Gays kan genees word sê kunsakademie

‘n Christelike kunsakademie in Bloemfontein het onder kwaai kritiek deurgeloop omdat die opleidingsentrum in ‘n advertensie beweer het die instelling kan homoseksuele studente “genees.”

Sunday Times berig die Creare Training Centre se prospektus beweer die akademie kan gay studente deur middel van “rehabilitasie” in heteroseksueles omskep.

Aktiviste wat gay regte voorstaan, beskou dié bewering as “tragies, skandalig en baie beledigend.”

Cornelius van Heyningen, stigter van Creare, het ontken dat die instelling diskriminerend is.

“Ons maak voorsiening vir diegene wat sê ‘ek wil as ‘n homoseksuele mense verander.’ Dit sê nie geen homoseksuele mense word toegelaat nie.”

Hy het die akademie se standpunt oor homoseksualiteit met ‘n dwelm-rehabilitasieprogram vergelyk.

Alhoewel, volgens die prospektus, is gay studente wat nie gewillig is om hul leefstyl te verander nie, nie welkom nie.

Dawie Nel, direkteur van ‘n organisasie vir gay regte, OUT, het aan die koerant gesê die akademie se standpunt is ongrondwetlik.

“Hul uitlatings hits gewelddadige diskriminasie teen lesbiese, gay, biseksuele of transgender mense aan, soos die verkragting van gays en lesbiërs om hulle te ‘genees,’ of selfs moorde wat gepleeg word,” het hy gesê.

Luidens die berig is die sentrum se bewerings nie wettig volgens die terme van 2006 se Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie nie.

лобановский супермаркет класс

Boikot sal slegs buitelandse mededingers bevoordeel

Toespraak by die Hoëveld Bonsmara-klub se 36ste jaarvergadering.

1. Waardering

Ek het reeds telkemale in die openbaar en in die parlement gepraat oor die feit dat daar nie genoeg waardering by die Suid-Afrikaanse bevolking — maar ook spesifiek by politieke leiers — is vir die belangrike rol wat landbou, en in hierdie spesifieke geval veeteelt in Suid-Afrika speel nie.

Kom ons kyk na enkele syfers wat die belangrikheid van veeboerdery vandag aandui:

In Suid-Afrika word ongeveer 68% van die totale landbou grondoppervlakte vir weiding gebruik, terwyl slegs 14% as hoë potensiële landbougrond geklassifiseer word. Duidelik word meeste van Suid-Afrika se grond vir veeboerdery gebruik omdat dit nie geskik is vir enige ander vorm van landbou nie. Veeboerdery het ook vir die tydperk 1996 tot 2008 ongeveer 42% tot die bruto binnelandse landbouproduk bygedra. Dit is die hoogste van al die landbou sub-sektore in Suid-Afrika.

Volgens die Minister van Ekonomiese Ontwikkeling, mnr. Patel, lewer die sowat 38 000 kommersiële boere 95% van die land se plaaslik vervaardigde voedsel. Die ander 5% word deur die 220 000 opkomende boere en 1,3 mil. bestaansboere gelewer.

Na ‘n daling in die verbruik van rooivleis in vorige dekades het die situasie nou ook verander. In Suid-Afrika ontwikkel op die oomblik ‘n steeds groter wordende ekonomiese nuwe middelklas. Hierdie nuwe middelklas het ‘n invloed op die eetpatrone in Suid-Afrika.

Ons moet skielik meer en meer rys invoer omdat hierdie nuwe middelklas besig is om van mielies na rys as stapelvoedsel oor te skuif. Dieselfde met vleis. Soos hierdie middelklas groep groter word, sal die verbruik van rooivleis ook gaandeweg styg. Die voorspelling is dat skaap- en beesproduksie in die volgende dekade in Suid-Afrika meer gaan styg as die gemiddelde wêreldproduksie en dat ons aan die einde van die dekade meer voedsel en vleis na Afrika gaan uitvoer as na Europa, ons tradisionele uitvoerbestemming.

As die huidige tendense voortduur, gaan Afrika ‘n toenemende belangrike rol in die wêreldekonomie speel. Teen 2040 sal Afrika een uit vyf van die planeet se jongmense huisves en sal sy arbeidsmag groter wees as die van China. Afrika het 60% van die wêreld se onbewerkte landbougrond – tog dra dit tans slegs 10% tot die wêreld se landbouproduksie by.

