praag.co.za

Category: Herman Toerien

  • Faal letterkunde as gewete van die volk?

    Letterkundiges het die reputasie dat hulle as rebels voorkom – die bestaande orde aandurf – en as gewete van die volk optree om onregte aan die kaak te stel waaroor die politiek-korrektes swyg.

    Kort-kort is ‘n regering dikbek vir die Nobelprystoekenners oor afvalliges wat die gesogte vredesprys opraap – heel dikwels skrywers agter tralies of ingeperk.

    Die term “literêre vryheid” is vertolk as ‘n wye vryheid om ook maatskaplike kwessies los van politieke korrektheid aan te spreek.

    In Suid-Afrika was skrywers soos Breyten Breytenbach, Antjie Krog en André P. Brink nooit hoog op die vorige regering se gewildheidslys nie. Die skrywer-digter, Barend J. Toerien het verduidelik dat die lot van die “underdog” die skrywers aangryp. Hy het ook voor die aanbreek van die post-1994-bedeling daarop gewys dat die wyse waarop die Afrikaner hanteer word, die Afrikaner ook ‘n “underdog” maak.

    Selfs al is die laaste plaasmoord in Suid-Afrika reeds gepleeg, sal die slagting van Afrikanerboere en hul gesinslede, tesame met die wreedheid van die aanvalle, soos die konsentrasiekampe in die kollektiewe geheue vasge-ets bly.

    Die hoofstroom Afrikaanse letterkunde swyg effektief hieroor. Onder die beeldende kunstenaars gebruik feitlik net die skilder, Pauline Gutter, hierdie tema.

    Die byna twee dekades lange kortste lootjie wat Afrikaners, veral die mans, met praktyke soos regstellende aksie en transformasie – wat reeds voor 1994 begin het – vorm ook selde die tema van die hoofstroom-letterkunde.

    En dan is daar Annelie Botes. En Steve Hofmeyr.

    Pas is Botes haar K. Sello Duiker-literêre prys kwyt oor ‘n opmerking, wat volgens haar buite konteks en krasser as wat sy dit bedoel het in ‘n Sondagkoerant geplaas is. Sy het ook tevore reeds om verskoning gevra.

    Die blote feit dat dit wat Botes en Hofmeyr gesê het, ongeag hoe dit gesê en bedoel was, onder ‘n breë gehoor geïnterpreteer is soos dit vertolk is, en die storm ontketen het, dui daarop dat daar ‘n groot gaping tussen alledaagse ervaring en die glaskas-houding is.

    Onder die ou garde skrywers wat die vorige bedeling aangeval het en sommer vanuit die staanspoor ook die nuwe bedeling se misstappe aan die kaak gestel het, tel Breyten Breytenbach. Hy plaas steeds nie ‘n wag voor sy mond nie en kritiseer selfs Mandela. André P. Brink raas in effek met blankes oor hulle nie saam met hom gaan betoog het teen die regering se nuwe mediaplanne nie.

    Annelie en Steve, in die breë konteks, wys op ‘n probleem wat in baie mense se harte klop – maar dit is politiek inkorrek. Bedoeld of onbedoeld, het die Shout-organisasie meer aandag getrek in sy aanspreek van Hofmeyr as aan die veroordeling van die Potgieter-moorde. Shout beweer hy het, maar daardie boodskap het eers die publiek bereik na die VF Plus ‘n boikot van Shout gevra het tot dié moorde ook veroordeel word.

    Die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekenning, SALA, moet ernstig besin of die toekenning, na die klap aan Botes, nog die term “letterkunde” in sy naam verdien. Al is Botes R30 000 aan prysgeld kwyt, is sy nie met ‘n toekenning besoedel wat die titel van kwasi-letterkunde op homself gehaal het nie.

    Moontlik is daar wins te make. Moontlik kan Afrikaanse kultuurorganisasies met Botes onderhandel, die R30 000 insamel, en die geld met haar instemming aan ‘n fonds vir plaasaanvalslagoffers oorbetaal. Of ‘n projek help finansier om die kwessie van plaasmoorde deel van die Afrikaanse hoofstroom-letterkunde te maak.

    demo slot machinetopcargo развод

  • Faal letterkunde as gewete van die volk?

    Letterkundiges het die reputasie dat hulle as rebels voorkom – die bestaande orde aandurf – en as gewete van die volk optree om onregte aan die kaak te stel waaroor die politiek-korrektes swyg.

    Kort-kort is ‘n regering dikbek vir die Nobelprystoekenners oor afvalliges wat die gesogte vredesprys opraap – heel dikwels skrywers agter tralies of ingeperk.

    Die term “literêre vryheid” is vertolk as ‘n wye vryheid om ook maatskaplike kwessies los van politieke korrektheid aan te spreek.

    In Suid-Afrika was skrywers soos Breyten Breytenbach, Antjie Krog en André P. Brink nooit hoog op die vorige regering se gewildheidslys nie. Die skrywer-digter, Barend J. Toerien het verduidelik dat die lot van die “underdog” die skrywers aangryp. Hy het ook voor die aanbreek van die post-1994-bedeling daarop gewys dat die wyse waarop die Afrikaner hanteer word, die Afrikaner ook ‘n “underdog” maak.

    Selfs al is die laaste plaasmoord in Suid-Afrika reeds gepleeg, sal die slagting van Afrikanerboere en hul gesinslede, tesame met die wreedheid van die aanvalle, soos die konsentrasiekampe in die kollektiewe geheue vasge-ets bly.

    Die hoofstroom Afrikaanse letterkunde swyg effektief hieroor. Onder die beeldende kunstenaars gebruik feitlik net die skilder, Pauline Gutter, hierdie tema.

    Die byna twee dekades lange kortste lootjie wat Afrikaners, veral die mans, met praktyke soos regstellende aksie en transformasie – wat reeds voor 1994 begin het – vorm ook selde die tema van die hoofstroom-letterkunde.

    En dan is daar Annelie Botes. En Steve Hofmeyr.

    Pas is Botes haar K. Sello Duiker-literêre prys kwyt oor ‘n opmerking, wat volgens haar buite konteks en krasser as wat sy dit bedoel het in ‘n Sondagkoerant geplaas is. Sy het ook tevore reeds om verskoning gevra.

    Die blote feit dat dit wat Botes en Hofmeyr gesê het, ongeag hoe dit gesê en bedoel was, onder ‘n breë gehoor geïnterpreteer is soos dit vertolk is, en die storm ontketen het, dui daarop dat daar ‘n groot gaping tussen alledaagse ervaring en die glaskas-houding is.

    Onder die ou garde skrywers wat die vorige bedeling aangeval het en sommer vanuit die staanspoor ook die nuwe bedeling se misstappe aan die kaak gestel het, tel Breyten Breytenbach. Hy plaas steeds nie ‘n wag voor sy mond nie en kritiseer selfs Mandela. André P. Brink raas in effek met blankes oor hulle nie saam met hom gaan betoog het teen die regering se nuwe mediaplanne nie.

    Annelie en Steve, in die breë konteks, wys op ‘n probleem wat in baie mense se harte klop – maar dit is politiek inkorrek. Bedoeld of onbedoeld, het die Shout-organisasie meer aandag getrek in sy aanspreek van Hofmeyr as aan die veroordeling van die Potgieter-moorde. Shout beweer hy het, maar daardie boodskap het eers die publiek bereik na die VF Plus ‘n boikot van Shout gevra het tot dié moorde ook veroordeel word.

    Die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekenning, SALA, moet ernstig besin of die toekenning, na die klap aan Botes, nog die term “letterkunde” in sy naam verdien. Al is Botes R30 000 aan prysgeld kwyt, is sy nie met ‘n toekenning besoedel wat die titel van kwasi-letterkunde op homself gehaal het nie.

