Die bestuurder sê die vlakvark is intussen vankant gemaak.
Kategorie: Nuus
Anti-vreemdelinggeweld kring uit na Diepsloot
Anti-vreemdelinggeweld het gisteraand uitgekring na Diepsloot, tussen Pretoria en Johannesburg. Twee mense is glo gedood in geweld wat tussen inwoners uitgebreek het.
Intussen is die polisie in Diepsloot ontplooi om die vrede tussen die plaaslike bevolking en vreemdelinge van elders in Afrika te handhaaf. 'n Pad verby Diepsloot is met klippe en rommel versper, maar die versperrings is intussen verwyder.
Oor die afgelope paar dae reeds woed gevegte tussen Suid-Afrikaans-gebore swartes en immigrante uit die res van Afrika in Alexandra, langs Sandton.
Plaaslike inwoners glo dat vreemdelinge hulle van werkgeleenthede ontneem en ook vir die buitensporige graad van misdaad verantwoordelik is.
Pretoria-staking afgelas
het ooreengekom om industriële aksie te laat vaar omdat hulle nou tevrede gestel is deur die voorstelle van Pretoria se Metroraad.
Malawiese amptenare vas vir hoogverraad
Die hoof van die weermag se intelligensie, Brigadier-generaal Cosgrave Mituka, en Majoor-general Mathews Chirwa word albei aangehou op 'n klag van hoogverraad.
Die owerhede het ook die inhegtenisname van voormalige president Bakili Muluzi beveel. Muluzi, kandidaat vir volgende jaar se presidentsverkiesing, is nie in die land nie.
‘Eise om Eskomuitvoere te staak belaglik’
Absolute ongeoorloofde, rampspoedige en barbaarse aktiwiteite vind in Alexandra plaas en leiers behoort nie op die koop toe nog 'n soort ekonomiese vreemdelinghaat aan te wakker nie, het Erwin gesê.
Hy het gesê dit is nonsens en moet ophou.
Alexandra steeds by kookpunt
'n Skare wat deur die polisie as baie aggressief beskryf is, het gister laatmiddag tussen 6de en 8ste Strate langs Londonweg in Alexandra gemaal.
Volgens berigte is heelwat buitelanders gister na 'n onbekende bestemming geneem.
Zimbabwe het 'n beroep gedoen op sy burgers om die onrusgeteisterde lokasie te verlaat en die konsul-generaal se kantoor te skakel om gerepatrieer te word.
Tente is gister opgeslaan deur die Johannesburgse stadsraad by die Alexandra polisiestasie nadat buitelanders daarheen gestroom het vir veiligheid.
Die DA het gevra dat die weermag ingeroep word om die golf van aanvalle teen buitelanders in Alexandra te stuit.
Griep kos maatskappye miljarde
Griep en verwante siektes kos maatskappye R2,7 miljard per jaar in afwesigheid sê die statistiekmaatskappy CAM Solutions.
Die direkte koste is aansienlik en dit sluit nie eens addisionele kostes in soos om vir vir ekstra hulp wat in die geval van afwesigheid ingeroep moet word, te betaal nie.
Die syfers is nietemin effens laer. Uit 10 000 Suid-Afrikaners wat in 2005 gemonster is, was 14,2% siek as gevolg van griep, terwyl 12,8% in 2006 was. Vir 2007 is die syfer 14,1%.
Die maatskappy sê lugweg- en griepkwale het laerugpyn vervang as die nommer een rede vir wegbly verlede jaar.
Mense in die ouderdomsgroep tussen 31 en 40 neem die meeste siekverlof.
Kaapstad wil watermeters installeer
Kaapstad se munisipaliteit het aangekondig dat hulle meer as 20 000 watermeters sal installeer binne die volgende jaar. Watermeters is egter pas deur die Johannesburgse Hooggeregshof as ongrondwetlik en onwettig verklaar.
Die regter het die Stad van Johannesburg beveel om op te hou om watermeters te installeer.
Hierdie week het die Suid-Afrikaanse Munisipalewerkersunie, Samwu, aangekondig dat hulle die Mazibuko-beslissing as die grondslag vir 'n regsaksie teen die Stad van Kaapstad sal gebruik.
