“Die VF Plus gaan nou sy veldtog teen die hoë tariewe verskerp en vra derhalwe dat nog meer padverbruikers die petisie ondersteun by www.tolhekpetisie.org.za. Indien ons 100 000 handtekeninge kan werf, sal ons ‘n baie sterk mandaat hê om die 5c tarief by SANPAB af te dwing. Die party sal selfs na die Verbruikerskommissie en die hof gaan om die tarief verlaag te kry indien nodig,” het adv. Alberts bygevoeg.
“Dit is skokkend dat SANPAB die nuwe tarief instel sonder om te verduidelik waarop dit gegrond is. Die tarief gaan die ekonomie van Gauteng en Suid-Afrika baie skade berokken. Padverbruikers gaan finansieel nog swaarder kry terwyl die belasting op petroleum eintlik hierdie padkostes moes gedek het. Hierdie tolhektariewe kan dieselfde effek hê as die Amerikaanse protes teen belastings wat tot die teeparty-rebellie aanleiding gegee het,” meen Alberts.
