Kaptein Julia Claassen sê die ABSA-OTM is tussen een- en twee-uur voormiddag aangeval, maar niemand weet hoe die voorval plaasgevind het nie.
Volgens haar glo die polisie dat geen geld gevat is nie en dat niemand beseer is nie.
Suid-Afrikaanse nuus, d.w.s. sowel nuus uit Suid-Afrika én Suider-Afrika.
Kaptein Julia Claassen sê die ABSA-OTM is tussen een- en twee-uur voormiddag aangeval, maar niemand weet hoe die voorval plaasgevind het nie.
Volgens haar glo die polisie dat geen geld gevat is nie en dat niemand beseer is nie.
Dit gaan beteken dat ‘n toeris wat enigeen van die lande wil besoek, slegs ‘n enkele visum sal nodig hê. Visums vir Suid-Afrika sal byvoorbeeld in Zimbabwe of Mosambiek uitgereik kan word.
Die besluit is geneem by die ministeriële konferensie wat verlede week in Luanda gehou is en is gister deur die adjunkminister vir toerisme, Rejoice Mabudafhasi, aangekondig.
‘n Verdere en moontlik omstrede kwessie wat by die konferensie bespreek is, is die verwydering van alle hindernisse vir die vrye beweging tussen die nege lidlande van SAOG. Die konferensie wil dit aanmoedig deur die sluit van bilaterale ooreenkomste sodat burgers van die volgende lande vrylik sonder visums heen en weer oor die grense kan beweeg: Die Demokratiese Republiek van die Kongo, Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië en Zimbabwe.
Die raadslid het sy motor voor sy huis geparkeer gesien voordat dit deur die vuur verteer is terwyl hy binne-in die huis was rondom twee-uur op Woensdag, het ‘n polisiewoordvoerder, kaptein Julia Claasen, gesê.
‘n Bakkie wat naby geparkeer was, het nie aan die brand geslaan nie.
Volgens Claasen het die motorbrandery plaasgevind na ‘n dispuut omstreeks twee-uur gistermiddag met munisipale werkers wat besig is om te staak vir salarisverhogings.
Gistermiddag het mense gepoog om die plaaslike biblioteek af te brand en het rommel oral oor die munisipale eiendom gestrooi, het kaptein Thivhulawi Tshilite gesê.
‘n Opposisiekandidaat wat Morgan Tsvangirai se faksie binne die Beweging vir Demokratiese Verandering verteenwoordig, bevind hom onder diegene wat gearresteer is.
Blykbaar het die loods ook verstrengel geraak in die klopjag.
Hoewel opposisiepartye sê dat daar minder geweld as voorheen voorkom op die vooraand van die verkiesing, het hulle wel die polisie daarvan beskuldig dat hulle vir Robert Mugabe se ZANU PF kant kies.
Sasol wil sy aandeelhouersbasis uitbrei en het verlede jaar aangekondig dat so ‘n transaksie beplan word. Die hoofuitvoerendebeampte, Pat Davies, het in ‘n verklaring gesê dat die maatskappy ekonomiese geleenthede vir meer as een miljoen begunstigdes waaronder individue en landelike vrouegroepe wil skep.
Die transaksie sal ‘n positiewe uitwerking op Sasolaandele hê. Swartes sal 3% van Sasolaandele bekom, swart beleggersgroepe 1,5%, Sasolwerknemers 4% en die Sasol Inzalo-stigting 1,5%.
Syfers wat deur Statistiek Suid-Afrika vrygestel is, toon dat kleinhandelverkope amper dieselfde gebly het as verlede jaar. Die negatiewe impak van stygende rentekoerse is dus nie so groot soos geantisipeer nie.
Besteding op luukse items het toegeneem en motorverkope, wat die belangrikste aanduiding van druk op verbruikers is, het effens gestyg. Handelsvolume is ook beter as verlede jaar.
Vakansiegangers wat weg was vir die lang naweek, asook Paasfeespelgrims van die Sionistekerk naby Pietersburg is ure lank opgehou. Een Sionistelid het gesê dat dit onbillik was van die polisie om vakansiegangers so te behandel wat reeds ses tot agt ure op die pad deurgebring het.
Duisende motors en omtrent 950 Putco-busse was gister op pad terug van die Sionistekerk se saamtrek by Moria naby Pietersburg.
Verkeer het kilometers ver opgehoop.
Die betrokke joernalis het in die verlede sonder toestemming in Zimbabwe verslag gedoen. SABC gaan egter toegelaat word om verslag te doen. Talle internasionale nuusagentskappe het aansoek gedoen om verslaggewers te stuur.
Zimbabwe vrees dat ongenooide gaste en inligtingsdienste Westerse mediadekking as verskoning kan gebruik om die land binne te dring
In die advertensie erken die universiteit dat die video rassities is en ouer, sosiaal en economies agtergeblewe swart vroue sonder respek uitbeeld. Sasco-segsman, David Maimela het vir strenger optrede teen die daders en hul beskermers gepleit.
Dis in die belang van ons nywerheid dat elektrisiteitsverbruikers in Suid-Afrika elektrisiteit bespaar, het Phindile Nzimande, die uitvoerende beampte van EDI gister by die Randse Skou suid van Johannesburg gesê.
EDI is ‘n staatsliggaam wat in 2003 geskep is om die kragherverspreidingsbedryf te herstruktureer.
Volgens Nzimande word slegs een persent van die bedryf se inkomste op instandhouding en opknapping bestee terwyl tien persent daarop uitgegee behoort te word.
Ses streekselektrisiteitsverspreiders sal uiteindelik die taak om elektrisiteit te herversprei van die munisipaliteite oorneem.