Chaos heers toe sokkerkaartjiestelsel vashaak

Chaos het uitgebreek toe die rekenaarstelsel vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi Donderdag oorlaai is met kaartjieverkope en die polisie moes op sekere plekke van traanrook gebruik maak om orde te herstel.

Een kaartjiekoper is aan ’n hartaanval dood terwyl hy in die tou by Fifa se kantoor gewag het.

Die sokkerskouspel skop 11 Junie af en eindig op 11 Julie in Johannesburg.

Duisende Suid-Afrikaners, meestal swart, het ure lank tougestaan by die kaartjiesentrum in Kaapstad en by FNB-takke. Die agt wedstryde in die Kaapstad-sta­dion is nou uitverkoop.

купить липецк стойки трансмиссионныеданильченко юрій Харків

‘Skiet die boer’ klink weer op

Die omstrede lied “Skiet die boer” is Donderdag deur kongreslede van die National Union of Mineworkers (NUM) gesing ten spyte dat die liedjie verbied is.  

Kongreslede van dié mynvakbond, die regering asook verskeie finansiële instellings het ‘n indaba in Johannesburg bygewoon om die probleem met mynwerkers se behuising aan te spreek.

Die liedjie is gesing om Oupa Komane, NUM se adjunk-sekretaris-generaal, van die podium af te begelei.

Komane het kongreslede met die lied geterg voor sy toespraak en slegs die “Ayesab’ amagwala”-gedeelte aan die einde gesing.

Dit het veroorsaak dat kongreslede die hele lied sing.

Die suid-Gauteng hooggeregshof in Johannesburg het onlangs dié lied verbied aangesien dit geweld aanhits.

[Die dagblad Beeld dra dieselfde berig van SAPA hierbo. Die laaste sin is as volg in Afrikaans vertaal om die leser te verseker dat die liedjie nie geweld aanhits nie: “Die suid-Gauteng hooggeregshof in Johannesburg het onlangs dié lied verban aangesien dit glo geweld aanhits.”]

bridal accessories beltЛобановский Харьков

Terre’Blanche-saak uitgestel tot 10 Mei

Puna Moroko, prokureur van die 28-jarige beskuldige in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak, het Woensdag aan verslaggewers buite die hof gesê dat dit goed gaan met sy kliënt.

“Hy is glad nie senuweeagtig nie. Nee, ons het ook geen doodsdreigemente of intimiderende boodskappe ontvang nie. My kliënt het nie ‘n selfoon in die tronk nie en ek het nog net boodskappe van ondersteuning ontvang,” het Moroko gesê. Hy wou egter nie uitbrei oor wie die mense is wat sy kliënt ondersteun nie.

Volgens hom is hy Paasmaandag deur “goeie samaritane” gekontak wat hom gevra het om Chris Mahlangu (28) te verteenwoordig. Sedertdien het die Black Lawyers Association (BLA) ook gesê dat hulle Moroko sal ondersteun.

Moroko was daarvan oortuig dat sy kliënt borgtog toegestaan sal word en ook dat Mahlangu onskuldig bevind sal word vir die moord op Terre’Blanche.

“Alhoewel Mahlangu en sy medepligtige, ‘n 15-jarige seun, oor die telefoon aan die polisie gesê het dat hulle Terre’Blanche vermoor het, tel dit nie as ‘n erkenning van skuld nie,” het Moroko gesê.

Mahlangu het met groot oë die hofverrigtinge dopgehou Woensdagoggend, terwyl Terre’Blanche se familielede hom aangegluur het vanuit die voorste ry van die publieke galery.

Sy borgaansoek is uitgestel tot 10 Mei as gevolg van onsekerheid oor waar hy sal bly as hy borgtog ontvang.

Moroko het weereens bevestig dat daar ‘n dispuut oor lone was.

Die media sal toegelaat word om die borgtogaansoek van die 28-jarige man by te woon wat verdink word van die moord op die ontslape AWB-leier, Eugene Terre’Blanche.

“Die media sal toegelaat word by die borgtogaansoek van Chris Mahlangu,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG), buite die landdroshof in Ventersdorp gesê.

Die 15-jarige verdagte sal nie aansoek doen om borgtog nie.

“Ek kan nie sê waarom die minderjarige besluit het om nie aansoek te doen nie,” het Mhaga gesê.

“Die verhoor van die minderjarige is onderweg en ons sal moet wag om te sien hoe die saak hanteer sal word. Hierdie is die eerste keer wat ‘n saak gedoen word onder die Wet op Kindergeregtigheid wat onlangs inwerking gestel is.”

Na afloop van sy voorlopige, private verhoor sal die minderjarige na ‘n plek van veiligheid geneem word. Nadat hy uit die hof geneem is sal die media en die publiek toegelaat word om Mahlangu se borgtogaansoek in die hof by te woon.

