Taalstryd wen Majuba

Die Slag van Majuba het gedurende die Eerste Vryheidsoorlog op 27 Februarie 1881 plaasgevind. Generaal-majoor Sir George Pomeroy Colley was die opperbevelvoerder van die Britse magte in Suid-Afrika, asook die goewerneur van Natal en Hoë Kommissaris oor die Britse Kolonies in Suidelike Afrika, ʼn briljante man met uitstekende militêre rekord en voormalige professor aan die Sandhurst Militêre Akademie in Engeland.

Hy het, vanaf sy basis Mount Prospect, suid van Laingsnek, met 405 man die kruin van Majuba stilletjies die vorige nag beset met die doel om die Boere uiteindelik te verslaan en die pad na Pretoria oop te maak vir die Engelse magte in aantog vanaf Durban.

Toe genl. Piet Joubert, een van die driemanskap en van die Boeremagte, besef dat die Engelse die berg deur die nag beset het, gee hy vir sy twee generaals Frans Joubert en Nicolaas Smit die bevel: “Die Engelse is daar bo en julle gaan hulle daar afhaal… dadelik!”

Die res is geskiedenis…

In die lig van die hele aanloop tot die veldslag en die rol en invloed van taalstryders soos ds. SJ du Toit, was dit vir die GHA ʼn besondere eer en voorreg om vanjaar se fees aan te bied.

Min mense besef watter invloed die taalstryd in die Kaapkolonie en die opborrelende Afrikanernasionalisme wat dit ontketen het, gehad het op die uitkoms van die Eerste Vryheidsoorlog.

Met die Engelse bewind aan die Kaap (aanvanklike besetting: 1795 – 1803); (tweede besetting: 1806 – 1961) het die owerhede probeer om die Kaap te verengels. Die verengelsing is aanvanklik vergemaklik omdat die koloniste verdraagsaam en toegewend was, maar namate die onderdrukking van Nederlands toegeneem het, het verset ingetree.

Lord Charles Somerset, die goewerneur van die Kaap, se Taalproklamasie van 1822 het Engels nie alleen tot die eerste nie, maar weldra ook tot die enigste amptelike taal verhef. Dié amptelike anglisering bereik sy hoogtepunt in ʼn “koninklike” besluit van 11 Maart 1853, wat aan die Kaapkolonie sy eie grondwet gee en terselfdertyd Nederlands alle regte in die bestuur van die land ontsê. Met behulp van Engelse en Skotse predikante is die skool en kerk oral geïnfiltreer.

Met die vervanging van Hollands-Afrikaanse instellings en gebruike deur die Engels, het die Nederlandse taal dus al hoe ernstiger in gedrang gekom: in die administrasie, die gereg en howe, die skoolwese, die Hollandse kerke, die sosiale verkeer en tot in die huiskring. Veral jongmense het bygedra tot dié tendens van toenemende, gewillige verengelsing.

Klink dit bekend?

Hierdie stand van sake het “Oom Jan wat versies maak” (C P Hoogenhout) raak opgeteken in sy oorbekende gedig:

Engels! Engels! Alles Engels!
Engels wat jy sien en hoor;
In ons skole, in ons kerke,
Word ons moedertaal fermoor.
Ag, hoe word ons folk ferbaster,
Daartoe werk ons leeraars saam.
Hollans nog in sekere skole:
Is bedrog, ʼn blote naam!

Wi hom ni laat anglisere,
Word geskolde en gesmaad.
Tot in Frystaat en Transvaal al,
Oweral dieselfde kwaad.

“Dis fooruitgang!” roep die skreeuwers,
“dis beskawing wat nou kom!
Di wat dit ni wil gelowe,
Di is ouderwets en dom…”

Uit die behoefte aan ʼn Bybel in Afrikaans, die druk van verengelsing deur die owerheid en die opwelling van weerstand daarteen, die opbruising van nasionalisme en die idealisme van jong Afrikaners het die GRA op 14 Augustus 1875 ontstaan – die Genootskap van Regte Afrikaners.

Die leuse van die GRA was: om te staan vir ons Nasie, ons Taal en ons Land. Hierdie stigting het ʼn rimpeleffek gehad, nie net in die Kaap nie, maar ook in die Vrystaat en Transvaal.

In sy oproep tot die volk om hulle by die GRA te skaar, skryf ds. SJ du Toit, dat daar Afrikaners met Engelse harte is, Afrikaners met Hollandse harte en Afrikaners met Afrikaanse harte. Hierdie laaste groep, het hy gesê, is die WARE AFRIKANERS en dat dit hulle is wat moet saamstaan.

Min mense besef die rol wat die Taalstryders van die Paarl gespeel het in die oorwinning by Majuba en ook daarna.

Ds. SJ du Toit, stigter van die Genootskap van Regte Afrikaners het in Die Patriot, wat ook in die Vrystaat en Transvaal versprei is, die Boere aangemoedig om die Engelse die stryd aan te sê. Die gewildheid van die blad het grootliks toegeneem weens die onbewimpelde nasionale beleid daarvan, soos veral sedert 1877 geblyk het na die anneksasie van Transvaal deur Brittanje. Die koerant het reeds vroeër die kandidatuur van SJP Kruger gesteun, maar na Shepstone se anneksasie word die blad nou die raadgewer van die Transvaalse Boere. Eers het die redaksie die Transvalers tot leidelike verset gemaan, maar toe alle onderhandelingspogings met Engeland misluk om Transvaal sy vryheid te laat terugkry, was die boodskap van Die Patriot: “Lydelike verset is ydellike verset.” Die Transvaalse leiers het die implikasie verstaan, sodat genl. Nicholaas Smit na die lees daarvan sou gesê het: “Burgers, maak skoon jul roers”, skryf PD van der Walt in sy boekie SJ du Toit.

