‘Liberale’ Rhodes en Smuts méér rasbehep

Me. Helen Zille, die leier van die DA, is ’n tipiese Engelse Suid-Afrikaner wat oorloop van selfvertroue. Vandaar die gemak waarmee sy in haar artikel verlede week ’n swart lid van haar party, mnr. Masizole Mnqasela, van “Verwoerdianisme” beskuldig weens sy beswaar dat me. Lindiwe Mazibuko “soos ’n wit persoon klink”.

Soos William Faulkner gesê het: “Die verlede is nooit klaar nie. Dis nie eens verby nie.”

Dit geld veral in Suid-Afrika.

Zille mag dink dat die Anglo-liberale tradisie in die land hom nog nooit aan rassedenke skuldig gemaak het nie, maar sy is verkeerd. Genl. Jan Smuts en ander liberale denkers wat vierkant binne die Engels-Suid-Afrikaanse en Britse tradisie gestaan het, het ’n veel sterker siening oor ras en rasseverskille as Verwoerd gehad.

Sy beweer dat rasse- of etniese kwotas ’n begrip sou wees wat Verwoerd uitgedink het. Hiervoor beroep sy haar op ’n obskure artikel van Verwoerd wat hy blykbaar in 1937 in Die Transvaler gepubliseer het. In die stuk kla Verwoerd oor die hoë persentasie Jode in die Suid-Afrikaanse sakewêreld en professies, en doen ’n moontlike kwotastelsel aan die hand wat geleidelik ingevoer sou word, want, sê Verwoerd, “maatskaplike en ekonomiese kwessies word nie met die waai van ’n towerstaf opgelos nie”.

Zille se retoriese tegniek om swart nasionaliste met die “Verwoerdiaanse” teerkwas by te kom, ignoreer doelbewus die feit dat etniese kwotas in vele lande met veelvolkige of multi-etniese bevolkings toegepas word. In vele samelewings is daar gesofistikeerde minderhede wat ekonomies beter as ’n arm en onopgevoede meerderheid presteer. Hulle word dan aan etniese kwotas onderwerp.

Etniese voorkeurbeleide is daarom beswaarlik “Verwoerdiaans”. In sy klassieke studie, “Ethnic groups in conflict”, noem Donald L. Horowitz voorkeurbeleide in die volgende lande: Maleisië, die Eerste Nigeriese Republiek, die Suidelike Filippyne, Fidji, Sri Lanka, Indonesië en die deelstaat Andra Pradesj in Indië. Die VSA, waar regstellende aksie vandaan kom, kan ook by dié onvolledige lys gevoeg word.

In haar Engelse morele meerderwaardigheid vergeet Zille dat Cecil John Rhodes se standbeeld steeds in haar Kaapstad staan met die inskripsie: “Thy hinterland lies there.” Rhodes se opmerkings oor ras en etnisiteit was veel meer “rassisties” in ’n eietydse sin as enigiets wat Verwoerd ooit gesê het. In 1893 het Rhodes die berugte woorde geuiter: “Nege-tiendes van hulle (swartes) gaan hul lewens met handearbeid deurbring en hoe gouer dit aan hulle tuisgebring word, hoe beter.”

Dog, lank voor Verwoerd het die liberale Smuts reeds met die 1936-wet op grondbesit ’n stelsel van apartheid ingestel. In Smuts se Rhodes-gedenklesing, wat in 1929 in Oxford gelewer is, stel Smuts ’n stelsel van “parallelle ontwikkeling” vir die hele Brits-beheerde Afrika voor.

Smuts se lesing heet “Naturellebeleid in Afrika” en daarin spreek hy hom soos volg oor swart mense uit: “Die neger en negroïede Bantoe maak ’n aparte (distinct) menslike tipe uit waarsonder die wêreld armer sou wees. Dit het hoofsaaklik ’n kindertipe gebly, met ’n kindersielkunde en -beskouing.”

Volgens Smuts is die vader van dié beleid van “parallelle ontwikkeling”, wat grootliks ooreenstem met die Nasionale Party se latere “afsonderlike ontwikkeling”, niemand minder nie as Cecil John Rhodes. Smuts sê: “Hierdie beleid het sy oorsprong in Suid-Afrika, en wel in die beroemde Glen Grey-wet soos dié deur Cecil Rhodes opgestel is.”

Rhodes se Afrika-beleid het twee hoofbegrippe behels: “Blanke nedersetting om die staalraamwerk te verskaf en die prikkel tot ’n duursame beskawing, en inheemse naturelle-instellings om uiting te gee aan die besonderse Afrika-aard van die naturelle in hul toekomstige ontwikkeling en beskawing.”

Vir Smuts was “die hoofdoel van die Glen Grey-wetgewing… egter om die naturel sy eie instellings te gee vir selfontwikkeling en bestuur”.

Klink dit nie baie soos die eertydse “groot apartheid” nie? Maar Smuts, die vader van die Suid-Afrikaanse liberalisme, was ook ten gunste van aparte woonbuurte, want hy sê voorts: “In hierdie groot sake van ras, kleur en kultuur, kan alleen afskeiding van woonbuurte en parallel-instellings reg laat geskied aan die ideale van albei bevolkingsdele. Die stelsel is aangeneem en verwelkom deur die oorgrote meerderheid van die naturelle; dog ’n klein opgevoede minderheid wat ‘gelyke regte’ met die blankes eis, is daarteen gekant.”

Selfs J.H. Hofmeyr, Smuts se regterhand wat ’n reputasie as ultra­liberaal had en ten gunste van universele stemreg was, was gekant teen die vestiging van swart mense in en om die blanke stede. Helen Zille is insgelyks gekant teen “die in-bus” van Xhosas uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap, soos sy op ’n keer oor RSG gesê het. Dit klink amper na die soort teenimmigrasiestandpunt van die meer “regse” Europese partye.

Zille is hovaardig oor die IVP-LP mnr. Koos van der Merwe, wat sy “’n vorige lid van Andries Treurnicht se Konserwatiewe Party” noem “wat steeds rasse-identiteite op mense afdwing om te bepaal wat hulle kan en nie kan doen nie”. En tog het sy voor die munisipale verkiesing nie Solidariteit onder die voormalige KP-lid mnr. Flip Buys as politieke bedmaat geweier toe dié vakbond aangekondig het dat sy lede oorweldigend vir die DA gaan stem nie!

Het liberale Engelse soos Zille regtig morele lessies aan Afrikaners en swartes oor “Verwoerdianisme” te leer wanneer hul eie tradisie ewe skuldig aan koloniale en paternalistiese sienings as dié van Verwoerd was?

Hierdie rubriek verskyn ook in vandag se Rapport.

лобановский александр харьков

Simboliese nydigheid jeens die Afrikaner

Die onlangse nuus oor die geldelike probleme van die Voortrekkermonument het beklemtoon wat ons reeds lankal weet: dat die staat, wat Afrikaners voor die voet belas, onwillig is om enige fondse aan die onderhoud van die Afrikanererfenis te bestee. Terwyl miljarde rande verlore gaan aan korrupsie, selfverryking, wanbesteding, Afrika- of “swart prestige”, en selfs skenkings aan ‘n landjie soos Swaziland.

Die staat se vyandigheid teenoor die Afrikaanse taal, kultuur en erfenis spruit egter uit iets diepers, naamlik uit die tradisionele Afrikanerhaat of Boerehaat wat sekere groepe in Suid-Afrika reeds eeue lank teenoor ons volk voel. Terwyl daar boeke vol geskryf is oor antisemitisme, rassisme, misogenie en soortgelyke onderwerpe, bestaan daar nêrens enige studies oor Afrikanerhaat waarvan ek weet nie. Op die oog af is die sielkunde of die sosiologie van Afrikanerhaat nog nooit bestudeer nie.

In my roman Moltrein het ek so geraak-raak aan die kwessie van Afrikanerhaat, asook die stereotipe van apartheid wat veral tydens die tagtigerjare die wêreld in gestuur is. In ‘n uiters onbillike en bevooroordeelde resensie oor my boek in Rapport, het die skrywer André P. Brink gepraat van die verteller in Moltrein se “afgesaagde, selfingenome oortuiging dat Boerehaat eintlik sy oorsprong in die antisemitisme het”. Eintlik het dit vir my gegaan oor die Europeërs se skuldgevoelens rondom die tweede wêreldoorlog en kolonialisme. In die Afrikaner het die skynheilige Europeërs ‘n gerieflike sondebok gevind.

Europa en die Westerse wêreld het ‘n groot fout gemaak deur die ANC-oorname in Suid-Afrika te ondersteun, te befonds en te orkestreer. Want, soos ons weet, het Suid-Afrika sedertdien een van die mees anti-Westerse lande geword. Nie net is ons deesdae lid van Brics nie, maar skaar ons ons gereeld aan die kant van China en die Afro-Arabiese blok in die VN téén Wes-Europa en Noord-Amerika.

In ons eie land het Afrikaner-oorgawe in 1994 nie tot die beloofde “versoening” en ‘n nuutgevonde ingenomenheid met die Afrikanerbevolking gelei nie. Inteendeel, gemeet aan die daaglikse voorvalle van redelose en verontmenslikende geweld teen ons mense, het Afrikanerhaat intussen toegeneem. Reeds klink die term “volksmoord” al hoe harder op oor die aanvalle op ons mense in hul huise en op plase deur ander groepe in die land.

Vanwaar die antipatie teenoor die Afrikaner wat ons so intens in Suid-Afrika ervaar? My antwoord daarop is dat dit spruit uit simboliese nydigheid. Dit klink na ‘n baie tegniese of sielkundige term, wat dit kan wees as ‘n mens dieper daarop ingaan. Op sy eenvoudigste behels dit egter ‘n jaloesie oor die Afrikaner se identiteit. Ons voorouers, juis omdat hulle soveel moes sukkel in die negentiende eeu en ‘n oorlog teen Brittanje verloor het, het al hul ywer in die Afrikaanse taal en kultuur gestort.

N.P. Van Wyk Louw het dit baie goed verstaan en het gemeen dat die Afrikanervolk ná 1902 ‘n “revolusionêre volk” was “wat… net na ‘n oorlog wat hy verloor het, gereed was om al sy regte stormenderhand te verower”. Die ongelooflike taalstryd wat ons in die twintigste eeu teen die magtige Engels gevoer het, het die Nederlandse skrywer Gerard Reve verstom. Slegs ‘n moderne en kragtige taal soos Afrikaans, gerugsteun deur ‘n grootse volksbeweging, kon so iets vermag.

Die twintigste eeu was vir Afrikaners die “goue eeu”, net soos die sewentiende eeu vir Nederland. Tydens die twintigste eeu het die geestelike monument van die Afrikaanse taal verrys, tesame met ons skole en universiteite, maar ook die vele tasbare Afrikanermonumente wat dwarsdeur die land te vinde is. Nou die dag het die sakeman Mario Pretorius op RSG dit betreur dat soveel van ons monumente vergete en verwaarloos geraak het. Daarom wil hy al die monumente op ‘n interaktiewe Google-kaart laat aandui sodat ons weet waar hulle oral is.

Ongelukkig het Afrikanerprestasie en die skepping van ‘n eie nasionale kultuur in die twintigste eeu ook afguns en nydigheid by die ander groepe in ons land gewek. Aanvanklik het die Engelse Suid-Afrikaners die opkoms van Afrikaans met ‘n soort verwaande irritasie bejeën. Toe die eerste Afrikaanse hoërskool in Johannesburg, Helpmekaar, deur ds. William Nicol rondom 1920 gestig is, het The Star sarkasties in ‘n hoofartikel Shakespeare aangehaal: “There is something rotten in the state of Denmark.” Vir The Star was alles wat Engels en Brits was, per definisie beter en alles in Afrikaans minderwaardig.

Maar soos wat die Afrikaanse kultuur en die Afrikaneridentiteit gegroei het, het ‘n groot identiteitskrisis onder die Engelse ontstaan, iets wat Afrikaners waarskynlik aanvanklik nie besef het nie. Was hulle steeds… Brits, of nou “Suid-Afrikaans” in ‘n sin wat grotendeels deur Afrikaners bepaal is? Veral die intellektuele en sake-elite het toenemend hatig op Afrikaners geraak. Uiteindelik is die mees ekstreme idees en middele teen Afrikaners omhels, soos kommunisme, terreur, selfs ‘n onuitgesproke volksmoord of kultuurmoord. Ons hou nie meer van hierdie nuwe, voortreflike, trotse Afrikaners nie. Daarom moet hulle weg!

