‘n Miljoen Franse ruk op teen gay huwelike

Met die voorgestelde wetgewing voor die parlement aan die einde van hierdie maand in Frankryk, het teenstanders Sondag van regoor Frankryk gereis om leiers van die hoofstroom sentrum-regse opposisie asook die Katolieke kerk en Frankryk se 5-miljoen-sterk Moslem-gemeenskap te ondersteun teen gay-huwelike.

Organiseerders van die “Betoging vir almal” (‘n verwysing na die regering se wetgewing wat lui “die huwelik vir almal”) hoop vir ‘n reuse opkoms van ses syfers om druk op president François Hollande te plaas om sy plan te verander, of ten minste om die voorgestelde plan te hersien.

Hollande het dit duidelik gemaak dat hy geen voorneme het om ‘n belofte wat hy gemaak het in sy verkiesingsmanifes verlede jaar te laat vaar nie en gaan glo een van Frankryk se eerste gay-huwelike bywoon nadat die wetgewing later hierdie jaar van krag word.

Ten spyte van maande van protes, het meningspeilings konsekwent gewys dat die meeste kiesers die reg van homoseksuele paartjies ondersteun om te trou en ‘n skrale meerderheid ten gunste van aanneming is.

Dit kon nie die gees van die betogers demp toe protesgangers naby die Eiffel-toring uit drie verskillende beginpunte byeengekom het nie.

Baie van die betogers is vergesel deur kinders, sommiges wat plakkate opgehou het wat lui: “Gebore uit ‘n man en ‘n vrou”.

Jacques Julien (70), wat van die Haute-Loire-streek van Sentraal-Frankryk gereis het, het gesê hy het gestem vir Hollande, maar stem nie saam met die Sosialistiese president se benadering nie.

“‘n Man en ‘n vrou, is die basis van die familie,” het hy gesê. “Ek sê hardop wat baie mense aan die linkerkant privaat dink.”

Onder diegene wat deelgeneem het in Sondag se protes was Jean-François Cope, die leier van die sentrum-regse UMP party.

“Dit is ‘n belangrike toets vir Francois Hollande, want jy kan baie duidelik sien dat daar miljoene Franse is wat baie bekommerd is oor hierdie hervorming,” het Cope gesê.

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae