Lyke onder in myn ontdek

Die Sowetan het eksklusief berig dat veiligheidswagte by die Aurora-myn in Springs ‘n reeks moorde gepleeg het en die lyke ondergronds versteek het.

Pres. Jacob Zuma se neef en Nelson Mandela se kleinseun besit ‘n deel van die myn.

Die wagte het na bewering Maandag sowat 20 onwettige myners doodgeskiet en hul lyke daarna ondergronds versteek. Die lyke het reeds begin om te ontbind.

‘n Span van die Sowetan het Woensdag ondersoek gaan instel by die myn en op vier lyke met skietwonde afgekom.

Die polisie sê die voorval is nooit aangemeld nie.

‘n Oorlewende het aan die koerant gesê hy het twee broers in die sinnelose skietery verloor. Hyself het die koeëlreën ontsnap deur te maak of hy dood is.

Die verslaggewer van die Sowetan moes ongeveer ‘n kilometer ondergronds gaan om die lyke op te spoor.

to playОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae