Geloofwaardigheid

Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op.

Hierdie waarheid geld ook die geloofwaardigheid van politici, en pres. Jacob Zuma is met sy pendeldiplomasie na Tripoli besig om presies hierdie boodskap weer te leer … of is dit nou al andersom?

Die Weste is nou te ene male al te veel keer deur die Libiese leier, kol. Muamar Kadhaffi, met sy blatante spekskietery ore aangesit. Nou hou hulle die voet op die petrolpedaal, by wyse van spreke, en maak dit duidelik Kadhaffi in die stoel is nie deel van enige toekomsplanne nie.

Teen dié vasbeslotenheid in, probeer die Afrika-Unie steeds iets vir Kadhaffi beding. Op die oog af lyk dit of die Afrika-Unie se optrede meer ‘n dunvellige reaksie is op die Weste wat tot die punt gevorder het waar die Afrika-Unie en sy slaphandbeleid geïgnoreer word.

Zuma se pendeldiplomasie was veronderstel om bietjie aansien in die Afrika-Unie te herstel. Suid-Afrika is immers ‘n lidland van Brics.

Behalwe vir die Brics-faktor is dit egter ‘n ope vraag of dit wys was om Zuma af te vaardig. Al maak Zuma daarop aanspraak dat hy vordering gemaak het, en dat Kadhaffi begerig is tot ‘n soort samewerking om die krisis te ontlont, sing die buitelandse pers basies net een deuntjie – Zuma het op dees aarde niks uitgerig nie. Die geluide wat Kadhaffi glo sou gemaak het, is boonop niks nuuts nie.

Dit is nie net Kadhaffi se reputasie as iemand wat maar losweg met die waarheid omgaan wat die skeptisisme veroorsaak nie. Zuma het self ‘n stewige hand daarin dat hy self nie as die mees geloofwaardige regeringshoof op die planeet beskou word nie. Sy jongste geloofwaardigheidsflater was die rug styfmakery oor die omstrede inligtingswetsontwerp, na voor die verkiesing reeds aangedui is dat sekere konsessies gemaak sal word. Die ANC se voorverkiesingshouding het die land reeds ‘n paar plekke op die internasionale persvryheidsindeks gekos, terwyl drukgroepe soos Freedom House ook na die jongste ommekeer sorg dat die wêreld goed ingelig bly oor vryhede wat op die altaar van politieke gedienstigheid geplaas word.

Die manier waarop Mugabe van Zimbabwe Suid-Afrikaanse regeringsleiers al jare lank vir die gek hou, knou die land se aansien. Dit word nie uitgekanselleer deur die hoflikheid van politieke protokol en ‘n koetsrit saam met die queen nie. In die internasionale politieke arena geld die doktrine immers ongenadig, dat state gelyk en ongelyk tegelyk is. Die “gelyk” is protokol-vertoon, en die “ongelyk” die ongenadige harde werklikheid waarmee veral die wêreldekonomie afreken.

In ‘n omvattende artikel in die Christian Science Monitor word ‘n insiggewende blik gegee van presies hoe belangrik die wêreld Suid-Afrika skat. Dié artikel handel oor Bric, met die enigste verwysing na Brics om te meld dat Suid-Afrika baie by die Bric-lande het om te leer. Verder word veral Sjina, Indië en Brasilië se rol om armoede teen te werk belig. Danksy die groei van die middelklas in hierdie lande word verwag dat die wêreld teen 2020 meer middelklas-burgers as armes sal hê. Die kriteria wat aan die middelklas gestel word, soos eie voertuie, TV en vele meer, herinner sterk aan wat in Suid-Afrika waarskynlik net aan die meer welgesteldes gedink word.

Suid-Afrika moet waak daarteen dat sy Brics-rol nie die internasionale beeld verwerf van ‘n vlooi wat op die Bric-olifant se rug ry, en dan boonop astrant, wanneer die olifant oor die brug loop, sê: “Sjoe, ons laat die brug darem kreun,” nie.

Om geloofwaardigheid te herwin sal Suid-Afrika veel meer moet doen as om bloot met regeringsleiers soos Kuba se Castro’s, Hugo Chaves, Kadhaffi en ander ongure karakters van die wêreld geassosieer te word. En as daardie muishondleiers boonop nog vir Zuma met donkie-ore toerus, het die land se beeld net verdere skade gelei.

сканер диагностическийтопкарго отзыв

Republiek en die verlede

Môre, sou hy die lewe gehou het, sou hy 50 gewees het.

Dit is die Republiek van Suid-Afrika wat op 31 Mei 1961 uitgeroep is.

Voor die mylpaal van ‘n halfeeu bereik kon word, het ‘n nuwe era gekom en is dit nie meer deel van die amptelike, kontemporêre geskiedenis nie.

Die waarde van die geskiedenis is egter dat deur dit te ken, kan die hede verklaar word. Belangrike lesse kan daaruit geneem word, en foute wat gemaak is, kan uitgeskakel word.

Die geheim is egter dat die geskiedenis objektief opgeteken moet word, en objektief vertolk moet word. Dit gebeur egter baie selde… dit word soms oorgeromantiseer, as satanies afgemaak, of as bloot onbenullig hanteer.

Die oorwinnaars skryf die geskiedenis, en juis oor die geskiedenis so ‘n belangrike bepaler en dryfkrag kan wees, word dit maar te dikwels geplooi om die hede te rig. Te dikwels word persepsies en retoriek deel van ‘n valse geskiedenisbeeld.

Die Republiek van Suid-Afrika het objektief veel prestasies uit sy eerste halfeeu van onafhanklikheid geneem. Die land het onder meer kernbomme gebou en die wêreld se eerste suksesvolle hartoorplanting gedoen. Voertuigbrandstof is uit steenkool vervaardig. ‘n Enorme pad- en spoorinfrastruktuur, ongekend op die vasteland, het tot stand gekom.

Foute is ook gemaak, en om bloot by een stil te staan: Voor Republiekwording is ‘n referendum gehou waar “ja” of “nee” gestem moes word vir ‘n republiek binne die statebond. Die “ja”-stem het naelskraaps gewen, en weens veral die stof wat Indië opgeskop het, is ‘n republiek buite die Statebond uitgeroep.

Waar die afwyking erken is, en verduidelik is, het die referendums sedertdien ook nie die beloofde gevolge opgelewer nie, maar is ook nie weer oop kaarte met die kieserspubliek gespeel nie.

Met die referendum oor die 1983-grondwet, is die skeptiese kiesers by herhaling verseker ‘n ja-stem sou slegs ‘n “ja” vir die driekamerparlement beteken. Opposisiewaarskuwings dat ‘n ja”-stem as ‘n “ja” vir hervormings vertolk sou word, is soos taks ergerlik as ‘n wolhaarstorie afgemaak.

Skaars was die uitslag bekend, of dit word as ‘n “ja” vir hervormings aangebied.

Met die Kemptonparkse onderhandelings is opnuut verseker dat ‘n “ja”-stem slegs oor voortgesette onderhandelings sou handel, en dat ‘n verdere referendum vir die goedkeuring van die uitslag sou volg. Ook hierdie ondernemings het op die ashoop van oneerbare politiek beland. Moreel gesproke is die vraag nie of dit pragmaties die regte ding was om die kiesers met donkie-ore uit te rus nie, die punt is dat politici ‘n beeld van oneerbaarheid van hulself help skilder het, wat in ‘n demokrasie ‘n land se aansien aantas.

Op die oomblik is daar weer ‘n reuse lawaai oor voorverkiesingsbeloftes dat die ANC belangrike konsessies aan die nuwe voorgestelde inligtingswet sou maak. Skaars is die stemme getel, of dit blyk dat dit ‘n wolhaarstorie was.

