Vyf jeugdiges van Macassar, word daarvan beskuldig dat hulle ‘n afgetrede trekperd doodgemartel het.
Hulle het na bewering ‘n rytoom van hakiesdraad gemaak en die perd, Bukshi, gery tot hy dood is.
Die groep jongmense het hom in die ribbes gesteek om hom aan die beweeg te hou.
Bukshi is 50m van sy huis af, dood gevind.
Buite die landroshof in Somerset-Wes waar die jeugdiges vandag verskyn het, was daar sowat 26 betogers met plakkate wat woedend is oor die wrede manier waarop Bukshi gesterf het.
Bukshi het die afgelope 15 jaar op Anthea Myburgh se plaas gebly vanwaar die vyf jeugdiges,glo van Macassar, hom gesteel het.
Twee van die beskuldigdes is op borgtog vrygelaat terwyl die ander drie in aanhouding sal bly tot die verhoor.
Die saak is tot die 2de Junie uitgestel.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.