OTM-bommerbende is wittes

‘n Misdaad wat uniek is in Suid-Afrika, kan nog meer ongewoon raak sedert dit bekend geraak het dat ‘n bende van OTM-bommers wit is.

Die wit bende is veronderstel om verantwoordelik te wees vir ‘n reeks aanvalle in KwaZulu-Natal.

Die wit bommers is uitgevang op CCTV-kameras wat duidelik hul wit velkleur openbaar.

Die bende, wat glo tussen 10 en 15 mense bestaan, het ten minste vier aanvalle in klein dorpies in die afgelope weke uitgevoer en die goed-gewapende groep werk met militêre presisie.

Die verklaring van ‘n sekuriteitswag wat deur die bende aangehou is met ‘n vuurwapen, bevestig die CCTV-beeldmateriaal dat wit gesigte weggesteek onder klapmusse verantwoordelik is vir die reeks aanvalle.

Die elite bende, ten volle gewapen is met ‘n hoë kaliber aanvalsgewere, teiken dorpe buite groot stedelike konsentrasies waar die polisie se reaksie minimaal is.

Die tegniese aard van hul bomme en die wyse waarop hulle polisiebeamptes in lokvalle lei, het spekulasie aangevuur dat hulle spesialis polisielede kan wees of militêre opleiding gehad het.

Vorige berigte in die media oor die arrestasie van die polisielede bevestig dat bendes verseker dat kundige lede van die SAPD en ander para-militêre strukture ingesluit word in hul OTM-bombardementsindikaat.

‘n Veiligheidsdeskundige, wat ‘n paar banke adviseer, het gesê die ondersoek oor hoe die bende die aanvalle uitgevoer het, het hom laat glo dat hulle ‘n militêre agtergrond het.

Hy het bygevoeg dat hy nie dink dit is die werk van die sogenaamde “regses” nie. Die regtervleuel word gedryf deur ideologiese motiewe, nie selfverryking nie, het hy gesê.

 

topcargo

Mynbou moet verander sê Zuma

Suid-Afrika se mynbedryf nie kan voortgaan om “groot winste” te maak, sonder voordeel vir die land se burgers nie, het President Jacob Zuma Maandag gesê.

Terwyl die mynbedryf die land gevorm het, het dit baie tekortkominge, soos die trekarbeidstelsel, het hy gesê in ‘n ​​onderhoud op CNBC se Political Exchange.

Hy het beleggers se vrese besweer oor veranderinge aan hulpbronhuur, mynboutantieme en belasting.

“Mense sal altyd ‘n paar senuagtighede opper wanneer ons dinge sê … Toe Zimbabwe op verinheemsing besluit het, het mense baie tekere gegaan. Vandag stroom dieselfde mense na Zimbabwe om deel te wees van verinheemsing.”

Dinge kan egter nie dieselfde bly nie.

“Mynbou kan nie groot winste maak met geen voordele vir die mense van die land nie… As jy nie die ekonomiese behoeftes van die land kan aanspreek nie, moet jy weet dat ons te doen het met ‘n probleem.”

лобановский александр харьков

Frankryk se belange in Mali, Somalië sukkel

Franse soldate sal waarskynlik hulle lewens in Mali opoffer vir ‘n groot maatskappy, Areva, om die regte te kan verkry om ‘n uraanmyn te bedryf wat 5 000 ton in die suidweste van die land lewer. Frankryk steun swaar op kernkrag vir sy energiebehoeftes.

Frankryk het sy lugaanvalle voorgesit wat dié week begin het om die “Islamisering” van die streek te voorkom. Die regte van vroue en vryheid van uitdrukking, “sal verdedig word”, het Bernard Kouchner, ‘n Franse hooggeplaaste amptenaar, Saterdag belowe.

Die Franse operasie, genaamd “Opération Serval” (die naam van ‘n Afrika-kat) is gelas nadat verskeie posisies in die suide deur rebelle beset is en hulle gedreig het om Bamako, die hoofstad, en daarna totale beheer van die land, oor te neem.

