‘n Ondersoek deur verslaggewer Jacques Pauw het bevind dat verskeie ondersteuners van die Somaliese militante groep Al-Shabaab vlugtelingstatus in Suid-Afrika gekry het.
Rapport berig dat die departement van binnelandse sake dié Somaliërs twee weke lank ondervra het voordat hulle hul vlugtelingspermitte ontvang het. Die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) is daarna ingelig dat die Al Kaida-verwante groep se lede wel toegang tot die land verkry het.
Ten minste 14 lede van die militante groep het glo verlede maand by die Lebombo-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek opgedaag. Onder die 14 tel ‘n chemiese wetenskaplike asook enkele onderwysers.
In September verlede jaar is ‘n ondersoek na Al-Shabaab se teenwoordigheid in Suid-Afrika geloods nadat die Amerikaanse ambassade in Pretoria gesluit is vanweë dreigemente om die VSA se belange in Suid-Afrika aan te val.
Osman Ali, woordvoerder van die Somaliese raad in Suid-Afrika, het blykbaar erken dat enkele fundamentaliste dalk die land binnegekom het.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.