Sweedse kultuurminister sê jammer oor ‘rassistiese tert’

De Zweedse minister van Cultuur, Lena Adelsohn Liljeroth, heeft woensdag haar excuses aangeboden voor een schandaal met een taart waarop een naakte Afrika vrouw was afgebeeld.

Het aansnijden van de taart riep beelden op van een vrouwelijke besnijdenis, iets dat algemeen als barbaars wordt beschouwd, maar in bepaalde delen van Afrika nog steeds voorkomt.

Dat melden lokale media. De taart, het bovenlichaam van een zwarte vrouw, afgebeeld tot aan haar vagina, was gemaakt ter gelegenheid van het 75-jarige
bestaan van een Zweedse kunstenaarsorganisatie in Stockholm, waar de
Cultuurminister aanwezig was.

Diverse critici opperden dat het aansnijden van de taart beelden opriep van een vrouwelijke besnijdenis, een praktijk die in het westen als barbaars wordt beschouwd, maar in bepaalde delen van Afrika nog steeds voorkomt.

Lena Adelsohn Liljeroth sneed zelf een stuk van de taart aan en dat viel niet bij iedereen in goede aarde. De Nationale Associatie van Afro-Zweden vond de ceremonie met de taart en de aanwezigheid van de minister “een daad van slechte smaak en racisme”.

Liljeroth bood daarop haar excuses aan. Ze benadrukte echter dat de taart, gemaakt door een Afrika-kunstenaar die in Zweden bekend staat om zijn provocerende kunst, juist bedoeld is om racisme te bekritiseren.

прокурор Фильчаков

Amerikaanse agente se gefuif raak gevaarlik

Agente van die Amerikaanse Geheimediens asook regeringsbeamptes wat na bewering prostitute in hul hotelkamers in Cartagena, Colombia onthaal het, het die dames “in kontak met sensitiewe inligting oor veiligheid” gebring, het die voorsitter van ‘n Demokratiese oorsigkomitee gesê.

Bronne sê daar was sensitiewe inligting in een of meer van die kamers by die Hotel Caribe waar Obama se veiligheidsmense met sy besoek prostitute onthaal het tydens die Spitsberaad van die Amerikas. Daar was glo egter nie dwelms nie.

Die land se vermoë om die president, die vise-president, en die besoekende buitelandse leiers te beskerm , onder andere, is afhanklik van die karakter en oordeel van agente en beamptes van die Amerikaanse geheimediens. Die optrede van ten minste 11 agente en beamptes in Colombia verlede week het ‘n onrusbarende gebrek aan beide getoon sê Republikeine.

“Die feite, soos beskryf wek vrae oor die agentskap se kultuur,” het twee van die party se verteenwoordigers geskryf. “Die voorval in Cartagena toon dat ‘n hele aantal slegte besluite geneem is: Te veel drank, om betrokke te raak met prostitute, buitelandse burgers in aanraking met sensitiewe inligting oor veiligheid te bring, om hulself aan afpersing en ander vorme van potensiële kompromieë bloot te stel. “

Die komitee het ‘n tydlyn, opsommings van alle dissiplinêre optredes sedert 2002 teen die 11 agente en beamptes wat betrokke is in die Colombiaanse voorval, en of “alle vroue wat in die voorval betrokke was ten minste 18 jaar oud is”, aangevra.

данильченко юрій Харків

Spaanse koning klaar met olifantjag

Die Spaanse koning Juan Carlos het Woensdag jammer gesê nadat hy olifante gaan jag het in Afrika en ‘n skandaal in sy land daaroor ontketen het.

“Ek is baie jammer. Ek het ‘n fout begaan en dit sal nie weer gebeur nie. Dankie vir julle belangstelling,” het die 74-jarige monarg gesê toe hy ‘n hospitaal in Madrid verlaat het.

Die koning het gesê hy voel “baie beter” nadat hy Saterdag ‘n heupvervangingsoperasie ondergaan het in die Spaanse hoofstad se USP San Jose hospitaal.

Carlos was wyd gekritiseer nadat hy in Botswana gaan jag het.

