Afrikaner se geskiedenis leef op Praag!

Vele Afrikaners betreur die verdwyning van Afrikanergeskiedenis uit die skoolleerplanne vir geskiedenis wat deesdae grootliks aan die geskiedenis van die ANC en Nelson Mandela gewy word. Die Praag-redaksie ontvang selfs briewe van mense wat kla dat hul kinders en kleinkinders “nie meer weet wie hulle is of waar hulle vandaan kom nie”.

Gereelde lesers van Praag weet egter reeds dat ons oor die afdeling Feuilleton/Geskiedenis beskik waar die vermaarde prof. Jaap Steyn, taalkundige, literator, skrywer, biograaf en historikus weekliks op pakkende wyse ‘n vervolgverhaal oor ons geskiedenis skryf. Hierdie afdeling van Praag het so pas sy eie domeinnaam, geskiedenis.co.cc, ontvang, wat dit nóg makliker vir lesers gaan maak om op die internet te vind.

Benewens al ons ander aktiwiteite, is Praag besig om die Afrikanergeskiedenis op die internet te bewaar en uit te bou. Dis ‘n grootse taak wat ons met geesdrif, toewyding en trots uitvoer.

Al wat ons vra, is dat u ons sal ondersteun deur hier by PRAAG aan te sluit:

Sluit aan

Indien u in die buiteland is of verkies om via PayPal ‘n donasie of subskripsie uit te neem, gaan na enige van hierdie bladsye:

Internasionale en PayPal-aansluitings (Engels)

Internasionale en PayPal-aansluitings (Nederlands)

 

 

мдфтопкарго кидалы

Winburg-konsentrasiekampkerkhof ‘haglik’

Die Erfenisstigting het die haglike omstandighede waarin die Anglo-Boereoorlogse konsentrasiekampkerkhof op Winburg is, by die Groen Skerpioene verkla. ‘n Woordvoerder van die stigting, Cecilia Kruger, sê die terrein lyk die ergste van die 53 in die land.

Die Masilonyana-munisipaliteit het na bewering belowe om die terrein op te ruim. Kruger sê die Erfenisstigting sal die munisipaliteit hof toe neem indien hulle nie ophou met uitgrawings in die gebied nie.

Die Erfenisstigting sal nou in samewerking met die munisipaliteit die terrein begin skoonmaak. Indien die gebied weer verval, sê Kruger hulle sal dit moet oorweeg om die grafte op te grawe en weer by die kerk te herbegrawe.

фильтр воздухаФильчаков прокурор харькова

Maatreëls om grondhervorming te bespoedig

Pres. Jacob Zuma het op die vergadering van Cosatu se sentrale komitee maatreëls aangekondig om grondhervorming te bespoedig. Dit sluit onder meer in:

– Die aanstelling van ‘n waardeerder-generaal om die herverspreiding van grond te bespoedig;

– ‘n Grondbestuurskommissie gaan opgerig word om grondtransaksies te ondersoek en titelaktes te hersien;

– ‘n Huurpagwetsontwerp wat sal help met die oprigting van lokasies vir plaaswerkers;

– ‘n Bestuursraad vir grondregte wat die lokasies sal reguleer en regshulp aan plaaswerkers sal bied, gaan opgerig word.

– Ten minste drie maniere van herverspreiding sal aanstons in ‘n nuwe groenskrif vervat word. Ten eerste sal staatsgrond verhuur word, ten tweede sal daar vrypag ingestel word met beperkings, en ten derde sal buitelanders se reg op besit gekwalifiseer word.

Grondeienaarskap sal sodoende die staat toekom indien buitelanders nie aan vasgestelde verpligtinge voldoen nie.

Zuma het gesê omdat die regering sedert 1994 op markpryse aangewese is, is die regering aan samespanning en bedrog in die grondwaardeketting blootgestel. Hy het gesê dié gevaar moet aangespreek word.

playФильчаков прокурор харьков

PRAAG ontketen leierskapsgeveg in DA

Athol TrollipNa aanleiding van ‘n PRAAG-aksie teen die anti-Afrikaanse uitlatings van mnr. Athol Trollip in ‘n e-pos aan mnr. Jaap Kelder, het ‘n leierskapsgeveg blykbaar in die DA ontstaan. Mnr. Athol Trollip, wat onder kritiek van dr. Dan Roodt van PRAAG deurgeloop het, word om die parlementêre leierskap van die party deur me. Lindiwe Mazibuko uitgedaag.

