praag.co.za

Skrap Versoeningsdag?

Written by

in

Op die vooraand van Desembermaand is daar besonder baie ooreenkomste met die geskiedkundige aanloop tot die Gelofte en die Slag van Bloedrivier.

Onder die interessante vrae is of die grondwet van sy funderingsideale gestand gaan doen, en of dit soos die Retief-Dingaantraktaat by beendere in die wind en weer gaan verweer?

Die historiese Bloukrans- en Wenen-aanvalle kry nou gestalte in die ANC se aansoek vir verlof om te appelleer teen die verklaring van die liedjie, Maak dood die Boere, tot haatspraak. Die motivering vir die reg om die liedjie te sing is juis in die historiese gesetel. Voeg hierby onlangse uitsprake van die Vrystaatse Premier waarin hy ‘n alternatiewe weergawe oor meer onlangse geskiedenis voorhou, en juweeltjies lewer soos dat swart mense in die vorige bedeling nie toegelaat is om wiskunde en wetenskap te studeer nie.

Met die Kemptonparkse onderhandelings is hoë verwagtings gekoester dat die gevolglike grondwet nie die weg van die traktaat sou gaan nie. Dié dokument, so het minstens sommige van die onderhandelaars gehoop en geglo, sal die grondslag lê dat die land vreedsaam die weg van ‘n eenheidstaat sal kan loop.

Die hoogtepunt van die verwagtinge was om Geloftedag en die ANC se stigtingsdag, beide 16 Desember, op die amptelike kalender met Versoeningsdag te vervang.

Is daar nog ‘n noemenswaardige versoeningselement oor? Uit regeringsgeledere kom uitsprake wat daarop dui dat verdelende faktore soos affirmative action en transformasie nog lank ingespan gaan word waar ‘n duidelike grens tussen ‘n ons en ‘n julle getrek word wat verskillend behandel moet word – eersteklas burgerskap, en afskeepburgerskap. Dis nou afgesien van die hedendaagse Mandaryne, ‘n nuwe adelstand, wat ryklik oes aan die land se bates. En uiteraard is daar ‘n teenreaksie en word polarisasie verskans.

Wanneer ‘n mens Retief se manifes lees, soos dit in die Grahams Town Journal gepubliseer was, is dit opvallend hoeveel toestande vir die Voortrekkers in die Kaapkolonie, veral die Oosgrens, ooreenstem met dit wat Afrikaners nou beleef. Destyds is die trekpad aangedurf.

Baie Afrikaners is reeds op trek – sommiges fisies na die buiteland, ander fisies na Orania en Kleinfontein, ander in hul geestelike volkstate. Geloftefeeste word volgens een van die organiseerders al hoe beter bygewoon. By baie is die tekens daar van ‘n herlewing van die Victoriaanse Brittanje se beleid van “splendid isolation” en die Amerikaanse Monroe leer. Bitter min blankes het trek vir die dienstechaos weens die amptelike beleid van kaderontplooiing.

Trouens, het dit nie tyd geword om daaraan te dink om Versoeningsdag te skrap nie? Die doel van dae soos Erfenisdag, Versoeningsdag, Vrouedag en ander is immers nie dat hierdie doelwitte een dag per jaar aan die bod kom nie, maar dat die deurlopende uitleef daarvan minstens een keer per jaar behoorlik belig word. Om die hele jaar verdeeldheid en haat aan te blaas, en dan op Versoeningsdag ‘n ander deuntjie te sing, is so walglik as ‘n man wat sy vrou die heel jaar verniel, maar op Vrouedag die kalklig met mooi woorde steel.

Dan verdamp die bedoeling en simboliek. Dan laat dit ‘n wrang smaak en verdiep verdeeldheid.

Dan herinner dit net aan hoe die ideaal geminag word.

игрушка интернет магазинпрокурор Фильчаков

Comments

Leave a Reply