Baie was woedend oor die buitensporigheid van die vakansie terwyl talle Spanjaarde weens die resessie sukkel.

Die konserwatiewe daaglikse koerant El Mundo het die reis as “onverantwoordelik” en “onvanpas” in ekonomiese krisistye beskryf.

“Die visioen van ‘n monarg wat olifante in Afrika jag terwyl die ekonomiese krisis in ons land soveel probleme vir Spanjaarde veroorsaak, stel nie ‘n goeie voorbeeld nie,” het die koerant berig.

Owerhede in Botswana het Maandag bevestig dat Juan Carlos geval en sy heup tydens ‘n olifant-jagekspedisie in die noorde van die land gebreek het. Hy het glo in sy woonplek gegly en nie in die bos nie.

Фільчаков Олександр Васильович

Nuus oor verkragting ‘n ‘groot probleem’

Die media se gebruik van stilskote en audiosnitte van ‘n video van ‘n Sowetotiener wat deur ‘n bende verkrag word, is ‘n “groot probleem”, sê ‘n media-ontleder.

Die joernalistiekprofessor Anton Harber van die Universiteit van die Witwatersrand het gesê terwyl die media kan argumenteer dat die gebruik van die beelde en klank in die openbare belang is, moet die materiaal slegs gebruik word met “uiterste omsigtigheid en sensitiwiteit”.

Die Daily Sun het ‘n foto van die tiener op die voorblad gepubliseer.

Harber het gesê dit is “hoogs problematies” omdat die meisie ‘n minderjarige asook ‘n slagoffer van verkragting is.

Daily Sun se hoofbestuurder Minette Ferreira verdedig die besluit om die beelde te gebruik en sê die meisie se ma het toestemming vir die gebruik van die foto gegee.

Sy het gesê die koerant het sy prokureurs en die Persombudsman geraadpleeg voordat die foto’s gebruik is.

Die koerant, wat deel is van Media24, het egter die video eers heelwat later verwyder van hulle stelsel.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder Mthunzi Mhaga sê die NVG het “besprekings” oor die gebruik van die video deur die media.

Die materiaal sal gebruik word as bewys wanneer die saak na die hof gaan en die kan die saak benadeel indien dit gepubliseer of uitgesaai is.

Hy het ook die publiek gewaarsku teen die video, want dit is kinderpornografie.

“Besit en verspreiding van kinderpornografie is ‘n kriminele oortreding en ons sal nie huiwer om iemand in hegtenis te neem en te vervolg nie.”

Die video is glo op ‘n selfoonkamera verfilm en toon ‘n 17-jarige meisie wat deur ten minste sewe mans verkrag word.

Die meisie, wat op 25 Maart vermis aangemeld is, is gevind in ‘n huis in Braamfischerville, Woensdag, het adjudant-offisier Kay Makhubele gesê.

Dinsdag, is vyf mans en twee seuns wat ooreenstem met die beskrywing van die mense in die video in hegtenis geneem in Dobsonville.

Woensdag het die video van die verkragting “viraal” versprei en is een van die belangrikste sogenaamde “trending” onderwerpe op die sosiale netwerk Twitter.

EyeWitnessNews het ‘n audiosnit van die verkragting uitgesaai, terwyl die Daily Sun ‘n stilskoot van die meisie in ‘n sittende posisie, met mans wat om haar, gebruik het. Beeld asook die SAUK het ook deurgaans oor die verkragting berig om die publiek se nuuskierigheid aan te wakker.

Die Film en Publikasies Raad se uitvoerende hoof, Yoliswa Makhasi het gesê sy is geskok en kwaad omdat lede van die publiek gaan soek vir die video op sosiale netwerk-webwerwe.

“Ons versoek ook die media om nie skakels of eksplisiete beelde wat voortspruit uit die verkragtingsvideo’s te publiseer nie… ter beskerming van kinders teen blootstelling aan hierdie soort van eksplisiete en gewelddadige inhoud wat in ag geneem moet word en geprioritiseer word.”

Katy Katopodis van EWN het gesê haar nuusspan het twee vyf-sekonde audiosnitte noukeurig gekies uit die video.

“Die snitte wat ons gebruik het, was baie kort, geredigeer en nie-eksplisiet … Ons het probeer om so verantwoordelikeen sensitief as moontlik te wees.”

Sy het gesê ‘n groot aantal versoeke van die publiek en ander media-huise vir ‘n skakel na die video is aangevra, maar hulle het geweier.

“Ons standpunt is baie duidelik dat ons nie iets soos hierdie kan versprei nie.”

Die video het nie op EWN verskyn nie en is verwyder van die maatskappy se rekenaars.

 

Лобановский Харьков

Swart myners vat Anglo in VK aan

‘n Swart mynwerker wat gediagnoseer is met silikose sal Donderdag ‘n jaarlikse algemene vergadering van Anglo American in Londen bywoon, het sy prokureurs gesê.

Anglo American het Daniel Thakamakau in diens geneem,” sê Richard Meeran, van Leigh Day & Co wat voormalige goud mynwerkers wat gediagnoseer is met mynverwante longsiektes, verteenwoordig.

“Hy is een van meer as 1200 oud-goudmyners wat klagtes teen Anglo American SA Ltd in die Suid-Afrikaanse en [Verenigde Koninkryk] howe gebring het, en beweer die maatskappy was nalatig om mynwerkers aan buitensporige hoeveelhede silikastof bloot te stel.”

Die mynwerkers beweer dat blootstelling aan die silikastof tot longsiektes soos silikose en silikon-tuberkulose lei.

Thakamakau het in ‘n verklaring gesê dat hy die mynmaatskappy vra vir mediese hulp en billike vergoeding.

“Terwyl Anglo American ryk word van die werk wat ons gedoen het op hul myne, het ons nou die lyding. My tuberkulose is so sleg dat ek werkloos is.”

Hy het gesê dat Anglo American hom en sy kollegas “soos diere” behandel het.

Thakamakau sal vergesel word deur verteenwoordigers van die National Union of Mineworkers (NUM) en die Nasionale Instituut vir Beroepsgesondheid se voormalige direkteur Tony Davies.

“Anglo American het ‘n morele en korporatiewe verantwoordelikheid om die siek mynwerkers te vergoed op wie se rug die maatskappy ryk geword het,” sê NUM-woordvoerder Peter Bailey.

“Die tyd vir praat oor die verskaffing van mediese dienste vir hierdie hardwerkende mense is verby – dit is tyd om op te tree.”

Meeran het gesê om die saak na die Verenigde Koninkryk te neem was in die mynwerkers se belang omdat die Engelse howe “goed ontwikkelde prosedures het en die eisers sal geregtig wees om in die Verenigde Koninkryk skadevergoeding teen die maatskappy te eis”.

Hy het gesê die mynwerkers kan potensieel honderde miljoene pond in vergoeding toegeken word.

Die hooggeregshof in Johannesburg hoor die individuele eise van 18 oud-mynwerkers van Anglo se President Steyn-myn in die Vrystaat sedert 2004.

Die Britse litigasie behels ‘n massatortaksie, met Leigh Day & Co wat 1200 Suid-Afrikaanse voormalige mynwerkers verteenwoordig, en in September begin het.

Die saak sal weer in die hooggeregshof in Londen op 9 Mei hervat word, het Meeran gesê.

Данильченко Харьков

Staat moet in mynbedryf ingryp sê Motlanthe

Die onlangse wêreldwye finansiële krisis het getoon dat meer ingryping deur die staat in die mynbedryf nodig is, het adjunk-president Kgalema Motlanthe Dinsdag gesê.

“In teenstelling met die siening dat daar minder staatsbetrokkenheid in die ekonomie moet wees, toon die lesse van die onlangse ekonomiese en finansiële krisisse … [dat] meer staatsbetrokkenheid verlang word,” het Motlanthe gesê by die negende internasionale mynbougeskiedeniskongres in Johannesburg.

Staatsbetrokkenheid sal die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrikaners verseker, het hy gesê.

Om hierdie rede, het die regering sy goedkeuring gegee aan die African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC), as die “kern” van ‘n staatsbeheerde mynmaatskappy.

