Hospitaalsterftes weens staking

Verskeie hospitaalsterftes is aangemeld aangesien ‘n landswye staking staatsdiensstaking verlede week begin het, maar die owerhede is versigtig om dit te direk aan die massa-aksie te verbind.

The Star-koerant berig Maandag dat drie staatshospitaalpasiënte, wat na private hospitale verskuif is as gevolg van personeeltekorte wat veroorsaak word deur die staking, gesterf het.

Die pasiënte wat na private sorg verskuif is, sluit 53 pasgebore babas van Natalspruit hospitaal in van moeders wat komplikasies tydens kraam ondervind het gedurende, asook skiet- en ongelukslagoffers.

Die Gautengse Departement van Gesondheid het verlede week gesê dat twee babas by die Natalspruit-hospitaal gesterf het.

Die Gautengse gesondheidswoordvoerder Mandla Sidu het gesê hul dood kan nie noodwendig aan die staking gekoppel word nie, maar het bygevoeg dat die babas nie behoorlik gevoed is nie.

“Die babas is vir ‘n lang tyd nie gevoed nie,” het Sidu gesê.

Nog ‘n baba is doodgebore by ‘n staatshospitaal in Mpumalanga verlede week.

The Star berig dat die moeder nie behoorlike gesondheidsorg ontvang het ná komplikasies tydens baring nie.

Nalatigheid

Vandag het die Sowetan-koerant die moeder, Busi Thwala, 28, aangehaal wat meen dat haar baba gesterf het as gevolg van nalatigheid.

“Hulle was besig om te sing terwyl my baba dood is,” sê Thwala.

In ‘n verslag Maandag oor Talk Radio 702 het ‘n inbeller gesê haar broer het in ‘n staatshospitaal in Johannesburg gesterf.

Sy het gesê hy het goed herstel ná ‘n beroerte en is uit die intensiewe sorgeenheid na ‘n algemene saal verplaas.

Sy beweer dat verpleegkundiges haar verlede week geïgnoreer het toe sy hulle daarop gewys het dat sy toestand besig was om te versleg, en hy het later gesterwe.

Beeld berig ook vandag dat ‘n 68-jaar-oue man vir nege ure in sy eie urine  laat lê is by die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese hospitaal.

Hy is uiteindelik na Sandton Medi-Clinic verskuif.

Staatsdiensvakbonde het Woensdag begin staak weens hul eis van ‘n 8,6%-salarisverhoging en R1 000-per-maand-behuisingstoelae ná hul verwerping van die regering se aanbod van ‘n sewepersentverhoging en R700-behuisingstoelae.

пальто детское для девочекАлександр Фильчаков

Betogers brand motor, versper die pad

Stakers in die staatsdiens brand ‘n motor en die Mangosuthu-hoofweg in Umlazi is vanmôre van ‘n barrikade voorsien, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

“Teen ongeveer 01:00 die oggend (Maandag) het ‘n groep betogers by die Prins Mshiyeni-hospitaal in Umlazi ingebars en ‘ n motor verbrand wat aan ‘n werker by die hospitaal behoort,” het luitenant-kolonel Vincent Mdunge gesê.

Hulle het om 05:00 na die Mangosuthu-hoofweg beweeg en die verkeer gehalt wat in en uit die lokasie beweeg.

“Op hierdie stadium is die snelweg gesluit. Die betogers het die pad met ‘n yskas en ou motors geblokkeer. Die polisie was op die toneel en het begin met die verwydering van die versperring,” het hy gesê.

Daar was ‘n skare op die pad. Geen inhegtenisnames is gemaak nie.

Die Kongres van SA Vakverbonde en die Onafhanklike Arbeidskoukus het ‘n week gelede ‘n landswye staking aangekondig ná die verwerping van die regering se aanbod van ‘n sewepersentsalarisverhoging en ‘n R700-per-maand-behuisingstoelae.