Die hof is egter baie klein en kan slegs vyf verslaggewers akkommodeer.

As gevolg van die nuutste verwikkelinge sal etv, Media 24, Independent Newspapers en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) hulle aansoek om die verhoor in ‘n ope hof te laat plaasvind vir eers uitstel.

Мильстримtopcargo

Kerngevaar word oordryf

Die Obama-administrasie sê die gevaar van ‘n terroriste-aanval met kernwapens is aan die toeneem, maar verskeie Amerikaanse amptenare sê die stelling is nie gegrond op nuwe inligting nie. Hulle bevraagteken trouens die skielike alarmisme en sê die bedreiging word oorbeklemtoon.  

President Obama het in ‘n toespraak voor 47 lande by die kernveiligheidspitsberaad, wat Dinsdag gesluit het, gesê dat “die risiko van ‘n kernkonfrontasie tussen lande gedaal het, maar die risiko van ‘n kernaanval het gestyg”. 

Die twee-dag vergadering is afgesluit met ‘n ooreenkoms deur die deelnemers om nie-regerings akteurs soos al-Kaida te verhoed kernwapens te bekom, hetsy deur middel van diefstal van die bestaande wapens, hetsy deur die vervaardiging van hul eie met gesteelde kernmateriaal.

Die gesamentlike verklaring noem kernterrorisme een van die mees uitdagende bedreigings vir internasionale veiligheid en sekuriteit en versoek lande om harder te probeer om te verhoed dat terroriste, kriminele en ander, kernmateriaal in die hande kry.

Maar Henry Sokolski, ‘n lid van die Amerikaanse Kongres se Kommissie vir die Voorkoming van wapens van massavernietiging, -verspreiding en terrorisme, het gesê dat daar geen spesifieke intelligensie dat terreurgroepe op soek is na kernmateriaal nie.

“Ons het inligtingsessies bygewoon en toe ons probeer om spesifieke intelligensie te vra oor die bedreiging van bekende terreurgroepe se pogings om ‘n bom in die hande te kry, was die antwoord dat ons nie enige iets het nie.” 

Mnr Obama het verslaggewers vertel dat daar ‘n verskeidenheid van menings oor die gevaar is, maar dat al die konferensiegangers “ooreengekom het oor die dringendheid en die erns van die bedreiging.”

‘n Senior Amerikaanse intelligensie-amptenaar het ook die administrasie se bewering dat die bedreiging van kernterrorisme groei, verwerp.

“Die gevaar is daar,” het die amptenaar gesê. “Maar daar is geen nuwe inligting nie.”

Die amptenaar het gesê dat die administrasie die gevaar blyk te oordryf op ‘n manier wat soortgelyk is aan wat die Bush-administrasie in Irak gedoen het: Fabriseer intelligensie om beleid te ondersteun.

Die amptenaar sê die waarskynlike motivering van die president is die doelstelling om kernwapens uit te skakel. Die Amerikaanse kernarsenaal sal nuttig wees om in weerwraak teen ‘n soewereine staat op te tree, maar sal minder doeltreffend wees teen ‘n terroristegroep.

Die nuwe fokus op kernterrorisme het te voorskyn gekom in die onlangs gepubliseerde Nuclear Posture Review se verslag wat verlede week bekend gemaak is, wat “vandag se mees direkte en uiterste gevaar” as kernterrorisme geïdentifiseer het.

In teenstelling, het die jongste verslag van die CIA aan die Kongres dit duidelik gestel dat die bedreiging van kernterrorisme verminder. 

  Daarbenewens het die verslag wat verlede maand openbaar gemaak is, gesê terroriste “wil hierdie middels [chemies, biologies, radiologies en kern] gebruik teen Westerse doelwitte, veral in Irak en Afghanistan,” en nie noodwendig elders nie.

Die militêre se bloudruk vir toekomstige konflikte, “Joint Operating Environment 2010” het verklaar dat terroriste “moontlik” kernwapens of ander massa-vernietigingswapens kan bekom en het gesê ‘n groot bron van kommer is dat ekstremiste kan oorneem in Pakistan en toegang tot sy kernarsenaal kan verkry.

Maar Brian Jenkins, skrywer van die boek “Will Terrorists Go Nuclear?” en ‘n Rand Corporation-adviseur, het gesê dat al-Kaida in die verlede mislei is deur sogenaamde kernverskaffers wat vasgestel het dat hulle kliënte “naïef is en ‘n gebrek aan tegniese vermoë binne die organisasie getoon het,” het hy gesê.

 “Ons het bewyse van terreurakteurs se ambisies om kernwapens of kernmateriaal te bekom, maar ons het geen bewyse van terreurakteurs se vermoë om dit te gebruik nie,” het hy gesê. 