Verkiesings is sosiale kontrakte met die kiesers. Daar is gevalle waar verkiesingsbeloftes weens omstandighede buite die beheer van politici onuitvoerbaar is. ‘n Belofte dat nie teen ‘n buurland oorlog gevoer sal word nie, beteken niks as daardie buurland die oorlogsverklaring doen nie.

Politici se geloofwaardigheid is baie belangrik. Dit lyk of die blatante kluitjie wat Kaddfi se bewind aan Suid-Afrika en Oostenryk verkoop het oor die dood van die fotograaf Anton Hammerl, Kaddafi se bewind sy laaste belangrike vriende gekos het.

‘n Ongeloofwaardige regering gaan in die geskiedenis as ‘n narreregime op.

светильник настольныйтопкарго

Vavi se waarskuwing

Zwelinzima Vavi, grootbaas van Cosatu, waarsku dat die werkloosheidskoers in die land, veral onder jong mense, tot opstande soortgelyk aan 1976 se opstande kan lei.

Dit is sy uiteensetting van redes wat die hare laat regop staan.

Die staat het R26 miljard aan werkskepping geoormerk, maar, waarsku Finweek, die ANC het vyf nuwe wetsontwerpe op die tafel wat die hele oefening nie net kan verongeluk nie, maar die bestaande werksgeleenthede verder kan verongeluk. Al vyf wetsontwerpe is bedoel om die posisie van werkers wat werk het so te verskans, dat dit neerkom op die slag van die gans wat die goue eiers lê.

Dit word as die eerste beduidende, en die vlagskipwetgewing van die Zuma-bedeling beskou.

Hieroor is die ANC net so koppig as oor die woordverbreking oor konsessies oor die omstrede inligtingswet.

Boonop is Vavi en die ANC ewe vasbeslote om rasgedrewe affirmative action – dus in teenstelling met regstellende aksie – onbepaald te laat voortduur.

Kan Suid-Afrika in sy benarde werkloosheidsposisie nog verdere ekonomies-stremmende maatreëls bekostig? Wat rigiede arbeidsbedelings betref, kom Suid-Afrika 135ste uit ‘n moontlike 139 lande. In terme van lone teenoor produktiwiteit, 121ste uit 139. Die kort antwoord is dat dit invoere teenoor plaaslike vervaardiging bevorder, en om handelsbtrekkinge en diplomatieke bande te smee met lande waar werkers uitgebuit word, beteken Suid-Afrika skiet teiken na sy eie voet.

Vavi verwys ook effens terloops na die politiek-inkorrekte kwessie, die sosio-ekonomiese dispariteit in die land. Volgens verskeie bronne is Suid-Afrika die land met die grootste gaping ter wêreld, en dus teoreties met die grootste rewolusionêre klimaat. Ongelukkig maak Vavi hiervan ook grootliks ‘n rassekwessie, hoewel hy darem tot sy krediet ‘n ligte pikhoutjie na die swart soustreinryers inkry. Hy versuim om te meld dat hy self een is.

Die ANC se houding teenoor die inligtingswetsontwerp is as een van drie redes genoem waarom Suid-Afrika verlede jaar op die persvryheidsindeks getuimel het. Die ander is die voorgenome mediatribunaal en Julius Malema se onbeskofte optrede teenoor ‘n BBC-joernalis. Omdat persvryheid internasionaal as so ‘n doeltreffende meganisme teen korrupsie beskou word, bepaal ‘n land se posisie op dié indeks die land se posisie op die korrupsiepersepsie-indeks. Dit het weer ‘n regstreekse invloed op die beleggersvrertroue-indeks.

As Julius se uitbarsting teenoor die BBC-joernalis dus die land soveel skade kan berokken, kan die impak van die ANC se nasionalseringspraatjies skaars ingedink word. Dat die DA nou ook die Freedom Charter omarm, die dokument waaruit die nasionalisering van myne en banke, en drakoniese landboumaatreëls geput word, is ook nie gerusstellend nie.

Die teikenskietery na die eie voet neem dus in omvang toe. Meer en meer mense sit daagliks langs strate en wag op stukwerk, ook op verkiesingsdag.

Vavi se oordeel laat hom vieslik in die steek om self met sy impak op arbeidswetgewing werksgeleenthede nek om te draai, en dan opstandspraatjies oor die gevolge te maak.

мультимарочные автосканерыФільчаков прокурор

Om in die duister gehou te word

Die verkiesing is skaars afgehandel, of blou moord word geskree dat die ANC teruggaan op sy woord oor die weglating van konsessies in die wetsontwerp oor toegang tot inligting

Verslaggewers sonder Grense het reeds voor die konsessies Suid-Afrika laat tuimel op die persvryheidsindeks, en dié wetsontwerp as een van die redes daarvoor aangegee. Die ander redes was die voorgenome mediatribunaal en Julius Malema se optrede teenoor ‘n BBC-joernalis.

Mediavryheid bly een van die hoekstene van demokrasie, en is ‘n belangrike maatstaf om ‘n land se verbintenis tot die stryd teen korrupsie te meet.

Daar is egter ‘n mate van pikantheid oor die oorde waaruit die grootste ontsteltenis nou kom.

Juis omdat die media so ‘n integrale deel van die demokrasie is, word strepe ontledings ook nou gedoen om te kyk watter rol die media gespeel het om veelparty-demokrasie te bestendig. Of, soos die regering dit graag stel, ‘n diversiteit menings in nuusdekking te bied. Die internet maak dat dit ook nie so danig moeilik is om veral die gedrukte media te ontleed nie.

Sonder om bevindings vooruit te loop, is dit duidelik dat kleiner partye gereeld goed gesnoep is. Een van die groot koerantgroepe het selfs bo-aan sy politieke beriggewing op sy internet-weergawe ‘n lysie van partye, asof dit al is wat deelgeneem het. Van die partye op die lysie het egter swakker gevaar as partye wat nie die lysie gehaal het nie, dus word vrae gevra of iets soos ideologie, eerder as vermeende steun, ‘n rol gespeel het by daardie keuse.

‘n Christen-party, wat effektief deur daardie groep geïgnoreer is, het wel swak gevaar, maar anders as die ander klein partye nie steun ingeboet nie. Dié party het met sy mediaverklarings gereeld SAPA gehaal, en selfs die media in die buiteland, was gereeld op radiostasies onder meer danksy die feit dat al hul mediaverklarings van Afrikaanse teks voorsien is, en het ook met reëlmaat groot koerante in ander groepe gehaal. Dié party het selfs meer dikwels – via SAPA – dekking in Son gekry as die Afrikaanse koerante in dieselfde omgewing.

Dit is uiteraard hierdie mediagroep, synde in privaat besit, se reg om partydig te wees.

Dit spreek vanself dat kleiner partye – ook wat die aanwending van hul beperkte fondse betref – hulle sal toespits op die media wat hulle nie stief behandel nie, en die internet asook verwante tegnologie. Min partye sal dit waag om die media met wie hulle ongelukkig is aan te durf, want niemand wen ‘n geveg teen hulle wat hul ink by die vat aankoop nie. En hoe meer mense hulle na ander nuusbronne wend, hoe meer begin vra hoe dit moontlik is dat Suid-Afrikaners in die duister is oor verwikkelinge rondom moontlike Skotse onafhanklikheid, dat die liberaliste in Kanada op hul baadjie gekry het, en vele meer. Te midde van Afrikadagvieringe was nuus oor noordelike Soedan se besetting van die Abyei-streek, en die gevaar wat dit vir die skikking inhou, wêreldwyd reeds groot nuus voor dit op beperkte skaal die Suid-Afrikaanse media gehaal het.