Die Engelse intellektuele was in twee kampe verdeel: die radikale of ultraliberale soos Sheena Duncan of Helen Zille van die Black Sash en die kommuniste soos Denis Goldberg, Joe Slovo, Ruth First, Albie Sachs, Jeremy Cronin, Bram Fischer en ander. Albei kampe het egter een doel voor oë gehad: om die Afrikanerbeweging tot niet te maak deur ‘n alliansie met swart nasionaliste te smee.

Die sogenaamde “nasionale demokratiese revolusie” van 1994 was enersyds ‘n Sowjet-geïnspireerde begrip en andersyds ‘n etnies Engelse of Angel-Saksiese revolusie wat bedoel was om die invloed van Brittanje in Suid-Afrika te herstel. Vandaar ook die hertoetrede van die land tot die Statebond. Die kultuur van die NDR bestaan daarom uit die tradisionele “imperiale mistiek” rondom die Britse koningshuis wat deesdae eklekties of selfs sinkretisties met Marxisme-Leninisme gekombineer word.

Polities gesproke, verteenwoordig Helen Zille en Julius Malema twee sye van dieselfde munstuk. Die enigste verskil tussen die twee is dat hulle uitgangspunte deur twee verskillende brondokumente van die NDR bepaal word. Helen Zille se uitgangspunt is die Freedom Charter, met sy klem op sosialisme of sosiaal-demokrasie. Julius Malema en sy geesgenote beroep hulle egter, behalwe op die Freedom Charter, ook op die meer kommunistiese “Strategy and tactics”-dokument wat by die ANC se Morogoro-konferensie in Tanzanië (25 April tot 1 Mei 1969) vrygestel is.

In die verklaring deur die ANC se uitvoerende komitee, word daar verwys na “ons onmiddellike vyande, die wit fascistiese regime in Suid-Afrika”, maar ook na “die imperialiste” wat insgelyks die vyande van die ANC en SAKP op daardie stadium was. Onder “wit, fascistiese regime” moet ons benewens die destydse NP-regering, ook die Afrikanervolk as sodanig verstaan. “Die imperialiste” is ‘n kodewoord vir die Weste. Dat die Westerse lande hulself uiteindelik agter die pro-kommunistiese, pro-Sowjet-beweging van die ANC en SAKP geskaar het ten einde die NDR in ons land te verwesenlik, is een van die ironieë van die geskiedenis wat tans steeds besig is om voor ons oë af te speel.

In al die beleidsdokumente van die ANC word die NDR egter gesien as ‘n sosialistiese revolusie of as die aanvanklike fase van ‘n sosialistiese revolusie. In die denke van Marx en Lenin word die wêreldgeskiedenis immers gekenmerk deur die “onafwendbare” voortgang na sosialisme en kommunisme. Die Franse revolusie was ‘n blote politieke, “bourgeois” of “nasionale” revolusie terwyl die Oktoberrevolusie van 1917 in Rusland as ‘n allesomvattende “maatskaplike” revolusie beskou is. Leonid Bresjnef van die ou Sowjetunie het ook die ANC-term, “nasionale demokratiese revolusie”, gebruik en in sy woordeskat was dit van toepassing op derdewêreldlande wat onafhanklikheid van die koloniale moondhede verkry het.

Terwyl die ANC en SAKP hulself voortdurend in Marxistiese terme uitdruk, is die hele etniese, anti-Afrikaanse komponent van die NDR tot dusver deur feitlik niemand belig nie. Trouens, die ANC/SAKP het weinig sukses gehad om hul Marxistiese slagspreuke onder die gewone swartmense van Suid-Afrika te propageer en slegs die elite druk hulself in dié taal uit. Dit is hier waar die liberale bondgenoot inkom, wat op grond van sy eeue oue Afrikanerhaat uit die Britse koloniale tradisie die etniese inhoud van die NDR bepaal het.

Eintlik is dit ‘n lagwekkende geval van “jakkals trou met wolf se vrou”: die agterlike Engelse “liberale” met hul Boerehaatidees skaar hulle aan die kant van die Marxisties-Leninistiese revolusionêre van die ANC/SAKP. Duidelik is daar geen ideologiese eenheid in so ‘n begewing nie, slegs ‘n etniese eenheid as ‘n Afro-Saksiese alliansie téén die Afrikaner, ‘n soort pragmatiese haatpolitiek. Maar dan moet ons onthou dat die Britse imperialisme en die ou tsaristiese imperialisme van voor 1917 heelwat in gemeen had. Nie verniet het heelwat Russiese dissidente tydens die kommunistiese periode na Lenin, Stalin en ander as die “rooi tsaars” verwys nie.

Haat en nyd of jaloesie is nuttige politieke gevoelens. Vandaar die ongelooflike sukses wat die anti-Afrikaner-alliansie in Suid-Afrika gehad het. Die grondslag van daardie antipatie is egter die gebrek aan ‘n nasionale identiteit wat by beide alliansievennote spook, sowel die Engelse liberale met hul heimelike versugting na die Britse heerskappy van weleer as die linkse, Marxistiese vleuel wat in die ANC/SAKP saamgetrek is. Beide groepe is sonder enige noemenswaardige nasionale identiteit. Die nasionale demokratiese revolusie kan daarom geen aanspraak op enige onderliggende “nasie” maak nie, die angsvallige aanblaas van patriotisme rondom rugby en krieket ten spyt.

Terwyl dit in ander lande waar die Westerse kultuur bedreig word, sin sou maak om op grond van blanke afkoms te groepeer, kan so ‘n strategie in Suid-Afrika eenvoudig nie slaag nie. In die eerste plek stook die Britsgesindes in Suid-Afrika reeds bykans twee eeue lank gereeld die swartmense van Suider-Afrika teen die inheemse blankes of Afrikaners op. Gegewe die ongekende welslae van hul etniese Afrikanerhaatstrategie, wat in die nasionale demokratiese revolusie ‘n hoogtepunt bereik het, sou dit futiel wees om ‘n beroep op blanke rassesolidariteit tussen Afrikaners en Engelse te doen. By tye in die verlede het so ‘n beroep in mindere of meerdere mate geslaag, maar die Engelse elite het óf trou teenoor die Britse kroon gebly, óf hul gewig by die swart radikale en kommuniste ingegooi.

Pleks dat die Afrikaner sy identiteitstryd moet prysgee, soos wat deelname aan die liberale DA tans vereis, moet die stryd om ons taal, kultuur en identiteit verhewig word. Die risiko is dat Afrikanerhaat sal toeneem, maar die spanning wat dit in die Afro-Saksiese alliansie sou veroorsaak, mag insgelyks tot die ineenstorting van die huidige stelsel lei.

Фильчаков Александр Васильевич

Letterkunde en die nasionale demokratiese revolusie

Die afgelope week of wat het daar ‘n soort onderonsie of relletjie hom tussen Afrikaanse skrywers afgespeel rondom die voortbestaan van die skrywersvereniging Pretoria-PEN. Tydens ‘n telefoongesprek tussen my en ‘n ander skrywer het hy die beswaar geopper dat ek “radikaal in die klassieke sin” sou wees.

Iewers in die sewentigerjare het ‘n sielkundige van Rhodes, ‘n Afrikaner, in die destydse lyfblad van die Progressiewe Party, Deurbraak, geskryf dat “die onvermoë om radikaal, of tot aan die wortel, te dink, een van die Afrikaner se swakhede is”. In dié opsig is die beswaarde skrywer ‘n tipiese Afrikaner, wat eerder die stroom volg en ‘n soort kleindorpse, kleinburgerlike vrees koester in die trant van: “Oee! Maar wat sal die mense sê?” Nie verniet nie het Flaubert sy grootse roman, Madame Bovary, van die ondertitel voorsien: “provinsialistiese sedes”.

‘n Tweede faktor wat my vandeesweek by hierdie onderwerp uitgebring het, is die nuwe Twitter-rekening wat ek geopen het, @afr_filosowe. Teken gerus daarop in. Sedert ek in die laat negentigerjare al hoe meer oor die stand van Afrikaans as taal en die Afrikaner se politieke posisie in die land – wat so nou daarmee verweef is – begin besin het, het ek daarvan bewus geraak dat omtrent alles oor Afrikaans en Afrikanerskap reeds iewers in die verlede gesê is. Die hele opkoms van Afrikaans as kultuurtaal is gekenmerk deur ‘n intense kollektiewe introspeksie, wat deur die groot geeste van die verlede soos JBM Hertzog, Van Wyk Louw, C.M. van den Heever, G.D. Scholtz en vele ander, gevoer is. Vanmôre val my oog op ‘n boek in my rak uit die vroeë sewentigerjare deur die geskiedkundige F.A. van Jaarsveld, Afrikaner quo vadis?, ‘n versameling kort essays wat aanvanklik as radiopraatjies bedoel was, maar waarvan slegs enkeles uitgesaai is. Terstond het ek drie aanhalings uit F.A. van Jaarsveld getwiet:

“Die Afrikaner staan voor die gevaar van selfvervreemding, verlies aan selfrespek, minderwaardigheid & vrywillige prysgawe. – FA vJaarsveld 1971”

“Kennis van die verlede kom nie meer deur oorlewering nie, maar deur te lees, wat geestelike inspanning vereis. – FA van Jaarsveld”

“Die Afrikaner het nie kultureel uitwaarts beweeg wat sy taalhandhawing, sy eiewaarde, selfvertroue & persoonlikheid betref nie. – FA vJaarsveld”

Hierdie drie sinne, wat ek vir die doeleindes van Twitter se 140 karakters effens moes verkort, is presies veertig jaar gelede geskryf, maar is vandag nog ewe geldig, ondanks al die veranderinge wat intussen plaasgevind het. Die “vrywillige prysgawe” waarvan hy praat, het hom die afgelope twee dekades herhaaldelik afgespeel, vanaf Roelf Meyer se aanvaarding van die sogenaamde “Pretoria-minuut” tot Agri-SA se instemming tot grondhervorming of die Afrikaanse universiteite se angsvallige transformasie tot multikulturele, hoofsaaklike Engelstalige instellings.

Dieselfde proses van kollektiewe introspeksie soos wat Afrikaanse skrywers en filosowe die afgelope eeu bedryf het, is waarskynlik in elke taal en kultuur ter wêreld gevoer, soos wat mense tot selfbewussyn gekom het en nie meer Latyn nie, maar hul eie tale begin skryf en lees het. In die twintigste eeu het ons die verbrokkeling van die groot ryke ervaar, waardeur ‘n hele swetterjoel politieke en kulturele nasionalismes vrygestel is. Letterkunde en nasionalisme gaan hand aan hand.

Iewers het ek seker al die volgende woorde van die Duitse filosoof Peter Sloterdijk aangehaal, uit die Nederlandse vertaling waaroor ek beskik: “In essentie was het burgerlijke humanisme niets anders dan de volmacht de jeugd de klassieken op te dringen en de universele geldigheid van nationale geschriften te postuleren. Daarmee zouden de burgerlijke naties zelf tot op zekere hoogte literaire en postale producten zijn – ficties van een door het lot bepaalde vriendschap met verre landgenoten en met lezers, verbonden in sympathie voor auteurs die tot gemeenschappelijk bezit worden gerekend.”

Sloterdijk verwys verder na militêre diensplig vir jong mans waaruit insgelyks ‘n nasie of volk gevorm word. Terwyl albei geslagte op skool die literêre kanon moet bestudeer, word seuns of jong mans verder verplig om in die weermag in patriotisme en ‘n nasionale bewussyn geskool te word. Dit kan beskou word as “die Romeinse model”, want uit klassieke Rome het hierdie manier van doen na die hele Westerse wêreld oorgespoel. Dié opmerkings van Sloterdijk verskyn in ‘n boek, Regels voor het mensenpark, wat oorspronklik ‘n hele herrie in Duitsland en heftige repliek van die neo-Marxistiese filosoof Jürgen Habermas, veroorsaak het. Onder meer het Sloterdijk die stelling gemaak dat die mens “getem” of tot orde gebring moet word, wat sekerlik indruis teen die linkse of Rousseauïstiese tradisie wat wil hê dat die mens “goed gebore” is, maar deur die beskawing bederf word.

Ek is geneig om met Sloterdijk saam te stem, want die “verwildering” van die mens onder toestande van anargie en wetteloosheid, is ‘n reële probleem. Golding se roman Lord of the flies wat in Afrikaans as Ryk van vlieë vertaal is, beeld verwildering in ‘n natuurstaat baie goed uit. Ons lees elke dag van gruweldade wat in ons eie land gepleeg word deur menslike fauna wat lank nie meer “getem” word nie.

