат лобановский

Dis ‘n smeltkroes-rekord

Gemengde huwelike in die VSA het geklim tot 4,8 miljoen, ‘n rekord van 1 uit elke12, soos ‘n konstante invloei van nuwe Asiatiese en Latyns-Amerikaanse immigrante die poel van voornemende huweliksmaats uitbrei. Swartes is nou ook aansienlik meer geneig as voorheen om met blankes te trou.

‘n Pew Research Center-studie, Donderdag vrygestel, gee besonderhede oor die diversifisering van Amerika waar veelrassige huwelike en die gemengde-ras kinders wat hulle produseer, ‘n uitdaging aan die aanvaarde idees van ras stel.

“Die styging in veelrassige huwelike dui daarop dat rasseverhoudinge verbeter het oor die laaste kwart van hierdie eeu,” sê ‘n sosiologie-professor by Cornell Universiteit. “Kinders van gemengde ras het Amerika se kleurlyn vervaag. Hulle het dikwels interaksie met ander mense aan weerskante van die rasseverdeling en dien dikwels as makelaars tussen vriende en familie van verskillende rasse-agtergronde,” het hy gesê. “Maar Amerika het nog ‘n lang pad om te gaan.”

Die syfers kom uit die vorige sensusse sowel as die 2008-2010 American Community Survey, wat jaarliks ​​3 miljoen huishoudings toets. Die syfers vir “wit” verwys na die blankes wat nie van Spaanse afkoms is nie. Vir die doeleindes van die definisie van gemengde huwelike, word Latyns-Amerikaans gereken as ‘n ras.

Die studie het bevind dat 8,4 persent van alle huidige Amerikaanse huwelike rassig is, van 3,2 persent in 1980. Terwyl Latyns-Amerikaners en Asiërs steeds die mees waarskynlike is om, soos in vorige dekades, met iemand van ‘n ander ras te trou, is die grootste sprong wat sedert 2008 plaasgevind het onder swartes, wat histories die mees afgesonderde ras was.

In deelstate waar immigrante meer is, insluitend Hawaii, Nevada, New Mexico en Kalifornië, is dit meer algemeen. Meer as 15 persent van alle nuwe huwelike in 2010 was veelrassig. Die wit Vermont het die laagste koers van ondertrouery, naamlik 4 persent.

Minderhede, jong volwassenes, en die hoër opgevoede laag is meer geneig om te sê gemengde huwelike is ‘n verandering ten beste vir die samelewing. Die syfer was 61 persent vir 18- tot 29-jariges, vergeleke tot 28 persent vir diegene van 65 jaar en ouer.

As gevolg van toenemende gemengde huwelike, is veelrassige Amerikaners ‘n klein maar vinnig groeiende demografiese groep, wat ongeveer 9 miljoen, of 8 persent van die bevolking uitmaak. Saam met die swartes, Latyns-Amerikaners en Asiërs, het die Sensus Buro geskat, sal hulle gesamentlik ‘n meerderheid van die Amerikaanse bevolking verteenwoordig deur middel van die eeu.

“Ras is ‘n sosiale konstruk is, ras is nie werklik nie,” sê Jonathan Brent, 28. As die seun van ‘n wit pa en ‘n Japannese-Amerikaanse ma, glo hy sy agtergrond help om hom ​​situasies uit verskillende perspektiewe te laat verstaan.

Nog ‘n analise het bevind dat egskeidingsyfers onder gemengde-ras paartjies meer afhanklik van die spesifieke ras-kombinasie is, met wit vroue wat getroud is buite hul ras, meer geneig om te skei. Gemengde huwelike tussen swartes en blankes word ook beskou as die minste stabiel.

Wit-Asiatiese paartjies wat getroud is, het die hoogste mediaaninkomste, byna $71,000. Kort op hulle hakke volg Asiaties-Asiaties ($62,000), wit-wit ($60,000), wit-Latyns ($57,900), wit-swart ($53,187), swart-swart ($47,700) en Latyns-Latyns (byna $36.000) .

Die top drie state vir wit-swart getroude pare is Virginia, Noord-Carolina en Kansas, met 3%.

Данильченко Юрий Брониславович

Kaliforniese minderhede wil RA-verbod omdop

Ondersteuners van regstellende aksie het ‘n Amerikaanse federale appèlhof Maandag gevra om Kalifornië se 15-jaar-oue verbod op RA vir kollegetoelatings ongedaan te maak, nadat ‘n skerp daling in swart, Latino en inheemse Amerikaanse studente by die staat se elite-kampusse waargeneem is.

