Hulle sê die aanvalle op die twee nagklubs op die eiland op 12 Oktober 2002 was daarop gemik om die Verenigde State en sy bondgenote te straf. Meeste van die mense wat in die bomaanvalle dood is, was buitelandse toeriste, veral Australiërs.
Samudra sê hy het geen, en sal nooit enige berou hê nie. Die ander het saamgestem en ander aanvalle insluitend dié op die Marriott-hotel in Islamabad, Pakistan deur militantes geprys. Minstens 54 mense is dood en honderde is in die aanval beseer. Brian Deegan van Adelaide, Australië, wie se seun Josh in die aanval dood is, sê die mans se optrede is afskuwelik, veragtelik en onbesonne.
Teregstellings in Indonesië geskied voor 'n vuurpeleton. Die militantes is onder Indonesië se streng teen-terroristewette skuldig bevind. Hulle het hulle appèlle uitgeput en Indonesië se prokureur-generaal het gesê die vonnis kan enige dag uitgevoer word noudat die heilige maand Ramadan verby is. Begenadiging word dikwels tydens Ramadan aan kriminele betoon.
Die Bali-aanvalle, wat na bewering deur al-Kaida befonds is, is deur lede van Jemaah Islamiyah, 'n militante groep van Suidoos-Asië uitgevoer. Hulle het sedertdien nog minstens drie ander selfmoordbomaanvalle in Indonesië uitgevoer. Die groep is hoofsaaklik in die streek ontbind met hulle leiers óf dood óf in die tronk.

Heinz-Christian Strache, 39, leier van die Oostenrykse Vryheidsparty, meen hulle is die eienaars van Oostenryk en hulle sal besluit wie toegelaat word tot die land en wie nie. Wat sy teenstanders skok, is egter dat sy volgelinge openlik Nazi-simbole by sy vergaderings vertoon. Die dra van Nazi-kentekens en die Nazi-saluut is onwettig in Oostenryk.
hede toe nog in die krisis gebruik het, het die Duitse minister van Finansies, Peer Steinbrueck, gesê die probleem is deur die VSA veroorsaak en sal "diep merke" aan albei kante van die Atlantiese Oseaan laat.
Indien Die CSU, oftewel die Christen-Sosiale Unie, Sondag in Duitsland hulle algehele meerderheid in die deelstaat Beiere verloor, sal dit niks minder as 'n rewolusie in Duitse politiek wees nie. En vir die eerste keer in 46 jaar lyk dit asof so 'n nederlaag waarskynlik is. Die verlies aan invloed kan verreikende gevolge vir kanselier Angela Merkel inhou.