Die huidige situasie kan ‘n probleem vir Frankryk skep, en nie om redes betreffende “humanitêre” belang wat so vurig deur Bernard Kouchner en ander verdedig word nie, maar meer waarskynlik omdat Areva, ‘n Franse nywerheidsgroep wat in kernkrag spesialiseer – in die besonder die ontginning van uraanerts – die stryd vir die bedryf van ongeveer 5000 ton van die erts in Falea, ‘n stad van 17.000 inwoners in ‘n afgeleë gebied 350 kilometer van Bamako, verloor het.

Die geskiedenis van die ontdekking in Falea het nie onlangs begin nie en is reeds in die 1970s as nastrewenswaardig beskou. Cogema (Areva vorige naam) en die Buro van Mynwese se Geologiese Navorsing in samewerking met die staatsbeheerde SONAREM van Mali het die eksplorasie voltooi.

Dit was nie destyds winsgewend nie, veral as gevolg van die afgesonderdheid van die gebied, asook die probleme van toegang tot water en energie wat nodig is om die myn te bedryf. Sedertdien het die globale konteks verander en is dit nou ‘n ware mynbougeleentheid wat in Mali tot die huidige konflik gelei het.

Sedert 2005 is die Kanadese maatskappy Rockgate in opdrag van die regering van Mali besig om te boor en navorsing in Falea te doen. Rockgate het ‘n voorlopige verslag in 2010 opgestel, wat voltooi is deur Golder Associates, ‘n internasionale “adviseur oor energieverwante gebiede”. Die studie toon “dat Mali ‘n wêreldklasomgewing vir die bedryf van uraan bied.”

Sedert 2011 is die maatskappy in opdrag van Foraco, wat in Marseille geleë en in Toronto genoteer is, besig om te help met die uitbreiding van eksplorasie en boorbedrywighede in Falea.

Frankryk se invloed in die uraanryke Mali is deur dié verwikkelinge gestrem. Ten spyte daarvan het sy ambassadeur, Christian Rouyer, ‘n paar maande gelede belowe “Areva is die toekomstige operateur van die uraanmyn in Falea”.

Om vanuit dié stelling af te lei dat die Franse militêre ingryping in Mali hoofsaaklik bedoel is om die belange van Areva te beskerm, is dus nie vergesog nie.

Islamiete wat in die noorde van Mali gebaseer is en daagliks deur Franse vegvliegtuie geteiken word, het Maandag onderneem om wraakaanvalle in Frankryk uit te voer.

“Frankryk het Islam aangeval. Ons sal die hartjie van Frankryk teiken,” het Abou Dardar, ‘n rebelleleier, telefonies aan AFP gesê.

Die groep is glo verwant aan Al-Kaïda se tak in die Magreb in Noord-Afrika, AQIM. Die wapens wat die rebelle tot hulle beskikking het, is deur die NAVO-invallers in Libië verskaf. Dié wapentuig en vegters het sedertdien hul weg na Mali gevind.

Die Britse regering het hulp aan Frankryk belowe, maar ‘n militêre vragvliegtuig, wat met militêre toerusting en buitelandse troepe gelaai is, is weens ‘n tegniese fout onbepaald vertraag.

Twee C17-vragvliegtuie is ontplooi om Franse pogings in die Wes-Afrikaanse land te ondersteun, terwyl Britse onbemande tuie en spioenasievlugte op bystand is om te help teen wat die eerste minister David Cameron beskryf as ‘n “gevaarlike Islamitiese regime”.

In ‘n bloedige naweek vir Franse magte, het die ministerie aangekondig dat ‘n gevegsvlieënier dood is nadat sy helikopter tydens die militêre ingryping in Mali afgeskiet is.

Frankryk het ‘n verdere terugslag beleef toe ‘n poging om een van hulle agente, Denis Allex (‘n kodenaam), te red, misluk het. Twee Franse soldate is tydens die mislukte geheimedienssending in Somalië gedood.

Franse bronne wat anoniem wou bly, sê die sending is deur Amerikaanse “hulp” gekompromitteer.

Die mislukking van die middernagtelike helikopteraanval in die suidelike stad Bulo Marer, sowat 70 kilometer suid van Mogadisjoe, het in chaos geëindig terwyl die Franse weermag met ‘n aparte sending in Mali voortgegaan het.