 In sy outobiografie van 2007, “At the Center of the Storm” skryf George Tenet van die CIA dat hulle betroubare inligting ontvang het dat “die senior al-Kaida-leierskap in Saoedi-Arabië onderhandelinge aangeknoop het vir die aankoop van drie Russiese kernwapens.”

игры дляя девочекДанильченко Юрий Брониславович компромат

Diensleweringsprotes styg dramaties

Die aantal diensleweringsbetogings het ‘n hoogtepunt bereik in die eerste kwartaal van 2010, met soveel as 54 protesaksies landwyd deur die navorsingsmaatskappy Munisipale IQ getel.
  
Hierdie aantal in die eerste vier maande van hierdie jaar, is baie hoog as in ag geneem word dat ‘n totaal van 105 oor 12 maande in die vorige jaar plaasgevind het Munisipale IQ se besturende direkteur Kevin Allan, gesê.

“Dit is betekenisvol dat die eerste kwartaal van 2010 meer as die helfte soveel van al 2009 se protesaksies gelewer het,” het Allan in ‘n verklaring Donderdag gesê.
  
“Trouens, Maart se protes vergelyk met verlede jaar se ongekende hoogtepunt in Julie,” het hy bygevoeg, met die navorsing wat toon dat ongeveer 25 protesaksies getel is in hierdie twee maande. 
  
Sedert Munisipale IQ begin het met die samestelling van die verslag in 2004, was die kalmste jaar 2006, toe net twee diensleweringsopstande aangeteken is.
  
Verlede jaar is die meeste protesaksies (105) aangeteken, maar hierdie jaar lyk dinge die ergste Oos-Kaap (albei 11 persent), Limpopo (sewe persent), die Vrystaat (vyf persent) en Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Noord-Kaap (almal vier persent).  
  
Munisipale IQ tel “volgehoue protes” as protes wat oor ‘n paar dae op een plek strek as net een aksie. Dit sluit ‘n vreedsame en gewelddadige betogings wat gerig is op munisipaliteite wat van die swak dienstlewering beskuldig word, in.

шорты девочке 8 летФільчаков прокурор

Nog klaskamers brand

Geweldpleging het vir ‘n tweede dag voortgeduur by die Sekondêre Skool Naphakade in Malmesbury Woensdag nadat swart skoolkinders nog klaskamers aan die brand gesteek het.

Polisiebeamptes wat die skoolterrein betree het om orde te hou, is onder klippe gesteek.

Die skool sal tot Maandag gesluit wees. Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant, het ook ’n dringende interdik aangevra om slegs amptenare van die Wes-Kaapse onderwysdepartement tot die perseel toe te laat.

Die polisie moes kinders Dinsdag met rubberkoeëls uitmekaar jaag nadat hulle hulself tot brandstigting gewend het.

In simpatie met vier leerlinge wat aangehou word ivm Dinsdag se voorval, het leerlinge by die landdroshof betoog. By die skool het het hulle ruite van die klaskamers begin stukkend gooi.

Voorvalle van plundery by immigrante se spazawinkels is ook Dinsdag aangemeld.

справкиДанильченко Юрий отзывы

Ys en vuur

’n Vulkaniese uitbarsting gister in die suide van Ysland het ’n rookwolk en stoom gespuug en honderde mense moes die yl bevolkte gebied ontruim.

Die wolk het bo ’n krater uitgestyg wat bedek is met ys van ongeveer 200m diep by die Eyjafjallajokull-gletser.

Die radiodiens van die Yslandse regering het berig die uitbarsting was naby die plek waar daar verlede maand ‘n uitbarsting plaasgevind het en wat Maandag eers uitgewoed was.

Die radiodiens het voorts berig dat Ysland se burgerlike beskermingsowerheid  700 mense aangesê het om hul huise te ontruim en gemaan het dat ’n rivier daar naby – wat reeds met 84cm gestyg het – kan oorstroom weens die smeltende ys.

Luidens die berig kon ’n opening in die gletser vanuit ’n vliegtuig van die kuswag gesien word, maar weens lae wolke is geen lawa of vuur opgemerk nie.

Wetenskaplikes in Ysland het vroeg Maandagoggend, twee uur voor die uitbarsting, ’n toename in seismiese aktiwiteit naby die gletser gemeet.

Daar was geen ongevalle toe die vulkaan naby die Eyjafjallajokull-gletser verlede maand uitgebars het nie.

Ysland is as’t ware in ’n vulkaniese mynveld in die Middel-Atlantiese rif geleë en uitbarstings is ’n betreklik algemene verskynsel.

интернет магазины детских игрушек украинаФильчаков прокурор

Meer selfone as toilette…

Veel meer mense in Indië het toegang tot ‘n selfoon as ‘n toilet, volgens ‘n VN-studie oor hoe om sanitasievlakke wêreldwyd te verbeter. 

