VF Plus se reaksie op staatsrede

Die VF Plus verwelkom president Zuma se aankondiging van ‘n fonds om te help met die skep van nuwe werkgeleenthede asook die belastingtoegewings vir nuwe beleggings. As die president egter in dieselfde toespraak aankondig dat nuwe strenger arbeidswetgewing ingestel gaan word, dan stuur hy botsende boodskappe aan die privaatsektor, die landbougemeenskap en moontlike beleggers.

Die beste aansporingsmiddels vir die skep van werk sou die verslapping van beperkende arbeidswetgewing, veral op klein en medium-grootte ondernemings gewees het. Hiertoe was hy nie bereid nie. Die gevolge gaan wees dat in plaas daarvan dat werkgewers op groot skaal nuwe werkers in diens neem, hulle juis meer versigtig gaan wees.

Die VF Plus verwelkom die R800 miljoen wat vir slagoffers van die vloede bewillig is. Dit is belangrik dat die fondse nou op ‘n regverdige basis tussen alle rampslagoffers verdeel word ten einde te verseker dat veral die plattelandse gebiede se ekonomieë volledig in belang van kommersiële landbouers, plaaswerkers, inwoners en sakemanne herstel. Omdat die skade tans op meer as R2 miljard bereken word, sal verdere hulp in die toekoms nodig wees ten einde te verseker dat die rampgebiede se infrastruktuur weer na normaal kan terugkeer.

President Zuma het op korrekte wyse die probleme met dienslewering op munisipale vlak as ‘n probleem geïdentifiseer. Tog het hy geen spesifieke planne of voorstelle aangekondig wat dit gaan verbeter nie.

play free slotsЛобановский Харьков

Plaasmoorde is gewone misdaad sê AgriSA

Die ANC het Woensdag die boere se gemoedere probeer kalmeer ná die grusame moord op Frik Herman, bejaarde boer van Limpopo, Dinsdag in sy plaashuis naby Alma.

Die ANC het ‘n verklaring uitgereik waarin hy die “koelbloedige moord ten sterkste veroordeel” en het gesê dit is skrikwekkend dat plaasmoorde gepleeg word.

“Die land is beroof van ‘n persoon wat die grootste gedeelte van sy lewe aan boerdery gewy het – ‘n kritieke sektor vir ekonomiese groei envoedselsekerheid,” het Jackson Mthembu, nasionale woordvoerder, gesê.

Die vermoorde is die oom van dr. Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit. Hermann het sy waardering teenoor die ANC uitgespreek. Hy het gesê hy hoop die sterk verklaring lei tot ‘n nuwe fokus op plaasmoorde.

Die voorsitter van Agri SA se nasionale landelike veiligheidskomitee, André Botha, het gesê die ANC “lei ‘n nuwe era” van verhoudinge tusssen lanbou en die regering in.

Volgens Botha distansieer Agri SA hom van groepe wat plaasmoorde verpolitiseer en is misdaad nie alleen tot plase beperk nie.

“Die meerderheid plaasmoorde is gewone misdaad. Boere is sagte teikens en hulle is goedgelowig.”

насосное оборудование в москвеДанильченко Юрий Харьков

Reaksie op hemel-uitlatings ‘kinderagtig’

Die reaksie van opposisie partye op president Jacob Zuma se uitlatings oor die hemel en die hel die afgelope naweek was “kinderagtig”, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê.

“Ons is baie geskok deur die kinderagtige reaksie van opposisie partye in hierdie oop en vrye samelewing,” het Mantashe aan die media in Johannesburg gesê.

“Ek verstaan nie die ophef nie…ek verstaan nie die bohaai nie…is hierdie die selektiewe toepassing van regte?”

Zuma het die afgelope naweek gesê dat ‘n stem vir die ANC jou tot in die hemel sal kry, terwyl ‘n stem vir die opposisie jou in die hel sal laat beland.

Hierdie uitlating het hewige reaksie ontlok onder politieke partye en Suid-Afrikaners wat dié opmerking as godslasterlik beskryf het.

Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, het Dinsdag gesê die president se bedoeling tydens sy toespraak, was “metafories”.

освещение ступеней лестницы в частном домепрокурор харьковской области

Waar is die Jeugfeesgeld heen?

Die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) het vandag aangekondig dat die omstrede Wêreldfees vir Jeug en Studente wat tydens Desember 2010 deur die agentskap in Pretoria aangebied is, se kostes R100 000 000,42 beloop het. “Dit is verregaande dat hierdie fees se kostes ‘n R100 miljoen was. Die NYDA het aanvanklik aangedui dat die kostes R69 miljoen was. Dit is onaanvaarbaar dat daar soveel onduidelikheid oor hierdie kostes en die befondsing daarvan bestaan,” het Wouter Wessels, VF Plus-jeugwoordvoerder gesê.