    Moontlik is daar wins te make. Moontlik kan Afrikaanse kultuurorganisasies met Botes onderhandel, die R30 000 insamel, en die geld met haar instemming aan ‘n fonds vir plaasaanvalslagoffers oorbetaal. Of ‘n projek help finansier om die kwessie van plaasmoorde deel van die Afrikaanse hoofstroom-letterkunde te maak.

    продажа компрессоров воздушныхданильченко юрій Харків

  • Wie onkruid saai, sal distels maai

    Die ANC het pas die bykans ongehoorde gedoen, en ‘n plaasaanval veroordeel. Weliswaar is dit nie maar net een van baie plaasaanvalle vanjaar, en selfs baie plaasmoorde nie, maar een waar ‘n hele gesin, insluitend ‘n dogtertjie van amper drie jaar oud, vermoor is.

    Ongelukkig is daar ook ‘n aantal gebreke in hierdie veroordeling: Van die toepaslike ministers, dié van Veiligheid en van Landbou, is so ver bekend nie ‘n woord gerep nie. Die Vrystaatse premier, die ANC se vroueliga, en die ANC self het dit veroordeel.

    Om verskeie redes lyk dit egter of ten minste sommige van hierdie veroordelings meer te make het met die rasondertone wat die moorde losgelaat het as die dade self. Nog ‘n wrede plaasmoord op ’n bejaarde vrou in ongeveer dieselfde tyd, word bykans nie vermeld nie. In bykans elk van hierdie veroordelings, soos dié van premier Ace Magashule en die ANC, word sterk vermaan dat die indruk nie geskep moet word van swart teen wit misdaad nie.

    Maar wie het die distels gesaai? Wie sing opruiende liedjies waarin gevra word die Boere moet doodgemaak word? Wie gaan hof toe om die verbod opgehef te kry? Wie het verbete geveg om te keer dat die liedjie “Kill the Boer, kill the farmer” as haatspraak verbied word? Wie vereer die voorsanger daarvan deur ‘n sokkerstadion na hom te vernoem?

    Jare lank wys die landbougemeenskap en veiligheidskenners daarop dat heethoofdige uitsprake van hoëlui in die regering waarin boere veralgemeend as wreed teenoor hul plaaswerkers uitgebeeld word, ‘n klimaat skep wat gunstig is vir plaasaanvalle. Die twyfelagtige hoogtepunt was stellig toe Lawwe Lulu op Kerkplein ‘n siedende aanval op boere geloods het, terwyl die voorbeeld wat sy gebruik het nie alleen ‘n enkele geval was nie, maar dat ‘n verslag van die OKD wat die aansprake van ‘n vrou as vals bewys het, reeds aan die regering bekend was.

    Verskeie peperduur ondersoeke, soos dié van ‘n vorige Vrystaatse Premier, Winkie Direko, kon ook nie stawing vir die veralgemeende stellings vind nie. So ook nie ‘n gesamentlike ondersoek deur die Wes-Kaapse Departement van Veiligheid, toe nog onder die ANC se beheer, en Agri Wes-Kaap nie.

    Tog het dit die stortvloed aantygings vanuit regeringsgeledere nie gekeer nie, wat onder meer daartoe gelei het dat TLU SA en Agri SA hulle vanjaar uit ‘n grondberaad gestap het.

    Hierna is ‘n artikel deur die Tina Joemat-Pettersson in Rapport geplaas waarin ooglopende erg foutiewe grondbesit-syfers weergegee is.

    Die rasbewustheid rondom veral plaasaanvalle is nie nuut nie, maar die fokus het verdiep toe twee bekendes, die skryfster Anneli Botes en die kunstenaar Steve Hofmeyr uitlatings buite die perke van wat sommiges as politiek korrek beskou, gemaak het. Hul opmerkings staan egter nie in isolasie nie. Die verkragting van ‘n wit vrouedokter aan diens in die Pelenomi-hospitaal in Bloemfontein waar die verdagte ‘n onwettige immigrant uit Lesotho is, haal steeds hoofopskrifte.

    Die rissiepit-kommentator, Rhoda Kadali vaar in haar jongste rubriek uit teen, wat bekend geword as die “Groot Groente” wat bruin mense verslaaf. Die “Groot Groente” verwys na die ANC-elite wat hulle soos varke by die voer-trôe aan groente vervreet. Sy is egter nie die enigste bruin meningsvormer wat nou reeds na die kort lootjie verwys wat bruin mense by die ANC trek nie.

    Plekname is nog ‘n sensitiewe kwessie. Pas is berig dat die Pleknamekomitee in die Vrystaat nie by twee van sy eie opvolgergaderings opgedaag het nie – twee vergaderings wat in elk geval net in ‘n koerant wat op die swart gemeenskap gemik is, geadverteer is. Vreemd het geen voorstanders vir die verandering van Winburg en Brandfort se name na swart name vir die vergaderings opgedaag nie, wat die vermoede laat ontstaan dat die komitee en die voorstanders saamspan.

    Boonop kry die Menseregtekommissie nie die voorsitter van die Vrystaatse pleknamekomitee opgespoor nie, na die Vryheidsfront Plus jare gelede reeds ‘n klag teen haar gelê het.

    Wie distels saai, sal krokodiltrane maai. En een van die dae is dit versoeningsdag.

    на тетивахЛобановский

  • Grondwetlikheid vir ‘n ses

    Veel meer as wat dit op die oog af lyk, is op die spel met die ANC se besluit dat ‘n kommissie na die toekoms van provinsies moet kyk. Een van die opsies wat oorweeg moet word is die wegdoen met provinsies.

    Met die Kemptonparkse onderhandelings is ooreengekom op ‘n stel grondwetlike beginsels. Dit is as bylae in die oorgangsgrondwet opgeneem, en was volgens sommige staatsregkenners veronderstel om in elke toekomstige grondwet te geld. Ander meen dit het nie die ab infinitum-bedoeling gehad nie. Maar selfs dan was die verwagting dat bindende konvensie hierdie beginsels sou laat voortleef. Dit is immers die verstandhouding van enige vredesooreenkoms – ‘n eensydige verbreking impliseer immers die hervatting van vyandelikhede.

    Artikel XVI van die grondwetlike beginsels bepaal dat Suid-Afrika se regering op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak gestruktureer sal word. Verskeie ander artikels spel die gesag, regeerwyse, grensebepalings en ander verbandhoudende faktore rondom nasionale en provinsiale regerings uit. Vir ‘n aantal jare is daar egter al sprake dat groeperings binne die ANC van die provinsies ontslae wil raak, dit wil verminder, of op ‘n ander wyse wysig.

    Een van die vreemdste redenasies is dat provinsies moet wegval omdat dit nie werk nie. Sou hierdie argument geldig wees, moes munisipale vlak regering egter voor in die tou gestaan het vir afskaffing, en sou verskeie staatsdepartemente wat in 1994 reeds ontspoor het en steeds spartel om op ‘n aanvaarbare vlak te kom, waaronder Onderwys, afgeskaf moes wees.

    ‘n Variasie is die gedagte om die Oos-Kaap se grense ten koste van dié van die Wes-Kaap uit te brei. Die opsigtelike doel is om so veel as moontlik opposisiekiesers in die Oos-Kaap te huisves, waar die ANC speelruimte het, met die hoop dat dit die ANC in staat sal stel, soos dié party dit stel, die Wes-Kaap te bevry. Dit is immers reeds met die Noord-Kaap gedoen.

    Die mees ooglopende gevaar is egter daarin geleë dat dit ‘n stink boodskap laat oor verbintenis tot grondwetlikheid. Val die een, wat word van ander grondwetlike beginsels? Hieronder tel die artikel wat nie net die taal- en kulturele verskeidenheid erken nie, maar die staat tot die uitbou daarvan verbind. Nog een bepaal die vrye toegang tot inligting en dat daar verantwoordbare regering op alle vlakke sal wees.

