Zuma verdedig mediawet op ANC Today

Pres. Jacob  Zuma skryf in ANC Today, hy is “verstom” oor die “histerie” dat die voorgestelde media tribunaal ‘n poging is om inligting te beheer en plat te vee.

Hy het gesê vergelykings wat tans tussen die ANC en die vorige apartheidsregering getref word oor mediavryheid, is belaglik en agterbaks en ook ‘n ondraaglike belediging.

Die ANC sal in September in Durban tydens ‘n hoofraadsvergadering die mediawetgewing bespreek.

Zuma het kritici se besware as “misleidend” beskryf en gesê hulle kritiek “besoedel” die debat.

Zuma het die hoop uitgespreek dat die media sal “demokratiseer”. Hy het gesê: “Die tribunaal is veronderstel om alle Suid-Afrikaners – ryk en arm, swart en wit, in landelike sowel as stedelike gebiede – te beskerm.”

Zuma het benadruk at spraakvryheid nie bo die reg op privaatheid en menswaardigheid verhewe is nie. Die president het die gedrukte media se negatiewe houding teenoor die huidige bedeling betreur.

“Verstaan hierdie instellings werklik Suid-Afrikaners? Waarom was die media verras deur die ontploffing van nasionale trots tydens die toernooi?” Hy het gesê die koerante voer lesers ‘n daaglikse dieet van negatiwiteit en moedeloosheid en is nie op dieselfde “golflengte” as die ANC nie.

Zuma voel dat diegene wat “hulself tot bewakers van die samelewing verhef het, se tyd vir selfondersoek aangebreek het”.

Die president voel dat die gedrukte media beheer behoort te word soos die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Icasa) die uitsaaimedia reguleer in openbare belang.

 

 

casinosФильчаков прокурор харькова

Hip-Hop-sanger wil Haïti se nuwe president word

Wyclef Jean, voormalige lid van die Hip-Hop groep die Fugees, het Donderdag, 5 Augustus, bekendgemaak dat hy sal meeding as presidentskandidaat van Haïti, sy tuisland.

Die sanger het as gas van CNN se “Larry King Live” opgetree waar hy die gerugte bevestig het.

Hoewel jong mense in Haiti het met blydskap van Wyclef se kandidatuur verneem het, is die stap met agterdog begroet oor sy probleme met die Ontvanger in die VSA en met kwessies van die steel van geld uit sy eie liefdadigheidsorganisasie, Yele Haiti.

Die fondse was aanvanklik veronderstel om gebruik te word om sy landgenote na die onlangse vernietigende aarbewing te help. Die aardbewing het ten minste 60% van die land se infrastruktuur vernietig.

Wyclef Jean is in Haïti, in 1972 gebore. Op die ouderdom van nege het hy met sy gesin na die Verenigde State verhuis, waar hy grootgeword het.

липецк средстваФильчаков прокуратура харьков

Baie Afrikaners sluit glo by ANC aan, sê Mbalula

Adjunk-minister van polisie Fikile Mbalula sê ‘n onlangse telling toon die regerende ANC het meer as 820 000 lede – en baie van hulle is Afrikaners.

Mbalula het in Johannesburg gepraat, tydens ‘n inligtingsessie vir die media oor die Imvuselelo, die hernuwingsveldtog wat die ANC wil inspan om tot ‘n miljoen geregistreerde lede in 2012 te vorder.

Mbalula het gesê: “Die ANC is onvernietigbaar … Dit is veral Afrikaners wat by die ANC aansluit”.

Hy kon nie presies sê hoe baie Afrikaners by die ANC aangesluit het sedert President Jacob Zuma die veldtog in Mei geloods het nie.

“Hoeveel Afrikaners … ons nie dink ons beskik tans oor die inligting nie,” het Mbalula geantwoord, maar het onderneem om die inligting beskikbaar te stel by die party se nasionale algemene raadsvergadering volgende maand.

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het gesê dit is belangrik vir die ANC om lede te werf wat alle rasse en taalgroepe insluit.

“Een van die waardes van die ANC is om ‘n nie-rassige samelewing te bou … hoe bou ons ‘n Suid-Afrika wat vir almal is, as ons kan nie saamleef [met alle rasse] nie?”

Mbalula het gesê die ANC is besig om sy lidmaatskapdatabasis op te knap, waaruit dit blyk hulle het 1 800 000 lede, maar hierdie inligting is onbetroubaar en verouderd.

“Sommige van hulle het gesterf, sommige het oorgeloop na COPE … ons is basies besig om die stelsel skoon te maak. Ons wil nie die dooies en diegene wat weg is, tel nie.”

іграшкаАлександр Фильчаков прокурор

Onderwysers verkrag leerlinge

Vier onderwysers van die Filadelphia hoërskool vir gestremde kinders in Atteridgeville is afgedank nadat dit aan die lig gekom het dat hulle gestremde leerlinge verkrag het.

Die Gautengse Onderwysdepartement het raadslede na ‘n skool in Atteridgeville gestuur om ondersoek in te stel.

Dit is dieselfde skool waar die adjunkminister van Openbare Werke, Hendrietta Bogopane-Zulu, gesê het sy is meer as 20 jaar gelede verkrag.

Klaarblyklik het die onderwysers ‘n aantal leerlinge verkrag. Die saak is nou na die Suid-Afrikaanse Onderwysraad verwys, wat die bevoegdheid het om onderwysers van die register te verwyder.

chase game playтопкарго отзыв

Honderde kindersoldate deur LRA opgelei

Honderde kinders is die afgelope 18 maande deur die Ugandese rebellebeweging, die Lord’s Resistance Army (LRA), ontvoer om as kindersoldate te opgelei te word.

