Kaapstad, die volle verhaal

Tydens sy verkiesingsveldtog het die Demokratiese Alliansie aangevoer dat Kaapstad oor ‘n beter diensleweringsmodel beskik, veral wanneer dit vergelyk word met Johannesburg.

Die finansiële data vir Suid-Afrika se grootste metro, dui daarop dat Kaapstad se leweringsrekord meer dubbelsinnig is as wat die DA impliseer.

Terwyl Johannesburg met R6 440, meer per inwoner spandeer as Kaapstad met R5 553, betaal die wit plaaslike belastingbetaler reeds meer in Kaapstad as hul Johannesburgse eweknieë.

DA-ondersteuners verdedig dié duur dienste aan wit inwoners deur te wys daarop dat wit inwoners in die stad van die rykste in Suid-Afrika is met ‘n gemiddelde inkomste van R43 000 per kapita.

Natuurlik maak die party ook staat op ‘n versweë rassestereotipe uit die dae van apartheid, naamlik dat “wit” beheer beter is as “swart” beheer. Maar in werklikheid is daar nie soveel “wit” beheer as wat die DA aan hulle kiesers verkoop nie. Om swart steun te kan behou, moes die DA reeds poste uitdeel om hul swart en bruin stemvee tevrede te hou.

Trouens die DA het ‘n Kaapstad by die ANC geërf wat eintlik onder wit beheer was. Die hoofsweep en destydse onder-burgemeester Pierre Uys het ‘n stad onder sy bestuur nagelaat wat ‘n top kredietgradering ontvang het.

Die DA het dus ‘n goedbestuurde stad met stabiele inkomstestrome en ‘n gesonde bankrekening oorgeneem. Die party het intussen daarop verbeter deur wit inwoners se beursies te troef en allerlei bedenklike lenings aan te gaan vir stemwerwing.

Die bendegeweld, dwelmmisbruik en sekstoerisme floreer steeds in Kaapstad onder DA-beheer. Klinieke en hospitale behandel oor naweke deesdae veral skietwonde, soos ‘n Meksiko in wording.

Kaapstad se verbintenis tot die invordering van uitstaande skuld is prysenswaardig, maar in werklikheid is die invordering in die grootste vyf metro’s almal bo 90%; en Johannesburg se insamelingskoers is soortgelyk aan Kaapstad se 94%.

Elke metro staan voor ‘n reeks uitdagings, sommige weliswaar groter as ander, maar die finansiële data toon dat daar geen metro is wat dramaties beter doen as enige ander nie.

Die DA en Media24 het egter daarin geslaag om soveel paniek oor die wanorde in ANC-stadsrade te saai, dat elke stedelike wit kieser die hasepad stemlokaal toe gekies het om die komende wanorde te probeer tem. In landelike gebiede waar daar werklik rioolriviere deur die strate vloei, ironies genoeg, het die DA sleg gevaar.

Trouens, die uitdagings wat stede in die gesig staar bly dieselfde: om die fyn balans tussen beperkte bronne van inkomste en ‘n nimmereindigende lys van prioriteitete te handhaaf.

Arm mense gaan nooit in staat wees om vir dienste te betaal nie en nie die DA of ANC gaan dit kan eis nie. Hierdie werklikheid gaan uiteindelik moet insink by die wit belastingkoei wat hoop die DA trek ‘n diensleweringshaas uit die hoed.

 

кардиган для девочки видеоданильченко юрій броніславович компромат

Die uniekheid van 2011

Kom ons los die Boerepolitiek vir ‘n oomblik en kyk na die wêreld om ons.

Ons vind dat ons ‘n baie unieke Juliemaand gaan beleef.

Juliemaand het vanjaar 5 Vrydae, 5 Saterdae en 5 Sondae.

Dit gebeur slegs elke 823 jaar

Vanjaar kry ons ook ander buitengewone datums:
1/1/11, 1/11/11, 11/1/11, 11/11/11
en dis nie al nie…

Neem die laaste twee syfers van die jaar waarin jy gebore is en tel jou ouderdom wat jy vanjaar sal wees daarby.

Die antwoord is 111 vir elke mens op aarde.

укладка фанеры ценаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Wag voor die mond en plaasaanvalle

Nou weet Suid-Afrikaners wat almal diep in hul harte reeds geweet het – die lied: “Skiet die Boere” ís haatspraak. Trouens, dit gaan verder – dit kom op aanhitsing tot moord neer.