Die Eerste Vryheidsoorlog het in die guns van die Zuid-Afrikaanse Republiek verloop, en Die Patriot, wat die Boeresaak so getrou gesteun het met versoekskrifte in hul guns, ontmaskering van die Britse beleid, ‘n fonds vir die noodlydendes, mediese hulp, ens., het gebaat by die daaropvolgende algemene nasionale oplewing.

Na die oorwinning verskyn dié gedig van ds. SJ du Toit in dié blad:

Die Vierkleur van ons dierbaar land
Die waai weer oor Transvaal,
En wee die Godvergete hand,
Wat dit neer wil haal!

Nie net is die gedig, Dit is Godsvinger deur Du Toit verskryf nie, maar is daar ook ‘n oorwinningsfees gereël: die Gimnasiumsaal is versier, die foto’s van Kruger en Joubert het by die ingangsportaal gehang, ‘n feesmaal is geniet, en toesprake en koorsang is aangebied.

Paul Kruger was so ingenome met ds. du Toit se standpunt oor Christelik-gefundeerde moedertaalonderrig dat hy hom aangestel het as Superintendent van Onderwys in Transvaal. Die Patriot van 28 April 1882 het daarop gewys dat Hollands vir die Afrikaanse kind byna net so vreemd was as Engels en dat Afrikaans dus as onderrigtaal gebruik moes word.

In Maart 1882 kom ds. Du Toit in Pretoria aan. Onder sy praktiese en versiende beleid het die onderwys in Transvaal met rasse skrede vooruit gegaan. Tydens die opening van die Opleidingskool vir Onderwysers in Pretoria aan die begin van 1883, kon hy daarop wys dat daar reeds 70 skole vir elementêre onderwys in die land was. Toe hy daar begin het, was daar slegs drie skole.

Onder ds. Du Toit was daar drie elemente in sy onderwysstelsel wat vir ons van belang is:

Opleiding van eie onderwysers;
Onderrig in Afrikaans; en
Vrye Christelike skool, gesubsidieer deur die staat, maar onder die stuur van die ouers.

Dit is geen oordrywing nie om te beweer dat die GRA onder die geniale leiding van ds. SJ du Toit op ‘n uiters kritieke tydstip in ons volksbestaan die fondament gelê het vir die herrysenis van die Afrikanernasie.

Данильченко Юрий Брониславович

Afrikaanse sirkulasiesyfers daal – weens Naspersmonopolie?

Die sirkulasie van Afrikaanse koerante is besig om drasties te daal, waarskynlik weens die monopolie wat Naspers oor die gedrukte woord in Afrikaans beskik. Volgens die Ouditburo van sirkulasie se jongste syfers, wat enkele dae gelede vrygestel is, “daal naweekkoerante in Afrikaans 2,8 keer vinniger as hul Engelse eweknieë”. Wat dagblaaie betref, daal die Afrikaanse titels 40% vinniger as Engelse titels.

Rapport, wat ongeveer ‘n dekade gelede nog byna 500 000 eksemplare verkoop het, se sirkulasie het die afgelope jaar met ‘n bykomende 10% gedaal en beskik nou oor ‘n sirkulasie van slegs 201 983.

Gerugte wil hê dat die voormalige redakrise van Rapport, Liza Abrecht, afgedank is nadat sy einde verlede jaar na Media24 se elektroniese platforms verskuif is. Die presiese rede vir Albrecht se afdanking is nog nie bekend nie.

Dit is bekend dat Naspers geen nuwe toetreders tot die Afrikaanse mark verdra nie. Weens die grootte en oorheersende posisie van die maatskappy, is die lot van Afrikaans as mediataal ook nou aan die lot van Naspers se publikasies gekoppel. Volgens mnr. Tim du Plessis, ‘n voormalige redakteur van Rapport, lees 50% van dié koerant se lesers slegs een koerant per week: Rapport.

Sedert 1994 het Naspers en sy filiaal Media24 egter ‘n toenemend linkse aanslag ontwikkel en vele tradisionele Afrikanerlesers van hul koerante vervreem. Vandaar die snelle afgang van die Afrikaanse koerante wat aanmekaar sirkulasie verloor.

Dit mag ook wees dat die oorskakeling na die internet en digitale media onder Afrikaanstaliges vinniger as onder Engelse lesers plaasvind en dat die gedrukte media dus sneller sirkulasie verloor. Interessant is dat die Pretoria News, wat weens sy ligging in Pretoria insgelyks oor ‘n aansienlike persentasie Afrikanerlesers beskik, insgelyks die vinnigste van alle Engelse koerante gedaal het, naamlik ‘n jaarlikse vermindering van 12,5%.

Dat Afrikaanse lesers egter besig is om hul rug op die Nasperskoerante te keer, is ‘n neiging wat uit die jongste sirkulasiesyfers afgelei kan word. Die vraag is watter ander heenkome daardie lesers gevind het en of hulle steeds Afrikaans lees…

Данильченко Харьков

Waarom is plaasmoorde nie prioriteitsmisdaad nie?