2. Trots op boere

Om vandag ‘n suksesvolle boer te wees in ons uiters mededingende landbou-omgewing, verg baie meer as net die begeerte om te boer. Behalwe vir landboukennis, verg dit finansiële kundigheid, produksie-, meganisasie-, bemarking-, personeelbestuur en kennis van talle ander velde.

Gemeet teen hierdie werklikhede is ek trots om te kan sê dat Suid-Afrika na my mening van die beste boere in die wêreld het. Deur die bywoon van internasionale kongresse en die besoek aan ander lande, het ek die afgelope tyd heelwat insig in landboutoestande in ander lande gekry. Ons boere moet onder baie moeilike omstandighede meeding op internasionale markte – meeding met boere van ander lande wat op grootskaal deur hulle regerings beskerm en gesubsidieer word terwyl dieselfde nie hier geld nie. Ons landbouers oorleef omdat hulle planne maak en by nuwe omstandighede aanpas.

Die Bonsmara beesras is ‘n voorbeeld van hoe Suid-Afrikaanse boere aanpas by Afrika se omstandighede en steeds presteer. Dr. Jan Bonsma se staatsprojek by die Mara proefplaas het daartoe gelei dat Suid-Afrika vandag beskik oor ‘n ras wat internasionaal presteer.

3. Onsekerhede

“Hoe gaan dit in die landbou?” word ek gereeld gevra.

Die antwoord: “Goed en sleg.” In sommige landboubedrywe het die bruto inkomste met groot persentasies gegroei. In ander het dit egter agteruit gegaan. Een van die groot probleme is insetkoste wat elektrisiteit, water, vervoerkostes, ens. behels. Die vervoerkonsultant (Max Braun) het bereken dat alleen die vervoerkoste van landbouprodukte die afgelope drie jaar met 20% toegeneem het.

Wat is egter die grootste probleem in landbou? Die grootste probleem tans in die landbou is onsekerheid. Onsekerheid oor die toekoms; onsekerheid oor die regering se posisie en inmenging in landbou.

Hierdie onsekerheid word veral veroorsaak deur onverantwoordelike propaganda stellings van die Malemas in Suid-Afrika en kort termyn denke wat nie ons lang termyn uitdagings in ag neem nie. Dit geld veral die huidige plaaswerkerstakings en die grondkwessie in Suid-Afrika.

4. Plaaswerkerstakings

De Doorns is tans in die nuus. Ek luister na die uitsprake van sekere vakbondleiers en na die sogenaamde plaaswerkerleiers in De Doorns en ek kan net my kop skud oor die kortsigtigheid. Daar is by hulle geen begrip vir die groter landbouprentjie nie. Hulle gee ook nie werklik om dat die plaaswerkers oor ‘n jaar die slegste hiervan gaan afkom as resultaat van wat nou gebeur nie.

Hierdie sogenaamde leiers doen ‘n beroep op die buiteland dat Suid-Afrikaanse produkte geboikot moet word. Wie is die wenners as so ‘n boikotberoep sou slaag? Daar is net een wenner – dit is Suid-Afrika se landboukompetisie in ander lande wat wen. Dit is Brasilië en Australië wat met ons kompeteer om toegang tot die Europese en ander markte wat jubel en dit verwelkom. Die slegste verloorders is die plaaswerkers wat hulle werk gaan verloor as ons daardie markte verloor.

Die huidige stakings, met sekere vakbondleiers wat vir oorlewing veg, is 80% politiek en 20% landbou. Die meerderheid sogenaamde stakers wat ons op televisie sien, is werklose jongelinge wat klippe gooi, misdadig optree en nog nooit op ‘n plaas gewerk het nie.

Ek wil voorspel dat die huidige landboustakings landbou in Suid-Afrika vir altyd gaan verander. Ons gaan in die volgende paar jaar ‘n ingrypende strukturele verandering in landbou sien. Om ons werkloosheidsprobleme in Suid-Afrika op te los, het ons arbeidsintensiewe nywerhede en landboupraktyke nodig. Die teenoorgestelde gaan nou gebeur.

Die boodskap wat ek van die boere en/of landbouers reg oor die land kry, is dat dit nou tyd is om hulle afhanklikheid van plaaswerkers so ver as moontlik te beperk. In ontwikkelde lande soos die VSA en Australië, waar daar min plaaswerkers beskikbaar is, is boerdery implemente reeds so ontwikkel dat dit ‘n plaaseienaar help om sonder honderde werkers klaar te kom. Een oesmasjien kan die werk van honderde werkers doen.