    ‘n Getorring aan provinsies bied natuurlik ook potensieel benutbare opsies. Die provinsiale grense is aan die hand van verskeie kriteria bepaal, waarvan een was die geografiese neerslag van die swart volke. Die amptelike tale waarop provinsies besluit het dui aan tot watter mate die huidige provinsies ook dien as voortsettings van die ou tuislande. Weens die geografiese verspreidheid van die Afrikaner is sy provinsiale akkommodasie, afgesien daarvan dat Afrikaans ‘n provinsiale amptelike taal van al die provinsies is – hoewel dit selde tot sy reg kom – nie werklik verreken nie.

    Die gevolg, ook weens die koue skouer- en selfs vyandige houding wat soms van die regering ervaar word, is dat al hoe meer stemme opgaan dat gekyk word na artikel 235 van die grondwet. Hierdie artikel maak voorsiening daarvan dat ‘n gemeenskap wat op grond van taal en kultuur geïdentifiseer kan word, om selfbeskikking binne die landsgrense kan beding.

    Afrikaner selfbeskikking is waarskynlik die laaste ding wat die ANC in die oog het met sy besluit dat ‘n kommissie saamgestel moet word om provinsies onder die loep te neem. Trouens, wanneer ‘n Afrikanerafvaardiging selfbeskikkingsvoorleggings aan die te stigte kommissie kom doen, sal dit waarskynlik met skok en verbystering begroet word.

    Die onmiddellike kwessie op die tafel is egter dat die grondwetlike beginsels in die tande geskop word.

    Dit demonstreer hoe belangrik dit was dat die onderhandelende partye nie hul, soos ‘n bekende joernalis-historikus dit by geleentheid gestel het, derde span se reserweonderhandelaar kaptein van die onderhandelingspan moes maak nie.

    детские зонты для девочек купить москваДанильченко Юрий прокурор

  • Kuberterrorisme, persvryheid, die Trojaanse perd en WikiLeaks

    “Die internet het net soveel veranderings vir die mensdom gebring as die ontwikkeling van die spoorweë.”

    Hierdie waarheid is pas onderstreep deur die wêreldwye geskarrel oor onthullings wat WikiLeaks maak. Dit laat egter ook vrae ontstaan oor Kuberterrorisme.

    Die internet word as ‘n baie belangrike waarborg teen die onderdrukking van persvryheid beskou. Lande wat tradisioneel die pers met ‘n ysterhand onder die duim hou, vind dit al hoe moeiliker om inligtingsvloei te keer, omdat die inligting, met beeldmateriaal en al, gewoon via die internet wêreldwyd versprei. China en verskeie ander lande probeer nog hard hierdie sif se gaatjies toeprop. Volgens Verslaggewers Sonder Grense was daar vanjaar reeds 112 Internetgebruikers in aanhouding, teenoor 149 joernaliste.

    Kuberterrorisme neem verskeie vorme aan. Al Kaïda word gereeld genoem as voorbeeld van ‘n bekende terreurorganisasie wat ook die internet inspan om sy terreur-aanslag te ondersteun. Selfs state maak volgens bronne gebruik van die internet om staatsterreur te voer.

    Kuberkrakers rig allerlei soorte skade aan, onder meer deur mense se bankrekenings elektronies te stroop. Die verspreiders van pornografie, waaronder kinderpornografie, voldoen ook aan sekere definisies van terreur.

    Uiteindelik is daar ook die klein mensies, hulle wat agter anonimiteit skuil en ander deur persoonlike aanvalle, leuens en wanvoorstellings terroriseer.

    Sielkundiges som kuberterroriste op as gewoonlik sosiaal wanaangepaste mense. Hierdie terroris is gewoonlik baie meer op sy gemak agter die rekenaar as tussen mense. Dit herinner aan die klein mannetjie wat agter ‘n kragtige vuurwa se stuurwiel inklim, en hom dan heel magtig genoeg ag om links en regs vingertekens vir ander te wys. Hy self is nou onaantasbaar.

    Uiteraard kan nie alles wat op een soort kuberterroris van toepassing gemaak word, op die hele spektrum van toepassing gemaak word nie. Volgens die bronne is sommiges se dryfveer gewoon sielkundige probleme, terwyl ander polities of selfs godsdienstig gemotiveer kan wees.

    Bykans enige besoek aan ‘n koerant se webwerf toon presies hoe snedig, smerig, onverdraagsaam en / of onfatsoenlik van die naamlose deelnemers kan raak. Die ironie is dat ook deelnemers wat, volgens hulle self, vir die Christendom intree, net so gestroop van liefde kan optree, dikwels erg wyd met die waarheid kan omgaan, en selfs blatant ‘n mosie van wantroue in God se oordeelsvermoë kan plaas en self die oordeelswerk opneem – as’t ware mense tot hul Christelike insigte probeer bekeer deur hulle met vrese vir die hel af te dreig.

    Net soos wat die pers argumenteer dat verskerpte optrede teen persvryheid onnodig is omdat bestaande wette en regsreëls mense se digintas voldoende beskerm, net so is daar teoreties voldoende regsreëls om kuberterroriste vas te vat. Volgens verskeie hofuitsprake word iets wat op die internet geplaas is as gepubliseer beskou, en kwalifiseer dit dus om deur strafregtelike laster aangespreek te word. In die praktyk word van die blogs en webwerwe waar die laster gepleeg word, vanuit die buiteland bedryf en is dit nie so maklik om die identiteit van kuberterroriste deur ‘n lasbrief vas te stel vir vervolging nie. En so lank hierdie mense daardie soort beskerming geniet, sal sosiaal wanaangepaste mense dade pleeg soos om onskuldige meisies se name op ’n sosiale netwerk op ‘n sletlys te plaas.

    Skaars het die boek oor ‘n Trojaanse perd in die NG Kerk bekend geword, of ‘n webwerf maak daarop aanspraak dat van die skrywers – wie se name genoem word – eens ‘n smerige e-posveldtog teen mense by daardie webwerf gevoer het.

    Die ironie is dat fluitjieblasers, wat korrupsie aan die kaak stel, ten spyte van wetgewing dikwels steeds aan die korste ent trek.

    En dan is daar die kwessie van staatsveiligheid. En daarby die toesmeer van ongure inligting onder die dekmantel dat die openbaarmaking staatsveiligheid aan die kaak stel.

    Baie individue, instansies en state gaan nog erg bloei voor die koring van die kaf in die internetwêreld geskei gaan wees – voor verskillende mense se regte effektief gebalanseer gaan wees.

    Bells on Fireлобановский александр игоревич

  • Die Mugabe-aanslag teen die media

    Die Belgiese politikus, Yves Leterne, het bekendheid verwerf onder meer deur sy stelling dat die vrye pers die vierde, weliswaar nie-amptelike been van demokrasie is.

    Nie baie lank na sy eerste sterk standpunt-inname hieroor nie het ‘n onthulling sy eie politieke loopbaan tydelik ‘n knou gegee. In baie ander lande sou die insident nie ‘n duik op ’n persoon se politieke loopbaan maak nie.

    In die aanloop tot die daarstelling van ‘n moontlike nuwe bedeling in Zimbabwe, wat ‘n nuwe grondwet en ‘n werklike vrye verkiesing behoort in te sluit, reageer Mufgabe al hoe meer soos ‘n despoot en lyk Afrika se aandrang op die opheffing van geteikende sanksies teen Mugabe en sy kornuite al hoe lawwer.

    Baie van die vergrype is teen die media gemik, en die internasionale persvryheidswaghond, Verslaggewers sonder Grense, se aandag is nou vierkantig op dié land gefokus. En Mugabe gee rede vir dié spesiale fokus.