“Die moord op nog ‘n boer naby Potchefstroom is onaanvaarbaar en die Vryheidsfront Plus is baie bekommerd oor die toename van plaasmoorde vanaf die begin van hierdie jaar.

“Ons vra lankal reeds dat plaasmoorde, soos transito-rooftogte, as ‘n prioriteitsmisdaad verklaar moet word.

“Ironies het die regering se eie verslag na plaasmoorde bevind dat die kanse dat ‘n boer in ‘n plaasaanval kan sterf, drie keer meer is as dat ‘n sekuriteitswag sal sterf in ‘n transito-rooftog.

“Nogtans word plaasmoorde nie as prioriteitsmisdaad verklaar nie. Die VF Plus sal volhard om dit as sodanig verklaar te kry.

“Pres. Zuma sê grondhervorming moet omsigtig behandel word omdat dit ‘n emosionele saak is. Die werklikheid is dat plaasmoorde nie net emosioneel is nie, maar traumaties en ek hoor nie dat Zuma al ooit plaasmoorde veroordeel het nie.

“Die ANC wil graag voedselsekerheid hê wat deur die boere verskaf moet word, maar hulle gee nie boere sekerheid oor hulle veiligheid en hulle grond nie.

“Die VF Plus sal soos in die verlede hierdie sake bly voer in die parlement,” sê Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie en provinsiale leier vir die Vryheidsfront Plus in Noordwes.

Фильчаков Александр Васильевич

Aankondiging oor Voortrekkermonument verwelkom

“Die VF Plus verwelkom die aankondiging vandag in Pretoria deur die minister van Binnelandse Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, dat die Voortrekkermonument binnekort as ‘n nasionale erfenisterrein verklaar gaan word. Dit is ook belangrik om daarop te let dat hierdie stap met die oog op nasionale versoening gedoen word.

Dit is egter jammer dat hierdie aankondiging nie deur pres. Zuma in sy staatsrede gedoen is nie, waarin hy oor nasionale versoening gepraat het nie,” sê dr. Corné Mulder, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor Kuns en Kultuur.

Die VF Plus wil voorts die hoop uitspreek dat die Voortrekkermonument voortaan voldoende finansiering sal ontvang, maar dat hierdie stap nie gebruik sal word om inbreuk te maak op die outonome bestuur van die Monument deur die Erfenisstigting nie.

Данильченко Юрий Брониславович

Mulder herskryf geskiedenis, sê Jong Kommuniste

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Mulder, probeer om die geskiedenis te herskryf deur voor te gee dat die setlaars en kolonialiste Suid-Afrika as “‘n huis te huur” aangetref het, het die Jong Kommunisteliga van SA Sondag gesê.

“Die feit is dat die land gewelddadig en met bloedvergieting afgeneem is, en uiteindelik gewetstaaf is in 1913, wat die Afrika-inboorlinge met geen ander keuse gelaat het as om hulleself aan loonuitbuiting in die mynbedryf te onderwerp nie,” het die YCLSA se sekretaris, Buti Manamela, in ‘n verklaring tydens hulle lekgotla gesê.

“Sulke uitlatings is niks anders as argaïese blanke ontkenningsug nie en sal die werklike proses van grondverdeling en grondrestitusie troef.”

Woensdag het Mulder in die Parlement aangevoer dat swart “Bantoe-sprekende” mense geen historiese aanspraak op 40 persent van die land het nie.

“Afrika-inboorlinge het nooit in die verlede in die hele Suid-Afrika gewoon nie,” het hy tydens ‘n debat oor President Jacob Zuma se staatsrede gesê.

Zuma het Mulder later gewaarsku om lig te loop oor die emosiewekkende vraagstuk van grondhervorming.

Sondag het die YCLSA aangedring op Mulder se bedanking as Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye.

“Ons glo nie dat ‘n persoon soos Pieter Mulder in die regering moet dien, veral in sy verantwoordelikheid in Landbou en Bosbou, nie,” het Manamela gesê.

“Ons doen ‘n beroep vir sy onmiddellike bedanking, siende dat hy nie die algehele doelstelling van die regering steun nie, of vir die president om hom van sy pligte te onthef.”

Mulder – in sy hoedanigheid as leier van die Vryheidsfront Plus – het egter later op Sondag gereageer deur te sê die liga het die opmerkings wat hy in die Parlement gemaak het, verdraai.

“Ek het in my toespraak verwys na die geskiedkundige verkryging van grond. Die argument word tans doelbewus op ‘n verdraaide manier aangebied.”

Hy het gesê dat sy betoog was dat die Koi en die San die eerste inwoners van Suidelike Afrika was. Daarna het groepe van die Noorde en van die Suide inwaarts beweeg en die Koi en die San na droër gebiede uitgedryf.

“Die Noordelike en Suidelike groepe kan nie aanspraak maak op die hele land nie. Ek het bykomend verwys na voedselsekuriteit en die probleme wat emosionele slagspreuke oor grond in die uitvoering van hierdie taak veroorsaak.”

In hulle verklaring het die YCLSA gesê dat kommer oor die gebruik van regsprekende instellings vir politieke gewin ook tydens die lekgotla geopper is.

“Ons ondersteun die voorgestelde regulasies vir lede van die regbank om hulle besigheidsbelange en voordele soos alle ander openbare ampsdraers te verklaar,” het hulle gesê.