Maar terug by radikalisme, die bête noire van ons beswaarde skrywer. Die Marxisme in al sy vorme is ‘n radikale leer wat nasionale revolusie – ook die nasionale demokratiese revolusie (NDR) van die ANC – en selfs wêreldrevolusie ten doel het. In 1989 het die Marxisme in Oos-Europa ‘n groot terugslag beleef, maar in enkele lande ter wêreld, soos Kuba, Noord-Korea, China en les bes, Suid-Afrika, is dit nog springlewendig. Die Amerikaanse universiteite, veral die fakulteite van geesteswetenskappe, verkeer insgelyks in die greep van een of ander “kulturele Marxisme” na die sogenaamde Frankfurtskool van Marcuse, Horkheimer, Adorno en hul dissipel, Habermas. Weens die invloed van Engels en die VSA op Suid-Afrika, kan ons met vrymoedigheid konstateer dat die meeste Suid-Afrikaanse universiteite ook lank reeds deur die heersende ideologie van kulturele Marxisme en revolusie verower is.

Marquez het ‘n nie-onaardige novelle met die titel Die liefde in ‘n tyd van cholera geskryf. In Suid-Afrika kan ons egter praat van “Letterkunde in ‘n tyd van revolusie”. Die radikalisme van die proses wat ons oorgekom het, veroorsaak dat alle veronderstellings, selfs ons kollektiewe en persoonlike identiteit daardeur bevraagteken word. Ons het gesien hoe die bestaan van die Afrikaanse letterkunde en van die meesal Afrikanerskrywers wat dit geskep het, deur sowel die staat as linkse of neo-Marxistiese akademici betwyfel word. Aan die Universiteit van New York byvoorbeeld, is daar ‘n professor van vergelykende letterkunde, Mark Sanders, wat in sy boek Complicities: The Intellectual and Apartheid (2002) ‘n berekende aanval op Van Wyk Louw as “apartheidsintellektueel” doen, waarin hy steun op prof. Gerrit Olivier van Wits se proefskrif oor Louw.

Sekere Afrikaanse skrywers, noem hulle maar die “verlooptes” (soos Antjie Krog?), wat ondersteuners van die nasionale demokratiese revolusie is, het ook reeds die begrip “Afrikaanse letterkunde” gerepudieer. Al wat nou oorbly, is die Engelstalige “South African literature” wat homself sedert die tagtigerjare as “anti-apartheidsletterkunde” gekonsipieer het en sy diachronie parallel met die ANC-geskiedenis afbaken, met as belangrike datums 1912 (stigting), 1955 (“Freedom Charter”), 1969 (Morogoro-konferensie) en 1994 (oorwinning).

Volgens die denke van die nasionale demokratiese revolusie, is alles wat Afrikaans is, selfs ons standaardtaal of die Akademie se Afrikaanse woordelys en spelreëls, ‘n blote “konstruksie” van regse en rassistiese Afrikanernasionaliste. Ek meen prof. Hein Willemse van die Afrikaanse departement aan die Universiteit van Pretoria en redakteur van die Tydskrif vir letterkunde, het reeds hierdie standpunt ingeneem, in sy bydrae tot Perspektief en profiel. Daarin vewerp hy die kanon van die Afrikaanse letterkunde as ‘n apartheidskanon. Die enigste letterkunde van waarde is op die oog af dié van die “voorheen benadeeldes” wat hulle op allerlei maniere teen apartheid uitgespreek en sodoende ‘n versetsletterkunde geskep het.

So spreek die hoogleraars uit die leerstoele aan die “voorheen Afrikaanse universiteite”! Onlangs het ek ook ‘n gesprek met prof. Adam Habib gehad. Hy is tans die viserektor van “Joe-djy”, die voormalige RAU. Volgens hom sal daar nooit weer ‘n Afrikaanse universiteit wees nie, maar sal Afrikaans “as taal” wel iewers aan sekere universiteite gedoseer mag word. Daarvoor moet ons seker ons hande in dankbaarheid saamslaan.

Die vraag wat my interesseer, is egter: Hoe reageer ons op die nasionale demokratiese revolusie wat ons op alle gebiede oorspoel en wat ook reeds die Afrikaanse letterkunde as “apartheidsmaaksel” tot “die asblik van die geskiedenis” – om Trotski se gevleuelde woorde te gebruik – verdoem het? Enersyds kan ons poog om, meesal sonder instellings of befondsing deur die staat, iets van die ou stelsel en die ou Afrikaanse kanon in stand te hou. Noem dit die konserwatiewe benadering, van “te red wat daar te redde is”.

Daar is egter ook ‘n ander benadering en dit is om self revolusie te begin voer. ‘n Tyd gelede het Carel Boshoff IV en ander so ‘n voorstel gedoen deur te beweer: “Een revolusie roep ‘n ander op.”

Indien alles wat ons in hiedie land opgebou het, hetsy stoflik, hetsy geestelik, “deur apartheid en kolonialisme besmet is”, dan kan ons ons mos ewe seer beroep op die nuwe, die revolusionêre? In dié sin kan byvoorbeeld alles wat tussen 1948 en 1994 gepubliseer is as die “apartheidskanon” beskou word, ook die werk van die Sestigers soos Brink, Breytenbach en ander. Want is Brink en Breytenbach nie ook gekanoniseer in Afrikaanse koerante wat apartheid of afsonderlike ontwikkeling geondersteun het, deur resensente en kritici wat insgelyks “aandadig” (complicit om saam met Sanders te praat) aan apartheid was nie? Was André Brink nie ook jare lank die boekresensent van Rapport, ‘n publikasie wat apartheid voorgestaan het nie? En soos ons weet, was apartheid ‘n misdaad teen die mensdom volgens die lede van die Afro-kommunistiese blok wat die Konvensie teen apartheid by die Verenigde Nasies ingestem het.

Ook om intellektuele en estetiese redes, behoort ons ‘n agterdog teen die bestaande Afrikaanse kanon te koester. Want lank voor 1994 is Afrikaanse boeke reeds in terme van ‘n soort ANC-logika of in die naam van die nasionale demokratiese revolusie opgehemel deur diegene wat hulself as die selfaangestelde “voorhoede van die revolusie” gesien het. Tot onlangs het daar ‘n universitêre snobisme geheers waardeur die dosente aan universiteite wat skrywers was, hulself bokant die gewone siele in ander beroepe gesien het. Kollegas het mekaar se boeke gekeur of aangeprys in ‘n bloedskandelike bedryf waaronder gehalte en goeie smaak gely het.

Die rol wat die Broederbond gespeel het om aanstellings by die Akademie en aan die Afrikaanse universiteite te beïnvloed, het ook gesorg dat “baantjies vir boeties” dikwels gegeld het. Die verraad wat soveel Afrikaners in die onlangse verlede gepleeg het, ook om die Afrikaanse universiteite holderstebolder onder die ANC-regering se beheer te plaas, veroorsaak dat daar heelwat oorvleueling tussen “revolusionêre” en “behoudendes” was wat ter wille van eie belang eintlik bereid was om alle beginsels en maatstawwe oorboord te gooi. Transformasie en regstellende aksie het vir die res gesorg sodat ons vandag kwalik meer kan peil trek op enige literêre uitsprake of oordele wat vanuit akademiese geledere gevel word.

Die feit dat ‘n skrywer in Brittanje of die VSA of Frankryk geag word omdat hy een of ander veldtog teen sy eie mense gevoer het en sodoende gesorg het dat die onverkwiklike stereotipes oor Afrikaners en Afrikaans nog verder versterk word, is in my boek ook nie veel werd nie.

Dis egter nie te sê dat ons saam met die NDR-sikofante die baba met die badwater moet uitsmyt nie. In vele van die debatte en polemieke wat daar oor die afgelope eeu of wat in Afrikaans rondom taal en letterkunde gevoer is, bestaan daar riglyne vir hoe ons met letterkunde behoort om te gaan. Daar is ook al die Europese teorieë rondom kuns en letterkunde wat ons gerus in groter diepte kan bestudeer en waaruit ons kan put om Afrikaanse skrywers na waarde te skat. Vele van die probleme wat ons tans ervaar, is reeds deur skrywers in ander lande meegemaak waar daar revolusies plaasgevind het of waar taaldiskriminasie deur die owerheid toegepas is.

Groot skrywers, soos die Rus Wladimir Nabokof byvoorbeeld, is dikwels oor ‘n lang tyd deur hul eie regerings, kritici en amptelike skrywersverenigings verwerp, maar het agterna kultusfigure onder ‘n jonger geslag geword.

Iewers het Van Wyk Louw ook gesê dat “polemiek… die lewensbloed van die literatuur is”. Oor sekere dinge, soos die Akademie se spelreëls byvoorbeeld, behoort daar konsensus te wees. Maar die soort gefabriseerde konsensus wat daar tans oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis bestaan of oor die meer onlangse kanon van “anti-apartheidskrywers” behoort grondig gekritiseer te word.

Daarby behoort ‘n register van Afrikaanse publikasies iewers op die internet bygehou te word, wat nie net boeke van groot of erkende uitgewers insluit nie, maar ook van kleiner uitgewers, selfgepubliseerde werke, e-boeke en internetpublikasies. Die nasionale demokratiese revolusie wat ons getref het, val ook saam met ‘n tegnologiese revolusie wat insgelyks die boek soos ons hom ken radikaal gaan verander.

Ons kan in sak en as gaan sit oor Afrikanerdekadensie en die enorme kulturele verliese wat ons die afgelope tien, twintig jaar gely het. Of ons kan weer opstaan met die karige middele waaroor ons beskik en ‘n skeppende en literêre revolusie in Afrikaans laat plaasvind. Soos ons voorgangers al soveel kere onder ewe moeilike omstandighede reggekry het.

лобановский александр биография

Verraai u volk – stem gerus DA!

Afrikaners beskik oor ‘n heroïese geskiedenis – of níé. Want vir elke volksheld tydens die Groot Trek of Vryheidsoorloë was daar dalk ‘n papbroek en volksverraaier wat wou weghardloop of lustig met die vyand saamgewerk het, dikwels vir eie gewin. In ANC-Suid-Afrika word Afrikanerverraaiers as’t ware op die hande gedra. Hulle is die nuwe helde waaroor ons monopolistiese media swymel en wat medaljes by bekroningsgeleenthede ontvang.

Maar ook die gewone man op straat wat nooit die orde van Mapungubwe – of watter ander naam die ANC se medaljes ook al dra – gaan ontvang nie, kan baie doen om Afrikanerverraad te bevorder. Hy of sy kan byvoorbeeld vir die DA stem, soos vele Afrikaners reeds doen.

U kan ‘n vriend of kollega in die rug steek, elkeen om u bedrieg. Maar ‘n stem vir die DA is eintlik die grootste bydrae wat u kan lewer om die Afrikaner se gewisse ondergang te bewerkstellig.

Op sy eenvoudigste ontneem elke stem vir die DA die Vryheidsfront van befondsing deur die staat en die parlementêre stelsel. Die Vryheidsfront is die laaste oorblywende Afrikaner- politieke party wat aan die formele politiek deelneem. As u dus ‘n goeie hensopper wil wees, moet u sorg dat dié party in die 2014-verkiesing geheel en al verdwyn en met oorgawe DA stem.

Luister vir die propagandameesters van die Nasperskoerante soos Beeld, Die Burger en Rapport en beskou die uitwissing van die laaste bietjie Afrikanerinvloed in die politiek as ‘n nasionale prioriteit. Die Vryheidsfront is die laaste politieke party wat die Afrikanersaak in die parlement stel. Daarom behoort hy te verdwyn en slegs die DA en enkele swart partye in die opposisie oor te bly.

Elke goeie Afrikanerverraaier in die tradisie van Piet de Wet, Kortbroek van Schalkwyk, Beyers Naudé, Braam Fischer en wie nog behoort die Black Sash-vrou, mev. Helen Zille, met oorgawe te steun. Sy het reeds Afrikanername van die Kaapse strate verwyder en kan nog baie meer doen om ons erfenis uit Suid-Afrika te laat verdwyn. Haar swart protégé, Lindiwe Mazibuko, verdien insgelyks u steun en dis verblydend dat ‘n lesersopname op een van die Nasperswebwerwe onlangs bevind het dat meer as die helfte van lesers meen sy “is ‘n goeie idee”!

Lindiwe Mazibuko is ‘n natuurlike leier vir Afrikaners. Sy is jonk, swart en vroulik, alles dinge wat in haar guns tel. Sy ondersteun ook radikale grondhervorming en die ANC se Freedom Charter. Met haar as die DA se parlementêre leier, gaan dit amper beter wees om vir die DA te stem as om ANC te stem.

