Polisie vas vir platinumhandel

Twee polisiekonstabels sal in die Polokwane-landdroshof verskyn vir beweerde onwettige platinumhandel, het die polisiewoordvoerder in Limpopo, gister gesê.

Tebogo Motau, 28, en Rudzani Nefuri, 27, het Vrydag in die hof verskyn, sê brigadier Hangwani Mulaudzi, in ‘n verklaring. Die saak is tot Woensdag uitgestel.

Motau is verbonde aan die sigbare polisiëringseenheid. Nefuri is ‘n lid van die polisie se taktiese reaksiespan.

Hulle is Donderdag in hegtenis geneem na ‘n wenk dat hulle na bewering op soek is na kopers vir platinum ter waarde van R1.2 miljoen.

Mulaudzi het gesê die oorsprong van die platinum vorm ook deel van die ondersoek.

Фильчаков прокурор харькова

ANC-raadslid wat eiendom onwettig verkoop, geskors

‘n ANC-wyksraadslid wat skuldig bevind is aan die onwettige verkoop van die raad se eiendom, is geskors uit sy Johannesburgse posisie met onmiddellike effek, het die party Sondag gesê.

“Hy het die party in die verleentheid gestel en sal dissiplinêr verhoor word,” het woordvoerder Jolidee Matongo gesê.

Die besluit om Nkhasi, die raadslid vir Wyk 28, te skors is deur die LUR vir plaaslike regering en behuising Humphrey Memezi geneem en is verwelkom deur die ANC in die Johannesburg-streek, het Matongo gesê.

“Die LUR het opdrag gegee dat ‘n strafsaak geopen word wat in die loop van die week sal gebeur,” het hy gesê.

In 2008, het Nkhasi grond in Diepkloof aan ‘n kerkgroep, Together As One Church of Christ, verkoop vir R15 000.

Na ‘n vraag oor die geldigheid van die oordragdokumente opgeduik het, het die kerk ‘n anonieme oproep ontvang waarin hulle gewaarsku is om bouery op die grond te staak of iemand sal doodgemaak word.

Nkhasi het daarna gesê die kerk kan nie langer die grond koop nie en die R15 000 terugbetaal. Maar die kerk het toe reeds R11 000 op boumateriaal uitgegee waarvoor hulle nie vergoed is nie.

Matongo het gesê dat ‘n tussenverkiesing gehou sal word en dat die raad wag vir die Onafhanklike Verkiesingskommissie om beskikbare datums te gee.

Фильчаков прокурор отзывы

Jeugliga stoom voort

Die beleërde ANC Jeugliga-leiers se verskyning voor die ANC se nasionale dissiplinêre komitee ter versagting van hul vonnisse, sal Maandag begin.

Die liga het die mediakonferensie na afloop van die nasionale uitvoerende lekgotla gekanselleer, het die ANC-jeugliga se woordvoerder Floyd Shivambu in ‘n verklaring gesê.

Die lekgotla is by die St. George’s-hotel in Centu­rion gehou. Adj.pres. Kgalema Motlanthe het ook die byeenkoms toegespreek. Hy is entoesiasties deur die skare begroet.

Motlanthe het gedurende sy toespraak gesê die ANC het die Jeugliga gefaal deur nie vir hulle leiding te gee nie.

Verlede Saterdag het die ANC aangekondig dat die ANC-jeugligapresident Julius Malema, Shivambu, en vier ander ANCJL-amptenare ter versagting teen hul skorsings kan appèlleer.

Malema het dit by die lekgotla duidelik gemaak dat die ANC-jeugliga beplan om pres. Jacob Zuma in Desember in Mangaung by die ANC-kongres te onttroon. Hulle eis die nasionalisering van myne en die onteiening van grond.

“Die ANC hou in Desember sy 53ste verkiesingskongres en ons missie is eenvoudig: Om die stryd vir ekonomiese vryheid in ons leeftyd te konsolideer,” het Malema gesê.

Malema sê die vraag is of die huidige ANC-leierskap Suid-Afrika “vorentoe” sal kan neem.

Malema sê die Vryheidshandves bepaal dat rykdom en grond in die geheel aan die mense oorgedra moet word, en nie dat belasting gehef word op inkomste nie.

Malema sê die ANC se voorlopige verslag oor nasionalisering maak nie net ‘n bespotting van die Vryheidshandves nie, maar ook ‘n bespotting van die ANC se nasionale algemene raad se besluite in 2010 in Durban.

Фильчаков прокурор

Mandela se gesig laat rand tuimel

Nelson Mandela se gesig sal op ‘n nuwe reeks banknote verskyn, het pres. Jacob Zuma Saterdag in Pretoria aangekondig. Die rand het dadelik na dié aankondiging na benede getuimel.