‘n Paneel van drie regters van die VSA se 9de Rondgaande Hof van Appèl het argumente in die jongste wettiese uitdaging gehoor om Proposition 209, die historiese kieserinisiatief wat rasse-, etniese en geslagsvoorkeure in openbare opvoeding, indiensneming en kontraktering verbied, om te keer.

Die regstellende aksie-verbod ​​het verskeie uitdagings sedert kiesers dit in 1996 goedgekeur het, weerstaan, maar advokate sê hul veldtog om dit ongedaan te maak word ondersteun deur ‘n onlangse hofbeslissing, sowel as ondersteuning van Goewerneur Jerry Brown.

 

Minderhede het die hofsaal vir die uurlange verhoor volgepak, toe die regters moes besluit of hulle moet peuter met ‘n 1997-uitspraak wat die Appelhof gehandhaaf het oor Proposition 209.

Prokureurs vir die eisers het gesê regstellende aksie is nodig om rasse-diversiteit te verhoog by die Universiteit van Kalifornië se mees gesogte kampusse en professionele skole. Data toon dat die UC se pogings om diverse studentebevolkings in te skryf sonder inagneming van ras, nie slaag nie, het hulle aangevoer.

“Wat jy sien voor jou is ‘n nuwe vorm van afsonderlik en ongelyk, reg voor ons oë,” het die eisers se prokureur George Washington gesê aan die drie manlike regters.

Ralph Kasarda, wat die verdediging van Proposition 209 behartig, het aan die regters gesê dat die Appelhof korrek was toe dit die regstellende-aksie-verbod gehandhaaf het. Hy noem die huidige uitdaging “oortollig en ongegrond.”

“Proposition 209 waarborg elkeen se reg om regverdig behandel te word en nie teen gediskrimineer te word op grond van velkleur of geslag nie,” sê Kasarda, ‘n prokureur vir die Stille Oseaan Legal Foundation, wat die borge van die 1996-stemming verteenwoordig.

Die klagte is ingedien in Januarie 2010 deur ‘n paar dosyn minderheidstudente en voorspraakgroepe wat sê die verbod is in stryd met die burgerregte van swart, Latino en inheemse Amerikaanse studente. Hierdie groepe maak sowat die helfte van Kalifornië se hoërskool gegradueerdes uit, maar veel kleiner persentasies by die UC se mees mededingende kampusse.

Byvoorbeeld, by UC Berkeley, is die huidige eerstejaarklas van Kalifornië-inwoners sowat 1% inheems, 3,5% swart, 15% Latino, 30% wit en 48% Oosters, volgens UC-data.

“As ‘n staatsinstelling, moet die Universiteit die demografie van Kalifornië weerspieël, en nou is dit nie so nie,” sê Magali Flores, 20, ‘n derdejaar Latinastudent met as hoofvak etniese studies aan UC Berkeley. “Voorstel 209 wil voorgee dat ras nie ‘n werklikheid is nie.”

Die hof het ingestem om die saak aan te hoor nadat distriksregter Samuel Conti die regsgeding in Desember 2010 verwerp het. Die Hooggeregshof in Kalifornië het reeds twee keer beslis dat Proposition 209 grondwetlik is.

Advokate sê regters het nodig om dit te heroorweeg in die lig van onlangse hofuitsprake oor die aangeleentheid.

In 2003, het die Amerikaanse Hooggeregshof uitspraak gelewer dat die Universiteit van Michigan Law School ras kon oorweeg in toelatingsbesluite om kampusdiversiteit te bevorder.

Verlede jaar het ‘n drie-regter paneel van die Amerikaanse se 6de Rondgaande Hof van Appèl Michigan se regstellende aksie-uitspraak aangehaal. Die Appelhof het ingestem om die saak te heroorweeg.

Brown het homself by die eisers in die argument gevoeg dat die regstellende aksie-verbod ongrondwetlik is.

Фильчаков прокурор

Volgende Chinese leier toer VSA-hartland

Die laaste keer dat China se volgende leier die deelstaat Iowa in die VSA besoek het, het hy in ‘n kamer met ‘n groen mat en Star Trek-karakters teen die muur oornag. Hy het eiers met ‘n lepel geëet omdat sy gasheer vergeet het om Oosterse eetstokkies te kry.