Hulle eis ‘n 8,6%-verhoging en R1000-behuisingstoelae.

you playАлександр Фильчаков Васильевич

Blanke vakunie sluit by staking aan

Onderwysers wat aan die hoofsaaklik blanke Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) behoort, gaan aanstaande week by die landwye staatsdiensstaking aansluit, het die unie gister in ‘n verklaring gesê.

“Die SAOU het op hierdie drastiese stap besluit nadat 87% van lede die staat se jongste aanbod van ‘n algemene salarisaanpassing van 7% en ‘n behuisingstoelaag van R700 per maand verwerp het tydens ‘n stemming deur lede,” het die unie gesê.

Die unie, wat onderwysers van die vorige model C-skole insluit, gaan Maandag by die staking aansluit.

Die SAOU het geweld en skade aan eiendom deur ander vakbonde veroordeel.

“Barbaarse optrede soos wat ons oor die afgelope week gesien het, kan nie langer verdra word nie,” lui die verklaring verder.

Die unie het skoolbeheerrade gevra om leerlinge en onderwysers te monitor.

“Indien daar ‘n redelike risiko van intimidasie en beserings bestaan, moet die belange van die leerders en personeel in ag geneem word…,” het die unie gesê en bygevoeg dat skole nie “ten alle koste” moet probeer oop bly nie.

дитячі візочки львівтопкарго

Afrikanerskole ontwrig deur intimidasie

Afrikaanse skole in Johannesburg, wat hoofsaaklike deur blanke Afrikanerkinders bygewoon word, is gister en vandag deur stakende swart onderwysers geïntimideer om nie langer met klasse voort te gaan nie. Vir die eerste keer in die geskiedenis is Afrikaanse skole gesluit verklaar, met onderwysers wat meesal nog op die terrein was maar kinders wat huis toe gestuur is.

Gister is die Laerskool Fairland, Hoërskool Linden, asook Unika-laerskool om veiligheidsredes gesluit verklaar. Vandag is die meeste skole steeds gesluit, met Bryanston Parallelmedium (die vorige Laerskool Bryanston) wat ‘n omsendbrief aan ouers uitgestuur het dat die skool vandag “om veiligheidsredes… voorlopig gesluit word”. Die skool vra dat alle kinders by die huis gehou word en alternatiewe reëlings getref word.

Werkende ouers wie se kinders van die nasorgsentrum gebruik maak, is besonder verontrief en daar was verskeie klagtes.

By die Hoërskool Randburg het klasse gister normaalweg voort, maar hekke is gesluit en alle motors, ook van leerlinge, is binne die skoolterrein geparkeer en die hele skool was op ‘n gereedheidsgrondslag om te reageer in die geval van probleme. Vandag gaan die skoolprogram ook normaalweg voort en die hoof , mnr. Booysen, het geweier dat leerlinge uit vrees eenvoudig “uitteken”.

Radio Sonder Grense berig dat matrieks binnekort hul rekordeksamen skryf. Blykbaar gaan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, met belanghebbendes vergader om moontlik die skoolrooster te hersien.

big bad wolfФильчаков прокуратура харьков

Staatsdienswerkers begin met staking

Staatsdienswerkers het Woensdag met ‘n landswye staking begin om op beter lone aan te dring en sê hulle geduld is besig om op te raak.

“Ons het geduldig probeer om die werkgewer te oortuig om ‘n hersiene aanbod aan te bied,” het Cosatu en die Onafhanklike Arbeidskoukus (ILC) Dinsdag in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

“Die staking van staatsdiensvakbonde sal voortgaan totdat die werkgewer aan die werknemers se eise voldoen.”

Stakings sal by “al ons werkstasies” plaasvind terwyl massa-optogte regoor die land vir 26 Augustus beplan word.

Nomusa Cembi, woordvoerder vir die South African Democratic Teachers’ Union (Sadtu), het gesê dat meeste van hul 245 000 lede na verwagting aan die staking sal deelneem.