Dié note sal Suid-Afrikaners help om te onthou wat hulle bereik het, het Zuma aan verslaggewers gesê by ‘n funksie wat ook deur Gill Marcus, goewerneur van die Reserwebank, en Pravin Gordhan, die minister van finansies, bygewoon is.

“Dit is ‘n toepaslike herdenking van Mandela se bydrae tot die geboorte van demokrasie in Suid-Afrika, sowel as sy aansienlike positiewe impak op nasionale versoening,” het die DA in ‘n verklaring bygevoeg. Die DA het die “gelukkige” aankondiging verwelkom.

Vroeër Saterdag, het die Duitse internasionale nuusagentskap DPA egter berig dat ‘n gebrek aan besonderhede oor die aard van die aankondiging kortliks markte negatief beïnvloed het. Die rand het sowat 2,5 persent teenoor die dollar getuimel.

“Handelaars is bekommerd dat die sentrale bank van Afrika se grootste ekonomie op die punt is om ‘n drastiese beleids- of personeelverandering te maak, terwyl markte gesluit is,” het DPA gesê.

Ná gerusstellende kommentaar deur bankamptenare, wat aangedui het dat die nuus nie ook rentekoersveranderings of bedankings sal insluit nie, het die rand herstel.

Die aankondiging sou aanvanklik om 13:00 gemaak word, maar is toe tot 15:00 verskuif.

Hoewel die Reserwebankgoewerneur Gill Marcus om verskoning gevra het vir die verwarring, was sensitiwiteit vir die skedulering van dié groot aankondiging nie deur die bank in ag geneem nie, sê markontleders.

Marcus het gesê die nuwe banknote sal oor ‘n tydperk ingefaseer word, en die huidige note sal steeds ná die bekendstelling wettig gebruik kan word.

 

Александр Фильчаков прокурор

Treine brand weer

Drie treinwaens is in Kuilsrivier in Kaapstad aan die brand gesteek, het Metrorail Vrydag gesê.

Een wa is geheel en al uitgebrand, terwyl twee ander kwaai beskadig is, het die streeksbestuurder, Lindelo Matya, gesê.

Die brand het omstreeks 11:00 Donderdag uitgebreek. Geen beserings is aangemeld nie.

Matya sê hulle vermoed dat opsetlike brandstigting vir die voorval verantwoordelik is. Die skade sal glo etlike miljoene rand beloop.

Agt treinwaens is reeds die afgelope ses maande aan die brand gesteek.

“Die verlies aan (die drie waens) verminder ons kapasiteit om reisigers op ‘n baie besige roete te bedien, Ons kliënte dra die gevolge van onverantwoordelike, lafhartige optrede,” het hy gesê.

Metrorail het ‘n beloning van tot R25 000 gebied vir inligting wat sal lei na ‘n suksesvolle skuldigbevinding.

Александр Фильчаков

Gerugte van staatsgreep in Noord-Korea

Die nuwe Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un is glo vermoor in China, volgens vele gerugte op Twitter en die soortgelyke Chinese werf Weibo.

Die gerugte oor die vermeende dood van Jong-un versprei volgens die persbureau Reuters soos ‘n veldbrand.

Volgens ander sou die vermoedelik 28 of 29-jarige leier nie dood wees nie, maar op die vlug wees. Daar is in elk geval sprake van ‘n staatsgreep in die land waar Kim Jong-un nog maar enkele maande gelede sy oorlede pa Kim Jong-il opgevolg het.

Iemand skryf op Weibo, die Chinese ekwivalent van Twitter, dat Kim Jong-un Vrydagoggend in Beijing gevind is, dat daar ingebreek is in sy blyplek en dat die leier vermoor is deur onbekende persone. Die skuldiges het glo die lyfwagte van die Noord-Koreaanse leier doodgeskiet.

Die gerugte bly onbevestig, maar word deur ‘n aantal internasionale mediagroepe gerapporteer.

топкарго кидалы

Historikus diep swart muitery in Oz op

‘n Australiese akademikus het bewyse van ‘n muitery deur Afro-Amerikaanse soldate wat tydens die Tweede Wêreldoorlog Doer Onder gestasioneer was, opgediep wat glo aangevuur is deur rassemishandeling.

‘n Historikus van James Cook University, Ray Holyoak, het ondersoek ingestel waarom die Verenigde State se kongreslid Lyndon B. Johnson die noorde van Queensland, en spesifiek die gemeente van Townsville, vir drie dae in 1942 besoek het.

“Vir 70 jaar was daar ‘n gerug in Townsville dat daar ‘n muitery onder Afro-Amerikaanse dienspligtiges was,” het Holyoak aan ABC Radio gesê.

“In die laaste jaar en ‘n half het ek die primêre dokumentasie opgediep wat bewys dat dit gebeur het in 1942.”

Queensland was ‘n belangrike ondersteuningsbasis vir soldate wat tussen 1942 en 1945 aan die Suidwes-Stille Oseaan-veldtog deelgeneem het, met vliegvelde, kampe, fabrieke asook mediese fasiliteite.

Holyoak het gesê dokumente uit die era openbaar dat lede van ‘n groep van 600 Afro-Amerikaanse troepe in 1942 na Townsville gestuur is om ‘n vliegveld te bou maar dat dit in ‘n beleg geëindig het met swartes wat hulle gewere op hul wit offisiere gerig het.

“Na ‘n reeks misdrywe deur twee wit Amerikaanse beamptes, was daar verskeie ringkoppe wat besluit het om die tente van die wit offisiere met masjiengeweervuur te besaai,” het hy aan die staatsuitsaaier gesê.

Die argiewe van die Queensland-polisie en die Townsville Brigade het getoon, sê Holyoak, dat een persoon dood is en dosyne ernstig beseer tydens die beleg op ‘n basis op die buitewyke van die stad.

Soldate van die VSA se 96-Ingenieurs op die basis was gedwing om die hulp van Australiese troepe in te roep, het hy aan ABC gesê.

Holyoak het gesê die beleg het agt ure geduur waartydens die muiters masjiengewere en anti-vliegtuigwapens op tente waar hulle mede-Amerikaners gesit en drink het, leeggemaak het.

Die historikus, het gesê die voorval is nooit aangemeld nie, maar hy het ‘n verslag wat daaroor geskryf is deur ‘n Amerikaanse joernalis, wat saam met die troepe was, ene Robert Sherrod, opgespoor.

“Ek dink destyds is dit beslis onderdruk,” het Holyoak gesê.

“Beide die Australiese en die Amerikaanse regering sou nie wou gehad het dat die besonderhede hiervan uitlek nie. Die rasse-beleid van daardie tyd het regtig mense van kleur uitgesluit.”

Holyoak is van voorneme om sy navorsing voort te sit, en is op soek na die vonnisse opgelê aan diegene wat betrokke was in die dramatiese voorval.

Фільчаков Олександр Васильович

Skierlik-skieter getroud

Die man wat vier lewenslange vonnisse uitdien en as minderjarige ‘n volwasse verhoor gehad het, is hierdie week in die tronk getroud, het The Times Vrydag berig.

Johan Nel, 23, is met Maryna Naude, 18, ​​getroud in die Ramochana-gevangenis in Rustenburg, tydens ‘n kort seremonie.

Nel, ook bekend as die Skierlik-skieter, het destyds vier mense doodgeskiet in ‘n ​​lokasie in Noordwes nadat hy gesê het hy is getraumatiseer deur herhaaldelike misdaad.

Hy word in die gevangenis se maksimumsekuriteitsdeel aangehou en hy is nie toegelaat om sy bruid aan te raak nie.

“Dit was nie ‘n baie lang seremonie nie en het sowat ‘n halfuur op die meeste geduur,” het korrektiewe dienste se woordvoerder Sarie Peens gesê.

“Hy is toegelaat om sy eie klere te dra en onmiddellik na die seremonie het die families die tronk verlaat en hy is terug na sy gevangenisklere.

“Hy is ‘n gevangene, en dit beteken dat hy nie kan nie enige kontak met haar kan hê nie en ook nie enige huweliksregte geniet nie.”

Nel het Sivuyile Peyi, 37, Annah Moiphitlhi, 31, haar drie-maande-oue dogter, Elizabeth, en Tshepo Motshelanoka, 10, in die Skierlik-plakkerskamp naby Swartruggens op 14 Januarie 2008 doodgeskiet. Agt ander mense is beseer. Hy is deur die Mmabatho Hooggeregshof op November 21, 2008 gevonnis.

прокурор харьковской области

Baie gepraat, min gesê

President Jacob Zuma het geen melding gemaak van oplossings vir die probleme waarmee plaaslike regering te kampe het in sy langverwagte toespraak Donderdagaand nie.

Vakbonde het president Zuma egter Donderdag geprys vir wat hulle beskryf het as sy eerlikheid en openhartigheid oor dié probleme wat Suid-Afrika die gesig gestaar.

“Dit was goed van die president om te erken dat munisipale dienslewering nog nie op ‘n gewenste vlak is nie,” het Solidariteit se adjunk-sekretaris-generaal Dirk Hermann gesê.

Die vakbond het ook Zuma se plan om te belê in ‘n groot infrastruktuur-projekte verwelkom, maar is bekommerd oor die klem op die bemagtiging in plaas van ontwikkeling deur middel van die onderwys.

Die Food and Allied Workers ‘Union (Fawu) het gesê Zuma se toespraak was “inspirerend”.

Fawu verwelkom werkskepping en die fokus op enorme infrastruktuur-ontwikkeling.