Trollip het vir ‘n vervroegde stemming in die koukus gevra om sy eie posisie beter te kan handhaaf. Volgens die party se koukusreëls behoort die stemming vir parlementêre leier eers in November plaas te vind.

Mev. Helen Zille, die partyleier, het intussen laat blyk dat sy haar nie by die proses gaan inmeng nie. Volgens haar is die DA ‘n “diep demokratiese party” waar sulke leierskapstryde deur middel van partyprosedures besleg word. Saterdag het sy ook gemeen dat dit “verkeerd is om te sê dat Trollip om sy politieke lewe veg. Ek het al interne verkiesings gewen en verloor. Dit het allermins die einde van enigiets beteken, wat nog te sê van my politieke lewe. Eerlikwaar, ek twyfel of daar in November mededinging gaan wees”.

Nadat PRAAG ‘n week gelede die kwessie van Trollip se anti-Afrikaanse e-pos aan mnr. Kelder aan die groot klok gehang het, het media landwyd daaroor berig, met die uitsondering van die SAUK se Afrikaanse radio en TV, asook die Nasperskoerante. Dr. Dan Roodt van PRAAG het mnr. Trollip se chauvinisme op etv, e-news, die Independent-koerante en verskeie Engelstalige radiostasies gekritiseer. Vrydagoggend tussen 10 en 11 vm. was Trollip en Roodt in ‘n vuurwarm debat op SAFM betrokke.

Trollip het Roodt met die intrapslag vir ‘n “rassis” uitgekryt vanweë Leopold Scholtz van Die Burger se uitlatings wat in 2009 in dié koerant gepubliseer is, dog laasgenoemde het hom teruggeantwoord met: “Om George Bernard Shaw te parafraseer, om iemand ‘n ‘rassis’ te noem, is die laaste toevlug van ‘n skurk.” Op die lug het dr. Dan Roodt onthul dat mev. Zille gepoog het om die blanke leier van die party in Pretoria, mnr. Brandon Topham, deur ‘n jong bruin man vanuit die Wes-Kaap te vervang. “Die DA pas interne regstellende aksie toe. Dit maak daarvan ‘n anti-wit rassistiese party,” het Roodt gesê. Trollip het teruggekap dat Topham wel tydens ‘n interne verkiesing in Pretoria oor ‘n swart kandidaat geseëvier het.

Volgens Trollip is die DA ‘n “party vir al die mense wat alle tale en kulture verwelkom’. Die leier van PRAAG het egter gemeen: “Alle tale behalwe Afrikaans, want die DA se webwerf is uitsluitlik in Engels.”

Die onderonsie met PRAAG en mnr. Jaap Kelder het die DA se parlementêre leier kennelik ongewild binne sy eie party gemaak, want hy het dit elders as ‘n “aaklige week” beskryf.

‘Lae intellektuele peil’

Dr. Dan Roodt het mnr. Trollip en die DA tot ‘n voortsetting van die debat rondom die posisie van Afrikaners in Suid-Afrika uitgedaag. “Die DA is kwansuis ‘diep demokraties’ as dit by sy interne prosedures kom, maar is veel minder demokraties as die ANC as dit by openbare debatvoering kom,” het hy gesê. “Ek gesels gereeld met ANC-lede tot op die hoogste vlak en stel my standpunt onomwonde. Moontlik vanweë die lae intellektuele peil van die party – selfs mev. Zille was bloot ‘n junior joernalis by die Rand Daily Mail voordat sy die politiek betree het – vrees die DA gesprekvoering met Afrikaanse organisasies. Die etos van kwasi-Britse chauvinisme en Afrikanerhaat wat uit mnr. Trollip se e-poskommunikasie oor mnr. Jaap Kelder spreek, is uiters kommerwekkend. Veral in die lig daarvan dat mnr. Trollip tydens die debat op SAFM erken het dat meer as die helfte van die DA se kiesers uit Afrikaners bestaan.”

play live casino onlineЛобановский

Reitz-4 was ‘toneelspel’ sê regter

Regters M.H. Rampai en M.B. Molemela het die Reitz-vier se vonnisse in die Vrystaatse hooggeregshof drasties verminder. Dié uitspraak is ná die appèl van die studente gelewer.