Hulle sal ‘n veldtog voer vir grondwetlike byvoegings wat van die regbank sal verwag om onderwerp te word aan populêre en demokratiese verkiesings.

Die lekgotla het ook die dissiplinêre verhoor van die geskorste ANC Jeugliga-leier, Julius Malema en sy uitvoerende bestuur, aangeraak.

“… In die beweging kom en gaan enkelinge, maar die beweging bly behoue ongeag hoe groot ons glo ons in vergelyking met die beweging is,” het hulle gesê.

Malema en ander jeugligaleiers is in November daaraan skuldig bevind dat hulle die ANC in oneer gebring en verdeeldheid in die party gesaai het.

Dit was nadat hulle, onder andere, opmerkings gemaak het oor regeringsveranderinge in Botswana.

Hulle is geskors vir tydperke wat strek van 18 maande tot vyf jaar en het onsuksesvol geappelleer teen die sanksies. Hulle bied tans bewyse ter versagting aan. – Sapa

Фильчаков

DA sê Mulder kort ‘n ‘geskiedenisles’

Die Vryheidsfront Plus-leier, Pieter Mulder moet herinner word aan die “ware geskiedenis” van Suid-Afrika, het die DA gister gesê.

“In plaas daarvan om ons geskiedenis te ontken, soos die heer Mulder doen, moet ons alles in ons vermoë doen om te verseker dat mense toegang tot grond kry. Ons moet die foute van die verlede regstel,” het die Demokratiese Alliansie se nasionale woordvoerder Mmusi Maimane in ‘n verklaring gesê.

“Ons kan eenvoudig nie dit wil wegwens nie. Regstelling is ‘n demokratiese noodsaak. Maar ons moet die sondes van apartheid regstel op ‘n manier wat volhoubaar is, sodat alle Suid-Afrikaners kan voordeel trek uit die rykdom van ons grond. “

Woensdag, het Mulder voorgestel in die Parlement dat swart “Bantoe-sprekende” mense geen historiese aanspraak op 40 persent van die land het nie.

“Swartes in die besonder het nooit in die verlede oor die hele Suid-Afrika geleef nie,” het hy tydens die debat in die Nasionale Vergadering na verlede week se presidentstoespraak gesê.

Maimane het gesê daar is baie grond wat vir grondhervorming beskikbaar is, en Suid-Afrika het ‘n grondhervormingsprogram nodig wat regverdig is en ekonomies lewensvatbaar is en die antwoord is nie om weg te doen met die gewillige-verkoper, gewillige-koper-model nie.

“Die oplossing is ‘n doeltreffende departement van landelike ontwikkeling wat eise vinnig kan hanteer en die doeltreffende en regverdige verdeling van grond kan fasiliteer.

“As ons dit kan regkry, sal dit nie vir enige iemand nodig wees – vir Julius Malema of Pieter Mulder – om die emosionele kwessie van grond te gebruik om hul eie eng kiesafdelings te probeer beïndruk nie,” sê Maimane.

Mulder se kommentaar Woensdag is begroet met ‘n verwoede reaksie van die regerende party se banke, wat tot ‘n klimaks gestyg het toe hy verduidelik het: “Daar is voldoende bewys dat daar geen Bantoe-sprekende mense in die Wes-Kaap en Noord-Kaap was nie.”

Hierdie gebiede vorm 40 persent van Suid-Afrika se landoppervlak, het hy aan LP’s gesê.

Mulder dien in president Jacob Zuma se kabinet as adjunk-minister van landbou.

In sy toespraak het Zuma gesê dat die gewillige-koper, gewillige-verkoper-opsie “nie die beste manier is om die probleem aan te spreek” as dit by die herverdeling van grond kom nie.

Mulder het gesê die kwessie van grondbesit is ‘n emosionele probleem wat baie oorloë veroorsaak het. Hy het ‘n probleem met die grondeienaarskapsyfers soos aangehaal deur Zuma in sy toespraak.

“Die president se aanhalings in sy toespraak kom van die departement van landelike ontwikkeling se syfers oor grondhervorming.

“Volgens [hierdie], het wit mense 87 persent van die land in besit geneem, en die regering het slegs agt persent van die 30 persent [grondhervorming] teiken bereik. Ek verskil ernstig van hierdie syfers.

“Hoe het die departement die agt persent bereken? Daar is nie ‘n grond-oudit waarteen ons hierdie “feite” kan toets nie.”

Die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika het in 2001 bereken dat 44% van die land se grond aan blankes, 20% aan swartes, 9% aan bruin mense en 1% aan Asiërs behoort.

“Die manier waarop die departement die 30 persent en agt persent bereken, skep die indruk dat hulle self besig is om te misluk.”

Mulder het gesê hy verskil ernstig met die stelling dat wit mense grond gesteel het.

Met verwysing na Zuma se opmerkings oor die gewillige-koper, gewillige-verkoper-opsie, het hy gesê dat, in eenvoudige taal, beteken dit dat die regering in die nasionalisering van landbougrond glo. Maar, enige iemand wat met grondhervorming te make het, weet dat die probleem nie oor daardie beginsel handel nie.

Mulder het gesê hy hoop daar sal ‘n tyd kom wanneer beide wit en swart kommersiële boere nie hoef te kyk vir geleenthede elders in Afrika nie.