Kom ons wees eerlik, liewe Afrikanerverraaier. Hoe gouer die Afrikaner die doodskoot in Suid-Afrika kan kry, hoe beter. Terwyl die Vryheidsfront kliphard teen grondhervorming baklei en luidkeels teen plaasmoorde en ander geweld beswaar maak, wil die DA ons mense van hul grond verdwyder en bly die party tjoepstil oor plaasmoorde. U stem vir die DA kan die Vryheidsfront permanent uit die parlement verwyder en sodoende ‘n groot bydrae tot nasiebou lewer.

Die Vryheidsfront is boonop die enigste politieke party wat mediaverklarings in Afrikaans uitreik. Is dit nie ‘n onding wat uitgeroei moet word nie? Elke politieke party in die land behoort slegs verklarings in Engels uit te reik en in Engels met die publiek te kommunikeer. Soos die ANC byvoorbeeld. Of die DA. Of Cope.

Elke stoere DA-ondersteuner behoort te weet dat die voortbestaan van die Vryheidsfront ‘n bedreiging vir die soomlose transformasie van Suid-Afrika tot ‘n Engelstalige Afrikaland soos Zambië, Zimbabwe of Kenia inhou. Die staat finansier die politieke partye en solank as wat daar enkele miljoen rand per jaar aan ‘n groepie Afrikaner-politici en -aktiviste in die Vryheidsfront vloei, mag die Afrikaner dalk weer opstaan om sy voortbestaan en sy regte in die land en internasionaal op te eis. Dit mag nie gebeur nie. Die meesterplan van Lord Milner en mev. Helen Zille to eradicate the last vestiges of Afrikanerism from South Africa moet verwesenlik word.

Die Vryheidsfront is die enigste party in die parlement wat beswaar maak wanneer die afskaffing van Afrikaans op skool en op universiteit ter sprake kom. Al die voortreflike Engelsgesinde Afrikanerverraaiers daar buite kan nie toelaat dat so iets langer geduld word nie. Al stem soveel Afrikaners reeds DA, is dit nog nie honderd persent nie!

As u dus regtig ‘n groot bydrae tot Afrikanerondergang wil maak, praat gerus met u vriende om die braaivleisvuur. Oorreed hulle om DA te stem en te sorg dat die laaste Afrikanerstemmetjie in die parlement finaal stilgemaak word.

Nie net sal dit ‘n goeie ding wees as Afrikaners uit die politiek verdwyn nie, maar ons volk verdien om deur jong, swart radikale en ‘n paar bejaarde Engelse liberale gelei te word. Ons land moet net soos elke ander Afrikaland word, sonder Afrikanerlandbouers, -ingenieurs, -wetenskaplikes, -administrateurs, -onderwysers, ens.

Korrupsie? Misdaad? Hoë belastings? Tolpaaie? Watwou! Trek net u kruisie by die DA-blokkie, soos die meeste mense reeds maak.

Sonder Afrikaners en veral Afrikaners in die politiek, kan die land net verbeter.

Фильчаков Александр Васильевич

Apartheid se werklike balansstaat

Die aannames wat prof. Anton van Niekerk en Eusebius McKaiser vir hul argument oor “wit skuld” maak, mag van toepassing wees op die apartheidsmite soos dit kwaadwillig deur Trevor Huddleston en ander geskep is. Dit strook egter nie met enige redelike ontleding van die SA geskiedenis nie. 

In weerwil van apartheid, het swartmense in Suid-Afrika geweldig by die Westerse stelsel gebaat wat vanaf 1652 hier gevestig is. Indien ons regtig ernstig oor “skuld” in ‘n finansiële sin is, moet daar ‘n balans- en inkomstestaat volgens ras opgetrek word.

Met regstellende aksie en aardig besoldigde poste in die openbare sektor, betaal swartmense sekerlik vandag veel meer belasting as vóór 1994. Maar die blanke middelklas en die korporatiewe sektor betaal steeds meer belasting as die sogenaamde “swart diamante”. Hierteenoor ontvang tot 15 miljoen swartmense allerlei staatstoelaes, tesame met gratis onderwys en gesondheidsdienste.

Die mite van die “wrede blankes” is net dít: ‘n mite. Oor dekades en selfs eeue heen, het blankes via die kerke of die staat hulle oor swart onderwys, gesondheid en welvaart ontferm. Trouens, Suid-Afrikaanse blankes is vandag veel armer as hul eweknieë in ander Westerse lande, juis omdat hulle reeds soveel van hul rykdom en welvaart aan swartmense oorgedra het. En nog is’t einde niet! Want die hele ideologie van wit skuld berei bloot die weg voor op nog groter oordragte van grond, eiendom, aandele en ander bates in die toekoms.

Anders as die Amerikaners of die Australiërs, het ons geen volksmoord teenoor die nie-Europese volkere gepleeg nie. Brittanje, wat deur die meeste van ons swart landgenote as hul kulturele heimat gesien word, het net in Kenia tydens die vyftigerjare byna 60 000 Keniane gedood, asook menseregteskendings soos foltering en nie-wettige teregstellings toegepas. Sommige Indiërs beweer dat die Britse kolonialisme tot tien miljoen sterftes in hul land gelei het. In die Belgiese Kongo het ‘n wrede koloniale bewind gegeld en tot 12 miljoen Kongolese het blykbaar omgekom. Kommunisme en fascisme het tientalle miljoene mense laat sterf. Dit word liefs vergeet, terwyl die Afrikaner steeds oor apartheid gekruisig word.

Die Bybel praat van die balk in eie oog verwyder. Daarom is dit nogal interessant dat prof. Anton van Niekerk sê: “Niks wat die huidige regering verkeerd doen, regverdig apartheid op enige manier nie.”

Dit mag so wees, maar plaasmoorde, huisaanvalle en ander gruweldade wat swartmense tans teenoor ons pleeg, regverdig op sy minste ‘n eie staat vir Afrikaners waar ons nie aan sulke menseregteskendings blootgestel sal wees nie. Ook moet ons finansieel vergoed word vir al die instellings soos skole en universiteite waartoe ons voorouers en ons bygedra het en wat ons ontneem is.

As ons kyk na die gruweldade wat die Zoeloes in 1838 jeens ons vroue en kinders gepleeg het, asook die ewe bedenklike rol wat die gewapende swartes aan Britse kant gespeel het om die Boerevroue tydens die Tweede Vryheidsoorlog te terroriseer, dan kan ons met vrymoedigheid sê dat swart-op-wit geweld in ons land vergelykenderwys veel erger as wit-op-swart geweld was.

Maar indien apartheid werklik ‘n misdaad teen die mensdom was, soos die Verenigde Nasies besluit het, moet mnr. FW de Klerk en ander lewende apartheidsleiers so gou moontlik internasionaal soos Milosevic vervolg word. In die hof kan die ware aard van apartheid, ook as paternalistiese ontwikkelingsprojek, dan beredeneer word.

Vele swartmense, hier en in die VSA, is ten gunste van segregasie en eie swart verenigings, instellings en universiteite. Liberale voorstanders van die smeltkroesgedagte hou nie daarvan nie, maar dit is die werklikheid.

Segregasie op sigself is dus niks om oor skuldig te voel nie. Selfs die VN het onlangs verklaar dat die enigste oplossing vir wat hy “identiteitskonflik” noem, is “om strydende groepe apart te hou”.

лобановский класс

Die nuwe Afrikanervrees vir politiek

In vandag se Rapport skryf Tim du Plessis dat ek op “die B-veld speel”, teenoor Kallie Kriel en Adriaan Basson wat die toon aangee in ‘n “lekker ou Afrikanerdebat – die een ding van ons ou volkie wat nog niks verander het nie”.

Rugbymetafore steek my natuurlik dwars in die krop – ‘n mens kan nie alles met behulp van rugby verduidelik nie. Maar Du Plessis water ook my argument heeltemal af as hy sê:

“Op die B-veld (Business Day), woed gister se debat. Daar stry Dan Roodt met ’n paar Engelse liberale en een of twee Afrikaners oor die vraag of Afrikaners hoegenaamd tuishoort en geïntegreerd kan leef in ’n multikulturele Suid-Afrika. Dan sê nee. Nooit nie.

Maar daardie debat is verby. Ons het geen keuse nie. Ons moet en ons kan.”

Terloops, die enigste rede waarom ek op die “B-veld speel” en in Engelse koerante skryf, is omdat Naspers met sy monopolie op gedrukte media in Afrikaans al jare lank ‘n Sowjet-tipe sensuur op my toepas. Ek “verkeer in onguns” by Naspers. Tans lees ek ‘n baie interessante Russiese roman deur Mikhail Boelgakof, Die meester en Margarita, wat in die dertigerjare in die Sowjetunie geskryf is, maar eers jare later postuum gepubliseer kon word, aangesien Boelgakof – soos vele ander skrywers –  destyds “in onguns verkeer” het. Ek troos my egter daaraan dat die Naspersmonopolie, soos die ou Sowjet-empaaier, nie vir altyd sal duur nie en intussen teister ons die Afrikaner-meelopers met die huidige bestel hier op praag.co.za.

‘n Ander vraag is: indien my mening so onbelangrik is en tot die “B-span” behoort, waarom lees Afrikaners geesdriftig my internetskrywes en het geen Engelse koerant nog ooit versuim om ‘n brief of artikel van my te plaas nie? Terwyl Naspers homself vir “liberaal” uitgee, het sy redakteurs nog nooit die mees basiese beginsel van die liberalisme gesnap – om meer as een mening of standpunt te verdra – nie. Tewens, hoe op aarde kan daar van “debat” sprake wees as slegs een standpunt verdra word, naamlik dat die sogenaamde “nuwe Suid-Afrika” met al sy gebreke ‘n fait accompli is wat ons nie durf bevraagteken nie?

Vandaar dus Tim du Plessis se vooroordeel, dat ons geen ander keuse het as om ons eie vryheid af te sweer en “te integreer by multikulturele Suid-Afrika nie”. Maar my briewe in Business Day het nie oor integrasie gehandel nie; eerder het ek oor die taboe-onderwerp, Afrikanerselfbeskikking, geskryf. Onder andere het ek gevra waarom Lesotho en Swaziland onafhanklik mag wees terwyl hulle geensins oor die finansiële middele daartoe beskik nie, terwyl die Afrikaner wat 30% van die RSA se belastings bydra, se soewereiniteit en selfbeskikkingsreg ontken word. Ons belastings word aan Swaziland geskenk om sy bankrot staat te onderskraag, soos die onlangse R2,5 miljard wat Suid-Afrika aan die Swazi’s oorbetaal het, terwyl ons eie vryheid en soewereiniteit van ons weerhou word.

Onderliggend aan Tim du Plessis, maar ook Kallie Kriel en Adriaan Basson se taamlik onbenullige argumente oor watter “houding” Afrikaners teenoor die ANC-bewind moet inslaan, is egter ‘n vrees vir die politiek. Tewens, so ‘n vrees vir die politiek het reeds die Nasionale Party in sy terminale stuiptrekkinge vanaf die tagtigerjare gekenmerk. Net soos die NP-bewind nie meer die moed gehad het om destyds sy standpunt teenoor die internasionale gemeenskap te stel nie, beskik vele Afrikaanse organisasies vandag nie meer oor genoegsame testosteroon om Afrikanervryheid en -selfbeskikking te verdedig nie. Selfs die Vryheidsfront Plus, wat oorspronklik gestig is om Afrikanerselfbeskikking by die stembus te verwesenlik, het vir ‘n lang tyd bloedweinig in die openbaar daaroor te sê gehad.

As ‘n mens van selfbeskikking praat, is dit Politiek met ‘n hoofletter-P. Dit veronderstel ‘n verandering in die huidige bestel wat met soveel fanfare in 1994 deur die buiteland en hul lakei, FW de Klerk, op ons afgelaai is. En daarvoor sien min Afrikanerleiers en -organisasies kans. As enigiemand dié stelling sou bevraagteken, herinner ek hom maar net aan die metodes en beleid van die meeste bestaande Afrikanerorganisasies en politieke partye, wat ek hier kortliks opnoem:

Afriforum/Solidariteit. Die meeste ampsdraers van dié organisasies was op een of ander stadium met die Vryheidsfront gemoeid (Kallie Kriel, Willie Spies, Cornelius Janse van Rensburg), maar het nie meer kans gesien vir die politieke “verloorstryd” by die stembus teen die DA nie. Daarom wend Afriforum hom nou tot die howe as die politieke arena waar die Afrikanersaak verdedig moet word. Gaan die howe iets aan die huidige bestel verander, vra ek myself af? Binnekort gaan die howe in elk geval so getransformeer wees dat daar slegs ANC-gesinde regters op die bank gaan wees. Juis omdat Afriforum se “strategie” – indien daar hoegenaamd enige langtermyndoelwit daaragter steek – so ontdaan is van enige politieke gevolge, ondersteun Naspers en selfs die SAUK geesdriftig elke hofgeding van Afriforum met gunstige publisiteit. Dis ‘n geval van “die dekstoele op die Titanic reg te skuif” en skadeloos. Dit hou die Afrikaners besig met interpretasies en stryery oor die ANC se wetgewing en sodoende laat hulle die politiek aan swartmense en Engelse (soos Helen Zille) oor. Intussen emigreer ons moedelose mense in hul hordes na Australië, Nieu-Seeland en elders en raak ons kanse om waaragtige politieke verandering te bewerkstellig al hoe skraler.