Die Franse ministerie van verdediging het bevestig dat die gyselaar ‘n lid van die geheime diens, die Algemene Direktoraat vir eksterne veiligheid (DGSE), was wat die operasie bestuur het.

 

Олександр Фільчаков прокурор

Boere help stropers vang

Die polisie in Limpopo het vier mans wat glo renosters op ‘n plaas in die Waterpoort-distrik naby Makhado vir hul horings wou doodmaak, in hegtenis geneem.

Die polisie het op ‘n wenk reageer.

“Die eerste verdagte is [Sondag] gedurende ‘n gesamentlike sending deur lede van misdaadintelligensie, georganiseerde misdaad en die taktiese reaksie-eenheid in hegtenis geneem nadat hy na die voertuig wat deur die stakers gebruik is, teruggekeer het vir meer ammunisie,” het kol. Ronel Otto gesê.

‘n Verdere ondersoek het getoon dat twee stropers nog op die plaas was.

“Die mans is met die hulp van lugbystand wat deur plaaslike boere verleen is, in hegtenis geneem terwyl hulle probeer het om die plaas te verlaat.”

Die vierde man, ‘n werknemer op die plaas, is laat Sondagaand aangekeer. Hy is in sy kamer op die eiendom gevind.

“‘n Jaggeweer, ‘n byl en die voertuig wat deur die stakers gebruik is, is gekonfiskeer.”

Die stakers het na bewering skote afgevuur, maar hulle het geen renosters raakgeskiet nie.

Die mans, tussen die ouderdom van 29 en 41, sal Woensdag in die rondgaande hof in Waterpoort verskyn.

Лобановский

Moord op Amerikaanse regeringsbeampte: Vrou vas

‘n Vrou sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn in verband met die moord op ‘n Amerikaanse burger.

‘n Woordvoerder van die VSA se ambassade, Jack Hillmeyer, het bevestig dat die oorledene vir die land se regering gewerk het.

Die voorval het die naweek by Oxford Gardens in Illovo plaasgevind.

Lt.kol. Lungelo Dlamini sê die 41-jarige man en die vrou het in dieselfde voertuig by ‘n kompleks ingery.

‘n Paar minute later het die vrou begin skree.

‘n Wag het op haar afgekom met ‘n mes in haar hand.

Die man het steekwonde gehad, en is op die toneel dood verklaar.

прокурор Фильчаков

VK berei voor vir Falkland-oorlog

Brittanje oorweeg ‘n reeks militêre opsies terwyl spanning tussen Brittanje en Argentinië oor die Falkland-eilande oplaai, volgens ‘n berig deur die Sunday Telegraph.

Ekstra troepe, oorlogskepe en Typhoon-vegvliegtuie kan na die eilande gestuur word as dit nodig is, voor die referendum van 11 Maart oor die toekoms van die eiland, sê Britse militêre bronne. Na verwagting sal al 3 000 Britse siele op die eiland die referendum om deel van die VK te bly, steun.

Die weermag se hookwartier in Northwood, in die noord-weste van Londen sal na wat berig word ook ‘n “kragdadige” houding inneem, met inbegrip van die uitvoer van see-oefeninge in die Suid-Atlantiese Oseaan. Dit kan die volgende insluit: Die ontplooiing van die Royal Navy se reaksie Task Force Groep, ‘n flottielje van die aanvalsvaartuie, ‘n fregat, ‘n duikboot en Royal Marine kommando-ontplooiings.

‘n Duurder alternatief sou wees om die Britse leër se 16 Air Assault Brigade, ‘n lugtaakmag met meer as 8000 soldate van vyf infanteriebataljons, met inbegrip van die 2de en 3de bataljonne van die Valskerm Regiment in te stuur.

Die Paras, soos hulle genoem word, het pas opleidingsoefeninge in Spanje voltooi, wat vinnige skakeling met konvensionele grondmagte insluit. Dis nie ‘n gebied van opleiding wat die meeste weermag-eenhede ondergaan het in die afgelope dekade sedert Irak en Afghanistan nie.

Ten spyte van die toenemend vyandige retoriek tussen Londen en Buenos Aires, glo die Britse regering nie dat Argentinië tans die politieke wil of die militêre vermoë het om die eilande te laat herleef nie, het die koerant gesê.