Die media wat ideologiese selfsensuur toepas, of soos Rhoda Kadalie dit stel, meedoen aan die diktatuur van die liberalis – politieke korrektheid – is dit aan die stryders vir persvryheid buite die media verskuldig om nie net persvryheid te koester nie, maar dit wat daar reeds of steeds is uit te leef. Anders beteken persvryheid niks. Dan word demokrasie deur ‘n idiotekrasie vervang waar kiesers in onkunde hul kruisies gaan trek en ander besluite neem. Dan sal hulle vatbaar bly om stemvee te word vir rasse-opsweping soos wat die ANC nou gedoen het, eerder as om sinvol vir beter dienslewering of selfs hul eie beginsels te stem.

Terwyl partye nou hul dankies in massaversending aan die media stuur oor nuusdekking tydens die verkiesingsveldtog, is daar sommige media wat spesiale, persoonlike oproepe van dank kry. In hierdie demokrasie is almal gelyk en ongelyk tegelyk.

потолочные точечные светильникиФильчаков прокурор харьков

Die Arabiese domino-rewolusie duur voort

Terwyl Suid-Afrika verkiesing gehou het, het die wêreld daarbuite nie gaan stilstaan om te kyk wat hier gaan gebeur nie – al is daar hier te lande politici wat meen Suid-Afrika is die wêreld se stert wat die hond swaai.

Die Ivoorkus se presidentsverkiesingsafloop het byvoorbeeld amper ongesiens afgeloop, hoewel daardie land nog ‘n lang pad het om te loop om behoorlik te stabiliseer.

Danksy die nuus oor die dood van die Suid-Afrikaanse persfotograaf, Anton Hammerl, het Suid-Afrikaners bewus gebly van die Navo-ingryping in daardie land. Sake het ver van afgekoel, en gisteraand is die swaarste lugaanvalle van die konflik op Tripoli gedoen.

Libië is egter nie al Arabiese land waar die Arabiese domino-rewolusie voortduur nie. Verskerpte sanksies is byvoorbeeld pas teen Sirië ingestel wat nou ook die hardvogtige president insluit. In teenstelling met die Libiese rewolusie is die Siriese vir die Amerikaners min of meer ‘n gebeurde buite die openbare oog, met die fokus op pres. Barack Obama wat nou skynbaar teenstrydige uitsprake oor Israel en die Palestynse kwessie maak. Na hy Israel laat regop sit het met ‘n vermaning om na die grense van 1967 terug te keer, het hy nou weer op sy Europese ekskursie uitsprake teen die gedagte van ‘n Palestynse staat gemaak – hy noem die gedagte aan ‘n Palestynse staat ‘n misplaaste poging om Israel te isoleer. Die lobbies het gepraat en die verkiesing kom nader.

Sirië is waarskynlik die land waar die VSA se buitelandse beleid die mees skisofreniese karakter aanneem – deur dit as terroristestaat te verklaar, maar dan ook diplomatieke betrekkinge aan te knoop.

Tog het die Amerikaanse pers ‘n groot belangstelling in wat in die verarmde Yemen aan die gebeur is. Die derde poging om ‘n ooreenkoms met die hardkoppige president te sluit, is dramaties nek omgedraai toe van sy lojaliste tot die tande gewapen die ambassadekompleks van die Verenigde Arabiese Emirate beset het. Verskeie lande se ambassadeurs en ander diplomate, ook van die VSA en die Europese Unie was in die kompleks om getuies te wees van die ondertekening van die vredesakkoord.

Yemen is strategies belangrik, al is dit ook net oor sy ligging. Dit is ook oorkant die seestraat waar Somalië aan die anderkant as staat ingeplof het, en ‘n seerowersnes geword het. Aden, aan Yemen se kant, was juis eeue lank ‘n seerowersvesting.

Yemen se weermag word beskryf as ‘n versameling uiteenlopende stam-vegters wat slegs ‘n uniform deel. Die land was jare lank in twee vyandige state, Noord- en Suid-Ymen verdeel, en dit gaan nie veel kos om die staat wat in ieder geval in ‘n deurlopende stryd teen gewapende stam-opstandelinge gewikkel is, te laat inplof nie.

Jare lank is pres. Ali Abdullah Saleh as die gom beskou wat alles in die land min of meer aanmekaar hou, en is hy daarvoor met miljoene dollar uit die VSA beloon. Hy word egter toenemend deel van die probleem, eerder as die oplossing.

Die probleem met suiwer belangepolitiek is dat belange te dikwels deurmekaar vervleg en teenstrydig raak, en hoe minder konsekwentheid, hoe beter is die kanse dat ‘n land kan vasbrand. Daarenteenoor het Suid-Afrika ook geleer dat konsekwente stille diplomasie die geneigdheid het om die land konsekwent irrelevant op die diplomatieke toneel te maak.

vibia amebaФільчаков Олександр Васильович прокурор

Teen die stroom in

In Suid-Afrika het die afgelope munisipale verkiesing aangetoon dat die regse wit beweging byna geen steun by die stembus geniet nie, waarskynlik omdat daar ‘n dringende behoefte aan wit konsolidasie bestaan, al is dit van links.

Ten spyte van die DA se versekering dat rassepolitiek iets van die verlede is, het vrees vir ‘n diensleweringschaos wit kiesers verlede Woensdag gaan laat kruisies trek teen die insgelyks linkse ANC.

Die etniese element was steeds duidelik sigbaar in die stemkeuses van die kiesers: Wit en bruin het om die DA versamel en laer getrek teen die ANC. Die bruin stem het veral na Zille gegaan danksy haar ophemeling van die struggle.

In Europa lyk die prentjie heel anders. Wit kiesers is nie heeltemal so gereed vir ‘n multikulturele samelewing soos wit Suid-Afrikaners nie.

Frankryk was die eerste land in die EU om die wêreld te laat regop sit met hulle regse stem.

Maar hulle is nie die enigste Europese land waar ‘n regse oplewing se momentum steeds voortstoom nie. In ‘n hele reeks lande noord-oos van Nederland, is regse partye aan die opmars, met ‘n beroep op kiesers wat wissel van nasionalisme, en euro-skeptisisme en anti-immigrasie sentimente.

In ander Europese lande meer suid, is daar Oostenryk en Hongarye wat skaflike regse bewegings huisves.

Die land wat onlangs in die nuus was, is Finland, waar die Ware Finne van nêrens af na vore gekom het na die verkiesing van 17 April. Hulle is tans byna op ‘n gelyke voet met Finland se drie vernaamste partye.

Finland se hoofstroom-politici het erken dat die Ware Finne hier is om te bly. Alhoewel hulle ‘n anti-immigrante houding inneem, is hulle vyandigheid teenoor die Europese-Unie en veral hulp aan armer suidelike lede die party se slagspreuk.

Die party se invloed is reeds sigbaar met die harde manier waarop die Finse regering in die afgelope Euro-sone-onderhandelings opgetree het.

Die Deense Party van die Volk is ‘n ander regse party om dop te hou. Onder dié groepering se invloed op die minderheid sentrum-regse koalisie die afgelope dekade het Denemarke se immigrasiebeleid in een van Europa se strengste verander.

Die leier, Pia Kjaersgaard, word dikwels Denemarke se magtigste vrou genoem, magtiger as die koningin. Hulle het onlangs gevra vir die verbod op doelgeboude moskees en dat psalm-sing in die skole verplig moet word. Hulle hoop om goed te doen in die verkiesings wat in November gehou word.