    In die jongste voorval is die redakteur van die The Standard, Nevanji Madanhire gearresteer. Hy het tien dae lank weggekruip voor hy, vergesel van sy regsverteenwoordiger, homself oorgegee het. Hy is na sowat 24 uur op borgtog vrygelaat.

    Dié insident volg kort op die aanhouding van ‘n ander verslaggewer, Nqobani Ndlovu, wat na nege dae vrygelaat is. Hy is aangehou selfs na ‘n magistraat sy vrylating gelas het.

    Verslaggewers sonder Grense meen die aanslag teen die media is deel van Mugabe se dreigemente dat hy van plan is om na die verkiesing nie meer met ‘n koalisie te regeer nie. Die organisasie wys voorts daarop dat Mugabe se magte besig is om kortgolfradio’s te konfiskeer wat nie-regeringsinstansies onder veral die landelike bevolking versprei. Hierdie radio’s word gebruik om na alternatiewe uitsendings vir die Zimbabwiese regeringsbeheerde uitsaaiwese te luister. Hierdie uitsendings vir Zimbabwiërs word deur uitgewekenes vanuit Suid-Afrika, die VSA en Brittanje gedoen. Hiersonder het veral plattelandse Zimbabwiërs slegs toegang tot regeringspropaganda.

    Indien die Suid-Afrikaanse regering vrese oor sy eie voornemens om die media te muilband wil besweer, sal verwag word dat die Suid-Afrikaanse regering Mugabe baie hard sal aanspreek. Swye daaroor laat weer bedenkinge ontwikkel oor die ANC se verbintenis tot persvryheid as hoeksteen vir demokrasie.

    goldilocks and the wild bearsлобановский александр компромат

  • Howe, grondwet en die middelgrond wat knor

    Op een dag het twee howe baie gedoen om vertroue in die regbank ‘n paar kerwe op te stoot.

    In die een saak het die ANC se aansoek om verlof tot appèl teen die verbod op die sing van die liedjie, Skiet die Boere, nie op die teerpad beland nie. Hoewel uitspraak eers volgende jaar gelewer sal word, het die regter duidelik langtand aan die aansoek gebyt. Regter Leon Halgryn het na die aanhoor van die ANC se argumente gesê na sy mening is dit steeds haatspraak, opswepery en ‘n misdaad.

    In nog ‘n saak het Hooggeregshof in Johannesburg die aansoek om verlof van appèl teen regter Nkola Motata se skuldigbevinding aan dronkbestuur van die hand gewys.

    Dié twee sake het ‘n besondere raakvlak: Na regter Motata in die muur vasgery het, het hy uiters onsmaaklike dinge met ‘n rassisme-strekking kwytgeraak, en is dit op ‘n selfoon opgeneem. Motata het in sy aansoek om verlof tot appèl aangevoer dat dié opname vals is, wat deur die regters verwerp is.

    Veel meer as die vraag of die regter gekoring was toe hy met sy motor in die middernagtelike ure in ‘n muur vasgery het, is of ‘n regter wat sulke taal gebruik hoegenaamd op die regbank tuishoort, selfs al was hy doodnugter?

    Die land hou binnekort weer verkiesing. In ‘n demokrasie behoort ‘n regerende party op grond van sy regeerprestasies, in die besonder in algemene belang, beoordeel te word. Wat dié aspek betref, kan die regering maar sy eie beuel blaas so veel hy wil, die riool in die strate en waterstrome, slaggate in die paaie, vullis wat soms nie verwyder word nie, en verslae van die ouditeur-generaal vertel ‘n ander verhaal.

    Die versoeking sal dus bestaan om te teer op die polarisasie wat in die land aanwesig is. En waar die middelgrond soms veld wen, word gewoon weer emosies opgesweep deur blatante onwaarhede en foutiewe persepsies aan die groot klok te hang. Die middelgrond kwyn. Dan word die verkiesing weer ‘n etniese sensus waarvan die uitslag op ‘n paar persentasiepunte na nou reeds bereken kan word. Trouens, in die afgelope Sondag se Rapport het Jan-Jan Joubert die uitslag in bykans soveel woorde uitgespel.

    Vandag, in die rubriek Brandpunt in Volksblad, skryf prof. Theo Neethling, hoof van die UV se departement Politieke Wetenskap onder meer die volgende: “Soms lyk dit egter asof ons nie besig is met skaafwerk aan ons (ontluikende) demokratiese bestel nie, maar eerder wegbeweeg van goeie demokratiese praktyke – minstens gemeet aan gevestigde demokrasieë.”

    Dit demonstreer die leemtes in die grondwet wat deur prof. Koos Malan uitgewys is, naamlik dat ons by uitstek ‘n grondwet het van voornemens. So ‘n grondwet se praktiese neerslag beteken min as diegene wat uitvoering moet gee, nie aan dieselfde soort dwingendheid onderwerp word nie, en nog minder oor die politieke wil daartoe beskik.

    Na elke verkiesing gaan die versugtinge op dat Kemptonpark heronderhandel moet word. Dat die land ‘n grondwet moet kry wat meer met die internasionale reg gesinchroniseer moet wees soos wat in dié van die Europese Unie, België, Spanje, Indië en vele meer bestaan.

    Slegs die mees naïewes kan nog verbaas wees dat die middelgrond noustrop trek en polarisasie as politieke hefboom vir verkiesingswins aangewend word.

    игровой коврикданильченко юрій броніславович компромат

  • Skrap Versoeningsdag?

    Op die vooraand van Desembermaand is daar besonder baie ooreenkomste met die geskiedkundige aanloop tot die Gelofte en die Slag van Bloedrivier.

    Onder die interessante vrae is of die grondwet van sy funderingsideale gestand gaan doen, en of dit soos die Retief-Dingaantraktaat by beendere in die wind en weer gaan verweer?

    Die historiese Bloukrans- en Wenen-aanvalle kry nou gestalte in die ANC se aansoek vir verlof om te appelleer teen die verklaring van die liedjie, Maak dood die Boere, tot haatspraak. Die motivering vir die reg om die liedjie te sing is juis in die historiese gesetel. Voeg hierby onlangse uitsprake van die Vrystaatse Premier waarin hy ‘n alternatiewe weergawe oor meer onlangse geskiedenis voorhou, en juweeltjies lewer soos dat swart mense in die vorige bedeling nie toegelaat is om wiskunde en wetenskap te studeer nie.

    Met die Kemptonparkse onderhandelings is hoë verwagtings gekoester dat die gevolglike grondwet nie die weg van die traktaat sou gaan nie. Dié dokument, so het minstens sommige van die onderhandelaars gehoop en geglo, sal die grondslag lê dat die land vreedsaam die weg van ‘n eenheidstaat sal kan loop.

    Die hoogtepunt van die verwagtinge was om Geloftedag en die ANC se stigtingsdag, beide 16 Desember, op die amptelike kalender met Versoeningsdag te vervang.

    Is daar nog ‘n noemenswaardige versoeningselement oor? Uit regeringsgeledere kom uitsprake wat daarop dui dat verdelende faktore soos affirmative action en transformasie nog lank ingespan gaan word waar ‘n duidelike grens tussen ‘n ons en ‘n julle getrek word wat verskillend behandel moet word – eersteklas burgerskap, en afskeepburgerskap. Dis nou afgesien van die hedendaagse Mandaryne, ‘n nuwe adelstand, wat ryklik oes aan die land se bates. En uiteraard is daar ‘n teenreaksie en word polarisasie verskans.

    Wanneer ‘n mens Retief se manifes lees, soos dit in die Grahams Town Journal gepubliseer was, is dit opvallend hoeveel toestande vir die Voortrekkers in die Kaapkolonie, veral die Oosgrens, ooreenstem met dit wat Afrikaners nou beleef. Destyds is die trekpad aangedurf.