Олександр Васильович Фільчаков

Gronddebat moet oor feite handel

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, verwerp die stelling dat witmense al die grond wat hulle besit, gesteel het. Sulke stellings moedig volgens hom plaasmoorde aan.

Hy verskil ook van die departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake se syfer dat nog slegs 8% grond aan swartmense oorgedra is.

“Hoe bereken die departement hierdie 8% as daar geen finale grondoudit bestaan nie?” het dr. Mulder tydens sy toespraak in die Parlement na president Zuma se staatsrede gevra.

“Daar word aanvaar dat die staat ongeveer 25% van die landoppervlakte besit. Vyf en twintig persent staatsgrond, wat nie “wit” grond kan wees nie, moet dan by die 8% getel word. Wat van die Ingonyama-trustgronde van 2,8 miljoen hektaar van die Zoeloekoning? Waar word dit en al die ander kommunale grond getel? Mnr. Ramaphosa en minister Tokyo Sexwale het onlangs verskeie plase by wit boere gekoop. Volgens ‘n bron in Vryburg het ‘n maatskappy van min. Sexwale onlangs 30 plase in daardie omgewing gekoop. Dit moet ook by die 8% getel word? In die Karoo en Kalahari is groot plase beskikbaar. Waarom koop die departement nie van daardie grond aan om vinniger die 30% te bereik nie? Hierdie semi-woestyn gronde word egter by die 87% propaganda persentasie as wit grond getel,” het dr. Mulder tydens die debat gesê.

Die probleem met die herverdeling van grond is nie die vrywillige koper en verkoper beginsel nie. Die probleem is die rampspoedige manier waarop grondhervorming toegepas word. Omdat grond ‘n baie emosionele saak is moet die nasionale gesprek hieroor met feite en nie met propaganda-feite en emosionele slagspreuke gevoer word nie, volgens Mulder.

Dr. Mulder het ook kennis gegee dat die VF Plus ‘n spesiale taaldebat in die Parlement gaan aanvra oor die permanente aanslag teen Afrikaans en die agteruitgang van al die inheemse tale in Suid-Afrika.

Volledige toespraak hieronder:

Repliek op pres. Zuma se Staatsrede van 9 Februarie 2012

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye

15 Februarie 2012

Mnr. die Speaker, agbare President,

Wat het die mense van Suid-Afrika tans nodig? Hulle het hoop vir die toekoms nodig. Op my lessenaar staan die slagspreuk: “The poorest of all persons is not the person without a cent, but the person without a dream.”

Die president en die sprekers in hierdie debat het elkeen oor sy/haar drome vir die toekoms gepraat. As net ‘n kwart van al daardie planne sou waar word, is daar hoop vir die toekoms.

Sir, “Make no small plans, because they have no magic to stir people’s blood.”

In die president se toespraak is daar groot planne en groot drome vir 2030.

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die infrastruktuur aankondigings. Dit is ‘n teken van langtermyn beplanning en gee hoop vir die toekoms.

Wat is die gevaarlikste ding wat ‘n regering kan doen? Dit is om verwagtinge by landsburgers te skep wat dan nie realiseer nie. Verwagtinge wat nie realiseer nie is die resep van revolusies.

Werklike leierskap en staatsmanskap is die unieke kombinasie van idealisme gekoppel aan die uiters praktiese.

Hoekom het die wêreldbekerprojekte geslaag? Omdat daar spertye was. Omdat onnodige rompslomp uitgesny is. Omdat die beste mense vir elke projek gekry is. Omdat swart bemagtigingsreëls en arbeidsreëls buigbaar toegepas is.

Is die regering hiertoe bereid? Of gaan ons vasval in die huidige klimaat van korrupsie, selfverryking, onbuigsame arbeidswette, oneffektiwiteit en populistiese debatte oor nasionalisering?

Ek noem twee voorbeelde:

Mynwese en landbou het die potensiaal om duisende werksgeleenthede te skep. Tog het albei swak presteer die afgelope tyd. Hoekom juis hierdie twee sektore? Is dit toevallig dat die oproepe uit ANC geledere om nasionalisering juis gemik is op myne en landbougrond?

Daar word bereken dat Suid-Afrika meer as $2,5 triljoen se onontginde minerale het. Dit is die minerale rykdom van Rusland en Australie saamgevoeg. Tog gaan ons mynsektor agteruit. Suid-Afrika se mynsektor het met 1% gekrimp terwyl die mynsektore in ander lande gemiddeld 5% gegroei het. Behalwe vir ander regeringsfoute speel die nasionaliseringsdebat beslis ‘n rol hierin.

Die afgelope week se uitspraak van die president teen die nasionalisering van myne het meer sekerheid gebring. As die ANC se beleidskonferensie in Junie die regte besluite neem, voorspel ek goeie groei in die mynbousektor.

Maar in dieselfde week het die president in sy staatsrede die stelling herhaal dat die vrywillige koper-vrywillige verkoper beginsel nie die beste manier is om die grondverdelingsvraagstuk aan te spreek nie. In gewone taal beteken dit dat die regering in die nasionalisering van landbougrond glo. Waar daar nou meer sekerheid in die mynbousektor is, is daar vandag groter onsekerheid in die landbousektor.