Hul Sweedse eweknieë, die Sweedse Demokrate, het sukses behaal in ‘n algemene verkiesing verlede September. Vir hulle eerste toetrede tot die parlement was hulle uitgedos in die Sweedse volksdrag. Daar was spekulasie dat hulle ‘n bondgenoot van die regering kon word. Maar in teenstelling met hul Deense broers, word hulle vermy deur ander partye. Erik Ullenhag, Swede se integrasieminister, het hulle van onverdraagsaamheid en Moslemhaat beskuldig. Maar hulle gewildheid hou.

In Nederland is die anti-immigrante PVV en sy leier, Geert Wilders, nog steeds gewilde nuus, ten spyte van swak prestasie in onlangse provinsiale verkiesings.

Sy kritiek van ministers kan vernietigend wees, maar is beperk tot persoonlikhede, of kwessies wat buite die regeringsooreenkoms wat hy geteken het, val. Die PVV speel egter nog steeds die anti-Moslemkaart met sukses.

Sedert 2009 het die Britse Nasionale Party verteenwoordiging in die Europese Parlement en die Vlaams Belang bly ‘n krag in België se disfunksionele politiek.

 

базальт для бани ценаданильченко юрій Харків

Twee partye: ‘n Ernstige terugslag vir demokrasie

In sommige kringe word gejuig weens die uitkristalisering van ‘n de facto tweepartybedeling in Suid-Afrika. Hierdie soort gejubel dui egter op ‘n onbegrip van wat demokrasie in sy generiese wydste betekenis dui, asook in die staatkundige opset.

Die VSA se skynbare tweepartymodel word gereeld as voorbeeld voorgehou oor hoekom dit in Suid-Afrika ‘n bate is. Ook dui dit op ‘n reuse staatkundige onkunde en naïwiteit.

Demokrasie behels benewens ‘n kiesstelsel, ook aspekte soos mediavryheid, die onderskeid tussen staat en regerende politieke party, toenemend ‘n staatkundige voorsiening vir minderheidsregte, en ‘n behoorlike funksionering van die trias politika.

Om die Suid-Afrikaanse politieke landskap enigsins met dié van die VSA te vergelyk verklap ontsaglike politieke naïwiteit. Die VSA is ‘n federale bedeling waar die Kongres oor beperkte sake hoegenaamd ‘n sê het, waaronder buitelandse sake, verdediging en sekere maatskaplike aangeleenthede. Sake soos die onderwys en ander saakmakende aangeleenthede word in die wetgewende liggame van die deelstate of op laer vlakke beheer. Uiteindelik word tot die sheriffs en talle ander openbare figure verkies.

Die vernaamste onderskeid is egter dat die VSA nie die koukusgebondenheid ken wat Suid-Afrika ken nie. Die gevolg is dat belangepolitiek grootliks in belangegroepe, lobbies en soortgelyk gesetel is. Die Christian Coalition of America het byvoorbeeld 4 miljoen opbetaalde, ingeskrewe geledere, maar dit het ook ‘n volledige beleid nes enige politieke partye. Dit gee steun aan kandidate wat dié liggaam se beleid ondersteun. In die jongste verlede, veral na die verkiesing van Barack Obama, neig dit om openlik pro-republikeins te wees, maar veel meer gekwalifiseerd as die onlangs-geskepte Tea Party-belangegroep wat in die mid-termyn-verkiesing Obama se ondersteuners bykans voor die voet ‘n liederlike drag slae toegedien het.

In Suid-Afrika, met sy omvang van korrupsie, en die feit dat handelsmisdaad jaarliks met 10 % toeneem, is so ‘n stelsel vir die voorsienbare toekoms ondenkbaar. Trouens, die VSA werk deurlopend hard aan die toestop van skuiwergate om Kongreslede te laat swig voor die geleenthede wat koukus-onverbondenheid bring.

Sowat ‘n jaar gelede het Rhoda Kadalie ‘n artikel geskryf waarin politieke korrektheid die diktatuur van die liberalis genoem word. Dit word geïlustreer deur die bykans volledige onbewustheid van Suid-Afrikaners oor die politieke afvalligheid in Suid-Afrika van internasionale verwikkelings, soos dit in Skotland, Nederland, België, Finland, Kanada en die VSA manifesteer om maar ‘n paar te noem. Hoeveel Suid-Afrikaners dra byvoorbeeld kennis daarvan dat Skotland oor 5 jaar volgens huidige verwikkelings weer ‘n onafhanklike staat kan wees? Hoeveel Suid-Afrikaners dra kennis daarvan dat die Liberale Party in Kanada, wat eens vir die vorige Suid-Afrikaanse regering soveel grys hare besorg het, in die jongste verkiesing bykans tot irrelevansie gekrimp het?

Die werklikheid is dat Suid-Afrika steeds sowat 30 jaar agter is. Die politieke dam is aan sy humanistiese kant – die liberaal- en sosiaal-demokratiese, totaal oorbevolk, terwyl die res, waar ‘n mens normaalweg soos in Europa die Christen-demokrasie sou aantref, is in wese onbevolk. Trouens, in Europa kom Christen-demokrasie nou ook al onder druk, maar nie vanaf die liberaliste nie. Dit kom uit die geledere van polities-konserwatiewe partye.

Die uitkristalisering van ‘n tweepartybedeling in Suid-Afrika is eerder ‘n tragedie as bate. Hopelik dui dit op ‘n spontane teenreaksie op die onnatuurlike beergreep wat die ANC op die politieke toneel het, en dat dié se steun min met beleid of prestasie te make het. Kiesers stem dus vir wat hulle as pragmaties beskou, eerder as beginsels. Hulle leen, as’t ware om Helen Zille se oproep te gebruik, hulle stemme vir die DA. Wanneer die onnatuurlike situasie verby is, sal hulle vermoedelik weer vir hul beginsels stem.

Die ander moontlikhede hoekom die DA soveel van die nispartye se steun opgeslurp het is die groei van beginselloosheid – ook oor sake van godsdiensbelang, of ontsaglike politieke en staatkundige oningeligtheid.

In gisteraand se Kommentaarprogram op RSG is juis versoberend gemaan dat die DA langs hierdie weg nie veel verder hond-haaraf gaan maak nie. Die deelnemers het daarop gewys dat die DA nog verder sosialisties sal moet neig, en dat dit sy konserwatiewer kiesers sal moet opoffer. Gegewe die feit dat die DA reeds die Freedom Charter met sy grondgryp-metodiek en nasionalisering van banke en myne omarm, en die nalatenskap van Nelson Mandela wat kommuniste in sy kabinet ingesluit het opeis, is nog verdere sosialisme-neigings moeilik om in te dink. Dit het juis reeds die ID, wat nog kort gelede homself as liberaal-soasialistiese party beskryf het, opgeneem.

Die Afrikanerbond het die naweek ‘n verklaring uitgereik waarin die Menseregtekommissie looi omdat dié woord breek en voete sleep rondom die klagtes van haatspraak wat die AB en honderde ander groepe en individue teen Julius Malema gelê het. En die politieke partye wat hierdie Malema-vasvat-sentimente ondervang tel nié onder die partye wat nou grootskaals Suid-Afrikaners se steun gekry het nie.

‘n Tweepartybedeling is ‘n ernstige terugslag vir demokrasie in Suid-Afrika.

spravka Данильченко Юрий Брониславович

Kaapstad, die volle verhaal

Tydens sy verkiesingsveldtog het die Demokratiese Alliansie aangevoer dat Kaapstad oor ‘n beter diensleweringsmodel beskik, veral wanneer dit vergelyk word met Johannesburg.

