Renosters weer deur stropers getakel

Twee renosters, ‘n ma en haar kalf, is in die leeupark in Kromdraai, Gauteng deur wildstropers doodgemaak, het die Gautengse polisie Saterdag gesê.

Die geslagte renosters is Saterdagoggend in die reservaat in Muldersdrift, wes van Johannesburg, gevind.

Die ma se horing was verwyder, het adjudant-offisier Odette van Staden gesê.

“Hierdie is nie die eerste insident nie. Twee ander renosters is ‘n paar maande gelede doodgemaak en geslag,” het sy gesê.

casino downloadsданильченко юрій Харків

Shilowa eenparig as Cope-leier benoem

Mbhazima Shilowa, Cope se adjunk-president, is eenparig benoem as die party se leier tydens die party se verkiesingskonferensie in Pretoria.

Ander benoemings sluit Charlotte Lobe as adjunk-president, Mluleki George as tweede adjunk-president en Mvume Dandala as sekretaris-generaal in.

“Ek aanvaar die benoeming,” het Shilowa gesê.

Die ander het ook hul benoemings aanvaar.

Intussen het die hooggeregshof in Johannesburg Saterdag ‘n interdik wat keer dat Cope se verkiesingskonferensie voorgaan, goedgekeur.

Die aansoek vir die interdik is deur Cope se leier, Mosiuoa Lekota, gedoen.

Shilowa het gesê die party sal die interdik respekteer, maar direk daarna ‘n stemming gehou en daarmee is Lekota uitegerangeer.

Mense hang ook steeds buite die St George’s Hotel rond nadat geweld vroeër vandag tydens die konferensie daar uitgebreek het.

под ключлобановский супермаркет класс

Verslaggewer snuffel AK-militante uit

‘n Ondersoek deur verslaggewer Jacques Pauw het bevind dat verskeie ondersteuners van die Somaliese militante groep Al-Shabaab vlugtelingstatus in Suid-Afrika gekry het.

Rapport berig dat die departement van binnelandse sake dié Somaliërs twee weke lank ondervra het voordat hulle hul vlugtelingspermitte ontvang het. Die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) is daarna ingelig dat die Al Kaida-verwante groep se lede wel toegang tot die land verkry het.

Ten minste 14 lede van die militante groep het glo verlede maand by die Lebombo-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek opgedaag. Onder die 14 tel ‘n chemiese wetenskaplike asook enkele onderwysers.

In September verlede jaar is ‘n ondersoek na Al-Shabaab se teenwoordigheid in Suid-Afrika geloods nadat die Amerikaanse ambassade in Pretoria gesluit is vanweë dreigemente om die VSA se belange in Suid-Afrika aan te val.

Osman Ali, woordvoerder van die Somaliese raad in Suid-Afrika, het blykbaar erken dat enkele fundamentaliste dalk die land binnegekom het.

 

акцентное освещение светодиодноеФильчаков прокурор харькова

Noorweë stuur diplomatieke nota oor Manyi se misdryf

Noorweë se ambassadeur in Suid-Afrika het ‘n vergadering met die minister van arbeid Membathisi Mdladlana versoek, om sy bekommernis oor Jimmy Manyi, direkteur-generaal van arbeid, se optrede tydens ‘n amptelike vergadering, te bespreek.

“Daar is sekere dinge bespreek en die manier waarop hulle opgehaal is in die vergadering, het ons nie waardeer nie, ” het ambassadeur Tor Christen-Hilda Donderdag aan Sapa gesê.

Hy het gesê dat Mdladlana het ingestem tot ‘n vergadering, maar ‘n datum moet nog geskeduleer word.

Christen-Hilda en twee ander senior diplomate van die Noorse missie het met Manyi in Pretoria aan die begin van Maart byeengekom. Noorweë wou samewerking met Suid-Afrika se program deur die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) bespreek.