Kaapstad se beoogde stelsel is gelyksoortig aan die van Phiri, Soweto, waar munisipale watermeters tans uitgeruk word, het die unie gesê. Hulle het herbevestig dat die fundamentele probleem die beperking van mense se reg tot water is.
Vals Mboweni besteel sakeman
Die vyf het na wat beweer word sakeman Ali Javadi se maatskappy, Financial Intelligence Centre, in 2006 gekontak. Hulle het Javadi in Hongkong ontmoet nadat die vals Mboweni geëis het dat hy BTW van R500 000 betaal.
Javadi is daarna gedwing om verskeie ander betalings te doen van ongeveer R2 miljoen.
Die beskuldigde het die sakeman egter te ver gedruk toe hy versoek het dat Javadi $20 miljoen aan die Reserwebank oorbetaal.
Die Skerpioene het die vyf by die Montecasino Hotel in Johannesburg in hegtenis geneem.
Pemba wil onafhanklik word van Tanzani
Tanzanië se regering het Pemba-leiers se versoek vir afskeiding van dié regering as hoogverraad bestempel en dit vergelyk met wat onlangs in die Comore gebeur het.
Pemba se eis kom net twee weke na die ineenstorting van die Zanzibar-vredesverdrag. Die Tanzaniese regering sê dat dié verdrag – wat aanvoer dat magsdeling die oplossing vir Zanzibar se politieke krisis is – ongrondwetlik is.
Tanzanië se minister in die adjunk-president se kantoor, wat verantwoordelik is vir vakverbondsake, mnr. Mohamed Seif Khatib, het die Pemba-leiers vergelyk met “gevaarlike individue” soos kol. Mohamed Bacar. Bacar is onlangs van die Comore verdryf deur Afrika-uniesoldate.
Pemba het verlede week hul versoek om afskeiding van Zanzibar aan die direkteur van die Verenigde Nasies-ontwikkelingsprogram (VNOP), mnr. Oscar Fernandez-Taranco, oorhandig. Dit volg ‘n maand nadat hulle die eerste keer dié idee getoets en bespreek het.
Die leiers het hul petisie aan Fernandez-Taranco voorgelê en hom gevra om dit aan die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris generaal, Ban Ki-moon, te oorhandig.
Die groep het verlede maand Amerika se ambassadeur in Tanzanië, mnr. Mark Green, genader om hul boodskap aan president George W. Bush oor te dra dat hulle graag van Tanzanië en Zanzibar wil skei.
Mnr. Khatib het die staat se versoek dat die Pemba-leiers in hegtenis geneem moet word, afgewys en net gesê: “Hulle versoek is teen ons land se wetgewing en kan beskou word as hoogverraad. Ek dink nie hulle kan as ‘n onafhanklike land funksioneer nie.” Khatib het Sondag Pemba toe gevlieg om die situasie te monitor.
Khatib het verder Tanzanië se opposisie daarvan beskuldig dat hulle Pemba se onafhanklikheidsplanne ondersteun.
Alhoewel daar nog vasgestel moet word wie agter dié planne sit, sê kenners dat die verwikkelinge ‘n toets sal wees vir president Jakaya Kikwete se regering wat al jare sukkel met die politieke dooiepunt in Zanzibar.
Pemba versterk hul onafhanklikheidsdoelwit met die bewering dat die eiland ekonomies al sedert die 164-revolusie deur die rewolusionêre Zanzibar-regering gemarginaliseer is.
Hulle gebruik die 192 topposisies in die Zanzibar-regering as ‘n voorbeeld. Volgens Pemba-eiland word slegs 26 setels van die 192 beset deur mense van Pemba, terwyl die ander van Unguja afkomstig is.
Verdere bewerings lui dat alle ontwikkeling in Unguja geskied en dat Pemba tevrede moet wees met die “krummels”.
Khatib het die bewerings as sinloos bestempel sonder enige “konkrete bewyse”. “Unguja is waar die regering gesetel is, natuurlik sal hulle ‘n hoër vlak van ontwikkeling hê as Pemba,” sê Khatib. Hy voer verder aan dat, “niemand kan sê dat Pemba ‘n vergete eiland is nie. Daar word dan nuwe lughawens en stadions gebou!”