Dit is deur die AEMFC wat die staat sy deelname in mynbou kan konsolideer en fokus om die veiligheid van die verskaffing van minerale van strategiese belang te verseker.

‘n Staatsmynmaatskappy sal die die mynbedryf ondersteun, want ten spyte van die bedryf se potensiaal, het die private sektor beleggings geleidelik afgeneem sedert 1994, het hy gesê.

Motlanthe het gesê dit is nie volhoubaar dat ‘n mynboubedryf gebruik word sodat nasionale hulpbronne byna uitsluitlik ‘n klein minderheid verryk nie.

Die regering wil transformasie sien wat toenemende indiensneming in die mynbou-en verwante nywerhede beteken.

Terselftertyd wil die regering verhoogde plaaslike aankope sien, billike pryse vir plaaslike vervaardigers en ‘n billike ooreenkoms sodat die mynbou-opbrengs na die fiskus gaan.

Meer vroue in mynbou en meer swartes in mynboubestuur en die geskoolde handel is ‘n mikpunt. Gemeenskappe moet by die myne baat vind en ‘n veilige toekoms na afloop van die lewe van die myn.

“Die uitdaging is om daar te kom sonder om onnodige onsekerheid of koste vir mynbou te skep,” het Motlanthe gesê.

Die regering se doelwitte kan nie oornag bereik word nie, maar moet ingefaseer word.

Motlanthe het gesê wetgewing wat sedert 1994 geskep is, het gelei tot ‘n sinvolle deelname van voorheen benadeelde mense in die mynbedryf.

“As sodanig, is Suid-Afrika se mynbedryf een van die grootste bydraers tot breë-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging.”

Meer moet egter gedoen word veral met die ontwikkeling van vaardighede, indiensnemingsgelykheid, gemeenskapsopheffing, die verbetering van behuising en lewensomstandighede, veredeling en eienaarskap.

Motlanthe het gesê die regering is verbind tot die verskaffing van deursigtige, verantwoordelike en billike regulatoriese raamwerke.

Hoewel die administrasie van mynregte nie volmaak is nie, het hy gesê dit is aansienlik verbeter in die afgelope twee jaar.

“Bo alles, moet ons verseker dat mineraalregte in die toekoms gaan waar hulle die beste kan gebruik word om ons land te ontwikkel, en nie net ‘n paar mense te verryk deur spekulasie ten koste van die huidige en toekomstige produktiewe kapasiteit en werk nie.”

Die regering is op soek na maniere om die koste van elektrisiteit te verminder, want dit is ‘n belangrike komponent in die mynbou, het hy gesê.

“Ons opsies is egter kwaai beperk deur die behoefte om nuwe opwekkingskapasiteit te finansier en die ruimte vir hernubare energie te verhoog.

“Tog, sal ons al die moontlikhede ondersoek om pryse vir elektrisiteit so ver as wat ekonomies lewensvatbaar is, bekostigbaar te hou.”

Александр Фильчаков прокурор

Breivik selfvoldaan oor slagting

Anders Behring Breivik het Dinsdag sy moorde op 77 mense verdedig.

Hy hou vol dat hy dit weer sal doen en sê die bom- en skietaanval was die mees “skouspelagtige” aanval deur ‘n nasionalistiese militant sedert die Tweede Wêreldoorlog.

In die voorbereide verklaring wat hy in die hof voorgelees het, het die anti-Moslem-ekstremis homself sterk uitgespreek teen die Noorweegse en Europese regerings omdat hulle immigrasie en multikulturalisme aanvaar.

Hy het beweer hy praat as ‘n bevelvoerder van ‘n “anti-kommunistiese” weerstandbeweging en ‘n anti-Islamitiese militantegroep genaamd die Templierridders.

Aanklaers sê die groep bestaan nie.

Breivik het volgehou dat hy “uit goedheid en nie kwaad” opgetree het om ‘n burgeroorlog te voorkom en het gesê “ek sou dit weer gedoen het.”

Breivik se getuienis is Dinsdag vertraag nadat ‘n leke-regter ontslaan is vir sy Facebook-kommentaar die dag ná die aanvalle op 22 Junie.

