Likwidasies, bankrotskappe styg

Die totale getal likwidasies aangeteken vir Maart 2010 het met 18,2 persent gestyg – 347-410 – in vergelyking met Maart 2009, het Statistiek SA gister berig.

Die Pretoriase agentskap het gesê dat die beraamde aantal bankrotskappe wat vir Februarie 2010 aangeteken is met 8,0 persent – 325-299 – in vergelyking met Februarie 2009 gestyg het.

купить детскую косметикуДанильченко Юрий прокурор

Twee vas vir kleuter se aanranding

Johannesburgse polisie het Sondag ‘n deurbraak gemaak in die ondersoek na die aanranding van ‘n kleuter van Robin Hills nadat twee mans in hegtenis geneem is, het ‘n woordvoerder gesê.

Die twee, tussen die ouderdomme 23 en 25, is in Alexandra in hegtenis geneem, het Kolonel Eugene Opperman aan Sapa gesê.

“Hulle was bouers by die huis.”

Die klein dogtertjie, Marzaan Kruger, is Donderdag erg geslaan tydens ‘n huisroof in Robin Hills, noord van Johannesburg.

Sy verkeer tans in ‘n ernstige, maar stabiele toestand in die Sandton Medi-Clinic.

Die kleuter is saam met die huishulp, Francina Sekhu, aangerand.

Opperman het gesê die twee sal Maandag in die Johannesburgse Landdroshof verskyn.

diamond dogs videoдепутат лобановский

Vrystaatse onderwyssyfers skok

Die Vryheidsfront Plus-jeug in die Vrystaat is geskok deur die syfers wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) oor onderwys in die Vrystaat bekend gemaak is.

Volgens die SAIRV was slegs 48% van Vrystaatse skoliere wat in 2007 in graad 10 was, in 2009 matrikulante, wat op ‘n 52% uitvalsyfer tussen graad 10 en graad 12 dui. Wat skokkend is, is die feit dat slegs 28% van die skoliere wat in 2007 in graad 10 was, in 2009 matriek geslaag het. “Dit is anders as die mooier prentjie wat deur amptelike matriekuitslae geskets word,” het Jan van Niekerk, Provinsiale Jeugleier van die VF Plus in die Vrystaat gesê. Statistieke wys verder dat slegs 8% van skoliere in die Vrystaat toegang tot toegeruste biblioteke het en slegs 7% het toegang tot toegeruste laboratoriums en rekenaarsentrums.

Die statistiek wat bekend gemaak is, word jaarliks deur die SAIRV aan politieke partye in die Provinsie beskikbaar gestel, maar die ANC in die provinsie was nie beskikbaar om dit te sien nie. Die feit dat die ANC nie beskikbaar is, of nie belangstel om dit te sien nie, is volgens van Niekerk ‘n groot bron van kommer aangesien die regering in hierdie geval nie die ware stand van die onderwyskrisis in die provinsie besef of wil besef nie.

Die VF Plus is ook besorg oor ‘n onlangse verslag van die SAIRV, wat aangedui het dat sowat 1 miljoen wit mense die land in die laaste tien jaar verlaat het. Die VF Plus is uiters bekommerd hieroor hoofsaaklik as gevolg van die uitwerking wat hierdie syfers in die afsienbare toekoms vir die land en die onderwys in besonder sal inhou. Die SAIRV het ook bekend gemaak dat die meeste emigrante, wit emigrante is en in die ouderdomsgroep van 20 to 40 jaar. Hierdie emigrante is geskoolde of hoogs-geskoolde mense wat ‘n belangrike bydrae tot die land se ekonomie, onderwys en belastingbasis kan maak.  Van Niekerk is van oordeel dat die probleem slegs opgelos kan word deur die afskaffing van regstellende aksie en die beveiliging van Suid-Afrika se landsburgers.