In Suid-Afrika het plaaswerkergetalle reeds vanaf 1,1 miljoen in 2004 na 624 000 in 2011 gedaal. Dit is ‘n daling van 46%. Hoewel hierdie ‘n wêreldwye tendens is, het faktore soos grondhervorming, regeringsinmenging op plase en die algemene onsekerheid oor die toekoms van landbou gemaak dat hierdie syfer in Suid-Afrika baie hoër is as die daling in ander lande. Die verwagte verskuiwing na meganisasie na die landboustakings, gaan hierdie tendens in Suid-Afrika verder verhaas.

Dit is ook nodig om die propagandastellings van die stakers en van sekere regeringspolitici aan te spreek dat Suid-Afrikaanse landbouers so ryk is en daarom maklik die salaristoegewings kan bekostig.

Hoeveel landbouers in Suid-Afrika het ‘n jaarlikse omset van meer as R2 miljoen? In Suid-Afrika is daar maar 12% kommersiële landbouers wat ‘n jaarlikse omset van meer as R2 miljoen het. Die ander 82% se omset is minder as R2 miljoen per jaar met 52% wat ‘n omset van minder as R300 000 het. Met die stygende pryse van elektrisiteit, water en brandstof kan hierdie landbouers nie ‘n skielike verhoging in arbeidkoste bekostig nie.

Hulle keuse gaan bankrotskap of die vermindering van werkers wees.

Kommersiële landbouers is nie welsynwerkers nie, maar is in die eerste plek sakemanne wat ‘n wins moet maak. Eers hierna kan ‘n landbouer aandag gee aan sosiale kwessies soos wat tans deur die vakbonde van hulle verwag word.

Dr. Pieter Mulder is adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye.

Александр Фильчаков прокурор

Vier bomverdagtes se borgaansoeke duur voort

Die Bloemfonteinse landdroshof hof het Donderdag gehoor dat die polisie bewyse in die vorm van foto’s het van een van die terreurverdagtes waar hy Mangaung besoek, asook ‘n nota geskryf deur een van die beskuldigdes, Martin Keevy, met die presiese geografiese koördinate van die Universiteit van die Vrystaat waar die konferensie plaasgevind het.

Na bewering sou mortiere op 16 Desember afgevuur word vanaf Keevy se nabygeleë stuk grond in die rigting van die vergaderlokaal, terwyl bataljonne die deelnemers binne sou hou en die nabygeleë militêre basis sou oorneem. Sowat 3.000 mense sou dan van Prieska in die Noord-Kaap na Bloemfontein reis om aan te sluit by die rewolusie, en die “Boerevolk se oorwinning oor die ANC”.

Die aanval sou plaasvind op die middag op 16 Desember, ter herdenking van die Slag van Bloedrivier, ter vervulling van ‘n profesie wat “die Boerevolk soewereiniteit in Suid-Afrika belowe”.

Maar teen 15 Desember, ‘n dag voor die beweerde terreuraanval, het die vier mans wat nog nie die bomme en masjiengewere wat hulle na bewering beplan het om te gebruik, gehad nie.

Dit is ten spyte van bewerings wat gemaak is deur die polisie dat finansiering vir die wapens in plek was.

Hofstukke wat geliasseer is in Bloemfontein onthul dat slegs die basiese besonderhede vir die doeleindes van die borgverhoor aangebied is. In ‘n beëdigde verklaring deur die ondersoekbeampte, kaptein Francois Laux, het hy verklaar: “Die rolle van die beskuldigdes en ander geïdentifiseerde verdagtes word nie ten volle uiteengesit hierin nie en sommige verdagtes se name en rolle word doelbewus nie hierin vermeld nie.

Dit is ook duidelik dat Keevy die enigste verdagte was wat teenwoordig was in Bloemfontein op die dag van die beplande moordaanslag. Sy mede-beskuldigdes is in hegtenis geneem te Douglas, Springs en Centurion.

Keevy, Mark Trollip, Johan Prinsloo en Hein Boonzaaier sal weer Vrydag in die hof verskyn in ‘n poging om borg te verseker. Die staat sal die aansoek teenstaan.

Laux se stelling bevestig spekulasie dat Trollip ‘n bekentenis aan die polisie gemaak het en dat Keevy foto’s van die eetsaal, waar die senior ANC-leiers sou eet op die dag, geneem het.