Indië se selfoonintekenaars beloop 563.73 miljoen met die laaste telling, genoeg om byna die helfte van die land se bevolking van 1,2 miljard te bedien.

Maar net 366 miljoen mense – ongeveer ‘n derde van die bevolking – het toegang tot behoorlike sanitasie in 2008 gehad, sê die studie wat deur die Universiteit van die Verenigde Nasies, ‘n VN-dinkskrum, gepubliseer is.

“Dit is ‘n tragiese ironie om te dink in Indië,’ n land wat nou ryk genoeg is dat ongeveer die helfte van die mense hul eie fone besit, daar so baie mense is wat nie kan bekostig om die basiese noodsaaklikheid en waardigheid van ‘n toilet te hê nie,” sê die VN-direkteur van die universiteit Zafar Adeel.

Adeel is die hoof van die VN Universiteit se Instituut vir Water, Omgewing en Gesondheid, in die Kanadese stad  Hamilton, wat die verslag saamgestel het.

‘n Beraamde 358 miljard dollar is wêreldwyd nodig om tussen nou en 2015 die VN se Millennium Ontwikkelingsdoelwit (MDG) te bereik, om die mense met ‘n gebrek aan sanitasie vanaf 2000 se vlakke te halveer. 

Behoorlike sanitasie “kan meer doen om lewens te red, veral dié van jong mense, die verbetering van gesondheid aanhelp en Indië en ander lande in soortgelyke omstandighede uit armoede lig, as ‘n enige ander belegging,” het Adeel gesê.

Swak sanitasie is ‘n groot faktor in water-oordraagbare siektes, wat in die afgelope drie jaar ‘n geskatte 4,5 miljoen
kinders onder die ouderdom van vyf die hele wêreld oor se lewens geëis het, volgens die studie.

Die verslag het rofweg bereken dat dit 300 dollar kos om ‘n toilet te bou, wat arbeid, materiaal en advies insluit.

Die wêreld kan ‘n opbrengs van tot 34 dollar vir elke dollar bestee aan sanitasie verwag deur middel van verbeterde produktiwiteit en verminderde armoede en gesondheidskoste, sê Adeel. 

Hy sê die verbetering van sanitasie is ‘n “ekonomiese en humanitêre geleentheid van historiese belang”.

воздухаФильчаков Харьков

Slagoffer eien aanvaller as polisiebevelvoerder

’n Misdaadslagoffer het een van sy aanvallers glo herken in sy… polisie-uniform, berig Beeld.

Die slagoffer van ‘n rooftog het dokumente by ’n polisiekantoor oos van Pretoria laat sertifiseer toe hy met skok besef het dat sy aanvaller ‘n skofbevelvoerder van die Boschkop-polisiekantoor is.

Die polisieman, Joshua Raboshaba (50), sal vandag in die hof verskyn op ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Die slagoffer, ‘n sakeman van 60,  wou nie sy naam gee nie omdat hy verdere viktimisasie vrees. Hy het Raboshaba herken as een van die rowers wat hom in Augustus verlede jaar by sy onderneming in Silverton beroof het.

Lees verder.

 

86 купитьtopcargo

Ses vas vir brandstigting

Ses mense is vir ondervraging Woensdag in hegtenis geneem nadat 19 busse by die Buscor-depots in Nelspruit vroeg Dinsdag uitgebrand is, het Mpumalanga polisie gesê.
  
“Ons het ses mense in die Laeveld-gebied in Mpumalanga vir ondervraging ingeneem,” het Kaptein Leonard Hlathi gesê.
  
Die ses is Woensdag gearresteer gedurende die vroeë oggendure nadat inligting aan die polisie oorhandig is.
  
Hulle word in verband met die busse wat aan die brand gesteek is Dinsdagoggend aangehou. Die voertuie was in die depot te Oggo in Daantjie, buite Nelspruit geparkeer .
  
Die brand het versprei van die een bus na die ander omdat hulle naby aan mekaar geparkeer was. Daar is 17 busse  verwoes, sê Hlathi.
  
Nog ‘n bus is aan die brand gesteek by die Spelenyana-depot, ook in Daantjie, en ‘n ander by Kabokweni naby Malkutu, Witrivier.
  
Sleutels is ook verwyder uit die ses busse wat uit gebrand het by die Masoyi-depot naby Hazyview.
  
Hlathi sê die vroeë getuienis is dat dit gekoppel word aan die afdanking van ‘n aantal werknemers en’ n advertensie wat geplaas is in ‘n koerant om hul posisies te vul.
  
Die maatskappy, wat gesê het hulle het R45 miljoen verloor, het aangebied om ‘n R50 000 beloning vir inligting wat sal lei tot ‘n arrestasie sal betaal.

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting.

детектор лжи минскФильчаков прокуратура харьков