Hy het gesê die swart ekonomiese bemagtigingsbeleid is bespreek tydens die vergadering, maar wou nie verder uitbrei oor sy redes vir die stuur van ‘n diplomatieke nota aan die minister van Internasionale Aangeleenthede en Samewerking, Maite Nkoana Mashabane, wat die saak aangestuur het na Mdladlana nie.

“Ek wil nie ingaan op die besonderhede van wat gebeur het nie.”

Manyi het gesê die vergadering Donderdag het gehandel oor probleme wat Noorse maatskappye met SEB ondervind. Hy het glo aangebied om hulle in detail oor die regering se beleid in hierdie verband in te lig.

Die direkteur-generaal, wat ook president van die Black Management Forum (BMF) is, het gesê hy sien niks verkeerd met sy aanbod nie en was verbaas dat die diplomate dit as ‘n misdryf sien.

“Ek hou baie van hierdie aanbiedings in my persoonlike hoedanigheid en ek moet byvoeg dat ek nie ‘n fooi vra nie, ek doen dit omdat ek passievol oor transformasie is.”

Manyi het bygevoeg dat daar geen botsing van belange tussen sy pos by die departement en sy voorsitterskap van die BMF is nie.

сауны фотоФильчаков прокуратура харьков

WB-stadion sonder rotte en duiwe

‘n Suid-Afrikaanse Wêreldbeker-stadion het hom tot roofvoëls gewend om duiwe en rotte in ‘n anti-plaag strategie uit te roei in plaas van gifstowwe.

Die nuwe 46 000-sitplek-stadion in Port Elizabeth gebruik verskeie voëls en vlermuishuise onder die buitenste rand van die opvallende blom-vormige dak om lugjagters te trek.

“Ons is heeltemal gifvry. Dit is die enigste stadion met ‘n program soos dit in plek is as ‘n plaagafskrikmiddel, ” het Rob Hichens bestuurder aan AFP gesê.

Die strategie is ontwerp as ‘n harmonieuse stelsel: die wilde roofvoëls jag en verjaag duiwe, wat die berugte slordige voëls se neste en mis uitskakel wat rotte sou lok.

“Duiwe is baie slordig. Die hele stad is besaai met hulle. Ek het ‘n wilde duif-telling in die stad en ons het meer as 10,000 voëls, ” sê Arnold Slabbert van die Stedelike Roofvoëlprojek, wat die plaagstrategie opgestel het.

Die voëls dra luise en siektes in die mis wat skade aan sitplekke aanrig terwyl rotte die neste inval vir eiers en kuikens, het hy gesê.

“Onmiddellik as jy ‘n groot duifprobleem ontwikkel, veroorsaak dit ‘n rotprobleem. Jy wil nie duiwe in ‘n stadion hê nie, einde van storie.”

Die roofvoëls kan gesien word waar hulle bo die tweemiljardrand-stadion sweef, terwyl kwikstertjies insekte op die gras onder oppik.

“Op die oomblik, is daar drie valke in die stadion. Hulle jag redelik omvattend,” het hy gesê.

“Hulle is baie effektief met die beheer van die duifbevolking. Die duiwe kom nie naby die stadion nie, hulle bly net weg. Dit is ‘n wonderlike afskrikmiddel.”

Vlermuisbokse is ook gebou in bome en onder die buitenste stadiondak vir inheemse vlermuise – wat 132 muskiete in ‘n uur kan eet – omdat die stadion se ligte en sy waterryke omgewing insekte lok.

 

“Ek kyk na ‘n geïntegreerde beheer van al die plaagspesies. Ek skep ‘n volledige bietjie ekosisteem hier,” sê Slabbert.

“Dit is die enigste Wêreldbekerstadion wat dit doen en dit is die enigste wat beslis nie ‘n voëlprobleem het nie.”

очистка топливныхпрокурор Фильчаков

VSA reik waarskuwing uit vir WB

Die VSA se State Department het ‘n waarskuwing uitgereik dat reisende Amerikaanse burgers na Suid-Afrika vir die Wêreldbeker met die gevaar van terrorisme en misdaad te kampe het.