Orania. Ek is al moeg om oor Orania te redekawel en gun die Oraniërs alle sukses. Maar enigeen wat ‘n “ontwikkelingsdorp” of “groeipunt” van ongeveer 1 000 siele in die Noord-Kaap as ‘n staatkundige oplossing vir die Afrikaner sien, moet sy kop laat lees. Die meeste Afrikaners woon in die PWV-gebied, oftewel teenswoordige “Gauteng” en vir hulle bied Orania geen politieke toekoms nie, want om die PWV se infrastruktuur, ekonomie, skole, universiteite en wat nog op Orania te gaan oorbou, gaan iets soos ‘n Marshallplan verg. Nóg Amerika, nóg die EU of selfs Rusland of China gaan so ‘n plan aan die Afrikaner beskikbaar stel.

Die Vryheidsfront Plus. Onlangs sê ‘n ampsdraer van die VF Plus vir my: “Ons party het politieke selfmoord gepleeg. Hy is verby.” Blykbaar het die studente van Tukkies, wat jare lank getrou die VF-jeug ondersteun het, hul rûens op die party gedraai en eerder vir Afriforumjeug tydens die studenteraadsverkiesing gestem. Onder dr. Pieter Mulder het die Vryheidsfront ook die weg van “nie-konfrontasie” met die ANC ingeslaan, wat insgelyks daarop neerkom dat dié party enige vorm van risikopolitiek vermy het. Die Vryheidsfront se grondwet vereis risikopolitiek omdat die party tot selfbeskikking verbind is, maar in die praktyk het dr. Mulder allerlei “veilige keuses” gemaak, so veilig dat die ANC hom uiteindelik as adjunkminister aangestel het.

As iemand wat binne die Vryheidsfront Plus gepoog het om nuwe geesdrif rondom die party te skep, is dit vir my ‘n hartseer saak. Maar as die doodsberig van die Vryheidsfront binnekort geskryf word, gaan iemand die vraag moet vra: “Waarom het ‘n politieke party wat tot Afrikanerselfbeskikking verbind was, die politiek vermy?”

Die HNP en sy splintergroepe. Jare lank het die HNP homself bemark as ‘n party uit die ou bedeling wat “suiwer en getrou aan sy beginsels gebly het”. Intussen het dr. Sydney Gregan en ander van die HNP afgestig en die Afrikanervolksparty opgerig, juis omdat die party volgens hulle begin het om die Verwoerdiaanse leer te oortree. Maar die HNP en sy geesgenote soos die AVP bied ook aan die Afrikaner politieke ontvlugting, die illusie dat ‘n mens as’t ware kan voorgee dat die ANC nie die land regeer nie en dat sy bewind eendag weens onbekwaamheid “vanself in duie gaan stort”. Intussen betaal ons almal getrou ons belastings en sorg sodoende dat die huidige bewind juis níé in duie stort nie. Ook die HNP en AVP skram van die politiek weg.

ATKV en verwante kultuurorganisasies. Blykbaar verwag die ATKV se lede van hom dat hy sterk standpunt ten gunste van die behoud van die Afrikanerkultuur, maar ook politieke kwessies soos Afrikanerarmoede en regstellende aksie, moet inneem. Hiervoor is die bestuur van die ATKV egter banger as die spreekwoordelike duiwel vir ‘n slypsteen. Daarom het dié ou en gevestigde kultuurorganisasie hom “geherposisioneer” as ‘n “getransformeerde” organisasie onder ‘n bruin leier. dr. Danny Titus, wat in die sleurstroom van die ANC en politieke korrektheid Afrikanervryheid tot ‘n taboe-onderwerp verklaar het. Dieselfde geld die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) wat so pas dr. Christo van der Rheede as sy uitvoerende beampte aangestel het.

OASE. Vir diegene wat nie weet nie, staan dit vir “Onafhanklike Afrikanerselfbeskikkingsekspedisie”. Mnr. Cor Ehlers en sy dogter Marieke maak reeds maande lank daarop aanspraak dat hulle oor die “enigste haalbare oplossing” vir Afrikanerselfbeskikking beskik en het intussen hul kaart van die toekomstige volkstaat gepubliseer. Afgesien daarvan dat OASE oor geen bewese lidmaatskap of steunbasis onder Afrikaners beskik nie, berus die OASE-plan ook op ‘n volkome ontkenning van politiek. Soos Afriforum, plaas mnr. Ehlers sy hoop op die howe en dan veral die internasionale geregshof (IG) in Den Haag waar Afrikaneronafhanklikheid en ‘n eie grondgebied as’t ware op ‘n skinkbord aan ons oorhandig gaan word. Weliswaar is die Kosovo-mening van die IG potensieel vir ons gunstig. Maar wat OASE in sy lekkergeloof rondom die “Kosovo-presedent” verswyg, is juis die politiek rondom Kosovo! Lank voordat die IG sy mening ten gunste van Kosovaarse selfbeskikking uitgespreek het, het sowel die VSA as NAVO militêr aan die kant van Kosovo ingemeng. Ook die aanstellings van regters by die IG is onderhewig aan die skommelinge van die internasionale politiek en die magsprojeksies van die groot moondhede soos Amerika, China, Rusland en Japan. Die kanse dat die IG die Afrikanervolk onafhanklik gaan verklaar, buite die politiek om en sonder dat Afrikaners hulleself onlangs ten gunste van onafhanklikheid uitgespreek het, is so te sê nul.

Die NBU (nasionale belastingbetalersunie). Die hardwerkende mnr. Jaap Kelder van die NBU het reeds ‘n reusetaak verrig om inwoners van dorpe regoor Suid-Afrika te oortuig dat hulle op plaaslike vlak hul rug op die ANC-munisipaliteite kan keer en hul belastinggeld in trustrekenings kan inbetaal. Maar ook mnr. Jaap Kelder glo dat dit ‘n “nie-politieke” oplossing is en dat ons saam met Engelse, Indiërs en swartes buite die ANC kan werk om plaaslike bestuur weer reg te ruk sodat munisipaliteite weer behoorlike dienste kan lewer. Gaan die ANC toelaat dat ons beheer oor munisipale finansies neem terwyl hy die politieke mag en wetgewing aan sy kant het? Ek twyfel sterk.

Ons sal moet besef dat daar geen “maklike” uitweg vir ons is nie. Ons toekoms gaan nie in die howe, hetsy plaaslik, hetsy internasionaal, beslis word nie. Danksy die swak Afrikanerleierskap en -mislukkings van die afgelope paar dekades, lê daar ‘n harde stryd vir ons voor. Elke politieke stryd begin egter met ‘n idee. Ons voorouers het oor jare en eeue heen die idee van Afrikanervryheid gevestig. Dis waaroor Afrikanerpolitiek nog altyd gegaan het, van die Patriotbeweging van die 1790s, verby die Groot Trek en Vryheidsoorloë tot vandag toe.

Soms kompliseer ons dinge ook te veel. Daar is slegs twee struikelblokke op die pad na Afrikanervryheid: die ANC en Naspers. Solank as wat die ANC ons regeer en ons mense die tydskrifte en koerante van Naspers soos Die Huisgenoot, Die Burger, Beeld en Rapport lees, sal ons nie vry wees nie.

Jare lank het ek my teen Naspers se sensuur, smalende aanmerkings en selfs lasterlike bewerings vasgeloop. Totdat ek besef het: daar is ander media ook, soos die internet, sosiale media of die Engelse koerante en radiostasies, die sogenaamde “B-veld” waarna Tim du Plessis neerhalend verwys. Die voordeel van die “B-veld” is egter dat die buitelandse ambassades en korrespondente almal eerder Engels as Afrikaans lees.

Oor die volgende paar maande sal PRAAG ‘n kommunikasiestrategie in werking stel wat op elke moontlike gebied die saak vir Afrikanerselfbeskikking sal stel. Dit moet ‘n golf word wat die openbare mening onder Afrikaners oorspoel, ongeag die kritikastery van Naspers se sikofante en napraters. Van daar af moet die toekoms van Afrikaners die hoof- politieke debatspunt in die land word. Die propaganda-oorlog wat die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse ambassades in die tagtigerjare in die internasionale media verloor het, sal ons dié keer moet wen. Ons beskik oor die wil, die kennis en talent, asook die internasionale bondgenote, om dit te kan doen.

Dit gaan ‘n politieke stryd soos min wees en ons vyande gaan aan ons geen genade betoon nie. Ons gaan aanmekaar geëtiketteer, beswadder en verguis word. Dat ons egter kan en móét slaag, ly geen twyfel nie.

En soos ‘n ou-Griekse filosoof gesê het: “Om goed te doen en daarvoor verguis te word, is die koninklike weg.”

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Voorwaarts na vryheid?

Oor die afgelope paar dae, na aanleiding van vele poltieke gesprekke en uitgeruilde e-posse met allerlei mense, is ‘n plan besig om in my kop vorm aan te neem oor hoe ons ‘n eie staat of republiek binne ‘n kort tyd kan verwerf. Voor ek daaroor uitbrei, net enkele inleidende opmerkings, as ‘n soort bestekopname van Afrikanerdenke op die oomblik.

Sedert ons Afrikanervergadering op 3 September in Centurion, het verdere informele gesprekke tussen die deelnemers plaasgevind. Die algemene gevoel is dat ons tyd besig is om uit te loop, met ‘n dreigende nuwe golf van Afrikaneremigrasie en buitelandse swartes wat steeds onverpoosd oor ons grense stroom om middestede en -dorpe te beset.

Demografies verkeer ons steeds in vryval en hoewel dit op geen wetenskaplike ontleding gegrond is nie, voel ek dat die blankes binne die volgende tien jaar vanaf die huidige tien persent van die bevolking tot net vyf persent kan daal. Dit sal al heelwat laer wees as wat die pesentasie blankes in Zimbabwe in 1980 was toe Mugabe die ou Rhodesië oorgeneem het. Diegene, soos Helen ZIlle, wat groot drome droom van hoe daar deur politiekery en die stembus weer invloed teruggewen kan word, sal dan die sin van die Fransman Auguste Comte se woorde besef: “Demografie is die noodlot.” As ‘n persentasie van die totale bevolking gaan Afrikaners tot twee of drie persent daal, ‘n weglaatbare groepie bleekgesigte wat op alle gebiede demografies oorweldig gaan word. Afrikaanse skole of kerke sal nie meer gered kan word nie en daardie kosbare gebiede waar ons steeds in die meerderheid verkeer, sal aanstons verlore wees.

Steeds in ‘n pessimistiese trant, het ek enkele dae gelede ‘n uur of wat saam met prof. Danie Goosen van die FAK in ‘n Pretoriase kafee deurgebring. Hy bekla die feit dat Afrikaners blykbaar “onmobiliseerbaar” is. Soos slaapwandelaars stap hulle pylreguit op ‘n afgrond af waar ons een vir een gaan afstort. Die enigste kwessie wat nog vir die meerderheid Afrikaners saak maak, is rugby. Maar ná Mandela se manipulasie van rugby in 1995, het die ANC, die SAUK en die groot maatskappye Springbokrugby reeds tot ‘n lewende advertensie vir multikulturalisme en die ANC-nasie onder swart oorheersing omvorm. In allerlei beelde verskyn dansende swartes met donkerbrille in Springbokrugbytruie of hardloop swart kinders met rugbyballe rond om hul toekomstige besit van rugby te simboliseer.

Ook tydens my gesprek met Goosen, het ons oor Afriforum se hofsaak teen Malema gesels. Tim du Plessis skryf insgelyks vandag in Rapport daaroor en verwoord die dilemma van diegene wat nog “binne die stelsel” teen ANC-mag wil agiteer: Met verwysing na Malema se anit-Afrikaanse en anti-blanke diskoers, meen Du Plessis:

“Dis die taal wat volksmoord laat ontkiem. Jy kan nie níks doen nie. Want as jy dit sonder reaksie laat verbygaan, beteken dit geïmpliseerde aanvaarding van die grotesk verwronge, lewensgevaarlike nuwe werklikheid wat Malema probeer skep. Jy kan luidkeels protesteer en ‘amptelik’ beswaar maak. Maar wat as dié protes niks oplewer nie?”