    Baie Afrikaners is reeds op trek – sommiges fisies na die buiteland, ander fisies na Orania en Kleinfontein, ander in hul geestelike volkstate. Geloftefeeste word volgens een van die organiseerders al hoe beter bygewoon. By baie is die tekens daar van ‘n herlewing van die Victoriaanse Brittanje se beleid van “splendid isolation” en die Amerikaanse Monroe leer. Bitter min blankes het trek vir die dienstechaos weens die amptelike beleid van kaderontplooiing.

    Trouens, het dit nie tyd geword om daaraan te dink om Versoeningsdag te skrap nie? Die doel van dae soos Erfenisdag, Versoeningsdag, Vrouedag en ander is immers nie dat hierdie doelwitte een dag per jaar aan die bod kom nie, maar dat die deurlopende uitleef daarvan minstens een keer per jaar behoorlik belig word. Om die hele jaar verdeeldheid en haat aan te blaas, en dan op Versoeningsdag ‘n ander deuntjie te sing, is so walglik as ‘n man wat sy vrou die heel jaar verniel, maar op Vrouedag die kalklig met mooi woorde steel.

    Dan verdamp die bedoeling en simboliek. Dan laat dit ‘n wrang smaak en verdiep verdeeldheid.

    Dan herinner dit net aan hoe die ideaal geminag word.

    игрушка интернет магазинпрокурор Фильчаков

  • Leuens en stereotipering

    Geoordeel aan die Volksblad se briewekolom wil dit voorkom asof die Vrystaatse premier, Ace Magashule, weer die spook van Mabuza laat loop het.

    Mabuza, as premier van Mpumalanga, het nie net die aanvoorwerk gedoen om sy provinsie die bynaam Mamparralanga te besorg nie, maar ook bekendheid verwerf vir sy stelling dat dit maar in die haak is vir politici om kluitjies te bak.

    Veral twee stellings wat Magashule in die teenwoordigheid van pres. Jacob Zuma gemaak het, ontlok nou ontkennings. Dit is dat die vorige bedeling swart mense verbied het om wiskunde en wetenskap te studeer, en dat die beskikbaarheid van gratis medisyne ‘n prestasie van die nuwe bedeling is. Wat laasgenoemde stelling betref, kry ‘n huisdokter wat by die voorsiening van gratis medisyne en ander mediese dienste betrokke was boonop die hou in dat medisyne destyds ook beskikbaar was.

    Wat Magashule se motief vir sy breedsprakigheid was, kan net geraai word. Wat hy wél vermag het was om polarisasie te verdiep, en om die geloofwaardigheid en integriteit van politici te erodeer.

    Onlangs het iemand op ‘n internet-blok nog die vraag gevra oor hoe ‘n mens kan weet ‘n politikus lieg? Sy eie antwoord: “Wanneer die politikus sy mond oopmaak.”

    Stereotipering is so oud soos die berge. Vir geslagte leer Suid-Afrikaanse skoolkinders al dat die Indiane in wigwams woon, en Eskimo’s in iglo’s van ys. Boonop word gereeld by die stelling oor wigwams prentjies geplaas van tipees in plaas van wigwams. Die woonwyse van ‘n klein persentasie Indiane in die verlede word as ‘n hedendaagse algemene feit voorgehou, al het meer Indiane in die Asteekse hoofstad in huise en paleise gewoon as wat in totaal op die Prairies in tipees gewoon het. Dieselfde met die Eskimo’s. Die verontwaardiging kan ingedink word as Amerikaanse aardykskundeboeke meld dat Afrikaners steeds in Kakebeenwaens woon.

    Stereotipes neig om hardnekkig as ‘n historiese en selfs kontemporêre gegewe vas te klou. Kortliks net enkele voorbeelde:

    –          Pas het die georganiseerde landbou weer afwysend gereageer op ‘n stelling van die minister van Arbeid dat baie boere hul werkers minder as die minimuimloon betaal.

    –          Die UWK se Community Law Centre wys in sy verslag oor belastingbetalersverenigings se eise en weerhouding van munisipale belasting op ‘n wye verskeidenheid rasgedrewe persepsies, soos dat die meestal wit verenigings wil hê die geld moet veral in hoofsaaklik wit woonbuurte aangewend word. Dat wit en swart ewe noustrop trek as riolering disfunksioneel is en in waterbronne beland, staan skynbaar terug vir persepsies.

    –          Die Burger se voormalige adjunk-redakteur, Zelda Jongbloed, skryf destyds in ‘n rubriek oor hoe swak boere hul werkers behandel. Dié rubriek is in verskeie Media 24-publikasies gedra. Toe daar teenreaksie is, verduidelik sy dat haar persepsie gevoed is deur ‘n enkele insident toe sy self op skool was. Het die hele herhalende debat waar weerleggende feite konsekwent op die tafel geplaas is haar ontgaan, of spreek gewortelde persepsies harder as herhaalde feite?

    Hoe moet ‘n koerant in sy waghondfunksie ter versterking van demokrasie reageer wanneer ‘n politikus duidelik kluitjies bak wat boonop polarisasie aanblaas? Dit rapporteer soos dit gestel is, op die gevaar af dat ‘n oningeligte publiek dit vir soetkoek gaan opeet? Of, soos dikwels gebeur, ‘n kenner of twee te kontak en hul reaksie saam met die verdigsels te publiseer? Of dit gewoon as snert te ignoreer?

    Laasgenoemde is nie ‘n opsie nie. Die eerste opsie plaas ‘n omvattende taak op diegene wat oor die werklike feite beskik om baie wakker te slaap, en sonder uitsondering die regte feite te stel. Waar daar weerstand is om die feite te dra, moet ander maniere soos die internet ingespan word.

    ‘n Demokrasie gebou op fiksie en wanvoorstellings gee net aan die begrip demokrasie ‘n slegte naam.

    портал для камина из гипсокартонаФильчаков прокурор отзывы

  • Realpolitik teenoor beginselpolitiek

    Kort op die hakke van premier Ace Magashule van die Vrystaat se uitbarsting dat wit mense sake bloot kritiseer omdat dit swart is, spreek ‘n briefskrywer in Volksblad die wens uit dat Suid-Afrika soos die VSA ‘n tweepartystelsel moet kry. Na hy die sake wat haper gelys het, moedig hy egter protesoptogte aan.

    In dieselfde Volksblad is ‘n berig oor navorsing aan die UWK wat meen dat belastingbetalersverenigings se protesaksie ‘n persepsie skets dat dit ‘n wit aksie teen swart belange is.

    Dit verdiep ras-polarisasie, aldus die verslag.

    Voor die laaste algemene verkiesing was die aanduidings dat die ANC erg sou steun verloor, dat Cope beduidend sou wees, en het die DA-leier, skynbaar op advies van Ryan Coetzee, haar gereeld skerp teenoor die persoon en karakter van Jacob Zuma uitgespreek. Die aanduidings is dat baie swart mense wat teen die ANC sou stem, hulle in reaksie weer agter die ANC geskaar het en was die verkiesing weer, soos dr. Pieter Mulder van die VF Plus gereeld sê, ‘n etniese sensus.

    Die VSA se politieke model is ook al voorheen voorgehou na Zuma die kabinet verder vergroot het.

    Die versugting van ‘n tweeparty-bedeling spruit uit die frustrasie met ‘n onvermoë om die ANC uit die kussings te lug, en sodoende die verval van veral dienslewering in die bek te ruk. Terwyl al hoe meer waarnemers meen korrupsie in SA het endemies geword, is daar net soveel skeptisisme dat die ANC oor die politieke wil beskik om dit werklik hok te slaan.