Sadtu het stakende onderwysers aangemoedig om nie ander te intimideer nie ná gerugte van ontwrigtings  van klaskamers in die Vaaldriehoek vroeër vandeesweek.

самовыравнивающиеся смеси купитьtopcargo кидалы

See oor vyftig jaar leeg

Terwyl daar jaarliks nog nuwe soorte koraal, visse en plante in die see ontdek word, meen die Antineastigting dat daar oor 50 jaar dalk nie meer ‘n enkele vis in die see sal swem nie.

Dit is nou as sake aangaan soos nou.

Die see bedek 75 persent van die aardoppervlak, en 80 persent van die lewensvorme kom daarin voor.

Oormatige visvangste, die “plastiese berg” in die see, die toename in nitrate en fosfate in die see, chemiese afvalstorting in die see en klimaatsverandering kan egter veroorsaak dat die see in ‘n algesop verander met ‘n klompie laer diersoorte. Selfs die windkragparke ter see wat nou, ironies ter wille van groen energie opgerig word, kan sekere vissoorte baie negatief raak as dit nie goed beplan en bestuur word nie.

Die navorsers wat dié ondersoek gedoen het is aan boord van die omgeboude Duitse maritieme seilboot, bekend as Fleur de Passion Anitnea. Die ondersoeke is op verskeie plekke gedoen, waaronder die Waddensee, ‘n Unesco-wêrelderfenisgebied.

Bron: Trouw

free online casinosФильчаков

Bamboesgordyn vir Uncle San gespan?

China het skaars Japan as die land met die tweede grootste ekonomie ter wêreld ingehaal, of die vraag word gevra wanneer die land agter die bamboesgordyn ook die Amerikaanse ekonomie as die grootste in die wêreld gaan verbysteek.

Ekonome het blykbaar min twyfel dat dit net ‘n kwessie van tyd is voor dit gebeur, die vraag is net oor wanneer.

Die konsensus is dat dit nie te gou sal wees nie, en in elk geval nie sommer binne twintig jaar nie.

Die VSA se ekonomie beloop net minder as $15 triljoen, terwyl die Chinese $5,4 triljoen beloop. Indien die Chinese egter teen net meer as 12 % per jaar groei, en dié van die VSA teen 2 %, sal China Uncle Sam oor ‘n dekade onder die stof loop. Dis egter onwaarskynlik, met die Chinese ekonomie wat nou teen net onder die 10 % groei, en dié van die VSA teen ‘n verwagte 3,8 % vanjaar. China sal na verwagting toenemend onder internasionale druk verkeer ten opsigte van die gebruik van skoner energie, asook die regte van werkers. Dit kan die groeitempo laat hik.

Maar selfs al sou die Chinese die VSA verbysteek, is Amerikaanse ekonome baie seker dat die Chinese se lewenstandaard nie naastenby met dié van die VSA vergelyk sal kan word nie. – Verwerk uit Christian Science Monitor.

финская сауна ценылобановский класс

Kimberley se ACVV ‘verwaarloos blanke kinders’

Die ACVV, ‘n welsynsorganisasie wat in 1904 met Afrikanergeld begin is, word daarvan beskuldig dat sy kleuterskool op Kimberley spesifiek blanke kinders afskeep. Babas by die kleuterskool se doeke word slegs een keer per dag omgeruil.

Volgens een ouer, is “kruisinfeksies aan die orde van die dag en ouers bestee baie geld aan medikasie om hulle kinders op ‘n manier gesond te hou. As die organisasie op so iets sou afkom, sou hulle met ‘n helse bohaai so ‘n kind uit sy/haar ouers se sorg verwyder, maar dit floreer reg onder hulle neuse.”

Die ouer meen dat donasies aan die ACVV deesdae hoofsaaklik op gekleurdes uitgegee word en dat Afrikanerkinders daarom “die spit moet afbyt”.