Ná die Malema-haatspraaksaak het ons waarskynlik die perke van politieke agitasie deur die howe bereik. Solidariteit/Afriforum veg al jare ewe hard teen die Vryheidsfront as teen Malema en noudat die Vryheidsfront tot minder as ‘n halwe persent van die kiesers gereduseer is, kan die manne in leerbaadjies vanuit Lyttelton ons ook nie enige politieke oplossings bied behalwe skermutselings in die howe nie. Ek tel onder diegene wat dink dat Malema méér daarby baat as die Afrikaner. Benewens die ongekende publisiteit wat dit Malema besorg en hom binnekort ewe wêreldberoemd as Mandela gaan maak, verkry hy ook ‘n martelaarstatus by sy volgelinge en ondersteuners binne die ANC.

Soos Tim du Plessis dit vandag in Rapport stel: “Het enigiemand ’n gesiene swart stem gehoor wat die uitspraak gesteun het? Ek het nie.” Swartes staan bankvas agter Malema. Trouens, ek kry die gevoel Afriforum is besig om ons in ‘n konfrontasie met Malema en die 8 000 troepe van die ANC-jeugliga in te lei wat tans in weermagkampe opleiding ontvang. As ek hul veiligheidshoof, Nantes Kelder, sien, weet ek nie hoeveel troepe hy tans oplei nie en sien ek hom ook nie in die rol van ‘n Afrikaner-Napoleon wat ons met militêre genie teen gewelddadige aanvalle of die komende plaasbesettings van Malema se milisie gaan beskerm nie.

Net soos wat Afriforum/Solidariteit sy vertroue in die plaaslike howe stel om die Afrikaner se politieke probleem op te los, is daar ander Afrikanergroepe wat meen dat die buitelandse of internasionale howe ons te hulp gaan snel. Soortgelyk aan die Kosovo-geval, kan ‘n Afrikanervolkstaat deur middel van ‘n geding in die internasionale geregshof bekom word, “buite die politiek om”. Só word daar geredeneer. Die Afrikaner se goedgelowigheid en naïwiteit was dwarsdeurs sy geskiedenis nog altyd ‘n groot remskoen en tans is dit nie anders nie. Net soos wat Piet Retief wou gaan piekniek hou met Dingaan, dink sommige dat die buiteland en die internasionale geregshof ons te hulp gaan snel. Die internasionale geregshof staan self midde-in die politieke storms wat internasionaal woed, ook as dit by die aanstelling van sy regters kom.

In die Kosovo-geval, het die VSA en NAVO lank reeds die Serwiërs uit die lug gebombardeer en troepe gestuur alvorens die onafhanklikheid van Kosovo deur die internasionale hof in 2010 bekragtig is. Die VSA was vooraf beslis dat hy Kosovo se onafhanklikheid sou erken, selfs al was die uitspraak van die hof negatief. Wat is die kanse dat die VSA onder Obama en NAVO die ANC sal kom bombardeer om die weg te berei op ‘n uitspraak ten gunste van Afrikaneronafhanklikheid deur die internasionale geregshof? Ek sou sê nul, of minder as nul.

Die Afrikaner is op sy eie. Dit het ons lankal al besef. Natuurlik is daar hier en daar in die VSA of Nederland onder die meer regse groeperinge simpatie vir ons saak. Maar enige poging van Afrikaners om weer hul vryheid te verwerf, gaan op eie krag en inisiatief moet geskied. Hoogstens kan ons vriende in die buiteland ons help om ten minste te sorg dat die VSA en NAVO, ná hul avontuurtjie in Libië, nie die Afrikaners in Suid-Afrika kom borbardeer om ons terug in die reënboognasie en die eenheidstaat te dwing nie!

Dus is daar geen ander uitweg nie: die apatiese, materialistiese, rugbykykende, bierdrinkende, deur Naspes gebreinspoelde Afrikaner sal vir sy eie vryheid gemobiliseer móét word. Dit is die kruks van die saak. Ons weet reeds wát gedoen moet word, dat ons grondgebied en ‘n eie staat moet bekom. Dis dis die hóé waaroor daar meningsverskil bestaan.

Aan die einde van die week het ek ‘n baie interessante gesprek oor ‘n ete by die Palazzo-hotel in Fourways gehad, neffens die casino waar ek en Steve Hofmeyr ook onlangs oor selfbeskikking op video gesels het. Saterdag het ek insgelyks via die internet met ‘n Praaglid en -rubriekskrywer in Nieu-Seeland, JH du Toit, geklets.

Uit dié gesprekke kan ek die volgende rapporteer: die Afrikaner se apatie en koersloosheid – dít wat Danie Goosen sy “onmobiliseerbaarheid” noem – moet as ‘n probleem van veranderingsbestuur gesien word. Ons moet wetenskaplike en sielkundige metodes aanwend om die Afrikaner finaal van die rusbank voor die TV te laat opstaan waar die jongste rugby-uitsending aan die gang is.

Indien moontlik, moet al die Afrikanergroepe wat hulself vir selfbeskikking beywer, begin saamwerk, ondanks ons onderlinge verskille. Ons hoofdoel moet egter wees om die Afrikaner van die behoefte aan – nee, die nood vir – verandering te oortuig. Agterna sal die res vanself volg.

Dit kán gedoen word.

Persoonlik en namens PRAAG verbind ek my daartoe om binne die volgende drie maande die eerste fase van hierdie beweging na vryheid suksesvol te volvoer. Daar is min of meer vyf fases in enige individu, groep, maatskappy of volk se veranderingsiklus. Dis nie staatsgeheime nie, maar ek wil nie hier meer daaroor sê nie, aangesien ons vyande ook lees wat ek hier skryf en vir seker gaan poog om ons te kortwiek en te saboteer.

As ons binne drie maande verby die eerste stadium kan kom, is daar hoop vir ons.

Soos vele mense al onlangs opgemerk het: die Afrikaner beskik oor twee keuses: óf emigrasie óf ‘n eie staat/outonome grondgebied binne Suid-Afrika.

Elkeen sal hom of haar die vraag moet afvra: Waar staan ek as dit by ons vryheid kom?

As Angus Buchan, die aartappelboer, ‘n paar honderdduisend mans op sy plaas byeen kan bring, kan ons mos insgelyks ‘n paar honderdduisend Afrikaners kry om op te staan en soos een man te skree: Voorwaarts na vryheid!

Dat die berge antwoord gee.

Данильченко Юрий прокурор

Die ontstaan van die WaBenzi-diktatuur – waarom die demokrasie in SA misluk het, deel 2

In ‘n vorige rubriek hier op praag.co.za het ek verduidelik waarom die Afrosentriese heersersklas in Suid-Afrika, die WaBenzi, misluk het om ‘n demokrasie te vestig. Dit gaan om die kulturele en klassebewussyn van die regerende elite in Suid-Afrika. Daarop kan ‘n mens egter uitbrei, onder meer oor die vele bykomende en historiese redes waarom demokrasie in ons land so klaaglik misluk het.

Trouens, Suid-Afrika het méér kenmerke van liberale demokrasie vóór 1994 vertoon as tans, want die mag was destyds oor veel meer groepe en instellings versprei terwyl ons deesdae vir alle praktiese doeleindes in ‘n eenpartystaat leef met die WaBenzi wat na willekeur binne die staatsdiens en selfs die privaatsektor vanuit Luthulihuis “ontplooi” word. Kortom, die WaBenzi-diktatuur waarvan ek in my vorige rubriek gepraat het, word volgens Lenin se beginsel van “demokratiese sentralisme” bedryf. Daar heers ‘n mate van demokrasie en debat, maar slegs binne die geledere van die heersende party, in ons geval die ANC.

Die grootste enkele fout wat ná die tweede wêreldoorlog begaan is, is toe etnisiteit in Suid-Afrika ontken is. Jare lank het die liberale en linkse joernaliste en akademici die land se etniese diversiteit ontken in die naam van die “een-nasie-beginsel”. Aan die een kant het dit gesteun op ‘n simplistiese, koloniale interpretasie van liberalisme wat die land se bevolking as ‘n blote versameling “individue” beskou wat na willekeur binne ‘n groter eenheid saamgevoeg kon word. Andersyds het die Suid-Afrikaanse Marxisme etnisiteit as ‘n blote “konstruk” van apartheid gesien wat insgelyks na willekeur gedekonstrueer of afgebou kon word. Marxiste en kommuniste sien in elk geval die samelewing as iets wat deur kapitalistiese sosiogeniëring ontstaan het en wat deur beter of meer intense sosiogeniëring verander kan word.

PRAAG – die Afrikaner se laaste intellektuele vesting. Ondersteun ons nóú deur hier te klik.

Die sogenaamde “reënboognasie” verteenwoordig ‘n totalitêre projek van kolossale omvang. Dit is soortgelyk aan al die totalitêre pogings van die twintigste eeu om deur sosiogeniëring ‘n “blink nuwe wêreld” te skep, soos Aldous Huxley daarna verwys het. Ten einde “een nasie” van die elf of meer etniese groepe in die land te maak, is verdrukking en sentralisme nodig. Soos Pallo Jordan van die ANC in ‘n dokument oor sy party se “strategie en taktiek” in die laat negentigerjare verduidelik het, verteenwoordig federalisme die grootste bedreiging vir ANC-mag van almal. In sy toespraak The National Question in Post 1994 South Africa wat op marxists.org te vinde is, laat Jordan hom soos volg uit:

“Ethnic mobilization and entrepreneurship, in its various guises — including that of federalism — however still poses a serious problem and represents the gravest single threat of destabilization and subversion in our new democracy. The tap root of ethnicity and political adventures based on it, are apartheid and the artificial revival of so-called ‘traditional’ institutions undertaken first in the 1920s then pursued with fanatical zest by Verwoerd and his acolytes after 1948. The so- called ‘traditional leaders’ all have, to one degree or another, acquired an interest in these institutions. In addition to power and prestige, these institutions have become a lucrative source of income and patronage. Their propensity to reproduce new generations of ethnic entrepreneurs cannot be underestimated.”

Daar is nog nie ‘n behoorlike ontleding gedoen oor waarom die Nasionale Party, asook die Afrikaner, teen die links-liberale aanslag van buite die land misluk het nie. In weerwil van ‘n sterk weermag, staatsbegrotings, buitelandse ambassades en ‘n gekoördineerde veiligheidstrategie onder P.W. Botha, het daar ‘n magsvakuum in die land ontstaan wat deur die bende terroriste en misdadigers van die ANC en SAKP gevul sou word. Die internasionale gemeenskap en veral die VSA en Groot Brittanje, om nie van die Verenigde Nasies, Swede en enkele ander te vergeet nie, het op grond van die suksesvolle propagandaveldtog buite die land besluit dat die Republiek van Suid-Afrika op ‘n skinkbord aan ‘n klein groepie links-radikales oorhandig moes word. Mnr. FW de Klerk het klakkeloos hierby ingeval en geen poging aangewend om enige van die ander swart leiers in die land te betrek nie.

Dus het Suid-Afrika se kanse op ware demokrasie ook skipbreuk gely omdat die land aan die verkeerde organisasie, die ANC/SAKP, oorhandig is. Die ANC verfoei liberale demokrasie en veral enige meer konserwatiewe opvattings daarvan. Vir hom verteenwoordig die “nasionale demokratiese revolusie” bloot ‘n fase in die verwesenliking van diepgaande, revolusionêre verandering wat die land en sy mense moet “transformeer” en die permanente magsgreep van die eie party moet verseker, “totdat Jesus kom”, soos Jacob Zuma gesê het.

In die vroeë negentigerjare is die meer gematigde swart politieke groeperings, asook die tuislandadministrasies vernietig, dikwels met geweld en met die samewerking van die Nasionale Party wat tot die buitelandse siening van Suid-Afrika as “een nasie” oorgehaal is. Die VSA en ander lande het honderde miljoende dollar aan die ANC vir sy daaropvolgende verkiesingsveldtog geskenk sodat die voormalige terreurbeweging hom in ‘n suksesvolle politieke party kon omvorm.

Terwyl die ANC, getrou aan sy Marxistiese tradisie, etnisiteit in Suid-Afrika ontken, wend hy wel ras as mobiliseringsfaktor aan. Trouens, die party doen dit tot vandag toe en sy hele beleid is daarop gegrond om so ‘n breë front as moontlik teen die bose blanke minderheid te monster. Die ANC is egter die Frankenstein wat die Nasionale Party en mnr. FW de Klerk, tesame met die Britte en Amerikaners, geskep het en wat die land met staatsmag terroriseer.