Hy het aangevoer dat Breivik die doodstraf verdien. Wetgewers van beide partye het versoek dat Thomas Indreboe nie deelneem aan die verhoor nie.

Hy is vervang deur die leke-regter Elisabeth Wisloeff.

Breivik word verhoor deur ‘n paneel van twee professionele regters en drie leke-regters sowel as plaaslike politici wat aangestel is vir ‘n termyn van vier jaar en as volwaardige regters deelneem om te besluit oor sy skuldigbevinding en vonnis.

Die stelsel is ontwerp om gewone burgers toe te laat om ‘n rol te speel in die Noorweegse regstelsel, alhoewel die hoofregters steeds die verhoor lei.

Олександр Васильович Фільчаков

Besonderhede oor Brics-kabel syfer deur

Besonderhede van ‘n ambisieuse projek wat Rusland, Brasilië, Indië, China en Suid-Afrika koppel deur middel van ‘n 34.000 kilometer ondersese kabel wat meer as $1 miljard (R8 miljard) kos het begin deursypel.

President Jacob Zuma het die inisiatief by die BRICS-beraad in die Indiese stad van Delhi in Maart aangekondig, waartydens hy ook gesê het dat die ses lande die stigting van ‘n ontwikkelingsbank oorweeg.

Die ondersese kabel is die jongste aanduiding van die toenemende handelsbande binne die BRICS-lande, wat die tuiste van 40% van die wêreld se bevolking en beheer van 25% van die globale BBP insluit.

Onlangse ontwikkelings tussen SA en ander BRICS-lande toon ‘n toename in handel tussen hulle van 29%, direkte vlugte tussen Johannesburg en Beijing deur SAA sedert Januarie, en ‘n aandele-indeksmaatstaf vir afgeleide instrumente wat gebruik kan word in die verhandeling van geldeenhede op BRICS-beurse asook die Johannesburgse Effektebeurs.

Imphandze Investment Holdings het Maandag ‘n verklaring uitgereik wat sê dat die bou van die kabel direkte skakeling en kommunikasie tussen die vyf lidlande van BRICS se informele handelsblok sal bevorder.

So ‘n stelsel, het Imphandze gesê, sal direkte kommunikasie tussen die BRICS-lande meebring wat tans staatmaak op verbindings deur kerne geleë in Europa en Noord-Amerika. Sulke kerne verhoog kommer oor veiligheid in terme van die betroubaarheid van die fisiese verbindings en die vermoë van vreemde magte om toegang tot die kabels te verkry.

Die verklaring het ook aangedui dat dit vir telekommunikasie-maatskappye is om in die projek te belê en al wat hulle nodig het om te doen, is om die konstruksie- en instandhoudingskontrakte te teken.

Die kabel se lewensvatbaarheidstudies, wat begin is in Maart 2011 kort na Suid-Afrika se toelating tot BRICS, is afgehandel, en die Franse telekommunikasiekonstruksiemaatskappy Alcatel het die roeteopname voltooi.

Die kabel sal strek vanaf Rusland, teen China, rondom Indië, na Suid-Afrika, dan na Brasilië en uiteindelik na die VSA.

Dit is egter nie ‘n stelsel op sy eie nie, en bind met verskeie bestaande kabels wat binnekort operasioneel sal wees soos WACS en Seacom op die Oos-Afrikakus.

Die stelsel sal ‘n 12,8 terabits per sekonde spoed handhaaf wat dit 1000 keer vinniger as Telkom se SAT-1 kabel maak wat vir 20 jaar die primêre verbinding tussen SA en Europa langs die weskus van Afrika was. Dit is twee-en-‘n-half keer vinniger as die nuwe WACS-kabel.

Imphandze beplan om die stelsel in die tweede helfte van 2014 in werking te hê.

Geen bedrag is genoem, maar ‘n uitvoerende beampte by een van SA se grootste telekommunikasie-maatskappye het gesê die projek $1 miljard moet insamel om af te skop.