Die “SAPD se toesigspan” het foto’s van Keevy geneem, kamera in die hand.

Laux beweer dat ‘n vergadering plaasgevind het in Ficksburg, tussen Trollip en Prinsloo, waar ander “recces” teenwoordig was toe opdrag gegee is om die ANC se konferensie met bomme aan te val. Die potensiële gebruik van ‘n kanon is na bewering ook genoem.

Eposse en Facebook-plasings word as getuienis in die saak teen die vier gebruik, waarin die beskuldigdes, asook ander bekende regses, na bewering hul politieke doelwitte duidelik gemaak het.

Hierdie verklarings van lojaliteit aan die saak wat uiteindelik ‘n “onafhanklike Boerevolk” binne die grense van Suid-Afrika wil sien, sou deur middel van geweld bereik word.

Die beskuldigdes, behalwe Trollip, het die aanklagte teen hulle ontken. Hulle het ook ontken dat die Ficksburg-vergadering plaasgevind het.

In beëdigde verklarings ter ondersteuning van hul aansoek om borgtog, het twee van die beskuldigdes, Boonzaaier en Prinsloo, gesê hul besighede ly daaronder terwyl hulle in aanhouding bly en verder dat hul gesondheid en gesinne negatief beïnvloed word deur hul voortgesette gevangenisstraf.

Argumente om borgtog sal Vrydag aangehoor word.

лобановский харьков

Te wit vir mynbou

Anglo se nuwe baas is te wit vir NUM. Anglo American se nuwe uitvoerende hoof het ‘n kille verwelkoming van die bedryf se grootste vakbond ontvang.

Die Cosatu-geaffilieerde National Union of Mineworkers (NUM) het gister gesê hulle is “teleurgesteld” oor die aanstelling van Mark Cutifani.

“Anglo het nog ‘n geleentheid laat verbygaan om ‘n swarte aan te stel, of selfs ‘n wit Suid-Afrikaanse vrou, om die globale entiteit te lei.

“NUM is veral teleurgesteld oor Anglo se voortgesette weerstand teen transformasie sowel as sy verbintenis om slegs buitelanders vir die toppos te huur,” het die vakbond gesê.

Mark Cutifani, ‘n Australiër, was uitvoerende hoof van AngloGold Ashanti, die wêreld se derde grootste goudmyner.

Frans Baleni, die NUM se hoofsekretaris, het gesê die mynbousektor is steeds “leliewit” in die boonste poste.

“Diegene wat ondergronds werk is swart en arm, maar dié in hoër kantore is wit en manlik,” het Baleni gesê.

AngloGold se direksievoorsitter, Tito Mboweni, is egter entoesiasties oor Cutifani.

“Ek is dank verskuldig aan Mark vir die baie moeilike aspekte van die globale sake wat hy suksesvol opgevolg het en vir die bestuur van [AngloGold Ashanti] vir langtermyn-sukses,” het Mboweni gesê.

Cutifani sal oorneem by Anglo American in April.

Sy voorganger, Cynthia Carroll, ‘n Amerikaner, was die maatskappy se eerste vroulike uitvoerende hoof. Sy is aan die einde van verlede jaar die deur gewys.

Sy het apartheid vir die mynbedryf se probleme verantwoordelik gehou.

Фильчаков прокурор

Nog ‘n skietvoorval by skool in die VSA

Daar was nog ‘n skietery by ‘n skool in die VSA. Die polisie sê ‘n leerling by ‘n hoërskool in California het op twee leerders in sy wetenskapklas geskiet.

‘n Sestienjarige is ernstig gewond, maar die ander tiener is nie raakgeskiet nie.

Twee onderwysers het die skieter oortuig om homself aan die owerhede oor te gee.

Die aanval kom te midde van ‘n debat oor vuurwapen-beheer in die VSA na die skietery by ‘n skool in Connecticut verlede maand.

Die Amerikaanse vise-president Joe Biden sal volgende week aanbevelings vir veranderinge aan vuurwapenwetgewing na President Barack Obama stuur.

Фильчаков прокурор харькова

Maksimum-gevangenes geskuif na oproer

Ongeveer 510 gevangenes van die Groenpunt-tronk in die Vrystaat sal na ander korrektiewe sentrums verskuif word, het ‘n beampte Donderdag gesê.