Enigeen wat met die herverdeling van grond te doen het, toon aan dat die problem nie by die vrywillige koper en verkoper beginsel lê nie. Die probleem is die rampspoedige manier waarop grondhervorming toegepas word. Op my lessenaar is talle briewe van wit kommersiële boere wat hulle grond aangebied het vir die departement maar geen reaksie ontvang het nie. Talle briewe van kommersiële boere wat koopkontrakte met die departement gesluit het en na drie jaar bankrot gaan omdat die departement nie die geld uitbetaal nie.

Die president haal in sy toespraak die Department van Landelike Ontwikeling en Grondsake se syfers aan oor grondhervorming. Daarvolgens het witmense 87% van die grond besit, en het die regering slegs 8% van sy teiken van 30% bereik. Ek verskil ernstig van hierdie syfers. So ook van die stelling dat witmense al hulle grond gesteel het.

Grond is ‘n baie emosionele saak wat al tot menige oorlog gelei het. Die president vra vir ‘n nasionale gesprek oor hierdie sake. So ‘n gesprek kan nie met propagandafeite, verdraaide geskiedenis en emosionele slagspreuke gevoer word nie. Volgende week word hierdie boek, “Omstrede land” deur prof Louis Changuion en Bertus Steenkamp bekend gestel. Dit handel oor die grondkwessie in Suid-Afrika van 1600 tot vandag. Daar word beplan om dit ook in Engels uit te gee.

Die ANC praat graag van “Black people in general and Africans in particular.” Meneer, “Africans in particular” het nooit in die verlede in die hele Suid-Afrika gewoon nie. Die Bantoesprekendes het van die ewenaar af afbeweeg terwyl die wittes van die Kaap af op beweeg het om mekaar by die Keirivier te ontmoet. Daar is genoeg bewyse dat daar geen Bantoesprekendes in die Wes-Kaap en Noordwes Kaap gewees het nie. Hierdie gedeeltes beslaan 40% van Suid-Afrika se oppervlakte.

Daar is ook meningsverskil oor die invloed van die Difaqane op grondbesit. Lees die Voortrekkers se dagboeke oor wat hulle aangetref het toe hulle die binneland ingetrek het.

Hoe bereken die departement die syfer van 8%? Daar is geen afgehandelde grondoudit waarteen ons hierdie feite kan kontroleer nie.

Wat bedoel die ANC met 30% grond in swart besit? Sluit dit staatsgrond en stedelike grond in? Daar word aanvaar dat die staat ongeveer 25% van die landoppervlakte besit. Staatsgrond tel tog sekerlik nie as wit grond nie? Vyf en twintig persent staatsgrond moet dan by die 8% getel word. Wat van die Ingonyama-trustgronde van 2,8 miljoen hektaar van die Zoeloekoning? Waar word dit en al die ander kommunale grond getel? Mnr. Ramaphosa en minister Tokyo Sexwale het onlangs verskeie plase by wit boere gekoop. My bron in Vryburg sê ‘n maatskappy van min Sexwale het onlangs 30 plase in daardie omgewing gekoop. Dit moet ook by die 8% getel word? In die Karoo en Kalahari is groot plase beskikbaar. Waarom koop die departement nie van daardie grond aan om vinniger die 30% te bereik nie? Hierdie semi-woestyn gronde word egter by die 87% propaganda persentasie as wit grond getel.

Die Ontwikkelingsbank het in 2001 bereken dat 44% grond aan wittes behoort, 20% aan swarters, 9% aan bruines en 1% aan Asiërs.

Die wyse waarop die departement die 30% en die 8% syfer bereken skep die indruk dat hulle dit vir hulle self onmoontlik maak om te slaag.

Ek het gesê grond is ‘n emosionele saak – maar ek ervaar goedgesindheid en bereidwilligheid by kommersiele boere om die probleme aan te pak. Propaganda syfers en emosionele slagspreuke gaan ons egter nie by antwoorde uitbring nie. Realistiese debatte met werklike syfers wel.

Die hoeveelheid vrugbare grond wat onder landbouproduksie is, het van 1994 tot 2009 met 30% afgeneem. Mislukte grondhervorming, waar 9 uit 10 plase nie suksesvol is nie, het ‘n belangrike rol hierin gespeel. Landbouers moet nou op minder grond meer kos produseer vir Suid-Afrika se bevolking van 50 miljoen.

Ek stem saam as minister Mkwinti sê dat dit ons nie help om net die hoeveelheid hektare te jaag nie. As daardie grond nie kos produseer nie, het ons binnekort hongersnood en dan hardloop die mense in die strate soos onlangs in Mosambiek gebeur het toe brood pryse gestyg het vanweë tekorte.

In 2000 het die Zimbabwe boere 2 miljoen ton mielies geproduseer. Verlede jaar, na grondhervorming, slegs 900 duisend ton. In 2000 het Zimbabwe 250 duisend ton koring gehad, verlede jaar slegs 10 duisend ton. Dit is nie ‘n droogte se skuld nie. In dieselfde tyd het Zambië gegroei tot waar dit mielies kan begin uitvoer.

Ek wil ‘n aanhaling wat ek in die Kabinet Legkotla gebruik het, hier herhaal. Mondli Makhanya skryf in die Sunday Times: (28/2/2010)

“…we are wasting valuable time and energy trying to restore people to their peasant ways.