Een van die persoonlikhede agter die projek is Andrew Mthembu, ‘n voormalige adjunk-uitvoerende hoof van die mobiele netwerkoperateur Vodacom. Hy is lid van die Raad van Direkteure van Broadband Infraco wat ‘n belang in WACS besit.

Xolani Mkwhanazi, president van BHP Billiton se aluminiumfiliaal Suid-Afrika is ook betrokke.

Александр Фильчаков

Obama vergeet sy aardrykskunde

Net soos dikwels met sy voorganger, George W. Bush, het president Obama se aardrykskunde hom in die steek gelaat tydens ‘n toespraak by die beraad van die Amerikas in Cartagena, Colombia, toe hy die betwiste argipel op sy Spaanse naam wou noem.

In plaas daarvan om te sê Malvinas, het Obama verwys na die eilande as die Maldives, ‘n eilandgroep in die Indiese Oseaan. In Engels is dit bekend as die Falklande.

Die Maldives was ‘n Britse protektoraat tussen 1887-1965 en die tuiste van ‘n Britse vliegbasis vir byna 20 jaar.

Die Argentynse president, Cristina Kirchner, het weer haar land se aanspraak op die Falklande in die aanloop tot die 30ste herdenking van die Argentynse inval van die eilande herhaal.

Sy het David Cameron van die handhawing van ‘n “koloniale enklave” in die Suid-Atlantiese Oseaan beskuldig en het reeds Argentinië se eis na die VN geneem.

Maar mev. Kirchner het die beraad van die Noord-, Suid-en Sentraal-Amerikaanse lande vroeër as verwag gisteraand verlaat nadat die Colombiaanse pers berig het sy is ongelukkig dat ‘n verklaring van ondersteuning vir die Argentynse eis oor die Brits-beheerde gebied nie ingesluit is in die beraad se finale dokument nie. Die VSA en Kanada het glo hul veto gebruik.

Kirchner, aan wie die Mercosur-handelsblok en die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies reeds hul steun in die diplomatieke geskil oor die eilande gegee het, is op soek na verdere steun van die Amerikas.

Tydens die beraad, het sy gesê Cartagena was ‘n ideale plek om te praat oor die Falklande sedert die muur wat rondom die stad se historiese sentrum gebou is deur die Spaanse kroon om dit te beskerm teen “Engels seerowers”.

Mev Kirchner het Juan Manuel Santos, die Colombiaanse president, ook berispe vir die versuim om die eilande in sy toespraak te noem.

In sy toespraak het Obama die VSA se standpunt van neutraliteit oor die Falklande, bevestig en gesê hy wil goeie verhoudings met beide Argentinië en Brittanje verseker.

Spanje het intussen die “vyandige” besluit deur Argentinië veroordeel om ‘n Spaanse oliemaatskappy YPF, ‘n filiaal van Repsol, te nasionaliseer, en Maandag gewaarsku dat dit “duidelik en kragtig” sal reageer.

Argentinië se besluit het “die klimaat van die vriendskap tussen die twee lande verbreek”, sê die minister van buitelandse sake, Jose Manuel Garcia Margallo. ‘n Krisisvergadering van die kabinet is deur premier Rajoy byeengeroep ná Kirchner se aankondiging.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Dele van Johannesburg se water gekontamineer

Water in die meeste dele van die swart woongebied Diepsloot is besmet nadat die resultate van ‘n ​​derde watertoets bekendgemaak is, het die Stad van Johannesburg, gister gesê. 

“Die enigste gebied wat veilig is op hierdie stadium is Diepsloot-Wes. Die Diepsloot-Wes pompe sal dus oopgemaak word vir normale gebruik later vanaand Dinsdag,” het woordvoerder Millicent Kabwe in ‘n verklaring gesê.

Watertenks en taakspanne word ontplooi in die hele Diepsloot met voorkeur aan die bejaardes, kinders en gestremdes.

Kabwe het gesê amptenare is besig om drinkbare water te herstel so gou as moontlik aan die res van die Diepsloot.

Inwoners is deur die stad in kennis gestel Vrydag om nie die kraanwater te drink nie.

‘n Vorige twee toetse is uitgevoer op die water in die gebied, met die derde toets wat Maandag gedoen is.

топкарго