Maar die eerste minister het gesê sy weermag, volgens die Sunday Telegraph, moet voorbereid wees vir elke gebeurlikheid.

Die Sunday Telegraph berig dat intelligensieverslae die premier gewaarsku het dat die Argentyne ‘n aggressiewe “truuk” kan uitvoer om saam te val met die referendum. ‘n Klein groepie kan die land se vlag plant op die eilandgroep of die Argentynse vloot kan dalk ‘n teisteringsveldtog voer teen die Britse vloot, of Britse olie en gas eksplorasie ontwrig.

Militêre kenners het egter waarsku dat in die geval van ‘n volskaalse Argentynse inval van die eilande, Brittanje magteloos sal wees om die grondgebied terug te vat.

Generaal Mike Jackson het in Januarie verlede jaar gewaarsku dat die Verenigde Koninkryk nie in staat sou wees om die eilandgroep terug te neem as dit deur Argentynse troepe beset word nie.

“Wat gebeur as ‘n Argentynse mag die Mount Pleasant-vliegveld oorneem? Dan sal ons vermoë om die eilande terug te neem so te sê onmoontlik wees. Ons is nie in ‘n posisie om ‘n lugmag ter see aan te vat sedert die einde van die Harrier-taakmag nie,” het hy aan die Telegraph gesê.

Hy het onthul dat Brittanje nie in staat sal wees om voldoende mag te projekteer tydens militêre optrede so ver van die Verenigde Koninkryk nie.

Фильчаков прокурор

‘n Miljoen Franse ruk op teen gay huwelike

Met die voorgestelde wetgewing voor die parlement aan die einde van hierdie maand in Frankryk, het teenstanders Sondag van regoor Frankryk gereis om leiers van die hoofstroom sentrum-regse opposisie asook die Katolieke kerk en Frankryk se 5-miljoen-sterk Moslem-gemeenskap te ondersteun teen gay-huwelike.

Organiseerders van die “Betoging vir almal” (‘n verwysing na die regering se wetgewing wat lui “die huwelik vir almal”) hoop vir ‘n reuse opkoms van ses syfers om druk op president François Hollande te plaas om sy plan te verander, of ten minste om die voorgestelde plan te hersien.

Hollande het dit duidelik gemaak dat hy geen voorneme het om ‘n belofte wat hy gemaak het in sy verkiesingsmanifes verlede jaar te laat vaar nie en gaan glo een van Frankryk se eerste gay-huwelike bywoon nadat die wetgewing later hierdie jaar van krag word.

Ten spyte van maande van protes, het meningspeilings konsekwent gewys dat die meeste kiesers die reg van homoseksuele paartjies ondersteun om te trou en ‘n skrale meerderheid ten gunste van aanneming is.

Dit kon nie die gees van die betogers demp toe protesgangers naby die Eiffel-toring uit drie verskillende beginpunte byeengekom het nie.

Baie van die betogers is vergesel deur kinders, sommiges wat plakkate opgehou het wat lui: “Gebore uit ‘n man en ‘n vrou”.

Jacques Julien (70), wat van die Haute-Loire-streek van Sentraal-Frankryk gereis het, het gesê hy het gestem vir Hollande, maar stem nie saam met die Sosialistiese president se benadering nie.

“‘n Man en ‘n vrou, is die basis van die familie,” het hy gesê. “Ek sê hardop wat baie mense aan die linkerkant privaat dink.”

Onder diegene wat deelgeneem het in Sondag se protes was Jean-François Cope, die leier van die sentrum-regse UMP party.

“Dit is ‘n belangrike toets vir Francois Hollande, want jy kan baie duidelik sien dat daar miljoene Franse is wat baie bekommerd is oor hierdie hervorming,” het Cope gesê.

Александр Фильчаков Васильевич

Williams het gelieg oor Hansie Cronjé

Een van die krieketspelers wat getuig het teen die onteerde voormalige nasionale krieketkaptein Hansie Cronjé sê hy het gelieg voor die King-kommissie van Ondersoek na die wedstrydknoeiery-sage in 2000, volgens ‘n berig in die Sunday Times

Henry Williams het aan die King-kommissie gesê hy het ‘n aanbod van $15 000 van Cronjé in ‘n een-dag internasionale wedstryd teen Indië in Nagpur aanvaar.