Die VF Plus eis dat die NYDA bekendmaak waar hierdie R100 miljoen vandaan gekom het. Daar is voor die fees gesê dat die Nasionale Lottery Raad R40 miljoen, die Presidensie R27 miljoen en die departement van Kuns en Kultuur R3 miljoen vir die aanbied van die fees bewillig het. “Dit is die belastingbetaler se geld wat op so ‘n fees gemors is en daarom het die publiek die reg om te weet waar presies die totale bedrag vandaan gekom het en waarop dit spandeer is,” het Wessels gesê.

Die VF Plus het op 17 Januarie 2011 ‘n klag by die Openbare Beskermer (OB) ingedien, waarin gevra word dat die beweerde ongerymdhede rakende die NYDA en die Wêreldfees ondersoek word. Die OB het reeds ontvangs van hierdie klag erken. Die VF Plus gaan die addisionele R31 miljoen by die klagte voeg vir ondersoek. Dit is nou van kritieke belang dat hierdie agentskap ondersoek word en dat daar ingegryp moet word.

“Die NYDA het ‘n R100 miljoen bymekaar gekry om ‘n fees aan te bied – hoekom kan hul nie met dieselfde ywer hul mandaat wat jeugontwikkelling behels, uitvoer nie?” het Wessels gevra.

vibia amebaФильчаков Александр Васильевич

DA-LP van verkragting verdink

Masizole Mnqasela, DA-LP, het Maandag in die streekhof in Wynberg onskuldig gepleit op aanklag van verkragting.

‘n Slagoffer, 17,  is glo met aanvang van die saak kruisondervra, het die SABC berig.

Mnqasela is in Mei 2010 in hegtenis geneem nadat hy die meisie glo verkrag het in die parlementêre dorpie, Pelicanpark.

Na bewering het die meisie die aand by Mnqasela oornag. Hy het haar glo verkrag nadat sy geweier het om seks met hom te hê.

Die saak sal op 23 Maart voortduur. Mnqasela is op R500 borgtog vrygelaat.

купить оборудование для автомойкиФільчаков Олександр Васильович

SANPAB oneerlik oor tolhekke

Die Vryheidsfront Plus is van mening dat SANPAB oneerlik was met die publiek deur eers voor te gee dat die Gautengse oop-tolhektarief 50c per kilometer sal wees, maar uiteindelik ‘n effektiewe tarief van 66c per kilometer aangekondig het. “Die Gautengse oop-tolhekstelsel is niks anders as ‘n ekstra belasting nie. Die publiek is al so moeg vir belasting betaal wat deur die regering gehef word, dat die VF Plus se aanlynpetisie om die tarief op 5c per kilometer vas te stel alreeds meer as 50 000 handtekeninge gewerf het,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer gesê.

“Die VF Plus gaan nou sy veldtog teen die hoë tariewe verskerp en vra derhalwe dat nog meer padverbruikers die petisie ondersteun by www.tolhekpetisie.org.za. Indien ons 100 000 handtekeninge kan werf, sal ons ‘n baie sterk mandaat hê om die 5c tarief by SANPAB af te dwing. Die party sal selfs na die Verbruikerskommissie en die hof gaan om die tarief verlaag te kry indien nodig,” het adv. Alberts bygevoeg.

“Dit is skokkend dat SANPAB die nuwe tarief instel sonder om te verduidelik waarop dit gegrond is. Die tarief gaan die ekonomie van Gauteng en Suid-Afrika baie skade berokken. Padverbruikers gaan finansieel nog swaarder kry terwyl die belasting op petroleum eintlik hierdie padkostes moes gedek het. Hierdie tolhektariewe kan dieselfde effek hê as die Amerikaanse protes teen belastings wat tot die teeparty-rebellie aanleiding gegee het,” meen Alberts.

deposit mobileДанильченео

Zuma se godsiensopmerkings veragtelik

“Die veragtelike geneigdheid van pres. Jacob Zuma om godsdiens in te span om hulle af te pers om vir die ANC te stem, is nie net waarskynlik onregmatig nie, maar grens beslis aan godslastering,” sê ds Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) na die SABC in Zoeloe berig het vdat dat Zuma gesê het dit beteken die hemel as iemand vir die ANC stem, en die hel as iemand teen die ANC stem.

“Na die grootskaalse protes uit Christengeledere na soortgelyke opmerkings in die verlede, soos toe hy ‘n liggelowige gehoor gedreig het dat die voorvadergeeste hulle sal teister as hulle nie vir die ANC stem nie sou ‘n mens verwag dat hy nou van beter sou weet. Ongelukkig lyk dit of hy ‘n stadige leerder is os dat hy vasbeslote is om die Christelike geloof te verneder.