“Ordinary South Africans either do not want land or just do not have the capacity to work it. They want to go to cities and work in modern economy… Large-scale, highly mechanised commercial farming is now the way of the world. You cannot turn the clock back four decades. That is just the reality. Furthermore, the young people would, as has happened elsewhere, have simply upped and headed for the towns and cities. Yet we continue to nurse the notion that we can reverse the inevitable march to an urban future. We keep wanting to fight the logic of large-scale commercial farming… The money and energy that is spent on getting peasants back into subsistence (farming) would be better used to create a strong class of black commercial farmers who actually do farm for commercial rather than sentimental reasons.”

Ek droom van wit en swart kommersiële boere wat nie na Afrika hoef te gaan vir geleenthede nie. Die kinders wat in 1994 gebore is, is vanjaar 18 jaar oud en kan stem. Hulle ken net ‘n ANC regering. Daar is geen rede waarom so ‘n kind nie ‘n plaas moet kan koop of ‘n beurs moet kan kry, net omdat hy/sy wit is nie. Tog gebeur dit steeds.

Meneer, ek wil hier reeds kennis gee dat die VF Plus ‘n spesiale taaldebat gaan aanvra oor die permanente aanslag teen Afrikaans en die agteruitgang van al die inheemse tale in Suid-Afrika.

In die politiek kry jy klein leiertjies en groot leiers. Klein leiertjies is opportunisties en praat en skinder oor ander mense. Groot leiers praat en droom oor idees en oor die toekoms. As ons in 2030 terugkyk na hierdie debat, sal ons kan bepaal wie was met opportunistiese klein politiek besig en wie is besig met realistiese toekomsplanne in belang van almal. Dit is die VF Plus se drome en waarmee ons besig is.

данильченко юрій Харків

Roodt-Croucamp-debat oor etnisiteit môre op RSG

Roodt en CroucampMôre-oggend om 7:15 op RSG se program Monitor, sal dr. Dan Roodt van PRAAG en dr. Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg debat voer oor die onderwerp: “Ons woon in ‘n krimpende wêreld en etniese en volksidentiteite is uitgedien.”

Ons nooi al ons lesers om in te luister. Indien u in die buiteland woon, kan u by www.rsg.co.za op RSG se klankstroom inskakel.

Dis ‘n baie interessante onderwerp wat tot allerlei argumente en meningsverskille aanleiding kan gee.

лобановский александр досье

Majuba bestorm

Majuba het die afgelope naweek ‘n inval beleef.

Dié bekende kultuurhistoriese erfenisterrein waar vanjaar (oor minder as twee weke) weer ‘n Majubafees aangebied word, was bestorm deur 24 jongmanne van die Perdekommando en Verkennerbeweging van Suid-Afrika. Hulle was slegs bewapen met grassnyers, bossiekappers, kettingsae, skrapers en verfrollers. Mnr Hendrik Eksteen was die bevelvoerder.

Hulle het daarin geslaag om die swartwattelbome(pes) en lang gras te tem.

Die mans- en damesbadkamers in die jeugherberg het ‘n splinternuwe laag verf gekry en die grasdakkleedkamers in die kampeerterrein spog met ‘n nuwe stelsel waterpype nadat vandaliste ál die koperpyper (sug!) verlede daar afgesteel het.

Na verwagting, sal meer as 3000 Afrikaners/Boere gedurende die laaste naweek van Februarie daar kom uitkamp om die heldedaad van ons krygers te vier wat die Engelse mag 131 jaar gelede oortuigend verslaan het.

Nuwe vlagpale is ook opgerig in voorbereiding van ‘n seremonie wat insluit die hysing van die Transvaalse en Vrystaatse vlae, oggendoordenking asook die feesrede deur mnr Andries Breytenbach, voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad.

Die Majubafees word gereël deur die GHA.

Фильчаков прокурор харькова

GHA bied Majubafees aan

Elke jaar kry ‘n kultuurorganisasie die geleentheid om die Majubafees aan te bied. Verlede jaar was dit Aksievrouekrag se beurt en voor dit die Verkenners.

Vanjaar bied die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) dit aan en is dit vir ons ‘n besondere eer en voorreg om dit te kan doen.

Min mense besef die rol wat die Taalstryders van die Paarl gespeel het in die oorwinning by Majuba.

Ds SJ du Toit, stigter van die Genootskap van Regte Afrikaner (GRA) het in Die Patriot wat ook in die Vrystaat en Transvaal versprei is die Boere aangemoedig om die Engelse die stryd aan te sê.

PD van der Walt skryf in sy boekie SJ du Tiot: “Die gewildheid van die blad het grootliks toegeneem weens die onbewimpelde nasionale beleid daarvan, soos veral sedert 1877 geblyk het na die anneksasie van Transvaal deur Brittanje. Die koerant het reeds vroeër die kandidatuur van SJP Kruger gesteun, maar na Shepstone se anneksasie word die blad nou die raadgewer van die Transvaalse Boere. Eers het die redaksie die Transvalers tot leidelike verset gemaan, maar toe alle onderhandelingspogings met Engeland misluk om Transvaal sy vryheid te laat terugkry, was die boodskap van Die Patriot: “Lydelike verset is ydelike verset.” Die Transvaalse leiers het die implikasie verstaan, sodat genl. Nicholaas Smit na die lees daarvan sou gesê het: “Burgers, maak skoon jul roers.” “

Al die wins van die Majubafees gaan na die Majuba Boerevolk Trust wat dit aanwend vir die instandhouding van dié historiese erfenisterrein. Die Majuba Trust kry geen geld van die staat nie en weier uit beginsel om geld van die Lotto te vra. Daarby word Marie en Thys de Beer (wat op die terrein woon), ‘n klein horarium van R3 000 elk maandeliks betaal vir hulle onbaatsugtige diens. Hulle bakkie (enigste ryding) se knormoer het ingegee en die enjin begin te kook wanneer hy die steiltes na die berg aandurf.