Daar word voorts beweer dat toesighouers nooit gedurende die dag hul hande was nie, wat verdere besmetting van kinders veroorsaak.

‘n Enkelouer wat haar baba in die ACVV-kleuterskool op Kimberley se sorg gelaat het, se kind was in twee maande “nooit gesond nie”. Volgens die moeder, wat anoniem wil bly, “was my kind se boutjies so erg verbrand omdat haar doek nie geruil is nie dat ek haar by ‘n dokter moes kry. Alstesaam het ek oor slegs twee maande R3700 aan mediese kostes moes betaal omdat my kind so verwaarloos is. Ek kan u van die datums, tye en mediese rekords voorsien, indien nodig.”

Sy het reeds by die hoof van die babakamer gekla, dog sonder gevolge. Ook klagtes by die bestuur van die ACVV in Kimberley het geen positiewe gevolge gehad nie.

купить липецк домкратыДанильченко Харьков

China steek Japan verby

Na drie dekades van skouspelagtige groei, het China daarin geslaag om Japan in die tweede kwartaal verby te steek en die wêreld se tweede grootste ekonomie ná die Verenigde State te word volgens syfers wat Maandag vrygestel is..

Dié mylpaal, al lank verwag, is die mees ooglopende bewys nog dat China se opkoms ‘n feit is en dat die res van die wêreld rekening sal moet hou met ‘n nuwe ekonomiese supermag.

Die erkenning is vroeg Maandag deur Tokio gedoen wat gesê het dat Japan se ekonomie ter waarde van ongeveer $1 280 000 000 000 in die tweede kwartaal effens onder China se $1 330 000 000 000 is. Japan se ekonomie het gegroei met 0,4% in die kwartaal, aansienlik minder as die skattings. Dit dui daarop dat China se ekonomie Japan s’n vir die volle jaar gaan verbysteek.

Kenners meen Japan – en die afgelope jaar ook Duitsland, Frankryk en Groot-Brittanje – onderstreep China se groeiende invloed en voorspel dat China die Verenigde State as die wêreld se grootste ekonomie so vroeg as 2030 sal inhaal. Amerika se bruto binnelandse produk was ongeveer $14 000 000 000 000 in 2009.

“Dit het ‘n enorme belang,” sê Nicholas R. Lardy, ‘n ekonoom by die Peterson Institute for International Economics. “Dit herbevestig wat gebeur het vir die beter deel van ‘n dekade: China het Japan ekonomies uitgestof. Vir almal in China se omgewing, is die land nou die grootste handelvennoot, eerder as die VSA of Japan.”

Vir Japan, waarvan die ekonomie stagneer al vir meer as ‘n dekade, toon die syfers ‘n afname in ekonomiese en politieke mag. Japan was die wêreld se tweede grootste ekonomie vir ‘n groot deel van die laaste vier dekades, volgens die Wêreldbank. En gedurende die 1980’s, was daar selfs sprake dat Japan se ekonomie dié van die Verenigde State sal ore aansit.

Maar terwyl Japan se ekonomie volwasse is en sy bevolking vinnig verouder, is China in die greep van verstedeliking en onderontwikkel, sê ontleders, wat beteken dat dit ‘n veel laer standaard van lewe het, sowel as baie meer ruimte om te groei. Net vyf jaar gelede, was China se bruto binnelandse produk ongeveer $2 300 000 000 000, ongeveer die helfte van Japan s’n.

Hierdie land het min of meer dieselfde landmassa as die Verenigde State, maar dit is belas met ‘n vyfde van die wêreld se bevolking en onvoldoende hulpbronne.

Die per kapita inkomste is meer op ‘n gelyke voet met dié van arm lande soos Algerië, El Salvador en Albanië – naby aan $3 600 – terwyl dié van die Verenigde State oor die $46 000 is.