“Daar is ‘n groter risiko dat ekstremistiese groepe terreur in Suid-Afrika in die nabye toekoms kan pleeg,” het die departement in ‘n waarskuwing Donderdag gesê.

“Terwyl ‘n aantal terreurdreigemente vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika verskyn het in die media in die afgelope weke en maande het die Amerikaanse regering geen inligting oor ‘n spesifieke, geloofwaardige dreigement dat ‘n aanval deur ‘n individu of groep beplan word om saam te val met die toernooi nie.”

Die State Department het gesê dit sal enige inligting openbaar maak van ‘n spesifieke en geloofwaardige bedreiging.

VSA-burgers word aangeraai om die motordeure en vensters gesluit te hou terwyl hulle ry en nie waardevolle items te laat sien of duur juweliersware te dra nie.

Die waarskuwing het gesê die openbare vervoer is “swak ontwikkel” en burgers aangeraai om van huurmotors of private vervoer gebruik te maak. En by kruisings in die nag of in afgeleë gebiede, word aangeraai dat ruimte gelaat word vir ‘n “wegkomkans”.

free 5 poundФильчаков прокуратура харьков

Vyf martel perd dood

Vyf jeugdiges van Macassar, word daarvan beskuldig dat hulle ‘n afgetrede trekperd doodgemartel het.

Hulle het na bewering ‘n rytoom van hakiesdraad gemaak en die perd, Bukshi, gery tot hy dood is.

Die groep jongmense het hom in die ribbes gesteek om hom aan die beweeg te hou.

Bukshi is 50m van sy huis af, dood gevind.

Buite die landroshof in Somerset-Wes waar die jeugdiges vandag verskyn het, was daar sowat 26 betogers met plakkate wat woedend is oor die wrede manier waarop Bukshi gesterf het.

Bukshi het die afgelope 15 jaar op Anthea Myburgh se plaas gebly vanwaar die vyf jeugdiges,glo van Macassar, hom gesteel het.

Twee van die beskuldigdes is op borgtog vrygelaat terwyl die ander drie in aanhouding sal bly tot die verhoor.

Die saak is tot die 2de Junie uitgestel.

пневматический инструмент дляЛобановский Харьков

E-pos saai paniek

‘n Opsetlik misleidende e-pos wat beweer dat ‘n mensehandel-sindikaat in Port Elizabeth bedrywig is, is “onverantwoordelik” en mors die tyd van ondersoekbeamptes, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

“Die e-pos het beweer dat vroue en kinders in die Port Elizabeth-area ontvoer en dan verkoop word en het paniek gesaai onder inwoners,” het lt. genl. Mpumelelo Landu, polisiewoordvoerder, gesê.

“Mensehandel is wêreldwyd ‘n probleem en vorm deel van die SAPD se misdaadvoorkomingsveldtog. Dit is egter baie onverantwoordelik van mense om onwaarhede te versprei oor sogenaamde insidente of sindikate wat vroue en kinders ontvoer,” het Landu gesê.

Ondersoekbeamptes is glo oorval met oproepe oor die e-pos wat die ronde doen en het “kosbare tyd en geld” gemors om die beweerde voorvalle te ondersoek.

Die paniek rakende dié e-pos het verlede week nog verder uitgekring toe ‘n skoolmeisie beweer het dat twee mans probeer het om haar te ontvoer.

верхняя одежда для мальчиковАлександр Фильчаков Васильевич

Laseropspoorder by vloot gesteel

Die minister van verdediging en militêre veterane, me. Lindiwe Sisulu, het erken dat ‘n laser-opspoorder van die fregat, Amatola, gesteel is. Sy het dit erken in antwoord op ‘n amptelike vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die Parlement. Die diefstal van die apparaat was reeds aangemeld in Julie 2005, maar ‘n Raad van Ondersoek is eers op 12 Februarie 2008 aangestel om dit te ondersoek. Die waarde van die apparaat is ongeveer R6 500 en niemand is tot op hede daarvoor in hegtenis geneem nie.