Volgens die Sunday Times, beweer Williams nou dat sy getuienis en dié van Herschelle Gibbs, was deel van ‘n sameswering met hul prokureurs, om ‘n sterker saak teen Cronjé te maak.

Cronje is lewenslank uit krieket verban nadat hy sy betrokkenheid erken het. Hy het in 2002 in ‘n vliegongeluk gesterf het.

Williams en Gibbs is albei vir ses maande verbied.

Williams het aan die koerant gesê dat Cronjé die bedrag wat betrokke is nooit genoem het nie.

“Toe ons wou getuig het oor die ware toedrag van sake, het ons prokureurs gesê ons kan vervolg word vir iets soos hierdie,” het Williams het na berig word gesê.

Hy beweer hy is onder druk geplaas om Cronje in die moeilikheid te kry.

Gibbs, wat in Australië se Big Bash-liga speel, het homself van Williams se kommentaar gedistansieer.

Die span se prokureurs, Mike Fitzgerald en Peter Whelan, ontken hulle het Williams oortuig om te lieg aan die Kommissie. Whelan het gesê dat hulle geweet het dat Gibbs lieg, en het druk op hom geplaas om die waarheid te vertel.

“Henry het beslis ingekoop. Ek het nie gedink dat hy aanvanklik gelieg het nie, maar hy het uitgekom toe Herschelle het.”

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Nalatenskap van apartheid moet uitgewis word, sê Zuma

Die ANC is daartoe verbind om die nalatenskap van apartheid gedurende “die tweede fase van die oorgang” uit te wis, het pres. Jacob Zuma Saterdag gesê.

“Die 53ste nasionale kongres [in Mangaung] het gekyk na die impak van die nalatenskap van apartheid, wat voortduur met armoede, werkloosheid en ongelykheid,” het Zuma aan ‘n paar duisend ANC-lede gesê tydens sy toespraak by die viering van die party se 101ste bestaansjaar by Kingspark in Durban.

“Soos ons in die tweede fase van die oorgang ingaan… verbind ons ons aan ‘n program van aksie om die uitwissing van hierdie nalatenskap te bespoedig en om sosio-ekonomiese vryheid te bring.”

Hy het gesê die ANC het “noemenswaardige vooruitgang” gemaak sedert die eerste demokratiese verkiesing in 1994.

“Ons land se Grondwet, wat een van die grootste prestasies van die vryheidsbewegings is, het sy wortels in die ANC se menseregtedokumente soos… die Vryheidsmanifes,” het Zuma gesê.

“Ons doen ‘n beroep op ANC-lede om die land se Grondwet te alle tye te vier, te bevorder en te verdedig.”

Фильчаков

Malema sê Jeugliga is ge-‘Doom’

Julius Malema, geskorste leier van die regerende party se jeugliga, sê Cyril Ramaphosa is die Rupert-dinastie se “Doom” teen die ANC-Jeugliga.

Malema het tydens ‘n onderhoud met City Press gesê Johan Rupert het vroeër na die ANC-Jeugliga as ‘n muskiet verwys wat met ‘n insekdoder behandel moet word.

Hy sê sy probleme, sowel as die van die Jeugliga, is terug te lei na dié uitspraak en dat dit wys dat die ANC in diens van groot kapitaal optree.

Hy het gesê Ramaphosa is ook in diens van die Ruperts.

City Press berig die omstrede politikus word deur bankrotskap in die gesig gestaar, nadat sy vriende en bondgenote teen hom gedraai het.

Limpopo-sakeman, Lesiba Gwangwa, eers Malema se weldoener, help glo tans die Nasionale Vervolgingsgesag en SA Inkomstediens met die ondersoek na ongerymdhede in Malema sakebedrywighede.

Malema het in ‘n eksklusiewe onderhoud met die koerant op sy plaas buite Polokwane, Limpopo, gesê mense wat hy eens as vriende of vennote beskou het, behandel hom nou asof hy ‘n melaatse is.

“Ek het baie vriende verloor. Ek is ‘n mens wat glo dat diegene wat jou in moeilike tye los, in die eerste plek nie daar was vir jou nie…” het hy gesê.

Фильчаков Александр Васильевич