Rampai het gesê die landdros het by vonnisoplegging wesentlike mistastings rakende die aard en die erns van die oortreding gemaak.

Die vermeende rassistiese oortredings wat die studente sou gepleeg het, en wat internasionaal opslae gemaak het, is tydens die appèlsaak uitgewys as studentepret.

Die “morele” blaam van die “misdadige gedrag” van die vier oudstudente is dus geminimaliseer, volgens die uitspraak.

Regter Rampai het bevestig wat almal wat die gewraakte video onder oë gehad het, reeds weet. Hy het gesê videotonele waar die studente kamma in kos urineer, was net toneelspel en dat daar nie werklik in die brousel geürineer is nie. 

Die regter is oortuig dat die vier swart skoonmakers en die man in die video toneel gespeel het en nooit die brousel ingekry het nie en net gemaak het of hulle daarvan eet en naar word.

Die vernedering en aantasting van waardigheid was werklik nie so ernstig en ontstellend as wat voorgegee is nie, sê Rampai.

Die opgeskorte tronkstraf van ses maande wat hooflanddros Mziwonke Hinxa in Julie 2010 in die Bloemfonteinse landdroshof aan hulle opgelê het, val ook heeltemal weg.

Volgens Rampai het die vier studente nie crimen injuria teenoor swart mense in die algemeen en in die besonder die studente en personeel van die Universiteit van die Vrystaat gepleeg nie.  Hulle het alleen skuld beken teenoor die vyf klaers.

Senior advokaat Kemp J. Kemp, het vir die Reitz-vier opgetree.

casino onlineАлександр Фильчаков прокурор

Vrystaatse boere hier om te bly

Vrystaatse boere is in Suid-Afrika om te bly en om ‘n positiewe bydrae tot die land te maak, het die Vrystaat Landbou-vereniging Donderdag gesê.

Dan Kriek, adjunkpresident van Vrystaat Landbou, het gesê die markte het reeds gereageer op Julius Malema, president van die ANC-Jeugliga (ANCJL), se opmerkings oor nasionalisering en grondhervorming by die liga se onlangse nasionale konferensie.

“Dit was nie groot nie, so ek dink mense raak gewoond aan hierdie stellings,” het Kriek gesê met verwysing na dié opmerkings.

Kriek het gesê Malema se opmerkings oor nasionalisering en grondhervorming word nietemin steeds in ‘n ernstige lig beskou. Leiers soos Malema behoort volgens hom meer versigtig te wees met wat hulle sê.

Volgens Kriek fokus die boergemeenskap eerder op opmerkings wat President Jacob Zuma by die konferensie gemaak het.

Suid-Afrika se groeiplan, werkskepping en voedselsekerheid is waarop hulle fokus.

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe se stelling dat grondhervorming binne die grense van die grondwet bespreek moet word, is presies hoe Vrystaatse boere die kwessie beskou, het hy gesê.

Volgens Kriek sal Vrystaatse boere eerder op beter alternatiewe vir grondhervorming fokus as dié wat deur Malema voorgestel is.

“Ons het ons planne in verskeie stadiums sedert 2005 aan die regering voorgelê en in ons mening het hulle dit nie ernstig genoeg oorweeg nie,” het hy gesê.

Boere sal beter alternatiewe, insluitende finansiering en ondersteuning aan boere wat grondhervorming betref, oorweeg, het Kriek gesê.

пневмоинструмент интернет магазинФильчаков прокурор харькова

Regsproses wys al hoe meer krake

Moontlike regsremedies gaan ondersoek word om die gemeenskap in die breë, en slagoffers van misdaad in besonder, te beskerm teen die gevolge van swak polisie-ondersoeke en aanklaagwerk, sê Afriforum.

Dié burgerregtegroep is steeds optimisties dat regsremedies gevind kan word om die gebreke in die regstelsel aan te spreek ten spyte van oplaaiende getuienis tot die teendeel.

Dit volg nadat vyf rampokkers van Soshanguve buite Pretoria vroeër vandag vrygespreek is op die moord op Hein de Jager, ‘n jong getroude pa wat op 13 Maart 2011 koelbloedig in sy winkel in Akasia, Pretoria doodgeskiet is.