Die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa) het Donderdag gewonder waar die ekstra geld vir die ontwikkeling van infrastruktuur vandaan gaan kom.

Zuma het 2011 reeds as ‘n jaar verklaar om plaaslike regering op te knap.

“Daar was nie ‘n enkele woord oor hoe die regering beplan om dienste te verbeter nie. Dit is die sleutel en om dit te ignoreer sal nie die probleem oplos nie,” sê Steven Friedman, politieke kommentator.

Afgesien van belegging in infrastruktuur, het die president alles herhaal wat Suid-Afrikaners reeds weet, veral betreffende ekonomiese transformasie.

Zuma het die regering se plan om die Breë Swart Ekonomiese Bemagtigingswet te wysig, geopper. Hy het erken dat die proses van herverdeling van grond “stadig en tydsaam” is en gesê die gewillige koper/gewillige verkoper-opsie is nie die beste manier om hierdie vraag aan te spreek nie.

Hy het weer herhaal dat die gehate Groenskrif oor grondhervorming die basis vir die regering se planne tov grondbesetting sal wees.

Die ANC se plan, soos vervat in die Groenskrif, sal Afrikaners van hul eiendomsreg en grond vervreem.

Die regering se beloftes oor grond aan hul swart kiesers het tot dusver nie gerealiseer nie en hulle blameer die “mislukking” van die restitusieprogram op boere.

Slegs agt persent van die land, van die 30%-teiken teen 2014, is herverdeel, het Zuma gewaarsku.

Nog ‘n ontleder, Aubrey Matshiqi van die Sentrum vir Beleidstudies, het Zuma se toespraak beskryf as “baie ambisieus” en gesê daar was ‘n gebrek aan besonderhede oor implementering.

Hy is egter getref deur wat Zuma gesê het oor die herverdeling van grond en wag om te sien of die regering van rigting sal verander in dié verband.

“Ons het 100 jaar gerou oor die afsetting van swart mense van hul grond. Dit sal interessant wees om te sien watter spesifieke maatreëls in plek sal kom om grondrestitusie te versnel,” het hy gesê.

Matshiqi het gesê Zuma het herhaal wat die voormalige president Thabo Mbeki het gesê oor die gewillige koper/gewillige verkoper-benadering wat ‘n stomp wapen is.

Zuma het geen melding gemaak van internasionale betrekkinge nie en ook nie van die probleme in die onderwys nie. Die jaarlikse nasionale assessering van 2011 toon dat 70 persent van die land se leerders nie die gewensde uitkomste vir geletterdheid en gesyferdheid bereik het nie.

Hy het net kortliks na Cop17 verwys as een van die regering se suksesse.

Die politieke kommentator, Susan Booysen, het gesê sy het meer besonderhede van Zuma se toespraak verwag.

Booysen het gesê dit gaan nogal ‘n paar jaar duur voordat Suid-Afrika ‘n impak van die belegging in infrastruktuur voel.

“Desperate mense kyk na hoe hulle kan oorleef en kos op die tafel bring vanjaar en volgende jaar,” het sy gesê en bygevoeg dat daar waarskynlik nie ‘n korttermyn-oplossing vir die probleme in die land is nie.

прокурор Фильчаков

Holomisa, Jeugliga fokus op ‘ekonomiese vryheid’

Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê Zuma en sy regering moet dapper genoeg wees om in die ekonomie in te gryp en dit nie aan die privaatsektor oor te laat nie.

Hy sê in die lig van die huidige dreigende wêreldresessie wil die UDM sien hoe gereed die Presidensie is om die ekonomie teen ‘n insinking te verskans en werkgeleenthede te beskerm.

Volgens Holomisa is die Suid-Afrikaanse ekonomie nog steeds in die hande van ‘n klein minderheid, en daarom behoort werkskepping nie aan die privaatsektor oorgelaat te word nie. Hy sê die regering se ingryping in die ekonomie sal ‘n positiewe invloed op werkskepping hê.

Die parlement sê ales is gereed vir vanaand. Die staatsrede sal op SABC-twee en alle Openbare radiostasies van die SAUK uitgesaai word.

Die geskorsste president van die ANC Jeugliga, Julius Malema, sal vandag ‘n Nasionale Uitvoerende Komitee vergadering en lekgotla van die Liga bywoon.

Dit kan sy laaste NUK-vergadering wees. Malema en sy uitvoerende komitee sal oor die volgende vier dae in Pretoria vergader om die Liga se 12 maande plan van aksie te bespreek.

Daar word verwag dat die Liga met die oog op die ANC se nasionale beleidskonferensie in Junie op strategieë sal konsentreer om te verseker dat hulle program vir ekonomiese vryheid ‘n belangrike fokuspunt sal vorm.

Malema sal die verrigtinge môre-oggend open waarna adjunkpresident Kgalema Motlanthe die lekgotla sal toespreek.

лобановский александр биография