Die VF Plus-jeug in die Vrystaat gaan hierdie en ander statistiek aan die LUR vir onderwys in die Provinsie, mnr. Tate Makgoe, oorhandig om die situasie wat ‘n ernstige bedreiging vir Suid-Afrika inhou, onder sy aandag te bring.

play n winФільчаков Олександр Васильович прокурор

Afrikataal moet verpligtend wees, sê Nzimande

Universiteite moet dit oorweeg om ‘n studie van ‘n Afrikataal behalwe Afrikaans verpligtend vir sekere kursusse te maak, het Blade Nzimande Minister van Hoër Onderwys, gister gesê.
Aan sommige universiteite, het Afrikataaldepartemente swakker oor die jare geword, en die bevordering daarvan moet ‘n “sentrale strategie” behels, het hy gesê in ‘n toespraak by die Kaapse Skiereiland se Universiteit van Tegnologie. 
  
“Ek wil graag voorstel dat die universiteite en professionele liggame soos dié wat onderwysers, dokters en prokureurs verteenwoordig, ‘n studie (dalk vir’ n jaar) van ‘n amptelike Afrikataal, anders as Engels en Afrikaans, verpligtend maak ten einde ‘n kwalifikasie te bekom,” het hy gesê. 
  
“Dit sou nie ‘n eerste vir hierdie land wees nie, dit is suksesvol in die verlede gebruik om Afrikaans onder nie-Afrikaanssprekendes te bevorder.
  
Dit sal voordelig wees vir alle studente, Afrikataaldepartemente help versterk, en die status van die Afrikatale verhoog .
  
Nzimande, wat gepraat het op ‘n spitsberaad oor transformasie in hoër onderwys, het gesê ‘n saak wat die sektor vir meer as ‘n dekade al kwel is die stygende gemiddelde ouderdom van akademici en die noodsaaklikheid om die akademiese professie in stand te hou. 
  
“Ten spyte van hierdie besorgdheid, ons het nie ‘n groot hoeveelheid vooruitgang gesien nie,” het hy gesê.
  
“Die gemiddelde ouderdom van die Suid-Afrikaanse akademici is oor 50 word nie jonger nie… “

Nzimande het gesê dat hy beoog om ‘n permanente belanghebbende raad vir hoër onderwys wat een of twee keer per jaar vergader, byeen te roep.

online casino registration bonusАлександр Фильчаков Васильевич

Zuma onderhandel sterker Doeane-unie

Die hoofde van die vyf-nasie Doeane-unie van Suider-Afrika (SADU), die oudste blok van sy soort in die wêreld, het Donderdag ‘n ooreenkoms onderteken om die liggaam verder te verenig, het amptenare gesê.

“Ons het ‘n nuwe visie en missie vir die SADU, wat 100 jaar oud sal word hierdie jaar,” het die Namibiese Minister van Finansies, Saara Kuugongelwa-Amadhila, wie se land die huidige SADU voorsitterstoel vul, gesê.

Die ooreenkoms is onderteken deur die Namibiese President Hifikepunye Pohamba en mede-leiers Koning Mswati III, President Jacob Zuma van Suid-Afrika, premier Pakalitha Mosisili van Lesotho en Botswana se president Ian Khama. 

“Al vyf die SADU-lande het eenheid beklemtoon , en ons sal ‘n gemeenskaplike standpunt vir handel met buitelandse handelsvennote onderhandel,” het Namibië se Pohamba gesê.

“Ons onderhandelinge met derde partye oor die jare het die behoefte daaraan om gemeenskaplike posisies te ontwikkel op die voorgrond gebring,” het hy gesê.

“Dit is veral waar van die deurlopende gesprekke vir ‘n Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EPA) met die Europese Unie. ”

Volgens ‘n verklaring het die vyf lande ooreengekom dat SADU omskep word in ‘n “voertuig vir streeksekonomiese integrasie wat in staat sal wees om billike ontwikkeling te beskerm.”

In Desember verlede jaar het die SADU-Raad van Ministers in Windhoek besluit  om te werk aan ‘n “bepaalde plan vir die pad na ‘n ekonomiese gemeenskap en monetêre unie.”