“Dit is interessant om daarop te let dat die regering minderheidsgelowe wat aanstoot mag neem as ons in raadsvergaderings of in die OVK-vergaderings ens bid, met groot empatie hanteer maar sal hardkoppig volhard om dinge te sê wat Christene aanstoot gee.

“Wanneer dit egter verkiesingstyd word, tref die werklikheid pres. Zuma dat 80 % van die inwoners die Christelike geloof aanhang en die grootste enkele invloedryke groep in die land is. Dan gaan hy uit sy pad om dinge kwyt te raak wat hy meen aanklank by Christene mag vind.

“‘n Ware Christen, en dus Christen-demokraat, sal nooit God as sy instrument inspan nie. Die Christen is en sal altyd ‘n werktuig van God wees.”

освещение лестницы светодиоднойданильченко юрій броніславович компромат

Anti-Mubarakprotes in Pretoria

Nagenoeg 300 betogers het ‘n vreedsame protesoptog in Pretoria gehou in solidariteit met anti-Mubarakondersteuners in Egipte.

Betogers het Vrydag die straat voor die Egiptiese ambassade versper en “weg met Mubarak” gedreunsing. Dié slagspreuk, wat verwys na pres. Hosni Mubarak, is in Engels, Afrikaans, Zoeloe en Arabies geskree.

Die optog is gereël deur Suid-Afrikaanse vakunies, menseregtegroepe asook Egiptenare wat in Suid-Afrika woonagtig is.

Fazila Majam, een van die betogers, het die media daarop gewys dat die optog op deelnemers se selfone opgeneem is, en gesê Egiptenare sal die boodskap ontvang wanneer hulle die foto’s op sosiale netwerke sien.

Sosiale netwerke het ‘n sleutelrol gespeel om die opstand in Egipte te ontketen.

Majam het gesê Egiptenare kan ‘n waardevolle les uit Suid-Afrika se stryd teen apartheid leer.

безлигатурные брекетылобановский александр харьков

Gauteng se rekeninggemors

Munisipaliteite oorlaai inwoners se diensterekeninge wanneer hulle ‘n geldtekort het, het Afriforum Donderdag gesê.

“Stadsrade misbruik die wet wat hulle toelaat om verbruik te skat. Wanneer stadsrade met geldprobleme sit, is die maklikste oplossing om mense se rekeninge op te jaag,” het woordvoerder Cornelius Jansen van Rensburg in ‘n verklaring gesê.

Gauteng se ANC-gesinde burgemeesters vergader Donderdag om rekening-probleme in die provinsie te bespreek.

Na ‘n vloedgolf van klagtes oor foutiewe rekenings, afsluitings en dat dit byna onmoontlik is om by Joburg Connect se oproepsentrum uit te kom, het Johannesburg se burgemeester, Amos Masondo, verlede week gesê daar is nie ” ‘n krisis nie”.

Donderdag het een van die stadsraad se skuldinvorderingsmaatskappye beken dat hulle vir sommige van die probleme verantwoordelik is.

Volgens Jansen van Rensburg is kapasiteitsgebrek een van die grootste redes vir die probleme, maar daar is verskeie ander faktore, waaronder die misbruik van die reg om op skattings te werk.

Daar is versoek dat die minister van plaaslike regering, Sicelo Shiceka, ondersoek instel.

печка купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zuma stel vertroue in Manyi

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag sy vertroue in die nuwe kabinetswoordvoerder, Jimmy Manyi, uitgespreek ná Manyi se omstrede aanstelling in dié pos.

Manyi is Woensdag in kennis gestel dat hy as die nuwe kabinetswoordvoerder aangestel is.

“President Zuma het mnr. Manyi verwelkom en hom sterkte toegewens in sy nuwe pos. Hy het ook die hoop uitgespreek dat hy sy nuwe taak op ‘n deeglike en doeltreffende wyse sal aanpak,” het ‘n mediaverklaring wat deur die presidensie uitgereik is, gelui.

Manyi, bekend vir sy radikale standpunte oor regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, is in Junie 2010 as direkteur-generaal van arbeid geskors weens sy optrede tydens ‘n vergadering met die Noorse ambassadeur, Tor Christian-Hildan.

Manyi het glo aangebied om Noorse beleggers in swartbemagtigingstransaksies te “help”.

President Zuma het ook die geleentheid gebruik om afskeid te neem van die voormalige kabinetswoordvoerder, Themba Maseko, wat herontplooi is in die departement van openbare dienste en administrasie.

“Themba Maseko se doeltreffendheid sowel as sy vriendelike en nederige persoonlikheid het hom in staat gestel om sy verhouding met die media te bou, en hy het daarin geslaag om die verhouding tussen die regering en die media te verstewig,” het die verklaring gelui.

тамбов пылеводососыданильченко юрій броніславович