    Die destydse leier van die NP, Marthinus van Schalkwyk, het aanvanklik, tot groot ontsteltenis van die destydse DP-leier, Tony Leon, die stelling gemaak dat kiesers nie hul stem op klein partye moes mors nie. ‘n Ruk later, met die DA as amptelike opposisie, frustreer die DA die kleiner partye met dieselfde stelling. Die DA, met sy verklaarde assimilasiebeleid van opposisiepartye, werk soos die VSA in die rigting van ‘n de facto-tweepartybedeling. Mediahuise wat ‘n liberale siening met die DA deel, speel waarskynlik onbedoeld mee om kiesers wat ander beginsels huldig, in effek te ontkieser.

    Die oorhoofse gedagte is skynbaar dat beginselverskille nou eers daargelaat moet word in ‘n poging om deur realpolitiek die land sou gou as moontlik van die ANC-nagmerrie te verlos. Dan eers sal dara ruimte vir normale politiek wees. Of dit werklik die bedoeling, uitgesproke of geïmpliseer is, is die realiteit dat dit polarisasie aanhelp omdat ‘n negatiewe beskouing teenoor die ANC nog gans te veel as ‘n anti-swart aanval ervaar word. Die realiteit is dat ‘n skynbare realpolitieke benadering ‘n ander as die bedoelde realiteit oplewer.

    Tweedens word die ondersteuners van beginselpolitiek, soos die groenes, die Christen-demokrate, Christen-volkseie en ander in effek ontkieser.

    As na die Amerikaanse model gekyk word, moet dit ook korrek weergegee word. Die VSA is nie ‘n formele tweepartystaat nie. Daar is ontsettend baie politieke partye, maar op twee na baie klein, sodat dit ‘n de facto-tweepartystaat is. Die impak word baie versag deurdat Kongreslede nie so koukusgebonde is soos hier nie. Belangegroepe speel gevolglik ‘n baie groter rol as politieke partye, soos in die afgelope middeltermyn-verkiesings deur die impak van die konserwatiewe Tea Party geblyk het. Die behoudende Christen-lobby, die Christian Coalition of American het vier miljoen betalende lede, en ‘n uitgespelde beleid soos enige Christen-demokratiese party, maar stel self nie ‘n enkele kandidaat nie. Kandidate binne veral die Republikeinse Party, maar ook ander, word aan die hand van streng kriteria uitgesoek om gesteun te word.

    Dit laat uiteraard die deur oop vir omkopery, soos ‘n onlangse luukse uitstappie van kongreslede na ’n Skotse gholflandgoed, alles op die koste van ‘n lobby. Streng etiese beperkings word deurlopend verskerp om dit teen te werk. Of Suid-Afrikaanse politici al ryp genoeg is en genoeg waghondfunksies in plek is om ‘n soortgelyke bedeling as die VSA te hê, is dus ‘n ope vraag.

    Boonop word die Amerikaanse president wat aansienlike magte het regstreeks verkies. Die VSA is ook ‘n werklike federasie waar die deelstate oor die meeste owerheidsfunksies oorspronklike gesag het. Die federale owerheid se gesag is beperk tot buitelandse sake, verdediging en enkele maatskaplike aangeleenthede.

    Daar is ander kwessies van realiteit. Baie saamstaanpogings in die verlede, soos Alliansie 2000 +, het gewys dat een plus een in die politiek soms nie twee is nie, maar ‘n half. Partye met ‘n eie beleid en die inspirasie om dit entoesiasties te verkondig spreek dikwels harder tot kiesers. En, soos in Europa, is dit gebruiklik dat partye na hulle hul eie steun deur ‘n verkiesing bepaal het, oor kwessies saamwerk en selfs regerende koalisies vorm.

    Stemreg is nie iets goedkoops wat verkwansel kan word nie.

    для дачитопкарго отзывы

  • As die trieng-trieng stilraak

    Herrie lees van die ontwrigting toe baie telefone in die Oos-Vrystaat nie wou werk nie…

    Eers as iets nie werk nie, besef ‘n mens hoe afhanklik het ‘n mens daarvan geword. Is die krag af, wil ‘n mens kort-kort op die internet klim om by die kragverspreider se web te gaan kers opsteek, by wyse van spreke, hoe lank nog voor ‘n mens die kerse kan blus.

    Of, as die telefone nie werk nie, ‘n mens ‘n sekere nommer moet bel om te rapporteer die ding werk nie. Nou, met selfone het ‘n mens ‘n ander alternatief as om ‘n tiekieboks te gaan soek vanwaar ‘n mens kan bel, maar dis tog vreemd hoe gereeld die selfoonsein ‘n skeet het as die landlyn gedooi het.

    Maar oral is dit nie so maklik nie.

    In baie dele van die land is daar nog nie regtig selfoonontvangs nie, en is die telefone nog die slingermodelle. Plek-plek, soos by Merweville, span die boere en die dorpenaars saam en sit hul eie selfoontoring op. Dié mense het net mooi genoeg gehad van dinge soos om ‘n gesteelde kaart met ‘n slingerfoon te rapporteer. Kom ‘n mens so al slingerend by ‘n nommer uit waar mens dit kan rapporteer kom die Ingelse spookstem op wat sê vir die en daai diens moet mens knoppie sus of so druk. Maar met ‘n slingerfoon – hoe nou gemaak?

    Kom ‘n mens uiteindelik by ‘n menslike stem in Jaansberg uit, en ‘n mens verduidelik jou moeilikheid, dan lag daai een en sê :”You are lying, there are no such phones anymore.” En plak die foon neer.

    En dis ongelooflik wat so ‘n plaaslyn alles kan oorkom. Van gesteel raak (ja, die boere het selfs by geleentheid ‘n vrou gevang wat saam met haar “werkers” draad gesteel het. Een klim die paal uit, en knip die draad. Terwyl hy nog afklim, het die ander die los punt aan die Landrover se “pully” vasgemaak en begin daai draad inkatrol). By geleentheid kla ‘n gearresteerde oorlat hy alleen in die sop is – sy base kom dan niks oor nie. Dié blyk toe ‘n poskantoorwerker en ‘n polisieman te wees. Dan is die draad weer af van te sterk wind wat ‘n boom oor die drade gewaai het, of sneeu wat dit gebreek het. Veldbrande kan ook korte mette van die draad en pale maak.

    Dié plaaslyne het ook sakke vol staaltjies opgelewer, en daar waar nog steeds geslinger word, sal stellig steeds nuwe staaltjies uitkom. Afluistering is ‘n vreeslike euwel, maar darem … Herrie het al by ‘n paar geleenthede oornag waar die huismense – as die foon laatnag lui – stilletjie opstaan en die gehoorbuis gaan optel. So was daar dan gou brandslaners by ‘n veldbrand, of vroeg ‘n peuseldingetjie of selfs padkos by mense wat deur die nag slegte tyding gekry het, en vroeg in die pad moet val vir ‘n begrafnis.

    Of, soos Kleinkoos wat sy pa van die universiteit af oplui om weer ‘n geldjie te telegrafeer, maar sommer by die skakelbord sal die tannie hom onderskep: “Hallo Kleinkoos, jou pa is nie op die plaas nie. Ek het hom nou net by die koöperasie sien instap. Ek sit jou sommer deur soontoe.”

    Nou, as die foon dood is, is die internet gewoonlik ook dood, en so ook die faksmasjien. Tannie Wysie wat sorg dat die hele omgewing telefonies oor alles en wat nog ingelig is, is vreemd stil. Einde van die maand sal die kerk met minder moet las om die telefoonrekening te kan bykom.

    Skielik is die wêreld nie meer ‘n neutedop nie – is die kinders oorsee werklik ‘n wêreld verwyder en kan daar nie ge-Skype word of e-pos gestuur word nie.

    ‘n Vriendin van Mev. Herrie het op haar plaas darem heel gawe selfoonopvangs gehad. Toe, op ‘n dag word hul toring “opgegradeer,” en van toe af moet sy buite gaan praat om ‘n sein te kry.