Die finansiële data vir Suid-Afrika se grootste metro, dui daarop dat Kaapstad se leweringsrekord meer dubbelsinnig is as wat die DA impliseer.

Terwyl Johannesburg met R6 440, meer per inwoner spandeer as Kaapstad met R5 553, betaal die wit plaaslike belastingbetaler reeds meer in Kaapstad as hul Johannesburgse eweknieë.

DA-ondersteuners verdedig dié duur dienste aan wit inwoners deur te wys daarop dat wit inwoners in die stad van die rykste in Suid-Afrika is met ‘n gemiddelde inkomste van R43 000 per kapita.

Natuurlik maak die party ook staat op ‘n versweë rassestereotipe uit die dae van apartheid, naamlik dat “wit” beheer beter is as “swart” beheer. Maar in werklikheid is daar nie soveel “wit” beheer as wat die DA aan hulle kiesers verkoop nie. Om swart steun te kan behou, moes die DA reeds poste uitdeel om hul swart en bruin stemvee tevrede te hou.

Trouens die DA het ‘n Kaapstad by die ANC geërf wat eintlik onder wit beheer was. Die hoofsweep en destydse onder-burgemeester Pierre Uys het ‘n stad onder sy bestuur nagelaat wat ‘n top kredietgradering ontvang het.

Die DA het dus ‘n goedbestuurde stad met stabiele inkomstestrome en ‘n gesonde bankrekening oorgeneem. Die party het intussen daarop verbeter deur wit inwoners se beursies te troef en allerlei bedenklike lenings aan te gaan vir stemwerwing.

Die bendegeweld, dwelmmisbruik en sekstoerisme floreer steeds in Kaapstad onder DA-beheer. Klinieke en hospitale behandel oor naweke deesdae veral skietwonde, soos ‘n Meksiko in wording.

Kaapstad se verbintenis tot die invordering van uitstaande skuld is prysenswaardig, maar in werklikheid is die invordering in die grootste vyf metro’s almal bo 90%; en Johannesburg se insamelingskoers is soortgelyk aan Kaapstad se 94%.

Elke metro staan voor ‘n reeks uitdagings, sommige weliswaar groter as ander, maar die finansiële data toon dat daar geen metro is wat dramaties beter doen as enige ander nie.

Die DA en Media24 het egter daarin geslaag om soveel paniek oor die wanorde in ANC-stadsrade te saai, dat elke stedelike wit kieser die hasepad stemlokaal toe gekies het om die komende wanorde te probeer tem. In landelike gebiede waar daar werklik rioolriviere deur die strate vloei, ironies genoeg, het die DA sleg gevaar.

Trouens, die uitdagings wat stede in die gesig staar bly dieselfde: om die fyn balans tussen beperkte bronne van inkomste en ‘n nimmereindigende lys van prioriteitete te handhaaf.

Arm mense gaan nooit in staat wees om vir dienste te betaal nie en nie die DA of ANC gaan dit kan eis nie. Hierdie werklikheid gaan uiteindelik moet insink by die wit belastingkoei wat hoop die DA trek ‘n diensleweringshaas uit die hoed.

 

кардиган для девочки видеоданильченко юрій броніславович компромат

Wag voor die mond en plaasaanvalle

Nou weet Suid-Afrikaners wat almal diep in hul harte reeds geweet het – die lied: “Skiet die Boere” ís haatspraak. Trouens, dit gaan verder – dit kom op aanhitsing tot moord neer.

Heel toevallig is gister berig oor nog drie plaasaanvalle die afgelope paar dae. Hoewel niemand dood is nie, is ‘n vrou van Joubertina deur die kop geskiet, en ‘n egpaar is so erg aangerand en verneder dat lewensverlies kon voorkom. Ook ‘n ander boer is erg aangerand. Die aanvalle het in twee uithoeke van die land voorgekom.

Hoewel gister se uitspraak – ‘n uitstekende stuk regswerk van sowat 80 getikte bladsye, nie regstreeks op die Julius Malema-haatspraakverhoor betrekking het nie, sal die regspanne in hul slotbetoë waarskynlik mildelik uit hierdie uitspraak en presedente put. Daar is verskeie ander klagtes oor dieselfde lied teen Malema aanhangig, onder meer verskeie deur die Afrikanerbond by die SA Menseregtekommissie wat skynbaar vir uitsprake wag voor hulle met hul ondersoek begin.

‘n Kern-belangrike aspek van die waarnemende regter se uitspraak is dat dit irrelevant is wat persoon wat die haatspraak uiter se bedoeling daarmee was, dit is hoe die aanhoorder of slagoffer dit vertolk. Dit is nie ‘n nuwe presedent nie, soos al geblyk het met uitsprake waar iemand aan die pen gery het omdat hy na swart mense verwys het deur die k-woord te gebruik. Of dit kwetsend bedoel is, was irrelevant, die feit dat swart mense daardeur gekwets voel is voldoende. Die woord is nou net as’t ware in die ander mond.

Die Hooggeregshofuitspraak kom twee dae voor die landswye munisipale verkiesing, maar of dit ‘n beduidende impak op die uitslag gaan hê is onseker.

Intussen dui die jongste peiling – dié van Ipsos-Markinor, daarop dat die ANC wel minder as 60 % van die stemme sal trek, met die DA wat ook swakker vaar as met vorige peilings, en waarskynlik nie 20 % sal haal nie.

Cope en die immer-krimpende IVP is die ander partye wat meer as 1 % van die stemme behoort te kry.

Die Vryheidsfront Plus sal waarskynlik nie met die peiling saamstem dat dit slegs 0,2 persent van die geregistreerde kiesersteun, en 0,1 in die algemeen geniet nie, en sal waarskynlik ook in die wyke waar meegeding word beter vaar. Trouens, onder die kleiner partye se steun kan kritiek op Ipsos-Markinor se peiling uitgespreek word, onder meer omdat ‘n alliansie wat nie aan die verkiesing deelneem nie, ook gemeet is. Een van die alliansievennote wat wel regionaal deelneem kan egter heelwat inspirasie uit die peiling put.

‘n Groot gevaar van ‘n peiling van hierdie aard is dat dit kiesers kan ontmoedig om vir die partye van hul eie oortuigings, of dan die naaste aan hul eie oortuigings te stem, en dat sommiges van die stembus kan wegbly, of teen hul eie beginsels in vir ‘n groter party gaan stem. So kan die munisipaliteite in die hande beland van partye wat nie werklik die steun van die bevolking het nie, en wat nie die belange en beginsels van die inwoners verteenwoordig nie. Later, op provinsiale en nasionale vlak kan die burgers vind hulle word regeer deur ‘n toeloop van omstandighede eerder as die produk van demokrasie. Die leemtes in die grondwet waar dit van internasionale reg en die verskansing van minderheidsregte afwyk, word ook tydens verkiesings die meeste aan die kaak gestel en daarna gevoel.

Demokrasie plaas ‘n groot verantwoordelikheid op die kiesers: In ‘n demokrasie kry die inwoners die regering wat hulle verdien, ongelukkig ook dié individue en groepe wat wél reg gestem het maar te min was. En op die regeerders wag net so ‘n groot verantwoordelikheid – hulle moet in algemene belang regeer – nie net die belang van diegene wat vir hulle gestem het nie, want waar ‘n regering in sektorale belang regeer, is dit gewoon ‘n diktatuur van die meerderheid.