Take wat nog nie afgehandel nie is nie, is die vestiging van ‘n SADU-tariefraad,’ n handels-tribunaal en die saamstel van ‘n gemeenskaplike industriële en landboubeleid.

Nog ‘n vergadering van SADU-staatshoofde sal in Julie in Suid-Afrika gehou word.

белье для девочеклобановский александр жена

Ahmadinejad verwerp ‘sataniese druk’ op Zim en Iran

Iran se president Mahmoud Ahmadinejad het Donderdag die “sataniese druk” op Zimbabwe en sy eie land veroordeel. Hy het tydens ‘n besoek aan Harare gesê beide lande veg om hulle soewereiniteit in stand te hou.

“Iran en Zimbabwe is twee lande wat nog steeds poog om hulle soewereiniteit en vryheid te behou,” het Ahmadinejad tydens ‘n dinee met Zimbabwese president Robert Mugabe gesê. 

“Natuurlik het ons krag het die vyandigheid van ekspansionistiese lande ontlok,” het hy gesê. “Hier veroordeel ek alle druk, alle sataniese druk, druk op die regering en die mense van Zimbabwe.” 
“Ons glo die oorwinning is ons s’n en dat vernedering en nederlaag dié van ons vyande is,” het hy gesê. 

“Natuurlik het hulle versuim om hulle doelwitte en resultate te bereik. Hulle het gedink hulle kon die rigting van ons nasies vernader. Ons nasies het onbeweeglik bly staan. ” Beide Ahmadinejad en Mugabe is bekend vir hulle omstrede beleidstrigtings en anti-Westerse retoriek. 

 Ahmadinejad staar nuwe VN-sanksies oor Iran se kernprogram in die gesig, terwyl Mugabe daarvan beskuldig word dat hy nie ‘n magsdelingsooreenkoms ná die omstrede verkiesings verlede jaar eerbiedig nie. 

Mugabe steun Iran se kernprogram en staan by Ahmadinejad in opheffing van sanksies.

“Wees ook verseker, kameraad president, van Zimbabwe se deurlopende ondersteuning van Iran se regverdige saak oor die kernkwessie,” het Mugabe aan Ahmadinejad by die dinee in Harare gesê. 

“As gevolg van die beginselvaste posisies wat ons ingeneem het op beide nasionale en internasionale vlak, word Zimbabwe en Iran onregverdig afgekraak en gestraf deur Westerse moondhede,” het Mugabe gesê.

Ahmadinejad wat Donderdag vir handelsgesprekke met Mugabe in Zimbabwe aangekom het, se besoek is as ‘n “kolossale politieke skandaal” deur die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), Mugabe se vennoot in ‘n weerspannige eenheidsregering, beskryf.

“Om die Iranese sterkman na  ‘n beleggingsforum te nooi, is soos om ‘n muskiet te nooi om malaria te genees,” het die party het in’ n verklaring gesê.

“Ahmadinejad se besoek is nie net ‘n belediging vir die mense van Zimbabwe nie, maar ‘n belediging vir die demokrasie en vir die verdrukte mense van Iran.”

Ahmadinejad se besoek is deel van ‘n Afrikatoer wat ook ‘n afspraak met die VN-Veiligheidsraadslid Uganda insluit. Uganda vul tans een van die roterende setels op die Veiligheidsraad.

In Zimbabwe het die Iranese leier ook verskillende handelsooreenkomste onderteken en ‘n reeks gesamentlike ondernemings tussen die twee lande se landbou-, vervaardiging-en mynbou-sektore geloods. 

Vrydag sal hy ‘n internasionale handelskou open in Zimbabwe se tweede grootste stad Bulawayo.

Zimbabwe geniet goeie verhoudinge met Iran, asook verskeie oos-Asiatiese lande nadat Mugabe ‘n “Kyk Oos” beleid ingestel het in reaksie op die isolasie deur die Weste ná omstrede grondhervormings en die betwiste 2002-verkiesing.