    Omdat Herrie die meeste van sy werk met die internet doen, maak die Herries van die lugweë gebruik. Skielik, twee dae lank is daar niks – torings met die storms omgewaai. En die dag daarna is die telefoon dood. ‘n Draadjie agter ‘n kas losgegaan waar nie eens ‘n muis kan bykom nie.    

    медицинскую справкуАлександр Фильчаков

  • Verslaggewers sonder Grense se Zimbabwe-kritiek laat SA na ‘n Mugabe-kolonie klink

    Al hoe meer berigte sien die lig waarin gewys word op hoe, soos dit vanoggend in ‘n rubriek in Volksblad gestel word, ‘n magsdronk regering sy beheersug verskans. Pas het die internasionale persvryheidswaghond, Verslaggewers sonder Grense (VSG), nuwe mediawetgewing in Zimbabwe gekritiseer (nuusverklaring hieronder).

    Dit waarvan spesifiek ZANU-PF beskuldig word, klink verbasend baie soos die brief wat die organisasie onlangs aan die ANC gerig het, en toe nie gehoor gegee is nie, Suid-Afrika se posisie op die persvryheidindeks laat tuimel het.

    In die geval van Zimbabwe is die beswaar onder meer dat die beperkende maatreëls dit moontlik maak om onderdrukkende regeringsmagte goed te keur sonder dat iemand eers daarvan bewus is.

    Zimbabwe is onderweg om ‘n verkiesing te hou wat hopelik ‘n nuwe bedeling onder ‘n nuwe grondwet sal inlui. Die beoogde wetgewing staan in skrille kontras met die wêreldverwagtings.

    Dit laat Afrika se aandrang dat geteikende sanksies teen Mugabe en sy ringkoppe opgehef word, nie net voortydig klink nie, maar laf en irrasioneel.

    Die werklike onheilspellendheid blyk egter uit die mate waartoe dit waaroor die VSG Zimbabwe aanspreek, net so op Suid-Afrika van toepassing gemaak kan word. Dit is nog minder gerusstellend dat Suid-Afrika voortgaan om vir Mugabe lewensruimte vir sy  voortgesette diktatuur te gee, wat Mugabe se aanhangers die hoop laat skep dat Mugabe onoorwinlik is, met allerlei eise dat hy lewenslange president moet wees.

    Vir enige goed-gefundeerde demokratiese staat is dit ‘n klip in die maag om ‘n diktatuur of tirannie oorkant sy grens te hê. Dit herinner aan die spanning tussen die voormalige Oos- en Wes-Duitslande. Selfs in Afrika het lande soos Tanzanië – destyds self nie ‘n model-demokrasie nie – gewapend tot die stryd toegetree om van die Idi Amin-verskrikking ontslae te raak.

    Hier, so lyk dit, is dit Mugabe wat besig is om sy buurlande en spesifiek Suid-Afrika, ideologies te koloniseer, en nie andersom nie. VSG se verslag dien as onheilspellende spieëlbeeld om hierdie stelling, wat verregaande moes wees, mee te meet.

     

    17 novembre 2010
    ZIMBABWE

    Bill would restrict public access to official information

    Reporters Without Borders calls for the withdrawal of bill which is about to be submitted to parliament and which would allow the authorities to block public access to official documents including judicial decisions, new legislation and public records.

    Announced on 22 October and called the “General Law Amendment Bill,” the proposed law’s sole aim seems to be to place additional obstacles in the way of access to information and thereby hamper the work of the media even more.

    “Drafted by members of the coalition government’s Zanu-PF wing, led by President Robert Mugabe, this bill would just aggravate the already precarious situation for Zimbabwe’s media,” Reporters Without Borders secretary-general Jean-François Julliard said. “It is a political manoeuvre designed to prevent any critical examination of the government’s actions.”

    Julliard added: “The bill is extremely dangerous as it would allow the authorities to adopt unjust measures without anyone knowing and without anyone being able to protest. It shows that the government is rejecting transparency in favour of secrecy and abuse of authority.”

    Under the proposed law, the publication of any government document would require prior permission from the authorities. A human rights group or a journalist, for example, would need the justice minister’s permission to publish a judicial decision affecting the public’s rights. This would restrict the ability of ordinary citizens to monitor what the authorities do and, as such, it is contrary to the principles of good governance.

    The bill’s announcement has coincided with a number of developments in recent weeks that have raised concerns about a renewed crackdown on the media. The government announced at the start of this month that no licences would be issued to new radio or TV stations. Two journalists, Nkosana Dhalmini and Andrison Manyere, were arrested while covering a public debate at the end of last month and were held for two days.

    And an arrest warrant was issued last week for The Zimbabwean editor Wilf Mbanga in connection with an article critical of President Mugabe that was published after the 2008 elections. Mbanga has lived in London for the past six years.

    Zimbabwe already has two laws that throttle free expression. One is the Access to Information and Protection of Privacy Act (AIPPA), adopted in 2002. The other is the Interception of Communications Act, adopted in August 2007. The coalition government made significant efforts to limit their negative effects earlier this year, for example, by issuing licences to several privately-owned dailies. This bill constitutes a major step backwards.

    стоимость брекетов на зубыданильченко юрій Харків

  • Rangsinflasie en vakante poste

    Pres. Jacob Zuma se kabinet is tot verhouding van die land se bevolking een van die grootste ter wêreld. Die land het ook besonder baie generaals tot verhouding van sy gewapende magte.

    Aan die ander kant is daar dikwels ‘n krisis met dienslewering omdat die mense wat fisies die werk moet doen, se poste gevries is, of bloot lang tye vakant gelaat word.

    Wat die grootte van die kabinet betref, is dit wel onbillik om Suid-Afrika met die VSA se kabinet te vergelyk. Die VSA is nog ‘n betreklike suiwer federasie waar die sentrale regering volmag oor slegs enkele sake het, soos verdediging, buitelandse sake en sekere maatskaplike kwessies. Laasgenoemde funksie bied dan ook die geleentheid vir kruipende sentralisering en is dit verstaanbaar dat die VSA se kabinet nie uit slegs ‘n president en drie of vier ministers met hul adjunkte sal bestaan nie.

    Word die deelstate se goewerneurs en hul ministers, wat oor oorspronklike gesag ten opsigte van die balans van sake het, bygereken, is die VSA se politieke regeerders ook nie so danig min nie.

    Tog, die aanstel van baie groot kabinette is ‘n taamlike algemene verskynsel in Afrika, en verskeie moes al drasties snoei hieraan omdat buitelandse donateurs sulke state voor keuses gestel het: Kry die kabinet se grootte binne perke, of verbeur buitelandse kapitaal. Ander maniere moet gevind word om op hierdie wyse baantjies vir boeties te skep.

    Boonop het Kenia vroeër vanjaar sy parlementslede, wat die president en kabinetslede insluit, se salarisse tot ongeveer dieselfde vlak as dié van die VSA verhoog.

    Dit is kommerwekkend as ‘n staat deur rangsinflasie en deur statutêre maatreëls ook die burokrasie die jagveld maak vir baantjies vir boeties. Kader-ontplooiing is formeel deel van die regering se beleid.

    Dit is baie duur, en dikwels begin die fondse opraak wanneer dit kom by die vlakke waar iemand die werk moet begin doen. Dit is pas onderstreep toe die DA in die Mangaung-raad ‘n strafregtelike klag teen die munisipale bestuurder gelê het oor die vullisverwyderingsdiens wat ‘n week lank tot stilstand gekom het. Volgens die DA het die munisipale bestuurder ‘n stokkie geplaas op die betaling van oortyd vir meer as veertig uur per maand gewerk.

    Dit blyk dat die aantal werkersposte ‘n aantal jare lank nie vermeerder is nie, ten spyte van groot uitbreidings in Bloemfontein, terwyl vakatures se poste gevries word.