стоимость ремонта квартиры за м2Фильчаков прокуратура харьков

Munisipale verkiesing: Die tokkelossie sal jou gryp

As iemand steeds getwyfel het dat die misbruik van godsdiens vir politieke gewin deel van die ANC se strategie vir volgende week se verkiesing is, het pres. Jacob Zuma dit self finaal uit die weg geruim. Na Zuma tevore deur godsdiensleiers oor die kole gehaal is oor hy kiesers met ontevrede voorvadergeeste gedreig het sou hulle weg van die ANC stem, het hy dit pas weer gedoen. Hy kan hom immers lank nie meer op onkunde beroep nie.

Reeds voor sy vorige gebruik hiervan, was hy en van sy meelopers al deur kerkleiers en Christelike organisasies oor die kole gehaal oor ‘n rits uitlatings, soos dat mense Zuma moet volg soos hulle Jesus gevolg het. In ‘n stadium het die Afrikaanse susterkerke ‘n gesamentlike verklaring uitgereik om die ANC tot orde te roep. Ander kerke soos die AGS en die APK het dit ook gedoen, en die VGK het selfs lidmate afgeraai om hieroor vir die ANC te stem. Zuma is selfs persoonlik deur dr. Izak Burger van die AGS hieroor aangespreek.

Die NG Kerk het dit na nog voorvalle nodig geag om die ANC te vermaan dat ook hierdie kerk sy lidmate gaan vra om nie ANC te stem nie sou die ANC nie dadelik ophou nie. Die ANC gaan steeds voort, met onder andere ‘n vergelyking tussen die Vryheidsmanifes en die Bybel.

Die plaas Christen-demokratiese Partye in ‘n baie moeilike posisie, en die ANC buit dit ook uit deur daarop te wys dat die gebruik van die woord “Christen” in die naam van ‘n party op dieselfde neerkom. In sommige gevalle is daar moontlik ‘n element van waarheid in, maar die basiese beginsel is dat ‘n Christen in sy hele lewe, nie net in sy kerk nie, as werktuig van Christus moet optree – dus ook in die politiek. Hy dwaal egter as hy Christus vir politieke gewin begin inspan, al is sy motiewe suiwer.

Hoe dit in die praktyk neerslag vind, is die werklike toets. Het die ANC te midde van al die aansprake oor hoe Christelik dit sou wees, byvoorbeeld ‘n piep gemaak dat dit onbybelse wette soos dié van aborsie op aanvraag gaan skrap? Is daar enige planne om die Lotto te skrap? Kerke is eendragtig in hul teenstand hierteen.

Baie Suid-Afrikaners sal nog onthou hoe die kerke hul profetiese stem so sterk laat hoor het oor die bonusobligasies dat die vorige regering dit moes skrap. Die bonusobligasies was nie eens werklike dobbel nie, aangesien die deelnemers steeds sy geld met rente teruggekry het. Die element van die geluksgodin in die bonus-gedeelte was genoeg om die kerke te laat rug styfmaak tot die vlakke van totale onbuigsaamheid.

Om die woord “Christen” in ‘n party se naam aan te bring plaas ‘n groot verantwoordelikheid op so ‘n party.

Juis daarom is dit teleurstellend dat die ACDP in die Vrystaat weer kiesersgidse van die Christian Action Network, met die ACDP se kontakbesonderhede daarop, in die provinsie gaan versprei het. Die Christian Action Network staan onverbonde tussen die land se Christen-demokratiese Partye en tree gereeld op as fasiliteerder om samesmelting of minstens samewerking tussen hierdie partye te bewerkstellig. Toe die ACDP in die Vrystaat in die vorige algemene verkiesing begin het om hierdie gedokterde gidse te versprei, het die Christian Action Network hulle gelas om dit te onttrek, en die ACDP het onderneem om dit te doen. Daar is egter voortgegaan om dit te versprei. Nou word dit weer saam met ACDP-pamflette versprei. Dié keer word Christian Acton Network egter ook in die verleentheid gestel omdat die ACDP se kontakbesonderhede daarop verouderd is – dit bestaan nie meer sedert die ACDP sy setel in die Vrystaatse Wetgewer verloor het nie.

Dit is belangrik dat die ander CDP’s nie beeldskade lei deur die optrede van die ACDP nie, wat tot dusver die samesprekings vir samewerking laat misluk het.

Intussen staan kerke voor ‘n uitdaging: Dit is duidelik dat die ANC hul vermanings uitdaag en ongesteurd voortgaan om van die Here, en tussenin sommer van die voorvadergeeste, as politieke foefies gebruik te mak. Sou die kerke nie hul profetiese stemme duidelik laat hoor nie, en daarin faal om te toon dat sy nee sy nee bly, gaan die ANC hiermee wegkom.

free sotsтопкарго

Tegnologie vir kommunikasie

Elke generasie benut die tegnologie van sy tyd om sy boodskap oor te dra. Is dit ‘n boodskap waaroor die ondersteuners sterk voel, word die voorpunt van tegnologie dikwels aangewend…

Die Amerikaanse gehaltekoerant, die Christian Science Monitor, bekyk in ‘n onlangse artikel die nuutste verwikkelinge oor hoe mense maak wat vir ‘n saak veg om so vinnig en doeltreffend as moontlik hul boodskap oor te dra. En waar beter as die rebelle in Libië, ‘n land wat danksy sy olierykdomme en streng perssensuur oor dekades, maksimaal buit die kassie moes dink?

Die opskrif lui: “Die vervolmaking van revolusie deur Twitter.”

Baie eeue het verloop sedert Cromwell se bewind in Engeland Payne en sy ewe oorlose makkers uit die tronk bevry het, na die ontevrede koning hul ore laat afkap het omdat hulle nie wou hoor nie, en na die koning se smaak te krities was.

In 1775 het die drukkuns so ver gevorder dat pamflette die “in” manier was om gedagtes te versprei.

Sedertdien het tegnologie nog reuse spronge gemaak, maar het die kommunikasiewetenskap self groot spronge gemaak.

Tog, interessant, dat die Britse politici besonder stadig uit die blokke was om by die werklikhede aan te pas. Die Britse politiek word nog grootliks volgens kiesafdelings beslis, en die tradisie was dat die parlementslede, as orators, in hul eie oë die meester-kommunikators sou wees. Daar is dus neergesien op die nuwe ontwikkelinge in die kommunikasiewese, en is by geykte praktyke gehou…tot die destydse jong Margaret Thatcher ‘n nuwe blaadjie omgeslaan het, en gesorg het dat haar Konserwatiewe Party kommunikasiekundiges kontrakteer, en met ‘n moderne kommunikasieveldtog die pad aandurf.

Die gevolg was dat ‘n vars Konserwatiewe Party onder die stoflae uitgekom, en die andersins meer moderne Arbeiders die loef afsteek. Later het die rolle min of meer omgekeer.

Met ‘n voormalige professor in Kommunikasiekunde as partyleier het die Vryheidsfront, en later Vryheidsfront Plus dikwels die toon aangegee om die publiek met mediakommunikasie en ander kommunikasie te bereik. Dié party het die standaard gestel, en partye wat beter wou vaar, moes ‘n trappie beter op hierdie terrein presteer, dikwels deur die hand diep in die sak te steek.

In Libië het die betogers nog nie eens met hul skadukabinet kontak gemaak nie, of hulle het al koppe bymekaar gesit en ‘n webtuiste gebou, en hul boodskap wêreldkundig begin maak. ‘n Wye verskeidenheid instansies moet via e-pos bereik word. Die sosiale media het die verskeidenheid teikengehore nog oneindig vermeerder.