где купить справкуданильченко юрий брониславович прокурор

Baba kritiek na huisaanval

’n Eenjarige baba en haar oppasser (30) is beseer toe rowers hulle in Robindale aangeval het, het paramedici gesê.

Vanessa Jackson, woordvoerder vir ER24 het gesê die vrou en die baba het kopbeserings opgedoen.

“Hulle is albei weens hul kritieke toestand na ’n hospitaal geneem.”

Dit is steeds onduidelik waar die rowers toegang tot die perseel gekry het, het sy gesê.
online casino inФильчаков Александр Васильевич

Einde van België?

Liberale aan weerskante van die taalverdeling word geblameer vir die jongste krisis van die Belgiese regering. Die Belgiese premier, Ywes Leterne, van die Vlaamse Christen-demokratiese Party (CD & V), het sy regering se bedanking by koning Albert II aangebied.

Die CD & V het ‘n spesiale, kort verklaring uitreik om te verduidelik dat dié party alles in sy vermoë gedoen het om die leisels met onderhandelinge bymekaar te hou, maar dat die liberale dit onmoontlik gemaak het.

Die twis hou verband met die taalstryd in die omgewing van Brussel, die tweetalige hoofstad.

‘n Vlaamse nasionalistiese party, Nieuw-Vlaamse Alliantie (N-VA),  is op die oomblik besig om in peilings veld te wen. Die leier, Bart De Wever, verwys al ‘n geruime tyd na België as staat as iets van die verlede. Volgens hom bestaan België nog net in naam.

Wever, wat met ‘n Nederlandse vrou getroud is, voorsien egter nie dat ‘n onafhanklike Vlaamse staat by Nederland sal aansluit nie.

Terwyl verwag sal word dat baie, veral Franstaliges, hard sal veg om België as staat te laat voortbestaan aangesien die welvarender Vlaandere die Franstalige Wallonië jaarliks met miljarde Euro’s subsidieer, is dit duidelik dat die Franstalige liberale hul eie saak nou geen guns bewys het nie.

Die Vlaminge se draad is skynbaar op met die platsak Walloniërs se meerderwaardige ingesteldheid.

Indien die regering se bedanking aanvaar word, beteken dit dat Nederland en België se regerings kort na mekaar tot ‘n val gekom het. Die redes waarom dit gebeur het is egter heeltemal verskillend. In Nederland het die voortgesette teenwoordigheid in Afganistan as deel van die Navo-magte die Partij van de Arbeid uit die regering laat stap.

Indien dit sou blyk dat België nou as staat gaan ophou bestaan, kan dit egter skielik ‘n groot invloed op die Nederlandse verkiesing hê. Hoewel die kwessie van eenwording met Vlaandere in die Nederlandse nasionale politiek nie ‘n sterk saak is nie, is provinsies soos Limburg en Brabant met die totstandkoming van Nederland en België ongeveer middeldeur gesny. Die inwoners van hierdie provinsies met hul eie dialekte het volgens sommige bronne sterker bande met hul provinsiale bure oorkant die nasionale grens as met hul nasionale regerings.

Dit kan skielik ‘n kwessie word.

дизайн баниФільчаков прокурор

Laegraadse muitery skok Bundeswehr

Duitse soldate dra hulle harte op hul moue – in die vorm van ‘n knopie wat protesteer teen hul land se betrokkenheid by die oorlog in Afghanistan. 

“Ek veg vir Merkel” is ‘n poging om die Duitse kanselier Angela Merkel te oorreed om te verduidelik presies waarvoor Duitse soldate veg en sterf .

Nog vier troepe is verlede week gedood en vyf ernstig beseer in Afghanistan.

Sewe soldate het tot dusver daar gesterf dié maand, wat die totaal op 43 bring sedert hulle agt jaar gelede ontplooi is.

