Gesondheidsowerhede het die slagoffers ondersoek en bevind dat hulle aan longpes dood is. Die verslag van die ondersoek het nie die oorledenes geïdentifiseer nie maar gesondheidsowerhede in Hong Kong sê hulle was 'n getroude paar wat in September simptome van die siekte ontwikkel het. 'n Woordvoerder van Hong Kong se Sentrum vir Gesondheidsbeskerming sê die 35-jarige man is op 20 September dood. Sy 38-jarige vrou is vyf dae later dood.
Die sentrum sê longpes wat deur besmette diere – hoofsaaklik knaagdiere – aan mense oorgedra word, is hoogs aansteeklik. Dit kan tussen mense versprei word deur asemhalingsdruppels van 'n geïnfekteerde persoon in te asem. Die inkubasieperiode van die siekte is tussen een en vier dae. Dit kan deur vinnige antibiotiese behandeling binne 24 uur ná infeksie behandel word.
Pubu Zhuoma, hoof van Tibet se gesondheidsdepartement, sê gevalle van mensplae het in die verlede in Tibet voorgekom. Hy sê siekte voorkomingsbeamptes is lank reeds besig om plaagvoorkoming en –beheer in siektegebiede uit te voer. Hulle het goeie resultate behaal in die beheer van epidemies onder diere en daar was geen epidemies onder mense nie. Volgens die verslag het die owerhede onmiddellik voorkomende en beheermaatreels in die dorpie ingestel. Geen nuwe gevalle van die siekte is aangemeld nie en die siekte is onder bedwang gehou.

Heinz-Christian Strache, 39, leier van die Oostenrykse Vryheidsparty, meen hulle is die eienaars van Oostenryk en hulle sal besluit wie toegelaat word tot die land en wie nie. Wat sy teenstanders skok, is egter dat sy volgelinge openlik Nazi-simbole by sy vergaderings vertoon. Die dra van Nazi-kentekens en die Nazi-saluut is onwettig in Oostenryk.
hede toe nog in die krisis gebruik het, het die Duitse minister van Finansies, Peer Steinbrueck, gesê die probleem is deur die VSA veroorsaak en sal "diep merke" aan albei kante van die Atlantiese Oseaan laat.
Indien Die CSU, oftewel die Christen-Sosiale Unie, Sondag in Duitsland hulle algehele meerderheid in die deelstaat Beiere verloor, sal dit niks minder as 'n rewolusie in Duitse politiek wees nie. En vir die eerste keer in 46 jaar lyk dit asof so 'n nederlaag waarskynlik is. Die verlies aan invloed kan verreikende gevolge vir kanselier Angela Merkel inhou.