Te midde van al die moderne verwikkelinge, bly die ou Bybelse waarheid nog staan: Moenie die een ding doen en die ander nalaat nie. Elke soort media spreek ‘n ander soort gehoor optimaal aan, en dikwels is die gehore of generasies nie ewe ontvanklik vir ‘n politieke boodskap nie. ‘n Party wat weens politieke korrektheid of ander rede nie ook interkulturele kommunikasie inspan nie, doen dit tot sy eie nadeel. Instinktief word nog gevoel dat die groot dagbladpers nog grootliks die mees geankerde meningsvormers aanspreek. Die TV tref ‘n ander tipe gehoor, en die radio bereik op verskillende tye van die dag verskillende gehore.

Met die vorige sensus tien jaar gelede was die publisiteitsveldtog reeds ver gevorder, dit was al verskeie kere in betrokke ‘n streek se dagbladpers, dit was al verskeie kere oor die plaaslike en streekradiostasies, dit was al etlike kere op TV en is by groot vergaderings geopper, maar toe toesighouers uit die meer opgevoede deel van die bevolking gewerf is, is gevind bykans niemand weet van die komende sensus nie. Eers toe die kondoomstorm – via ‘n wakker koerantjoernalis – losbars, het bykans almal dadelik kennis geneem. Al hoe meer word sepies ingespan om belangrike boodskappe soos verkiesings, belastingseisoene ens na die publiek oor te dra. Dié noodsaak dryf standaard-analiste die mure uit.

Jare gelede het ‘n minister, Blaar Coetzee, gesê vir ‘n politieke party is daar nie so iets soos slegte publisiteit nie, net goeie publisiteit. Die element van waarheid daarin blyk uit die gemengde reaksie op die Julius Malema-haatspraakverhoor. Tog lyk dit of die ANC nou geraak word deur die vrag slegte publisiteit. In die jongste geval het die regering probeer walgooi deur ‘n Tesourie-verslag oor die stand van munisipaliteite na die opstellers terug te verwys vir – soos die regering dit stel – herverpakking, of soos die opposisie dit sal noem, om die boeke te kook.

Omdat die regering die verkiesingsdatum bepaal en die bekendmaking van gunstige verslae daarmee sinchroniseer word om die maksimale gunstige publisiteit te genereer, kan aanvaar word dat dit nou ook die bedoeling was – maar dat die regering deur sy eie funksionarisse aan die neus gelei is oor wat werklik op grondvlak aangaan.

Iemand moet werklik met oogklappe deur die lewe gaan om nie tydens ‘n verkiesingsveldtog iewers by iemand wys te word nie. Dan verdien hulle, by wyse van spreke, dat die koning se laksman sy byl inspan vir die ongewone delikate werkie om ore af te kap.

Eina Payne!

games onlineтопкарго развод

Tweepartystelsel se slaggate

In die aanloop tot volgende week se munisipale verkiesing is die gedagte aan ‘n tweepartybedeling ‘n paar keer genoem – ook in kringe wat van beter behoort te weet.

Die versugting aan ‘n tweepartybedeling is in hooftrekke gebore uit ‘n versugting om op die gouste wyse die ANC se beergreep op die Suid-Afrikaanse politiek te verbreek. Dit beteken dat van baie kiesers verwag word om hul eie beginsels oorboord te gooi, of minstens tydelik op die ys te gaan plaas sodat die een prioriteit – om die land van die ANC se wanbestuur – te bevry. Kiesers word byvoorbeeld versoek om in ‘n kwalik verskuilde foefie hul stemme vir ‘n opposisieparty te leen.

‘n Tweepartybedeling word gewoonlik aan die hand van die Amerikaanse voorbeeld verduidelik – en daarin lê juis die knoop.

In die eerste plek is die VSA nie werklik ‘n tweepartystaat nie, hoewel dit op federale vlak de facto so ontwikkel het. Hoe laer die vlak van demokrasie – uiteindelik by counties, die verkiesing van sheriffs en skoolbeheerliggame – hoe geringer word die rol van die twee groot partye.

‘n Baie groot verskil tussen Suid-Afika en die VSA is dat verkose verteenwoordigers hier bykans altyd aan hul party-koukus gebind word, terwyl dit veel minder die geval in die VSA is. Die Amerikaanse weergawe van veelparty-regering speel hom dus grootliks af in belangegroepe en lobbies. Daar word ook talle koukusse oor partygrense gevorm, wat na spesifieke belange omsien, soos die Armeense koukus, die swart koukus wat in die tyd van Jesse Jackson en Martin Luther King op hul hoogtepunte baie aktief was, en vele meer.

Die drukgroep, die Christian Coalition of America, is ‘n goeie voorbeeld. Dié drukgroep het sy eie beleid wat nie te onderskei is van die beleid van ‘n Christen-demokratiese party elders ter wêreld nie. Hoewel dit 4 miljoen opbetaalde, ingeskrewe lede het, het dit egter nie ‘n enkele verteenwoordiger wat onder dié organisasie se vaandel verkies is nie. Dit steun gewoon die kandidatuur van politici wat sy beginsels en beleid onderskryf. Hoewel dit in die verlede ook in die praktyk gewoonlik kandidate van die Republikeinse Party was, het dié regstreekse steun onlangs eers meer regstreeks geword.

‘n Kandidaat wat pro-aborsie is, ongeag Republikein of Demokraat, kan maar steun uit daardie geledere op sy maag skryf.

Suid-Afrikaners het onlangs ook gesien hoe die opkoms van die drukgroep, die Tea Party, die politiek in die VSA na die Republikeinse Party kon swaai. Gesoute Demokrate in liberale kiesafdelings in die Ooste van die VSA het in die slag gebly voor die aanslag.

Deelstaat op deelstaat het federale wetgewing oor gay huwelike in die slag laat bly.

Daar is ‘n belangrike rede hoekom so ‘n stelsel Suid-Afrika nie oorweeg kan word nie – in elk geval nie voor korrupsie en veral korrupsie onder verkose politici nie behoorlik nek omgedraai is nie. Selfs die VSA moet deurlopend die maatreëls en toesig verskerp maar tog is daar kort-kort berigte oor ten volle betaalde uitstappies op hierdie of daardie maatskappy se koste na ‘n Skotse gholflandgoed, om maar een voorbeeld te noem.

In ‘n diverse land soos Suid-Afrika sou die twee partye ook ideologies wyer van mekaar moet staan as wat die ANC en die DA van mekaar staan, wat beide die Vryheidsmanifes onderskryf. Om hierdie twee partye as enigste kiesopsies te stel sou beteken dat baie kiesers wat sterk oor nis-aangeleenthede soos selfbeskikking of Christenskap of beide voel in effek ontkieser word.

Dit beteken dat demokrasie baie maklik ongesiens in ‘n minderheidsbewind kan ontwikkel, waar ‘n meerderheid ontkieser is. Die wêreldwye – met die uitsondering tot dusver van Suid-Afrika – na konserwatiewer beleidsopsies toon dat partye wat soortgelyke beleidsrigtings aanvaar soos die ANC en die DA, kort voor lank ‘n minderheid kiesers kan verteenwoordig.

‘n Hebridestelsel is wel volop waar ‘n party ‘n sekere drempel van steun, byvoorbeeld 7 %, moet behaal voor dit verteenwoordiging in ‘n parlement of ander wetgewende liggaam kan verkry. So ‘n stelsel, soos in Nieu-Seeland, word weer aangevul met ‘n stelsel van gereserveerde setels vir ‘n minderheid, soos die Maori’s, en ‘n Maori-kongres.

как построить саунуалександр лобановский класс

Die misbruik van godsdiens vir politiek

Die ANC se Vryheidsmanifes, beter bekend as die Freedom Charter, het met die huidige verkiesing selfs nog meer aktueel geword as met vorige verkiesings.