Gefrustreerd deur hul regering se onvermoë om te erken hulle is in ‘n oorlog gewikkel is en kwaad vir die gebrek aan populêre steun vir hul taak, het die laegraadse muitery skokgolwe deur die bevelstrukture van die Bundeswehr gestuur.

Soldate is hierdie week gewaarsku dat dit onwettig is om sulke slagspreuke op hulle uniforms aan te bring.

Maar dit het nie gekeer om die knopies, in beige en NAVO-groen, by die honderde by die ISAF kamp in Mazar-E-Sharif aangekoop word nie. 

Bild Zeitung, Duitsland se grootste dagblad, het vandag gesê: “Hulle wil die kanselier, hul uiteindelike baas, dwing om die duidelike woorde vir die oorlog teen die Taliban  in swart en wit te vind.”

Kanselier Merkel sal more ‘n verklaring aan die Parlement maak. Haar woordvoerder het gesê sy wil duidelik maak dat sy ‘n hoë agting “vir die werk van die Duitse soldate in Afghanistan in die lig van die onlangse slagoffers” het.

Maar sy sal praat in die Reichstag nadat druk van die VSA se genl. Stanley McChrystal gekom het. Hy kom vandag in Duitsland aan met ‘n kort boodskap van die Wit Huis dat die Duitsers meer moet doen in Afghanistan.

Duitsland het die derde grootste teenwoordigheid in Afghanistan na die VSA en Brittanje. Die Duitse parlement het ‘n verdere 850 soldate in Februarie goedgekeur.

Die probleem vir mev Merkel is dat die Duitse betrokkenheid baie ongewild by sowat 80 persent van die publiek is, wat die troepe wil huis toe laat kom. Duitsland se rampspoedige oorloë van die vorige eeu het vir ‘n grondige pasifisme onder Duitsers gesorg.

Die Duitse pers het die regering vinnig veroordeel vir sy besluiteloosheid.

Die Financial Times Deutschland sê: “Met elke dooie Duitse soldaat in Afganistan, klink die oproep vir ‘n onmiddellike onttrekking harder op. Hierdie refleks dui aan dat die Duitse regering nog steeds nie duidelik is oor die rede vir die sending nie.

Die linkse Berliner Zeitung vra voorts: “Waarom is die Duitse soldate hoegenaamd in Afghanistan? Die kanselier en haar regering klou nog vas aan die militêre sending en daarom is dit hul plig is om dit te verduidelik. Maar sy versuim om dit te doen.

“Dit kan verklaar word deur haar basiese houding – dit is net om te praat oor probleme wat dreig om buite beheer te raak.

“In die geval van Afghanistan is dit veral katastrofies. Omdat die regering in gebreke gebly het om sy saak te stel in wat die grootste buitelandse en veiligheidsbeleidsuitdaging in die geskiedenis van die Federale Republiek van Duitsland verteenwoordig.”

для водоснабженияпрокурор Фильчаков

Eskomrampokkery aan die kaak gestel

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ‘n 291-bladsy Eskomdossier geopenbaar wat sonder omhaal bewys, onder andere, dat Eskom grootliks verdiskonteerde tariewe hef op maatskappye wat min of geen voordeel vir die Suid-Afrikaanse ekonomie inhou nie. 

Die dokument is deur hoëvlakamptenare in Eskom aan die DA uitgelek. Die voorsitter van die portefeuljekomitee het probeer om die verslag se bekendmaking te keer, maar die inhoud daarvan is van kardinale belang vir die Suid-Afrikaanse publiek, glo die party. 

Hierdie verslag is soos die berugte Olsen Rapport, onomstoorbare bewys van die omvang van wanbestuur by Eskom, die ANC-regering se medepligtigheid daarin, en die skade wat aan die Suid-Afrikaanse ekonomie gedoen word as ‘n gevolg daarvan.

Die belangrikste feite van die dokument is soos volg:

Motraco, ‘n Mosambiekse die verspreidingsmaatskappy, betaal 12c per kilowatt-uur vir elektrisiteit – en dit is ver onder die kosprys. Hierdie kontrak is onderteken in 1997. Hierdie kontrak is onderteken in ‘n tyd toe die eerste tekens dat die kragnetwerk onder druk geraak het, te sien was.