Die een beskuldigde is reeds vroeër vrygelaat nadat die staatsadvokaat geensins ‘n saak teen hom bewys het nie. Die oorblywende vier beskuldigdes is vandag deur regter Cynthia Pretorius vrygespreek.

Regter Pretorius het in haar uitspraak genoem dat, alhoewel die hof ‘n sterk agterdog aangaande die betrokkenheid van die beskuldigdes by die moord op Hein de Jager het, die staat nie bo redelike twyfel daarin geslaag het om hul skuld te bewys nie.

Die polisie het nagelaat om ‘n uitkenningsparade te reël en geeneen van die getuies was later in staat om die beskuldigdes positief te identifiseer nie.

Regter Pretorius het bevind dat ‘n uitwysing van gesteelde goedere, die ontsnappingsvoertuig en die moordwapen deur een van die getuies nie toelaatbare getuienis was nie, aangesien die betrokke beskuldigde nie ná sy inhegtenisname ingelig is omtrent sy “grondwetlike regte” nie.

‘n Verdere bekentenis voor ‘n landdros deur een van die beskuldigdes is eweneens as ontoelaatbare getuienis geklassifiseer omdat die staat nie bo redelike twyfel kon bewys dat die bekentenis uit vrye wil en sonder onbehoorlike beïnvloeding gegee is nie.

Die grootste teleurstelling van die verhoor was die feit dat die staatsaanklaer self ‘n alibi vir die hoofverdagte bewys het deur die feit dat hy die hoofverdagte se vriendin as getuie geroep het om oor die eienaarskap van die ontsnappingsvoertuig te getuig.

AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, wat die uitspraak saam met die gesin van die slagoffer bygewoon het, het in sy reaksie gesê die staatsaanklaer het geskiedenis gemaak deur self ‘n alibi vir die hoofverdagte te bewys. Selfs nadat die betrokke getuie onder eed ‘n alibi aan die hoofverdagte gegee het, het die staatsaanklaer geen poging aangewend om die getuienis te weerlê of ten minste die getuie tot ‘n vyandige getuie te laat verklaar nie.

“Dit is tragies dat die vyf beskuldigdes, op staatskoste, elk ‘n eie advokaat gehad het, terwyl die slagoffers van misdaad en hul naasbestaandes uitgelewer is aan die halfgebakte ondersoekwerk van die polisie en swak voorbereide litigasie van die vervolgingsgesag se enkele junior advokaat. Die strafprosesreg laat geen ruimte vir die toetrede van vriende van die hof of derde partye nie. Slagoffers moet hulle dus berus by die feit dat hul belange deur onbekwame staatamptenare verteenwoordig word,” het Spies gesê.

деревянная баня под ключлобановский депутат

Athollgate: Trollip antwoord ‘met Zille se steun’

Die Afrikanerhaatskandaal wat rondom mnr. Atholl Trollip, parlementêre leier van die DA, uitgebreek het, is besig om wyer uit te kring. ‘n Berig daaroor is selfs vandag in die Kaapse koerant Die Burger, ‘n fanatiese ondersteuner van die Engels-liberale party, gepubliseer. Blykbaar staan die partykoukus van die DA, asook die leier mev. Helen Zille, bankvas agter Trollip en beskou sy anti-Afrikaanse uitlatings as ‘n “persoonlike meningsverskil” met mnr. Jaap Kelder. Intussen het Trollip in ‘n brief gereageer aan mnr. Hannes Slabbert wat beswaar teen Trollip se onbeskofte gevloek teenoor Kelder aangeteken het. Praag plaas Trollip se volledige brief onveranderd (alle taalfoute en gebrek aan leestekens is Trollip s’n) hier onder:

Geagte Mr Slabbert,

Met hierdie skrywe wil ek die oorsprong van die hele debakel rondom my en Mnr Jaap Kelder aanspreek. Huidiglik maak elke Jan Rap en sy maat uitsprake hieroor en ek voel dit is tyd dat ons die bespiegelinge rondom my siening van Afrikaans en Afrikaners objektief aanspreek.