Sowat 350 van hulle is reeds geskuif, en nog gevangenes sal Vrydag na ander tronke geneem word, het Grace Molatedi, adjunkkommissaris van korrektiewe dienste in die Vrystaat, gesê.

Al die gevangenes wat verskuif is, dien maksimum-vonnisse uit.

“Hulle sal na Noordwes, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal gaan,” het sy gesê.

Dit volg nadat die gevangenes Maandag oproerig geraak het. Hulle het selle en die tronk se kantore aan die brand gesteek. Vier tronkbewaarders en 50 gevangenes is tydens die voorval beseer.

Die SABC het berig dat sommige van die gevangenes selfone gehad het, en dat hulle ‘n plaaslike radiostasie gebel het om te kla oor die gehalte van kos, en oor sommige van die oppassers. Hulle het ook op die afdanking van ‘n eenheidshoof aangedring.

Party van die gevangenes se dokumente is in die brande beskadig, wat tot administratiewe vertragings kan lei.

Molatedi het gesê die tronke wat gevangenes van Groenpunt oorneem, sal nie nadelig geraak word nie.

“Ons het met die ander tronke gekommunikeer om seker te maak dat daar nie enige oorbevolking is nie.”

Die gevangenes sal na Groenpunt teruggeneem word sodra die beskadigde selle herstel is.

топкарго

De Doorns: ANC-voorsitter getref

Die polisie moes Donderdag weer rubberkoeëls gebruik om stakende plaaswerkers in De Doorns in die Wes-Kaap uitmekaar te jaag.

Duisende plaaswerkers het die polisie getart, en met klippe bestook.

Die plaaswerkersvakbond Bawusa beweer nege mense is deur rubberkoeëls beseer sedert die staking Woensdag hervat is.

“Pat Marran, voorsitter van die ANC in die Boland, is na ‘n hospitaal geneem ná hy deur ‘n private sekuriteitswag geskiet is,” het Nosi Pieterse, Bawusa se sekretaris-generaal, gesê.

Pieterse het gesê ongeveer 6 000 werkers in De Doorns neem tans aan die staking deel. Betogings vind ook in Grabouw en Wolseley plaas.

Die N1 by De Doorns was teen Donderdag steeds vir verkeer gesluit.

Volgens lt.kol. Andre Traut is 44 mense Woensdag in hegtenis geneem.

Die staking wat verlede jaar begin het, is eers afgelas, maar is Woensdag hervat.

Geweld het Woensdag ook in De Doorns uitgebreek toe stakers ‘n motor van ‘n koerantgroep aan die brand gesteek, ‘n padstal geplunder en die N1 met voorwerpe versper het.

Sommige boere het intussen ingestem tot salarisonderhandelings met vakbonde, ná gewelddadige betogings in dele van die Wes-Kaap.

Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris, Tony Ehrenreich sê dié samesprekings is onafhanklik van dié met Agri-SA.

Die voorsitter van die “Cape Orchards”-groep, Gerhard de Kock sê hy het 28 boere uitgenooi na ‘n vergadering wat vandag sal plaasvind.

De Kock verteenwoordig 12 plase in die Hexriviervallei by De Doorns, wat die kern was van die gewelddadige skermutselings tussen die polisie en stakende seisoenswerkers.

Die polisie moes ‘n waterkanon en rubberkoeëls en skokgranate gebruik in ‘n poging om honderde stakers uiteen te jaag.

‘n Ekonoom van Pan African Capital, Iraj Abedian sê intussen toegewings sal aan albei kante gemaak moet word. Hy sê hoewel dit waar is dat werkers nie op die huidige salarisvlakke kan leef nie, sal boere bankrot raak as die salarisse te vinnig en te dramaties verhoog moet word.

Hy sê dit is nie ‘n politieke kwessie nie, maar ‘n tegniese landboukwessie waarvoor daar sowel ‘n korttermyn- as langtermynoplossing gevind moet word.

Die internasionale graderingsagentskap Fitch het Suid-Afrika se soewereine skuld, skuld wat in ‘n buitelandse geldeenheid aangegaan word, afgegradeer tot trippel-B.

Die agentskap sê egter die voortuitsigte is bestendig. Die Agentskap sê ekonomiese groei en vooruitsigte het verswak, wat ‘n uitwerking het op staatsfinansies wat deur politieke en maatskaplike spanning vererger word. Die rand het na die aankondiging tot R8.64 teen die Amerikaanse dollar verswak.

