Die plaaslike boerevereniging en polisie het die soektog an die 46-jarige ontvoerde boervrou, Hennielene Botha van ‘n plaas naby Ohrigstad, opgeskerp. Dit volg nadat hulpkrete vanuit ‘n motor se kattebak deur ‘n groep buitelandse toeriste gehoor is.
Die groep toeriste het die krete gehoor terwyl hulle self beroof is nadat hulle bussie naby Graskop onklaar geraak het.
Volgens mnr. Cor Cross van die Ohrigstadse boerevereniging gaan hulle hul soektog na mev. Botha konsentreer op die Graskopgebied.
Volgens ‘n woordvoerder van die polisie, Armand de Beer, het die voertuig waarin die 14 toeriste – vanuit Brittanje, Kanada en die VSA – gereis het, naby Graskop gaan staan. Die voertuig wat hul rowers gebruik het, was ‘n silwer Toyota Corolla registrasienommer BMN 559L, Hennielene Botha se motor waarin sy Saterdagnag ontvoer is.
кабиныФільчаков Олександр Васильович прокурор