“Die diefstal van ‘n sensitiewe apparaat vanaf ‘n fregat van die vloot is reeds kommerwekkend, maar wat kommerwekkender is, is dat ‘n Raad van Ondersoek eers amper drie jaar later ingestel is na die insident. Die hele aangeleentheid getuig nie net van laksheid en ongedissiplineerdheid op grondvlak nie, maar tot op die hoogste bestuursvlak,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging en Militêre Veterane vir die Vryheidsfront Plus.

Die Raad van Ondersoek het aanbeveel dat skrywes van aanmaning aan twee lede gegee word oor die nie-nakoming van oordragprosedures nie. Verdere aanbevelings was dat beter beheer op die brug toegepas word en dat oordragprosedures korrek nagevolg moet word. Die Raad het ook aanbeveel dat ‘n standaard werksprosedure vir die oordrag van skofte opgestel word en dat die apparaat afgeskryf word en vervang word op staatskoste. Volgens die minister is al die aanbevelings nagekom.

детская одежда интернет магазиныФильчаков прокуратура харьков

Amnestie sê SA se menseregte lyk bedroewend

Korrupsie en nepotisme beïnvloed dienslewering in Suid-Afrika, het Amnestie Internasionaal Donderdag gesê .

“Korrupsie en nepotisme belemmer die gemeenskap se toegang tot behuising en dienste, lei tot die ineenstorting van munisipale owerhede en tot wydverspreide protes onder geaffekteerde gemeenskappe,” lees ‘n verslag van Amnestie Internasionaal oor menseregte in Suid-Afrika.

“Aanhoudende armoede, stygende vlakke van werkloosheid, en gewelddadige misdaad, saam met die krisis in die openbare gesondheidsektor, is belangrike uitdagings vir die nuwe regering.”

Die verslag is getiteld “Die verslag van Amnestie Internasionaal 2010: Toestand van die wêreld se Menseregte”.

“Politieke ontwikkelinge het voortgegaan om die onafhanklikheid en integriteit van regspleging te beïnvloed,” lees die verslag.

Voorbeelde van bedenklike regspraak in die verslag is die terugtrekking van die korrupsie-aanklagte teen president Jacob Zuma, die vryspraak van die Wes-Kaapse Regter-president John Hlophe by die Regterlike Dienskommissie en die aanstelling van Menzi Simelane as Nasionale Vervolgingsgesag se hoof.

Die verhoor van ANC-Jeugliga president, Julius Malema, in die Gelykheidshof, is vir negatiewe kommentaar oor vroue ook uitgesonder.

Amnestie het ook melding gemaak van xenofobie in die algemeen, asook etniese aanvalle teen Pondos in Durban se Kennedy Pad informele nedersetting deur die Abahlali baseMjondolo.

In September, die lede en leiers van hul huise gevlug na Abahlali se aanvalle. In die nasleep, is hul huise vernietig en en is hulle met verdere geweld gedreig.

Polisie optrede en die strafregstelsel is ook onder die loep geneem.

Volgens Amnestie, is verskeie aantygings van marteling en “buite-geregtelike teregstellings” teen die polisie ingebring.

Amnestie het gesê sterftes in aanhouding het met 15% in 2009 gestyg het, met KwaZulu-Natal wat ‘n ongelooflike 47% styging getoon het.

“Verdagtes in verskeie gevalle is ondervra en aangerand terwyl dit sonder enige rekord van arrestasie geskied het.”

Amnestie sê in sy verslag Suid-Afrika het nie die Verenigde Nasies se Opsionele Protokol teen Marteling bekragtig nie.

детектор лжи проверить себяданильченко юрий брониславович прокурор