Nie net sit ons tans met die verkeerde tipering van ‘n monoetniese “reënboognasie” en die verkeerde party aan bewind nie, maar ook met die verkeerde siening van ons geskiedenis. Die stryd rondom die geskiedskrywing is reeds tydens die sestiger- en sewentigerjare aan die Engelse universiteite in Suid-Afrika verloor toe die Marxistiese historici soos Charles van Onselen, Belinda Bozzoli, T. Dunbar Moodie, Brian Bunting en ander die septer begin swaai het. Ná 1994 het die akademici en historici aan die Afrikaanse universiteite insgelyks voor die rooi golf gekapituleer en het die Marxistiese of neo-Marxistiese interpretasie van ons geskiedenis so te sê evangelie geword.

Die hoofstroommedia in ons land herhaal hierdie Marxistiese sienings van ons verlede klakkeloos. Die gedagte dat die Afrikaner vóór 1994 met een of ander volksmoord teen swartes besig was – die sogenaamde “apartheidmisdaad-teen-die-mensdom” – is nou al so goed ingeburger dat dit as ‘n teken van geestelike versteurdheid gereken word om dit hoegenaamd te bevraagteken. Ook in Afrikaans sorg die na-apers van Naspes dat die Marxistiese dogmas oor ons “besmette verlede” met fanfare aan die propagandavoos Afrikanerbevolking oorgedra word. Feit is egter dat met so ‘n eenogige siening van die verlede, waar die swart bevolking as slagoffers en die blankes as daders voorgehou word, demokrasie nie kan slaag nie. Demokrasie impliseer tog op sy minste gelyke deelname aan die openbare lewe, terwyl die blanke en Afrikaner as ‘n morele melaatse van meet af aan van die politieke proses uitgesluit word. Dit verklaar ook waarom die meerderheid Afrikaners vandag vir ‘n linkse en voormalige lid van die Black Sash, mev. Helen Zille, stem en hulself daardeur vir alle praktiese doeleindes ontkieser.

Nog ‘n rede waarom die demokrasie misluk het, is weens ‘n ander vorm van ontkiesering: dié van die belastingbetaler, veral die plaaslike belastingbetaler. Omdat die ANC geen aandeel aan die oprigting van die Suid-Afrikaanse staat gehad het nie, beskou hy dit as ‘n grot van Ali Baba, ‘n wegsteekplek wat na willekeur geplunder mag word. Ons het gesien hoe veral die kleiner munisipaliteite een na die ander deur gierige ANC-kaders finansieel leeggesuig is. Omdat die meerderheid plaaslike belastingbetalers ‘n rasseminderheid in die meeste dorpe verteenwoordig, is daar geen moontlikheid dat hulle ooit die magshonger plunderaars wat stadsrade beset, sal kan uitstem nie. Sodoende word die WaBenzi-diktatuur gehandhaaf en bestaan demokrasie bloot as taalflater of malapropisme.

Soos in vele multietniese of veelvolkige samelewings sonder ‘n behoorlike struktuur of stelsel om daarvoor voorsiening te maak, gaan dit in Suid-Afrika daaroor “om die staat te verower”. Noudat die Afro-Saksers die staat verower het, gebruik hulle die mag om hul vyande in die vorm van etniese minderhede te vernietig. Die Afro-Saksers wat Suid-Afrika regeer, sien hulself as deel van ‘n groter en wêreldwye Engelssprekende swart groep wat opgang maak en wat die rasseskuldgevoelens van Westerlinge misbruik om mag, geld en invloed te verkry. Deur sentralisme en die skepping van groot, onhandige, Stalinistiese “metrorade”, word etniese minderhede in Suid-Afrika ontkieser en moet magteloos gadeslaan hoe hul bates en belastings geplunder word. Demokrasie is net ‘n handige slagwoord om eie oogmerke te bevorder en het niks te make met die klassieke Westerse begrip van volksregering nie.

Benewens ‘n terroristebende wat letterlik die boerpot in Suid-Afrika getref het, verteenwoordig die ANC ook ‘n georganiseerdemisdaadsindikaat. Die voormalige polisiehoof, mnr. Jackie Selebi se skuldigbevinding aan korrupsie verteenwoordig in dié opsig bloot die oortjies van die seekoei. Korrupsie het in Suid-Afrika so ‘n omvang bereik, met Malema as die land se mees sigbare “tenderpreneur”, dat ‘n mens geredelik van ‘n “misdadige staat” sou kon praat. Die inhegtenisname van mev. Sheryl Cwele, vrou van die minister van staatsveiligheid, op klagte van dwelmsmokkelary, spreek ook boekdele oor die grys gebied wat daar reeds bestaan sover dit ANC-hooggeplaastes en misdaadbedrywighede betref. In enige gewone demokrasie, sou Cwele se man lankal reeds moes bedank het, maar in Suid-Afrika het so ‘n skandaal geen invloed op minister Siyabonga Cwele se politieke loopbaan nie. Die voortslepende duisterheid rondom die wapenskandaal, die vele munisipaliteite, provinsies en staatsdepartemente wat dikwels deur die ouditeur-generaal oor die vingers getik word, suggereer dat die staat reeds onherroepelik tot ‘n kriminele entiteit in die hande van ‘n georganiseerdemisdaadsindikaat, die ANC, verval het.

Mnr. Tony Leon het, toe hy nog leier van die DA was, verwys na die skeiding tussen party en staat wat nie meer in Suid-Afrika eerbiedig word nie. Nie net het die grense tussen georganiseerde misdaad en die staatkunde vervaag nie, maar die ANC bedryf die staat as ‘n blote uitbreiding van homself. Staatsfondse word na willekeur gebruik vir die bevordering van partybelange en party-amptenare of “kaders” word na staatsdepartemente, provinsies en munisipaliteite “ontplooi”, ongeag hul bevoegdhede of eerlikheid. Sodanige praktyk spreek insgelyks van diktatuur, die WaBenzi-diktatuur, eerder as demokrasie in die aanvaarbare sin van die woord.

‘n Demokrasie kan slegs gedy indien daar kritiese en onafhanklike media bestaan wat korrupsie of staatsvergrype aan die kaak kan stel. Terwyl die Suid-Afrikaanse media hul dikwels roem op hul onafhanklikheid, is dit egter kwalik die geval. In Afrikaans bestaan daar die onhebbelike Naspersmonopolie. Laasgenoemde deel in ‘n hoë mate die ontkenning van etnisiteit, die Marxistiese siening van ons geskiedenis en ander netelige punte waarna ek hierbo verwys het.

Onlangs het dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus blykbaar ‘n skrywe aan mnre. Ton Vosloo en Koos Bekker van Naspers gerig waarin hy hulle daarvan beskuldig dat hulle slegs een oplossing vir die land se probleme, naamlik ‘n voortsetting van die status quo, in hul koerante toelaat. Indien hy ‘n antwoord ontvang en indien dit ooit bekendgemaak word, sal dit interessant wees om die reaksie van die Naspersbestuur te verneem. Ek koester egter weinig hoop dat Naspers of enige van die groot mediagroepe ooit hul inskiklike posisionering teenoor hierdie sentralistiese, pseudo-demokratiese stelsel gaan verander.

Naspers verstaan ook nie wat spraakvryheid is nie. Hy sien hom primêr as ‘n verskaffer van vermaak, veral die ingevoerde Amerikaanse snertkultuur, en as ondersteuner van die ANC-ideologie van “nasiebou” oftewel die vernietiging van etniese minderhede. Die mediagroep se intense vyandigheid teenoor die Afrikaner, asook die Afrikanerdebat, is reeds male sonder tal bewys. By gebrek aan enige verdraagsaamheid of sin vir die oop gesprek, maak Naspers hom dikwels skuldig aan growwe laster, stereotipering en die verguising van individuele Afrikaners wat hy as ‘n bedreiging vir die kriminele huidige orde beskou.

Die SAUK, wat vir die meeste gewone mense die aangewese bron van inligting is, verteenwoordig ‘n blote propagandakanaal van die ANC. Die oorblywende Engelse mediagroepe soos Avusa, die Independent-groep en Caxton sorg insgelyks dat die breë ideologiese raamwerk van die ANC/SAKP eerbiedig word. Hulle aanvaar ook klakkeloos dat die duur, uitspattige ritueel van ‘n stemmery al om die vyf jaar demokrasie in die land verseker. Terwyl daar insgelyks in die ou Sowjetunie, in Saddam se Irak en feitlik elke totalitêre staat op aarde gestem is. 

Gereelde verkiesings verseker allermins demokrasie. Veral as daar geen demokratiese etos of politieke verdraagsaamheid bestaan nie.

Die aftakeling van die onderwysstelsel was een van die eerste prioriteite van die ANC ná sy oorname in 1994. Sedertdien het ons gesien hoe ‘n ganse land verdom is tot op die vlak waar totalitêre regering sonder veel teenstand of kritiek bedryf kan word. Die feit dat die meeste joernaliste en akademici nie kan of wil insien dat Suid-Afrika geen demokrasie is nie, spreek insgelyks van ‘n verstommende onnoselheid. Of dalk kwade wil. Of gedienstigheid aan die huidige orde. Dis verstommend hoeveel akademici aan Unisa, Tukkies en elders hulle deesdae met ANC-ideologiese beuselagtighede soos die bestaan van “rassisme” of blanke vooroordeel jeens swartes besig hou, terwyl die afgang van demokrasie en allerlei krisisse op hande is.

In dié opsig kan ek onthou dat ek in my eerste jaar op universiteit geleer is dat liberale demokrasie net kan bestaan wanneer “verskillende kragte teen mekaar opweeg”. In my Engelse handboek van destyds, want dit was ‘n Engelse universiteit, is die nogal toepaslike term countervailing forces daarvoor gebruik. Uiteindelik gaan demokrasie daaroor om ‘n balans tussen sulke kragte wat teen mekaar opweeg te vind: die regering, politieke partye, staatsdepartemente, gemeenskaps- en kultuurorganisasies, vakbonde, die media, die sakesektor, die universiteite, die kerke, ens.

Selfs ‘n kind sou kon insien dat daar geen so ‘n balans of kragte wat teen mekaar opweeg in Suid-Afrika bestaan nie. Mag word toenemend in die hande van ‘n klein groepie mense aan die spits van die ANC gekonsentreer: die WaBenzi-diktatuur.

PRAAG – die Afrikaner se laaste intellektuele vesting. Ondersteun ons nóú deur hier te klik.

топкарго отзывы

Clive Derby-Lewis is ‘n tweede Jopie Fourie

Die voortslepende verhaal van die voormalige KP-parlementslid, mnr. Clive Derby-Lewis, wat wel vir mediese parool in aanmerking kom, maar nie vrygelaat word nie, werp nog ‘n skadu oor die aard van Suid-Afrikaanse “demokrasie”.

Derby-Lewis ly aan kanker en is reeds in die gevangenis verwaarloos wat sy mediese behandeling betref. Sy geval kan met twee ander vergelyk word: dié van Schabir Shaik en die terroris van die Lockerbie-bomaanval, Abdelbaset Ali al-Megrahi. Shaik, wat “dodelik siek” sou gewees het, is deur die owerheid vrygelaat en het agterna op gholfbane rondgekuier en verkeer steeds in die land van die lewendes. In sy geval is hy duidelik ‘n guns gedoen vanweë sy goeie verhouding met president Jacob Zuma.

In die geval van Megrahi, wat op 20 Augustus 2009 deur die Skotse regering vrygelaat is, het Brittanje se toenemende belang om sake met Moeammar Gaddafi te doen, ‘n rol in sy vrylating gespeel. Megrahi het wel prostaatkanker gehad, wat as gronde vir sy vrylating gegeld het. Die Libiese burger was besig om lewenslange gevangenisstraf op 270 aanklagte van moord uit te dien ná die ontploffing aan boord van Pan Am-vlug 103 in 1988 toe daardie aantal slagoffers die lewe gelaat het. Omdat die meeste slagoffers van die terreurvoorval Amerikaners was, was daar in die VSA groot ontsteltenis oor Megrahi se vrylating. Megrahi is ook soos ‘n held deur Gaddafi in Tripoli ná sy vrylating ontvang.

Op die oog af geniet Clive Derby-Lewis veel meer meriete om op parool vrygelaat te word. Anders as in die Shabir Shaik-geval, kan daar geen twyfel oor sy mediese toestand bestaan nie. Hy is immers nie besig om toneel te speel nie. Daarby was hy tot dusver ‘n modelgevangene met ‘n skoon rekord in die gevangenis.