    Hierteenoor verdien meer as ‘n handvol van die senior amptenary meer as ‘n miljoen rand per jaar.

    Die GPF van Bloemfontein se westelike gedeeltes het ook ‘n brief aan die polisiebestuur gerig, om te vra dat die plaaslike polisiestasie meer poste op die voetsoolvlakke kry. Ten spyte van groot uitbreidings in daardie dele van die stad is hierdie poste in dieselfde tydperk verminder, wat minder mense beteken wat die strate kan patrolleer.

    Maar die stad het geen skaarste aan polisiegeneraals nie.

    Terwyl Bloemfonteiners moedeloos moes toesien hoe die stinkende vullissakke ‘n week lank in die son gis en die teiken vir rondloperbrakke was, was daar ‘n dawerende swye van die munisipaliteit. Inwoners het dus nie geweet of hul sakke enige oomblik verwyder gaan word, en of hulle dit liefs terug in hul erwe moes dra nie. Omdat die vullisverwyderraas die sakke op die verwyderingsdag reeds in hopies bymekaar gemaak het, was dit ook nie so maklik om te gaan uitpluis wie se sakke is wie s’n nie.

    Die VF Plus het gevolglik ‘n hoop sakke voor die Glaspaleis gaan aflaai.

    Op navraag van die media het die munisipale woordvoerder na ‘n week die blaam op tegniese probleme met die voertuie geplaas. Dié boodskap was vanuit die staanspoor ongeloofwaardig omdat die munisipaliteit tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi tien nuwe vullisverwyderingsvoertuie gekry het. Dié voertuie moet steeds onder waarborg wees.

    ‘n Aantal jare gelede moes die peperduur ampsmotor van die burgemeester vervang word. ‘n DA-raadslid moes hierop sy opmerking terugtrek toe hy gesê het om die voertuig so gou in daardie toestand te gekry het, moes iemand dit deur sy agterent getrek het. Om die tien bykans splinternuwe vullisverwyderingslorries so gou onklaar te kry…, wel.

    Uiteindelik blyk dit maar weer ‘n geval te wees van te veel hoogsbesoldigde kaders, en te min voetsoldate wat die werk moet doen.

    site noДанильченко Юрий Брониславович

  • Volmaakte kennis en korrupsie

    Studente in ekonomie word geleer dat ‘n volmaakte vryemarkstelsel net kan werk as daar volmaakte inligting is. Omdat dit nie haalbaar is nie, is daar altyd ‘n mindere of meerdere mate van inmenging in die werking van die vrye mark nodig.

    Oor die afgelope paar dekades was daar egter ‘n inligtingsontploffing danksy veral kommunikasietegnologie. Bykans enige inligting is nou baie vinnig in oorvloed tot verbruikers se kennis. Die wêreldekonomieë was dus in beginsel redelik goed geplaas om nuwe fases van vrye mark te betree.

    Die ekonomiese insinking van die afgelope aantal jare het egter ook nog ‘n feit onderstreep – ‘n vrye mark is ook broos vir inhaligheid. Vryemark-aanhangers wys egter gou daarop dat die slag juis die gevolg was daarvan dat te veel inligting wat op die gevare gedui het, te lank gesmoor is. Toe dit wel rugbaar word, het Wall Street se torings soos kaartehuise inmekaar gestort. En as die VSA nies, kry die wêreld griep.

    Veral Europese lande het in hul herstelplanne ook spesiale hoofstukke oor etiek en moraliteit ingeskryf en Ysland het sy bankkonvensies aangepas om die media vryer teuels te gee om oor die korporatiewe gekonkel van selfverryking te kan skryf.

    Maatskappye in die VSA wat hul groot happe van regeringsbystand blitsig weer as bonusse aan die topbestuur gaan uitdeel het moes haastig onder openbare druk dié fondse terugbetaal. Die openbare druk was net moontlik weens die beskikbaarheid van die inligting oor die vlakke van gierigheid wat endemies geword het..

    Tydens ‘n seminaar het die speaker van die Wes-Kaapse parlement, Shaid Essau, daarop gewys dat korrupsie die voortbestaan van demokrasie en die vrye mark in Afrika bedreig. Geen groot sake kan in Afrika gedoen word sonder om die generaals sogenaamd te raadpleeg nie.

    Met die knoue wat die vrye mark met die insinking weg het, sou verwag word dat die voorstanders van sosialisme en kommunisme met hernieude ywer hul ideologie sou bevorder. In Suid-Afrika, waar die SAKP sy greep op die ANC verdiep, is dit moontlik wel die geval. In Europa, waar nog kwaai gebloei word om die agterstande van die voormalige Ystergordynlande, soos Oos-Duitsland, reg te trek, het hierdie aptyt egter nog nie aanklank gevind nie.

    Kry die vrye mark in Suid-Afrika nie dalk onverdiend die blaam vir die groeiende sosio-ekonomiese dispariteit nie? Suid-Afrika het enkele jare gelede Brasilië verbygesteek as die land met die grootste meetbare inkomstegaping en terwyl die gaping in Brasilië gekrimp het, het dit in Suid-Afrika bly groei.

    Of spartel sake in Suid-Afrika juis weens te veel inmenging en korrupsie?

    Word die beraamde bedrae korrupsie bymekaar getel, is dit duidelik dat korrupsie ‘n groot aandeel het daarin dat die ekonomie stotter en dus ook min werksgeleenthede skep. Handelsmisdaad is een van die kategorieë waar misdaad in Suid-Afrika skerp bly styg. Dit is egter ook een van die tipe misdade wat eers by die statistieke gereken kan word wanneer dit op die lappe kom. Dit is dus onmoontlik om die werklike omvang vas te stel. Voeg hierby dat die vlakke van geweldsmisdaad beleggersvertroue knou. Die moord op ‘n Britse toeris in die Kaap het tot talle navrae van voornemende toeriste gelei, en feitlik oornag die positiewe toerismebeeld wat die land van die groot sokker oorgehou het, uitgewis.

    Die Ouditeur-generaal se verslae skets ‘n duidelike prentjie oor die lae vlakke van dienslewering, iets wat ook onontbeerlik is dat die vrye mark en die sogenaamde produktiewe sektor maksimaal welvaart en werkgeleenthede skep.

    Die ANC se ondersoek na die nasionalisering van myne gaan bepaald ‘n negatiewe impak hê in ‘n tyd waar dringende investering nodig is. Sy transformasie- en regstellende aksie gebaseer op ras eis ook deurlopend ‘n prys.

    Die regering se beplande mediaplanne ontman ook die ekonomie van broodnodige inligting wat nodig sal wees om die vrye mark in staat te stel om optimaal te funksioneer. Nie net mark- en handelsinligting is nodig nie, maar ook waar korrupsie-bottelnekke omseil moet word, waar die ondersteunende dienslewering bedenklik is, waar dit onveilig is, en vele meer. ‘n Belegger sal kwalik in ‘n area gaan belê waar Eskom enige oomblik die krag kan afsny omdat die munisipaliteit se rekening te ver agterstallig is, en daar boonop vrae is oor waarheen die belastingbetalers se geld in die eerste plek heen verdwyn het.

    Die publiek het ook die sogenaamde volmaakte inligting nodig om te weet van watter deelnemers aan die vrye mark hulle moet wegbly, byvoorbeeld ondernemings wat die bestuur se sakke volprop terwyl werkers uitgebuit word.

    Karring met die beginsel van volmaakte inligting en die swamtoestande vir verrottende korrupsie begin gedy – binne die privaat en openbare sektore.

    En dit raak glashelder duidelik hoekom die Wêreldbank korrupsie as die diefstal van ‘n land se toekoms beskou.

    Intussen word die vrye mark in Suid-Afrika vir veel meer as sy ingeboude gebreke geblameer.

    купить сверлалобановский александр игоревич