Nie alleen word gou na die manifes gegryp as beleid skynbaar ongrondwetlik is nie – iets wat al verskeie kere op hofsake uitgeloop het waar die grondwet gehandhaaf is, maar ook omdat die DA ook nou aangedui dat dit die manifes onderskryf.

Intussen het die minister van Energie, Dipuo Peters, die manifes gebruik om die omstrede kwessie oor die ANC se gebruik van die Christelike geloof om verkiesingspropaganda te maak, ‘n stappie verder gevoer deur die manifes te vergelyk met beginsels wat in die Bybel gestel word.

Reeds in sy tweede punt maak die manifes melding dat die mense van hul geboortereg op grond beroof is. Grondonteiening word later in die vooruitsig gestel, en so ook die nasionalisering van mineraleregte, myne en die banke. Die nuwe grondeienaars sal van alles voorsien word wat nodig is om voedselsekuriteit te verseker.

Die manifes bevat ook mooi ideale, maar dit is nogal opvallend dat dit juis daardie ideale is wat in die teenoorgestelde realiseer, soos die verskillende gemeenskappe se reg op gelyke taalberegtiging. Trouens, Pansat het vroeg in sy bestaan die regering self as die grootste oortreder van die grondwet se taalbepalings verskaf.

Dit is ‘n teologiese vraag of ‘n dokument wat uitsluitlik humanisties opgestel is in ‘n tyd, 1955, toe die SAKP die ANC sterk begin oorheers het, enigsins met die Bybel vergelyk kan word.

Die Christen-Demokratiese Party het al by verskeie geleenthede daarop gewys dat die ANC in die aanloop tot die verkiesingsveldtog en die veldtog self, waar herhaaldelik op ‘n spesiale status voor God aanspraak gemaak is, nog nie een keer beloof het om enige van die wette wat strydig met die Bybel is, te herroep nie. Daar is verskeie, soos die aborsiewetgewing wat as van die mees liberale in die wêreld beskou word, die wetgewing oor staatslotery, die beskikbaarheid van pornografie en ander. Van die ouer Suid-Afrikaners sal onthou hoeveel druk die kerke op die vorige regering uitgeoefen het om die bonusobligasies te onttrek, al het die houers daarvan hul geld met rente belê. Dit is veroordeel oor die element van die geluksgodin om bonusse te verdien. Dit is moeilik om die skade aan en lyding van gesinne te meet wat hul broodgeld in Lotto-spelery kwyt is.

So opsigtelik span die ANC die Here as verkiesingsfoefie in, dat al die noemenswaardige kerke dit al veroordeel het. Dit sluit die susterkerke, die APK, die AGS en vele meer in. Die VGK het selfs so ver gegaan om sy lidmate af te raai om vir die ANC te stem, terwyl die NG Kerk sy vermanings onlangs opgevolg het met ‘n vermaning dat ook hierdie kerk sy lidmate kan afraai om ANC te stem. Sedertdien is minstens twee gevalle gerapporteer waaruit dit blyk dat die ANC hom nie hieraan steur nie.

Die standpunt van die Christen-demokrasie is duidelik: Die Here is niemand se verkiesingsfoefie nie – die Christen is God se werktuig.

casino gamesФильчаков прокурор

Zuma die Swyger

Historici is verdeeld oor die vraag of Willem I, prins van Oranje, die bynaam “Willem de Zwijger” verdien het.

Die bynaam het hy gekry omdat hy geswyg het toe hy van planne van Koning Filips, die Spaanse heerser van die Lae Lande, om ook die Nederlanders onder meer onder die Inkwisisie te laat deurloop.

Willem het egter as held van die Nederlanders se vryheidstryd na vore getree, en is uiteindelik ook hieroor vermoor.

Sou die bynaam: “Zuma die Swyger,” ook onvanpas wees?

Dié vraag duik op nadat Zuma die naweek die soveelste keer geswyg het toe hy, as staats- en regeringshoof, die sweep moes laat klap het. Die keer was dit (weer) die stout kind van Suid-Afrikaanse politiek wat in Zuma se teenwoordigheid sy mond met onsuiwerhede uitgespoel het. In breë trekke het hy gesê die blankes het swart mense se grond gesteel, is daarom misdadigers en moet as sodanig behandel word.

Eers later die naweek het die adjunk-president die jongeling se bekkigheid in wese gerepudieer.

Onlangs, by die land se formele Vryheidsdagvoeringe, het Zuma ook soos die graf geswyg toe die skare opposisiesprekers uitgejou het.

‘n Google-soektog na gevalle waar pres. Zuma plaasaanvalle veroordeel het lewer ook bedroewend min op – sy veroordeling van die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche, die AWB-leier. Daar is egter ‘n horde trefslae waar mense en instansies sonder sukses ‘n beroep op die president doen om plaasaanvalle te veroordeel.

Trouens, dit lyk nie of Zuma gaan reageer op ‘n mediaverklaring van Agri SA waarin gemeld word dat Zuma op die oomblik amnestie aan ‘n groep misdadigers oorweeg, waaronder plaasmoordenaars nie.

Nog ‘n bron van kommerwekkende swye, skynbaar by sy voorganger oorgeneem, is die “moord” waarmee pres. Robert Mugabe wegkom. Selfs wanneer Mugabe in geen onduidelike terme sy mond oor Zuma uitspoel nie, is die reaksie maar so-so. Ander buurlande, soos Zambië, is geneig om Mugabe se tjank heelwat duideliker af te trap.

Dis egter Zuma se swygsaamheid oor Malema wat die meeste ontsteltenis veroorsaak, en kom kort-kort na vore, soos toe Malema sy “Ons sal doodmaak vir Zuma” in die toekomstige president se teenwoordigheid geopper het.

Malema en sy kornuite se skadelike bekpraatjies oor nasionalisering en onteiening word ook glad nie regstreeks en genoegsaam aangespreek nie. Ellelange verduidelikings oor debat en die reg om iets op die tafel te plaas, klink meer na eenparty-retoriek as ‘n werklike oop demokrasie – en knou beleggersvertroue.

Nederlandse geskiedskrywers wys daarop dat Willem de Zwijger heel ten onregte dié bynaam gekry het. Behalwe dat sy swye wat hom die bynaam besorg het in wese ‘n taktiese swye was, was hy glo heel vaardig met die mond. Pres Zuma kan ook nie van op sy mond geval beskuldig word nie (behalwe wanneer dit saak mak) of nukkerige onttrekking soos sy voorganger wanneer sy vingers verbrand is nie.

Trouens, onoordeelkundige uitsprake het hom dalk meer keer in die sop of onder skoot as die periodieke swye. Dit is hom behoorlik teen die kop geslinger dat hy by Malema se tuisdorp na dié kameraad as toekomstige president verwys het. Hieroor sou hy stellig later verskeie kere sy hare uit sy kop wou trek.

O ja, hy het nie daar hare nie.

Ander moes ook al baie wal gooi toe een van sy kornuite, Jimmy Manyi, dinge kwytgeraak het wat die ANC bitter baie skade sou berokken.

Sy godsdiensuitsprake, en die soortgelyke uitsprake van sy kornuite, het nou al ‘n rits veroordelings op die lyf geloop. Die Kerke het byna soos een man gewaarsku dit moet end kry. Die NG Kerk het dit opgevolg dat dié kerk dalk sy lidmate kan versoek om hieroor nie vir die ANC te stem nie. Die VGK het reeds sy lidmate versoek om nie ANC te stem nie.

En nee, ‘n mens kry nie diskresionêre foute afgestort nie.

10 gamestopcargo