Die nood is werklik hoog. Daar is dringende instandhouding en opknapwerk nodig voordat die Majubafees op 24 – 26 Februarie ‘n aanvang neem. Vandale het die koperpype en krane by die een ablusieblok afgesteel. Danksy die Verkenners wat elders geld ingesamel het, sal dit herstel kan word.

Die swartwattelbome(pes) het deur die jare van die kampeerruimtes oorgeneem. Van die bome het omgeval en lê die plek vol. Ek neem hierdie naweek ‘n klompie vrywilligers saam om hieraan aandag te gee.

Die GHA wil graag van die Majubafees ‘n groot sukses maak en hoe meer mense dit bywoon, hoe groter kan die inkomste wees wat die las van die Majuba Trust kan verlig.

PROGRAM

Behalwe van die Cantus (vir volwassenes) en die Cantile (vir skoliere) bied ons die Vrydagaand (vir die eerste keer!) ‘n Boeredans aan. Die Vlakfontein Boereorkes met Dries Laas kom daar optree (gratis). Die Boeredans vereniging neem hier die leiding wat ook ‘n vertoning gaan lewer van tradisionele danse.

Verder sal ons na die vlaghysing, feesrede en vlagvoorstelling deur die Perdekommando die berg uitklim. Die GHA gaan aan die eerste 500 persone (voorwaardes) wat die kruin bereik ‘n medalje gee. Ook ‘n eerste.

Majubafees 24 – 26 Februarie 2012

www.afrikaans.org.za

André Alkema, Voorsitter

Фильчаков прокурор харькова

Die Antwoord op Letterman

Afrikaners sal vanaand danksy Hollywood se invloed ‘n venster gegun word tydens ‘n wêreldberoemde tv-program en die onderwerp sal nie plaasmoorde wees nie.

Die Afrikaanse “zef-rapper” groep van Kaapstad, Die Antwoord, sal Maandagaand op die alombekende televisiegeselsprogram, die Late Show met David Letterman, verskyn.

Die program sal ook op Suid-Afrikaanse televisie in die komende weke uitgesaai word, het Die Burger Maandag berig.

Dit sal die groep se eerste verskyning op die program wees.

Die groep sal hulle nuwe CD “Ten$ion” op die program bekendstel.

“Dit is moeilik om te sê waarom Amerikaners so baie van ons hou,” het die groep se hoofsanger, Ninja, gesê.

Een van die dinge van Amerikaanse gehore wat so verskillend is van plaaslike gehore, sê hy, is dat hulle nie Afrikaanse ​​vloekwoorde verstaan nie. Hy kan sê wat hy op die Letterman-program wil sê en die kykers nie sal verstaan ​​nie, het Ninja gesê.

Volgens Die Burger, loop Die Antwoord-koors hoog in die VSA met Ninja en medelid Yo-Landi “Vi$$er” as die nuwe gesigte van die mode-ontwerper Alexander Wang se nuwe reeks. Groot reklameborde van die twee is in New York opgerig.

Die Antwoord word verteenwoordig deur die bestuurder Tony Cuilla van Los Angeles, asook Michael Jackson se regsfirma in Los Angeles en New York: Ziffren Law.

александр лобановский харьков

Skeermeslemaanvallers uit op borg

Vyf swart mans wat beskuldig word daarvan dat hulle ‘n ​​62-jarige vrou se keel met ‘n skeermeslem gesny het, is vrygelaat op borgtog deur ‘n hof van Limpopo, .

Beeld sê die vyf mans, wat beskuldig word van aanranding op Anita Jacobs-Van Niekerk in haar huis, moes ​​R3000 borgtog elk in die Naboomspruit-landdroshof  Woensdag betaal.

Lerato Nkumane, 26, Willy Baloyi, 28, Ben Maake, 32, Frans Mokonyane, 27 en Jonathan Mathovela, 26, word daarvan beskuldig dat hulle die vrou se handsak gesteel het en R7000 kontant uit haar bankrekening onttrek het nadat hulle haar gedwing het om haar PIN-nommer te gee.

Mokonyane het glo tuinwerk vir haar gedoen.

Polisiewoordvoerder Lt-kol Ronel Otto het gesê die mans het na bewering “die vrou aangerand met die vuiste en haar ernstig gewond terwyl hulle probeer het om haar keel te sny met ‘n skeermeslem”.

Die mans is op borgtog vrygelaat nadat hulle prokureur aangevoer het dat die staat nie genoeg bewyse het om hulle te koppel aan die misdaad nie.

Jacobs-Van Niekerk is tans in ‘n ernstige toestand in die hospitaal en is nie in staat om om te praat of sluk nie.

Haar vier-jaar-oue kleinseun, wat saam met haar woon na sy ma se dood, is vir traumaberading gestuur nadat hy sy ouma in haar beseerde toestand moes sien, kort ná die aanval.

Hy woon tans by ‘n ander familielid.

Die saak is uitgestel tot 14 Maart.

Олександр Фільчаков прокурор