Die agentskappe Moody’s en Standard en Poor het onlangs gesê onsekerhede hang soos ‘n donker wolk oor die land se ekonomiese en groei-vooruitsigte. Volgens Moody’s is maatskaplike, politieke en ekonomiese probleme nou groter as voor die wêreldwye ekonomiese resessie van 2009.

депутат лобановский

Mini-oorlog woed in De Doorns

Geweld het opnuut uitgebreek op De Doorns in die Hexriviervallei in die Wes-Kaap toe die polisie met rubberkoeëls op ‘n groep stakende plaaswerkers losgebrand het.

RSG berig die stakers het probeer om die wrak van ‘n uitgebrande motor langs die N1 op die pad te stoot, toe die polisie hulle gekeer het.

Die radiostasie berig die stakers het uit woede die polisie met klippe bestook.

Die stakers is uitmekaargejaag, maar het vinnig weer byeengekom.

Geweld het Woensdag in dieselfde gebied uitgebreek toe stakers ‘n motor van ‘n koerantgroep aan die brand gesteek, ‘n padstal geplunder en die N1 met voorwerpe versper het.

Sapa het vroeër berig die voertuig, wat aan Independent Newspapers behoort het, is deur die Cape Times-joernalis Xolani Koyana gebruik.

Die verslaggewer sê hy moes uit sy motor na veiligheid gesleep word nadat betogers dit met klippe bestook het en hy geslaan is.

Hy en ‘n ander joernalis was in die voertuig toe betogers hulle omsingel het, en gedwing het om die gebied te verlaat.

Volgens die polisie is minstens 44 mense daarna in hegtenis geneem.

Фільчаков прокурор

Twee Indiërs met miljoene se dwelms vasgevat

‘n Dwelmbaas en sy seun is in hegtenis geneem toe dwelms met ‘n straatwaarde van sowat R5 miljoen en juwele in hul huise in Durban, KwaZulu-Natal, gevind is.

Kol. Jay Naicker sê die polisie het Dinsdagaand ‘n klopjag op die pa se huis in Shallcross, Chatsworth, uitgevoer nadat hulle ‘n wenk opgevolg het.

Hulle het beslag gelê op heroïen, kokaïen, ecstasy en mandrax, en die 54-jarige man in hegtenis geneem.

Sy seun is Woensdagoggend in dieselfde gebied vasgetrek.

“Die 30-jarige seun is met ‘n ongelisensieerde 9 mm-pistool met 87 patrone, dwelms, goud en diamantjuwele ter waarde van R500 000, en R70 000 kontant, betrap,” het die polisiewoordvoerder gesê.

Die pa en seun het Woensdag in Chatsworth se landdroshof verskyn. Yagawathan Pillay, 54, het borg van R100 000 gekry en sy seun Lionel Pillay, moes R25 000 opdok.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Hartprosedure in Kaapstad maak geskiedenis

Dokters het ‘n geskiedkundige hartprosedure op ‘n 59-jarige vrou in Kaapstad uitgevoer, het Mediclinic SA Woensdag gesê.

Hulle het Saterdag die wêreld se eerste nie-chirurgiese prosedure op ‘n lekkende hartklep op Marianna Cronje uitgevoer. Sy is gebore met haar hart aan die regterkant van haar bors.

“Hierdie prosedure is tegnies ongelooflik moeilik in ‘n pasiënt met ‘n normale anatomie en is nog nooit vantevore op iemand met [‘n hart aan die regterkant van die bors] uitgevoer nie,” het Hellmuth Weich, die kardioloog, gesê.

Twee kenners van Lausanne in Switserland het Weich en sy span tydens die prosedure bygestaan.

Die hele prosedure is deur ‘n klein opening wat met ‘n naald in die pasiënt se lies gemaak is, gedoen, het Weich gesê.

Cronje, wat van Stellenbosch is, het rumatiekkoors gehad toe sy jonk was en het reeds vier opehartoperasies in die afgelope 40 jaar ondergaan. Die laaste een was in 2000, het Weich gesê.

Toe haar hartklep begin lek het, kon dokters haar nie weer opereer nie en haar toestand het agteruitgegaan tot op die punt waar sy niks meer vir haarself kon doen nie.

Hy sê twee toestelle wat gebruik word om geboortedefekte in kinderharte te herstel is gebruik om die lek te herstel.

Volgens Weich het die prosedure, wat ses uur geneem het, goed verloop en Cronje “herstel stadig”.

Данильченео