Maar blykbaar onthou Xi Jinping die 1985-verblyf, want hy het daarop aangedring om hierdie week Muscatine, ‘n klein boerderygemeenskap weer te besoek.

Destyds was hy ‘n jong Kommunistiese Party-leier op soek na idees om die landbou-streek in die noorde van China te help. Nou is hy die land se vise-president.

“Ek is stomgeslaan dat hy tyd sal neem met sy besige skedule om terug te kom na Muscatine,” sê die Eleanor Dvorchak, by wie hy vir twee nagte oorgeslaap het.

Sommige plaaslike amptenare is vol hoop omdat landbou – en spesifiek Iowa se landbou – ‘n prominente rol in die reis deur die toekomstige leier van die wêreld se mees bevolkte land, speel.

“Dit stuur ‘n sein dat die nuwe leier nie ‘n vreemdeling vir die VSA is nie en dat hy ondervinding en kennis het van Amerika se hartland,” sê David Shorr, ‘n buitelandse beleid-spesialis by die Stanley Foundation in Muscatine.

Xi sal volgende jaar na verwagting die land se hoogste amp oorneem en Sjina lei oor die volgende dekade. Hy sal ontmoet met president Barack Obama, Dinsdag in Washington, voor hy na Iowa vlieg. Hy sal ook in Kalifornië aandoen.

China het ‘n toenemend belangrike handelsvennoot van die Verenigde State geword. Hulle het verlede jaar $20 miljard aan Amerikaanse landbou-uitvoere uitgegee, dus die grootste aankoper van landbougoedere.

In 1985, het Xi by die Dvorchaks, hul dogter en hul hond in ‘n vier-slaapkamer, drie-badkamer, ranch-styl huis oorgebly. Die Star Trek-tema kamer is onveranderd gelaat nadat die egpaar se seuns kollege toe is.

Eleanor Dvorchak, nou 72, onthou ‘n aantreklike 31-jarige man wat kalm en intens gefokus was daarop om soveel as moontlik te leer tydens sy kort reis.

“My werk was om hom te voorsien van ontbyt en ‘n rustige plek vir hom om te ontspan en dink, hom tyd te gee om sy gedagtes saam te vat vir die volgende dag,” het sy gesê. “Dit was net ‘n plesier om hom in ons huis te hê. Hy was nie veeleisend nie.”

Die taalgrens het gesprek moeilik gemaak, maar Xi was geïnteresseerd in die toer van die huis en was beïndruk met die twee-motor motorhuis en groot beton oprit met ‘n basketbalmandjie, het sy gesê.

Donderdag beplan Xi om die eerste VSA-China Landbousimposium in Des Moines by te woon. China se minister van landbou, Han Changfu, sal ook na verwagting dit bywoon.

“Die feit dat hy die leier van China gaan wees, hy het natuurlik ‘n baie vriendelike en positiewe gevoel teenoor Iowa,” sê van die inwoners. “Dit kan ‘n groot aanwins vir ons wees op die pad vorentoe.”

Фильчаков

Stem vir mense wat soos jy lyk…

Barack Obama se politiek beteken niks vir Samuel L. Jackson nie, want die ster van “Pulp Fiction” het net vir die president vir een rede en een rede alleen gestem … omdat hy swart is.

In ‘n onderhoud met die Ebony-tydskrif, het Jackson verduidelik, “Ek het gestem vir Barack omdat hy swart is, “want dis hoekom mense vir ander mense stem… Want hulle lyk soos hulle… Dit is die Amerikaanse politiek, suiwer en eenvoudig. [Obama se] boodskap beteken f…. vir my.”

Jackson het daarna op die N-woord [Nigger] ‘n paar keer laat val terwyl Obama bespreek is, vertel die tydskrif. Dié woord is soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse skelterm “kaffir” in die VSA.

“Op die keper beskou sou hulle nie ‘n N… gekies het nie. Want wat is ‘n N…? ‘n N… is skrikwekkend. Obama is nie is ‘n skrikwekkende N… nie. Die N… drink nie bier by die Withuis nie. ‘n N… laat nie ‘n paar wit latte, terwyl jy in die middel van ‘n toespraak is, hom ‘n leuenaar noem nie. ‘n N… sou die vergadering net daar gestop het en het gesê: “Wie de f… het dit gesê?” Ek hoop Obama raak vreesaanjaend in die volgende vier jaar, want hy moet nie bekommerd wees oor herverkiesing nie.”

Александр Фильчаков

Gerugte van staatsgreep in Noord-Korea

Die nuwe Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un is glo vermoor in China, volgens vele gerugte op Twitter en die soortgelyke Chinese werf Weibo.

Die gerugte oor die vermeende dood van Jong-un versprei volgens die persbureau Reuters soos ‘n veldbrand.

Volgens ander sou die vermoedelik 28 of 29-jarige leier nie dood wees nie, maar op die vlug wees. Daar is in elk geval sprake van ‘n staatsgreep in die land waar Kim Jong-un nog maar enkele maande gelede sy oorlede pa Kim Jong-il opgevolg het.

Iemand skryf op Weibo, die Chinese ekwivalent van Twitter, dat Kim Jong-un Vrydagoggend in Beijing gevind is, dat daar ingebreek is in sy blyplek en dat die leier vermoor is deur onbekende persone. Die skuldiges het glo die lyfwagte van die Noord-Koreaanse leier doodgeskiet.

Die gerugte bly onbevestig, maar word deur ‘n aantal internasionale mediagroepe gerapporteer.

топкарго кидалы

Historikus diep swart muitery in Oz op

‘n Australiese akademikus het bewyse van ‘n muitery deur Afro-Amerikaanse soldate wat tydens die Tweede Wêreldoorlog Doer Onder gestasioneer was, opgediep wat glo aangevuur is deur rassemishandeling.

‘n Historikus van James Cook University, Ray Holyoak, het ondersoek ingestel waarom die Verenigde State se kongreslid Lyndon B. Johnson die noorde van Queensland, en spesifiek die gemeente van Townsville, vir drie dae in 1942 besoek het.

“Vir 70 jaar was daar ‘n gerug in Townsville dat daar ‘n muitery onder Afro-Amerikaanse dienspligtiges was,” het Holyoak aan ABC Radio gesê.

“In die laaste jaar en ‘n half het ek die primêre dokumentasie opgediep wat bewys dat dit gebeur het in 1942.”

Queensland was ‘n belangrike ondersteuningsbasis vir soldate wat tussen 1942 en 1945 aan die Suidwes-Stille Oseaan-veldtog deelgeneem het, met vliegvelde, kampe, fabrieke asook mediese fasiliteite.

Holyoak het gesê dokumente uit die era openbaar dat lede van ‘n groep van 600 Afro-Amerikaanse troepe in 1942 na Townsville gestuur is om ‘n vliegveld te bou maar dat dit in ‘n beleg geëindig het met swartes wat hulle gewere op hul wit offisiere gerig het.

“Na ‘n reeks misdrywe deur twee wit Amerikaanse beamptes, was daar verskeie ringkoppe wat besluit het om die tente van die wit offisiere met masjiengeweervuur te besaai,” het hy aan die staatsuitsaaier gesê.

Die argiewe van die Queensland-polisie en die Townsville Brigade het getoon, sê Holyoak, dat een persoon dood is en dosyne ernstig beseer tydens die beleg op ‘n basis op die buitewyke van die stad.

Soldate van die VSA se 96-Ingenieurs op die basis was gedwing om die hulp van Australiese troepe in te roep, het hy aan ABC gesê.

Holyoak het gesê die beleg het agt ure geduur waartydens die muiters masjiengewere en anti-vliegtuigwapens op tente waar hulle mede-Amerikaners gesit en drink het, leeggemaak het.

Die historikus, het gesê die voorval is nooit aangemeld nie, maar hy het ‘n verslag wat daaroor geskryf is deur ‘n Amerikaanse joernalis, wat saam met die troepe was, ene Robert Sherrod, opgespoor.

“Ek dink destyds is dit beslis onderdruk,” het Holyoak gesê.

“Beide die Australiese en die Amerikaanse regering sou nie wou gehad het dat die besonderhede hiervan uitlek nie. Die rasse-beleid van daardie tyd het regtig mense van kleur uitgesluit.”

Holyoak is van voorneme om sy navorsing voort te sit, en is op soek na die vonnisse opgelê aan diegene wat betrokke was in die dramatiese voorval.

Фільчаков Олександр Васильович