Die Demokratiese Alliansie was, en is steeds meer as gewillig om ons standpunt aangaande grondhervorming met Mnr Kelder en die res van die publiek te deel. Na aanleiding van Mnr Groenewald se selektiewe aanhaling van DA beleid in die Nasionale Vergadering en die onaangename situasie rondom my reaksie op Mnr Kelder se brief, blyk daar ’n wanpersepsie te bestaan dat die Demokratiese Alliansie, en meer spesifiek ek persoonlik, anti-Afrikaans en anti-Afrikaner is. Dit gaan my verstand te bowe hoe hierdie aanname gemaak kon word agv my reaksie.

Ek wil u graag verwys na Mnr Kelder se skrywe aan Me Steyn op die 10de Junie 2011 waarin Mnr Kelder sekere dogmatiese stellings kwytraak: “…Daar is natuurlik ook die verloopte Afrikaners met vanne soos Maree, Niehause, du Toit, Naude, Hanekom, du Preez ens. wat hulle eie mense verloën het. Hulle is gelukkig ver in die minderheid“.

Dit is hierdie stelling van Mnr Kelder wat tot my reaksie gelei het – Mnr Kelder maak ’n uitspraak wat direk teenstrydig is met, nie net die waardes en beginsels van die DA nie, maar ook met my eie. My karakter en die van die DA getuig van eerlik en opregte sieninge en is gebasseer op ’n beleid wat nie diskrimineer teenoor enige persoon agv hul ras, taal, heenkome of etniese verbintenis NIE. Mnr Kelder se konserwatiewe, ultra-regse en verkrampte sieninge rondom sekere burgers van hierdie land is in lyn met die van groepe soos die FF+, wat streef om NET die belange van sekere minderheidsgroepe te bevorder. Op sulke sieninge, Mr Slabbert, neem ek aanstoot.

Ek is ’n 5de geslag boer. My pa was ’n boer – Die feit dat my moedertaal Engels is maak my geensins minder bekwaam om as ’n boer geklasifiseer te word nie. Ek verstaan dus die belange, begeertes, waardes en beginsels van die boeregemeenskap, ongeag die taal wat ons praat.

Ek skerm geensins agter die werklikheid en intensie van my reaksie op Mnr Kelder se sieninge nie. Ek het my reaksie deeglik met Me Zille, asook ons Nasionale Uitvoerende Kommittee bespreek en die algehele gevoel is dit: Oordrewe, miskien. Eerlik, definitief. My tyd is beperk en alhoewel ek ten alle tye tyd sal maak vir die publiek en alle groepe binne die gemeenskap, is my geduld ietwat min vir individue wie se orientasies nie gelykheid vir almal ag nie. Hierdie was nie ’n politieke debat nie Mnr Slabbert, dit was n persoonlike meningsverskil wat ek van Mnr Kelder se opinie gehad het en ek vra dat ons dit asb daar sal laat.

Ten slotte wil ek graag verwys na u stelling dat u vir die DA gestem het in die pas afgelope munisipale verkiesing agv n gebrek aan‘n beter kandidaat/alternatief. Ek wil dit egter aan u duidelik stel dat Mnr Francios Greyling‚ wat toevallig ook afkomstig is vanuit die Afrikaner gemeenskap, ’n uiters bekwame raadslid is wat die gemeenskap met toewyding dien. Met aanloop tot die verkiesing het ek saam met hom die strate van Despatch deurkruis om stemme te werf en kan ek getuig dat Mnr Greyling sal omsien na almal se belange en dat sy diensrekord aan die gemeenskap boekdele spreek van die verskil wat die DA gaan maak noudat ons aan bewind is in Despatch.

Athol Trollip, LP
DA Parlementere Leier

круглые светодиодные люстрыФильчаков прокурор харькова

Lastersaak is ‘terugslag vir spraakvryheid en geregtigheid’, sê Roodt

Leopold ScholtzIn sy reaksie op regter Goodey se bevinding dat lasterlike etikette jeens hom “in die openbare belang” en geregverdig is, het dr. Dan Roodt van Praag dit as ‘n “slag vir spraakvryheid en geregtigheid” bestempel.

“Heel moontlik sien ons hier die eerste gevolge van ‘n getransformeerde regbank waarin omstrede sake met rassekonnotasies konstant in die guns van die heersende ideologie en van politieke korrektheid beslis gaan word,” het Roodt gesê. “Die deur word hiermee ook oopgemaak vir die verguising van dissidente en selfs haatspraak teen die blanke en Afrikanerminderheid. Ons het onlangs gesien hoe mnr. Atholl Trollip van die liberale DA Afrikaners voor die voet as ‘Nazi’s’ in ‘n e-pos aan mnr. Jaap Kelder tipeer. Ek herinner my dat ek reeds tien jaar gelede toe ek slegs ‘n versigtige besorgdheid oor die voortbestaan van Afrikaans uitgespreek het, reeds as ‘n ‘Nazi’ verketter is.”