China is reeds ‘n groot dryfveer vir wêreldwye groei. Die land se leiers het meer selfvertroue op die internasionale toneel en het begin om ‘n groter invloed in Asië, Afrika en Latyns-Amerika uit te oefen, met dinge soos spesiale handelsooreenkomste en multimiljard hulpbronprojekte.

“Hulle het ‘n groot invloed uitoefen op die werking van die globale ekonomie en is steeds dominant in Asië,” sê Eswar S. Prasad,’ n professor in handelsbeleid aan Cornell en die voormalige hoof van die Internasionale Monetêre Fonds se China-afdeling. “Daar is baie ander ekonomieë in die streek wat hoofsaaklik ry op China se rokspante, en dit is merkwaardig vir ‘n ekonomie met ‘n lae inkomste per kapita.”

In Japan, is die stemming een van aanvaarding. Japan het voordeel getrek uit ‘n vinnig groeiende China, aanvanklik deur besighede wat produksie daarheen geskuif het om voordeel te trek uit die laer lone en, soos plaaslike inkomste gestyg het, deur ‘n groot en toenemende winsgewende mark vir Japannese goedere.

Beijing wil ook die globale dialoog oor die dollar wat moet uitgefaseer word as die wêreld se primêre reserwegeldeenheid, beïnvloed.

En terwyl die Verenigde State en die Europese Unie sukkel om te groei in die nasleep van die ergste ekonomiese krisis in dekades, het China voortgegaan om  te klim om in die ekonomiese liga van swaargewigte te kom deur te belê in infrastruktuur en ‘n $586 000 000 000-stimulusplan.

China se ekonomie sal na skatting ongeveer met 10% groei hierdie jaar – ‘n merkwaardige drie-dekade lopie van dubbelsyfer groei.

“Dit is net die begin,” sê Wang Tao, ‘n ekonoom by UBS in Beijing. “China is nog ‘n ontwikkelende land. Daarom is daar baie ruimte om te groei. En China het die grootste impak op kommoditeitspryse – in Rusland, Indië, Australië en Latyns-Amerika.

Daar is groot uitdagings in die toekoms, alhoewel. Ekonome sê dat China se ekonomie ook baie afhanklik van uitvoer en beleggings is en dat dit groter binnelandse verbruikersbehoeftes behoort aan te moedig – iets wat China gesukkel het om te doen.

Die Verenigde State, die Europese Unie en ander beskuldig Beijing dat hulle die Sjinese geldeenheid, die renminbi, kunsmatig laag hou om uitvoere te bevorder – wat lei tot ‘n groot handelsoorskot vir China, en aansienlike bilaterale handelstekorte vir die Verenigde State en die Europese Unie.

Ongeag, China se vinnige groei dui daarop dat dit sal voortgaan om fel mee te ding met die Verenigde State en Europa vir natuurlike hulpbronne, maar bied ook groot geleenthede vir maatskappye wat gretig is om die mark te tap.

Dit, sê Lardy by die Peterson Instituut, gee die land ongewone krag. “China is al die primêre determinator van die prys van byna elke belangrike kommoditeit,” volgens hom.

лампы светильникиОлександр Васильович Фільчаков

Zuma sal Zimverslag aan SAOG voorlê

President Zuma sal dié week by ‘n SAOG-konferensie ‘n verslag voorlê oor die politieke situasie in Zimbabwe, het die Departement van Internasionale Betrekking en Samewerking Maandag gesê.

Zuma is tans in Windhoek, Namibië om Maandag die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se konferensie vir staatshoofde en regerings by te woon.

“Die inklusiewe regering in Zimbabwe is besig om vordering te maak met die implementering van die globale politieke ooreenkoms deur die bemiddeling van Suid-Afrika,” het departementele woordvoerder Saul Molobi gesê.

“Nietemin gaan die besprekings voort en hopelik sal daar nog positiewe resultate teen die einde van hierdie jaar wees.”

тамбов ударныйФільчаков Олександр Васильович