BHP Billiton se totale betaling van elektrisiteit in 2009/10 is gehalveer van wat hulle betaal het in 2008/09 – wat heel duidelik beteken dat die prys van elektrisiteit gehef vir BHP gedaal het sodat die res van Suid-Afrika meer moes betaal.

Ten spyte van die feit dat Motraco net ‘n verspreidingsagent van elektrisiteitsverbruikers is, het sy skuld aan Eskom tot R100 miljoen in Junie 2009 gestyg – slegte skuld waarvoor Eskom het nie voorsiening gemaak het nie.

Motraco is die vyfde grootste elektrisiteitsverbruiker in Suid-Afrika, met 3,7% van alle elektrisiteit in die land opgewek wat hulle gebruik, en Motraco lewer 95% van sy elektrisiteit aan die Mozalaluminiumsmeltery in Mosambiek. Mozal op sy beurt is ‘n filiaal van BHP Billiton.

Die tweede grootste koper van elektrisiteit is BHP Billiton vir hul Hillside en Bayside smelters in Richardsbaai, wat 5,6% van die totale elektrisiteit in Suid-Afrika opgebruik. Met ander woorde, BHP Billiton, wat direk en deur sy filiale, 9,3% van alle elektrisiteit wat deur Eskom opgewek word, verbruik, is die grootste enkele gebruiker van elektrisiteit in Suid-Afrika.

BHP Billiton dra egter slegs ‘n beraamde 0,1% tot die bruto Ekonomiese Produk (BBP) by. Dit is omdat die ingevoerde aluminium gesmelt by die Mozal, Hillside en Bayside smelters direk uitgevoer word nadat dit verwerk is. Met ander woorde, daar is geen voordeel vir Suid-Afrika nie, en tog kry hulle elektrisiteit onder kosprys sonder enige beduidende ekonomiese bydrae.

Eskom het ‘n waarborg van R224 miljoen aan Motraco toegestaan – wat beteken dat Eskom ‘n groot bedrag geld aan ‘n maatskappy wat dit reeds geld skuld toegestaan het en dié kry op die koop toe voorkeurpryse.

Kort- tot mediumtermyn kontrakte vir steenkool word teen ‘n gemiddelde koste van R270 per ton gelewer, terwyl vasteprys kontrakte slegs R108 per ton kos – wat beteken dat Eskom byna drie keer te veel betaal vir sy primêre energiebron.

Hierdie duur steenkool het bygedrae tot die R 8,3 miljard tekort in 2009/10. Die groot steenkoolverskaffers het die Parlement meegedeel dat hulle meer as gewillig is om steenkool te lewer teen die vasgestelde prys, maar dat Eskom weier steeds en maak eerder gebruik van korttermyn kontrakte.

In totaal, beloop slegte skuld by die nutsmaatskappy R 2,8 miljard vir 2009/10, en die totale skuld van ouer as 15 dae beloop R 9,7 miljard. Soweto het die grootste enkele uitstaande slegte skuld wat op R1,8 miljard tot Junie 2009 bereken is. Dit beteken dat indien Eskom beter in staat was om sy skuld te bestuur, sou daar baie meer geld beskikbaar gewees het.

Volgens ‘n uitvoerende oorsig, in Junie 2009, het die kantoor van die hoofuitvoerende bestuur R41.3 miljoen bykomend ontvang. Nou weet ons hoekom Maroga R85 miljoen as ‘n skeidingspakket gevra het.

Benewens dit alles, is die kontrak met Motraco vanaf Desember 1997 tot einde Desember 2025 gesluit – dit sal dus beteken dat Eskom voorkeurpryse aan Motraco vir die volgende 15 jaar sal deurgee.

Daar is ‘n baie wat Eskom nou sal moet verduidelik. 

бани из брусалобановский супермаркет класс