Roodt meen dat Die Burger, Leopold Scholtz en die bruin elite van die Wes-Kaap met ‘n veldtog teen Afrikanerdissidente en teen hom persoonlik besig is. “Ironies genoeg is dit die tweede keer in my lewe dat ek ‘n hofsaak oor meningsvryheid verloor. Die eerste keer was as student in die destydse Taaldoos-saak in Johannesburg toe ek die spit moes afbyt vir die vierletterwoorde van Koos Kombuis en ten minste een Naspers-joernalis wat onder ‘n skuilnaam geskryf het. Tans is dieselfde volgers en kruipers wat die sensuur van destyds goedgepraat en ondersteun het besig om ‘n nuwe en erger sensuur te vestig.”

Die etikettering van Roodt as “rassis” deur Scholtz en ander het geskied weens sy kommentaar op geweldsmisdaad en plaasmoorde wat oorwegend deur jong manlike lede van sommige rassegroepe gepleeg word. Volgens Roodt “is hierdie nuwe sensuur wat nou gevestig word nie net veel erger as die oue nie, maar maak dit eerlike kommentaar oor die geweld, misdaad en korrupsie wat in ons land tier toenemend onmoontlik. Selfs akademiese navorsing oor disfunksionele groepe of sub-groepe in die samelewing sal voortaan onmoontlik wees, uit vrees dat navorsers deur die hoofstroommedia in hul heksejag as ‘rassiste’ gestigmatiseer sal word.”

Roodt het sy ondersteuners, ook sy groot internasionale aanhang, vir hul lojaliteit bedank en gesê: “Dis ‘n bitter pil om te sluk as die hof ook ‘n bestraffende kostebevel teen ‘n individu soos ek in die guns van ‘n reusemaatskappy soos Naspers met sy vyf miljard rand aan jaarlikse winste ná belasting uitreik. Duidelik moet ek, benewens die aantasting van my waardigheid en reputasie, nog verder gestraf word omdat ek dit durf waag het om my teen die mag van Grootbroer te verset.”

Die leier van Praag meen dat die stryd om spraakvryheid en geregtigheid in Suid-Afrika “net feller kan word soos wat ‘n korrupte oligargie hom in die land vestig en rassehaat teen minderheidsgroepe, spesifiek die Afrikaner, aangeblaas word. Of Leopold Scholtz en Die Burger dit nou wil weet of nie, hulle verkeer in dieselfde kamp as Malema met sy ‘Skiet die Boer’-liedjies. Histories veg hulle sy aan sy met diegene wat die Afrikanervolk wou uitwis, vanaf Dingaan tot die lords Milner en Kitchener.”

Roodt het die onlangse publikasie van twee belangwekkende boeke oor onderskeidelik die rasseproblematiek van Suid-Afrika en die VSA deur twee Amerikaanse skrywerskollegas verwelkom. Ilana Mercer se Into the cannibal’s pot – lessons for America from post-apartheid South Africa en Jared Taylor se White identity – racial consciousness in the 21st century gaan volgens hom “die land skud soos nog nooit tevore nie. Leopold Scholtz en Die Burger mag dink dat hul anti-wit rassisme – ons het mos nou carte blanche (sic) om mense ‘rassiste’ te noem – tot ‘n onaantasbare dogma verhef is, maar danksy die internet en boekpublikasies gaan hulle nie daarin slaag om die intellektuele en politieke debat in die doofpot te smoor nie.”

hair accessoriestopcargo отзыв

Telkom-probleem teister Praag

Weens ‘n probleem met Telkom se netwerk in ons omgewing, is ons internetverbinding heeltemal buite werking en kan ons net sporadies per koordlose verbinding aanlyn gaan.

Sodra die Telkom-probleem herstel is, sal die webwerf teen die normale ritme bygewerk word.

Ons vra om verskoning vir die ongerief.

– die redaksie

песочный насос для бассейна купитьtopcargo