Die organisasie Human Rights Watch (HRW) het ‘n ondersoek gedoen wat aandui dat sowat ‘n derde van die LRA se ontvoerings kinders is. Die rebelle ontvoer ook volwassenes.

Die kinders word gedwing om as kindersoldate of seksslawe te werk.

Volgens Anneke van Woudenberg, ‘n senior navorser van dié organisasie, word kinders op ‘n gewelddadige wyse van hulle families verwyder.

Sowat 255 mense is al gedood deur die rebellebeweging se kindersoldate.

сварочный инвертор с функцией пуско зарядного устройстваtopcargo

Man gewond in casino-skietery

‘n Man is tydens ‘n rooftog by die Sibaya-casino in Durban gewond, het die polisie in Johannesburg Donderdag gesê.

Volgens kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het ses gewapende mans die casino Woensdagaand omstreeks 21:15 binnegestorm.

Die verdagtes het die personeel in die geldkluis aangehou en met ‘n onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.

“Daar was drie voertuie wat vir die verdagtes in die parkeerarea gewag het. Terwyl hul weggejaag het, het die verdagtes op ‘n man in sy motor geskiet.”

Na bewering is die slagoffer in die gesig en maag geskiet.

“Die polisie het na die CCTV-beeldmateriaal gekyk en ondersoek die saak. Ons is op hulle spoor,” het Naicker gesê.

дровяные печи каминыданильченко юрій Харків

Lyke onder in myn ontdek

Die Sowetan het eksklusief berig dat veiligheidswagte by die Aurora-myn in Springs ‘n reeks moorde gepleeg het en die lyke ondergronds versteek het.

Pres. Jacob Zuma se neef en Nelson Mandela se kleinseun besit ‘n deel van die myn.

Die wagte het na bewering Maandag sowat 20 onwettige myners doodgeskiet en hul lyke daarna ondergronds versteek. Die lyke het reeds begin om te ontbind.

‘n Span van die Sowetan het Woensdag ondersoek gaan instel by die myn en op vier lyke met skietwonde afgekom.

Die polisie sê die voorval is nooit aangemeld nie.

‘n Oorlewende het aan die koerant gesê hy het twee broers in die sinnelose skietery verloor. Hyself het die koeëlreën ontsnap deur te maak of hy dood is.

Die verslaggewer van die Sowetan moes ongeveer ‘n kilometer ondergronds gaan om die lyke op te spoor.

to playОлександр Васильович Фільчаков

Egpaar weier swart koper vir huis

In hierdie moeilike tye, sou ‘n mens dink dat eiendomsagente jeuk om eiendomme te verkoop aan almal met kontant in die hand.

Maar ‘n paartjie van Chicago, hulle agent, en hul makelaar word tans beskuldig van kieskeurigheid wat grens aan rassediskriminasie.

Daniël en Adrienne Sabbia word aangekla dat hulle geweier het om hul huis te verkoop aan ‘n swart egpaar as gevolg van hulle ras, het die Chicago Breaking News berig.

In Januarie, het Chicago-boorling en swart komediant George Willborn en sy vrou ‘n $1 700 000-aanbod op die 5-slaapkamer huis gemaak, wat die Sabbias aanvaar het, volgens die Amerikaanse Departement van Behuising en Stedelike Ontwikkeling, DBSO.

Maar die Sabbias het geweier om die koopkontrak te onderteken, en daar is aan DBSO-ondersoekbeamptes vertel dat mnr Sabbia “‘n voorkeur uitgespreek het om nie sy huis te verkoop aan ‘n Afro-Amerikaner nie,” volgens Breaking News Chicago.

DBSO het ook die Chicago Lowe Group Inc en eiendomsmakelaar Prudential Rubloff Eiendomme aangekla.

купить детский велосипед в интернетФильчаков прокурор

Cholera eis 155 in Kameroen

‘n Uitbraak van cholera in Kameroen het reeds 155 mense se lewens geëis.

Volgens die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) is daar sedert die uitbraak in Mei vanjaar 2 000 gevalle van cholera aangemeld.

Dit is die ergste uitbraak van dié siekte sedert 2004.

Die vrees ontstaan dat dié uitbraak na buurlande soos Nigerië, Tsjad en die Sentraal-Afrikaanse Republiek kan versprei.

Waterbehandeling en mediese toerusting word deur Unicef aan families in die land voorsien.

зал с камином в домеФильчаков

Swart aanvallers slaan man met panga dood

‘n 46-jarige man is dood toe vyf swart verdagtes hom aangerand het nadat hulle toegang verkry het tot sy kleinhoewe buite Tzaneen, het die polisie in Limpopo Woensdag gesê.

Volgens lt. kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het die verdagtes balaklawas gedra en die eienaar Dinsdagaand by die hek van die hoewe ingewag.

“Hulle het die slagoffers met pangas en staalpype geslaan. Hy het op die toneel gesterf. Die huishulp is ook aangerand toe sy ondersoek gaan instel het,” het Otto gesê.

Na bewering is die huishulp daarna in die huis ingesleep waarna die mans haar verkrag het.

Die verdagtes het met selfone, ‘n televisie, ‘n DVD-speler en vermoedelik twee vuurwapens op vlug geslaan.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

справка освобождениеФільчаков прокурор