Derby-Lewis se betrokkenheid by die moord op die SAKP-leier, Chris Hani, was nie ‘n blote terreurdaad soos Megrahi s’n nie, maar het geskied binne die konteks van die ANC-oorname in die vroeé negentigerjare. Hani was ook geen onskuldige individu nie, maar was self verantwoordelik vir verskeie terreurdade. Volgens genl. Chris Thirion is Hani reeds in die tagtigerjare as ‘n teiken vir die destydse Spesmagte geïdentifiseer en slegs die onsekerheid en verdeeldheid van die NP-regering het voorkom dat hy nie reeds op daardie stadium aangeval en gedood is nie. Indien enigiets, het Derby-Lewis en Janus Walusz gesorg dat Hani vir sy dade van geweld teen onskuldige burgerlikes boet.

Biskop Tutu se Waarheids- en versoeningskommissie het aan allerlei terroriste en geweldenaars kwytskelding verleen solank daar maar een of ander vorm van “politieke motief” agter hul misdade geskuil het. Vir seker het Clive Derby-Lewis se daad insgelyks ‘n politieke motief gehad en moes hy saam met die duisende ANC-moordenaars en -terroriste amnestie ontvang het.

Derby-Lewis is geen gewone misdadiger soos vele aan ANC-kant wat ook hul toegang tot wapens gebruik het om gewone rooftogte en ander misdade te pleeg nie. Hy was ‘n parlementslid en openbare figuur. Waarom so ‘n mens langer en onnodig in die tronk aanhou?

Die redes is egter nie ver te soek nie. In die eerste plek gaan dit daaroor dat daar onder die ANC-bewind geen ewewigtigheid aan owerheidsbesluite is nie. Die ANC se vriende, soos Shabir Shaik, word nie gelykwaardig behandel met diegene soos Derby-Lewis wat die ANC as hul vyand beskou nie.

Hoewel Derby-Lewis ‘n Engelssprekende is, het hy hom met die Afrikanerpolitiek bemoei en is vir alle praktiese doeleindes ‘n “genaturaliseerde” Afrikaner. Omdat Afrikaners die mees magtelose groep in Suid-Afrika is, kan die ANC dit bekostig om humanitêre versoeke om Clive se vrylating te ignoreer.

Daar is dus ‘n etniese element by die nie-vrylating van Derby-Lewis, dié van Afrikanervervolging soos ons dit ook by plaasmoorde en die diskriminaie teen ons mense en ons taal ervaar. In dié opsig is Derby-Lewis se aanhouding ook ‘n simbool van Afrikanerverdrukking en die dubbele standaarde wat die ANC op ons toepas.

Omat die grootste persgroep in die land, Naspers, ook hul eie mense vervolg, het Naspers tot dusver insgelyks Clive Derby-Lewis se vrylating teengestaan en propaganda daarteen gemaak. Op 1 Maart vanjaar het die Nasperskoerant, Beeld, leedvermakerig in ‘n hoofartikel geskryf dat Derby-Lewis “elke dag in die tronk verdien”.

Al wat Derby-Lewis gaan bevry, gaan ‘n internasionale veldtog vir sy vrylating wees. Daar moet gehamer word op die feit dat hy as Afrikaner nie dieselfde behandeling as swart moordenaars, verkragters en natuurlik die ANC se eie terroriste wat lankal deur mnr. FW de Klerk se amnestiewet of die Waarheids- en versoeningskommissie kwytgeskeld is.

Soos Jopie Fourie, is Clive Derby-Lewis reeds ‘n martelaar vir die Afrikanersaak en die stryd teen kommunisme in Suider-Afrika. Wêreldwyd behoort gematigde en konserwatiewe mense sy vrylating te steun.

Tydens die 1994-verkiesing het 1000 mense gesterf, iets wat mnr. Thabo Mbeki, as “nie te veel nie” beskryf het. Daar was Boipatong en die Shell House-skietery op Inkatha-ondersteuners waartydens tientalle mense gesterf het. Binne die ANC se eie gevoellose logika, kan die dood van Chris Hani dus as een van die ongevalle van “die oorgang na demokrasie” gesien word.

Dit het sedertdien aan die lig gekom dat die ANC se “Operasie Vula”, oftewel die gewelddadige omverwerping van die destydse bewind, steeds tydens die onderhandelinge in die vroeë negentigerjare beplan is. Die onderhandelinge is deur ‘n deel van die ANC bloot gesien as ‘n gulde geleentheid om verdere wapens die land in te smokkel en terreur te saai. Dat daar ‘n vorm van oorlog in die land aan die gang was met mense soos Hani wat op die voorpunt van die geweld en aanhitsing daartoe verkeer het, kan nie ontken word nie. Dat Derby-Lewis die besluit geneem het om onder sulke omstandighede in terme van sy politieke beginsels op te tree, kan hom nie vandag meer verkwalik word nie.

Mnr. Clive Derby-Lewis is ‘n eerbare man wat op menslikheids- én morele gronde verdien om onmiddellik vrygelaat te word.

данильченко юрій броніславович компромат

Afrikaners bestaan nie? – ope brief aan Pierre de Vos

 

Geagte prof. De Vos,

Ek kyk nie gewoonlik na die SAUK se programme nie, aangesien ek my nie vrywillig aan die huidige bewind se propaganda wil blootstel nie, maar gisteraand het ek die laaste tien minute van “Fokus” onder oë gehad.

Die gaste by die bespreking was tipies SAUK: uself, Max du Preez en Piet Croukamp, dus al drie min of meer apologete van die huidige bestel en sy totalitêre ingrype in ons lewens. ‘n Mens sou dus geen sinvolle “debat” kon verwag nie, aangesien al drie die genooides soos buiksprekerpoppe bloot die aanvaarde dogmas van die ANC en sy meelopers sou herhaal. “Debat” of meningsverskil is in elk geval seker ‘n regse of konserwatiewe idee wat “versoening” oftewel die klakkelose aanvaarding van die ANC en SAKP se revolusionêre mites sou kon bedreig.

Kortom, my verwagtinge van so ‘n “debat” of dan drieledige buiksprekery met die regime se spookagtige stem wat deur die newels met ons, die magteloses, kommunikeer, was besonder laag. So laag dat ‘n mens veel meer nuanse en prikkeling van ‘n boomstomp sou kon verwag as die stukkie propaganda oor die soveelste rassebelasting op die blanke minderheid waaroor dit gegaan het. Per definisie kan ‘n mens nie met ‘n boomstomp redeneer nie en gegewe die vooroordele waarvan u taamlik onbeholpe skrywes spreek wat u en u geliefde, korrupte regime aan ons opdring, sou ‘n mens ook nie met u kon redeneer nie.

Die opspraakwekkende element wat my egter in u diskoers getref het, is dat u wil ontken “dat minderhede in Suid-Afrika bestaan”! Kan u nou meer?

Sekerlik ontwikkel elke inwoner van Suid-Afrika mettertyd ‘n soort verdraagsaamheid teenoor absurditeit, of ironie. Ons het al daaraan gewoond geraak dat die sin van woorde gewoonlik die teenoorgestelde van hul alledaagse betekenis verkry. Maar selfs vir ‘n vuisvoos inwoner van hierdie sadistiese staat, is so ‘n blatante stelling (“Suid-Afrika beskik oor geen minderhede nie”) nogal frappant, om die minste te sê. Veral ook in die lig daarvan dat u uself as ‘n “grondwetlike deskundige” beskou. Ek weet nie of u enigsins iets lees behalwe u eie artikels nie – gegewe die verdomming van tersiêre instellings in hierdie hopelose land, is nie-lesende of ongeletterde professore seker al ‘n gegewe – maar oor die afgelope aantal dekades is ‘n aansienlike internasionale literatuur oor etniese of kulturele minderhede en hul regte opgebou. Daar word ook algemeen erken dat Suid-Afrika ‘n multietniese of veelvolkige staat verteenwoordig, waarvan ‘n geringe aanduiding al die bestaan van elf amptelike tale is.

Wil u dus werklik voorgee dat die ietwat meer as twee miljoen oorblywende Afrikaners in dié land “geen minderheid” is nie? In weerwil van die feit dat ons oor ‘n eie taal, geskiedenis, kultuur en identiteit beskik wat wêreldwyd deur alle woordeboeke en etnografiese of selfs sosiologiese beskrywings van Suid-Afrika erken word? Selfs die ANC erken dat Afrikaners in Suid-Afrika bestaan en die huidige president het reeds by verskeie geleenthede na Afrikaners verwys of sogenaamde Afrikanerleiers ontmoet.

Omdat ons getalsgewys minder is as sommige ander etniese groepe in die land, is ons per definisie ‘n minderheid.

Indien u nie hopeloos dom is nie – en dis seker ‘n moontlikheid – kan u ontkenning van die bestaan van ‘n Afrikanerminderheid in dié land net daarop gemik wees om ons  van enige minderheidsregte waaroor ons mag beskik te ontneem. Die grondslag van u oënskynlik absurde stelling – “daar is geen Afrikanerminderheid nie” – verteenwoordig dus óf ‘n bykans onvoorstelbare stuk dwaasheid óf die totalitêre miskenning van Afrikanerregte.

As omstanders by die groteske ongeluk wat die huidige Suid-Afrika geword het, kan ‘n mens soms nie ‘n soort makabere nuuskierigheid onderdruk om te wonder hoe op dees aarde die bestuurder – of in u geval, nogal die professor van grondwetlike reg – “die pad byster geraak het” nie.

Verskoon dus my makabere nuuskierigheid, maar in welke mate het ons Afrikaners as etniese en nasionale minderheid reeds uit die land “verdwyn”? Is die Afrikanervolk per dekreet ontbind en tot niet gemaak? Of verteenwoordig u stelling ‘n selfs meer sinistere toespeling op ons toekomstige uitwissing? Want volgens u logika was daar seker ook nie ‘n Toetsi-minderheid en Hoetoe-meerderheid in Rwanda nie? Beskik die meerderheid dus oor die reg om bepaalde “onderdele van homself” hetsy te assimileer, hetsy van tyd tot tyd na goeddunke te elimineer?

Dit mag wees dat ek as Afrikaner binne die Kafkaeske logika waarvan u uself bedien, ook nie bestaan nie. Wat u dus onthef van enige verpligting of etiket om op my brief te antwoord. Maar ek neem aan u erken wel die bestaan van ‘n swart minderheid in die VSA, die sogenaamde “Afro-Amerikaners”? Nie net ontvang hierdie fameuse minderheid reeds dekades lank regstellende aksie nie, maar ‘n Amerikaanse appèlhof het onlangs beslis dat die inwoners van die deelstaat Michigan nie daarop geregtig is om in hul grondwet op gelyke behandeling teenoor alle rasse aan te dring nie. Ten minste sover dit Afro-Amerikaners betref, word die begrip “minderheid” – waarvan u kennelik die bestaan ontken – in die VSA reeds algemeen in die reg erken – en dikwels téén die meerderheid se sin (soos in Michigan) in gehandhaaf.

Dit laat die verdere vraag onstaan: Hoe op aarde kan u die begrip “minderheid” ontken as dit deel van die Amerikaanse regspraak geword het, dieselfde land waarvandaan die onhebbelike politieke korrektheid waarmee u ons in u openbare uitsprake verveel, afkomstig is?

Selfs ‘n persoon van onsekere identiteit soos uself en wat veronderstel dat elkeen daarna streef om soos u ‘n “amorfe entiteit” (met apologie aan Trevor Manuel) te word, moet erken dat betekenis en begripsonderskeiding identiteit veronderstel. Ek wil u nie nou die eerstejaarkursus in logika aanbied wat u blykbaar misgeloop het nie, maar u sou met my saamstem dat iets nie tegelyk “iets” en “nie-iets” kan wees nie. Die Afrikaner kan nie tegelykertyd ‘n “skuldige minderheid” wees wat rassebelasting moet betaal en “geen minderheid” nie.

Aan die ander kant bestaan daar natuurlik bepaalde vorme van postmodernisme wat nie die beginsel van logiese teenstrydigheid erken nie en in die Afrikakultuur is dit, sover ek verstaan, ook moontlik om tegelykertyd een ding en sy teenoorgestelde te beweer.

Indien u dus nie in staat is om enige van my vrae met behulp van eurosentriese en daarom moontlik “rassistiese” logika te beantwoord nie, kan u gerus net u eie etnosentrisme wat u van samehangende argumente kwytskeld, openbaar. Blykbaar is u Engels. Daar was ‘n tyd toe Engelse nogal ernstig was oor logika, maar vandat hulle winkels plunder en afbrand, kan ons sien dat daar deesdae meer as een soort Engelsman bestaan. Dalk kan u die vrymoedigheid aan die dag lê om aan ons te openbaar watter tipe Engelsman u is en hoe die etniese woelinge in u Moederland insgelyks u nogal vreemdsoortige denke beïnvloed?

Hoogagtend die uwe,

Dan Roodt

 

москваФільчаков Олександр Васильович