Heel toevallig is gister berig oor nog drie plaasaanvalle die afgelope paar dae. Hoewel niemand dood is nie, is ‘n vrou van Joubertina deur die kop geskiet, en ‘n egpaar is so erg aangerand en verneder dat lewensverlies kon voorkom. Ook ‘n ander boer is erg aangerand. Die aanvalle het in twee uithoeke van die land voorgekom.

Hoewel gister se uitspraak – ‘n uitstekende stuk regswerk van sowat 80 getikte bladsye, nie regstreeks op die Julius Malema-haatspraakverhoor betrekking het nie, sal die regspanne in hul slotbetoë waarskynlik mildelik uit hierdie uitspraak en presedente put. Daar is verskeie ander klagtes oor dieselfde lied teen Malema aanhangig, onder meer verskeie deur die Afrikanerbond by die SA Menseregtekommissie wat skynbaar vir uitsprake wag voor hulle met hul ondersoek begin.

‘n Kern-belangrike aspek van die waarnemende regter se uitspraak is dat dit irrelevant is wat persoon wat die haatspraak uiter se bedoeling daarmee was, dit is hoe die aanhoorder of slagoffer dit vertolk. Dit is nie ‘n nuwe presedent nie, soos al geblyk het met uitsprake waar iemand aan die pen gery het omdat hy na swart mense verwys het deur die k-woord te gebruik. Of dit kwetsend bedoel is, was irrelevant, die feit dat swart mense daardeur gekwets voel is voldoende. Die woord is nou net as’t ware in die ander mond.

Die Hooggeregshofuitspraak kom twee dae voor die landswye munisipale verkiesing, maar of dit ‘n beduidende impak op die uitslag gaan hê is onseker.

Intussen dui die jongste peiling – dié van Ipsos-Markinor, daarop dat die ANC wel minder as 60 % van die stemme sal trek, met die DA wat ook swakker vaar as met vorige peilings, en waarskynlik nie 20 % sal haal nie.

Cope en die immer-krimpende IVP is die ander partye wat meer as 1 % van die stemme behoort te kry.

Die Vryheidsfront Plus sal waarskynlik nie met die peiling saamstem dat dit slegs 0,2 persent van die geregistreerde kiesersteun, en 0,1 in die algemeen geniet nie, en sal waarskynlik ook in die wyke waar meegeding word beter vaar. Trouens, onder die kleiner partye se steun kan kritiek op Ipsos-Markinor se peiling uitgespreek word, onder meer omdat ‘n alliansie wat nie aan die verkiesing deelneem nie, ook gemeet is. Een van die alliansievennote wat wel regionaal deelneem kan egter heelwat inspirasie uit die peiling put.

‘n Groot gevaar van ‘n peiling van hierdie aard is dat dit kiesers kan ontmoedig om vir die partye van hul eie oortuigings, of dan die naaste aan hul eie oortuigings te stem, en dat sommiges van die stembus kan wegbly, of teen hul eie beginsels in vir ‘n groter party gaan stem. So kan die munisipaliteite in die hande beland van partye wat nie werklik die steun van die bevolking het nie, en wat nie die belange en beginsels van die inwoners verteenwoordig nie. Later, op provinsiale en nasionale vlak kan die burgers vind hulle word regeer deur ‘n toeloop van omstandighede eerder as die produk van demokrasie. Die leemtes in die grondwet waar dit van internasionale reg en die verskansing van minderheidsregte afwyk, word ook tydens verkiesings die meeste aan die kaak gestel en daarna gevoel.

Demokrasie plaas ‘n groot verantwoordelikheid op die kiesers: In ‘n demokrasie kry die inwoners die regering wat hulle verdien, ongelukkig ook dié individue en groepe wat wél reg gestem het maar te min was. En op die regeerders wag net so ‘n groot verantwoordelikheid – hulle moet in algemene belang regeer – nie net die belang van diegene wat vir hulle gestem het nie, want waar ‘n regering in sektorale belang regeer, is dit gewoon ‘n diktatuur van die meerderheid.

стоимость ремонта квартиры за м2Фильчаков прокуратура харьков

Ope brief aan Frans Cronjé

Geagte Mnr. Cronjé,

Reaksie op u brief aan Steve Hofmeyr.

Ek ken u nie persoonlik nie, maar ek neem aan u is ‘n geleerde man. Om hierdie rede neem ek die vrymoedigheid om eers die hele saak te vereenvoudig voordat ons die konteks daarvan bespreek.

“‘n Populêre leiersfiguur van ‘n spesifieke kultuurgroep maak ‘n uitlating wat ‘n ander kultuurgroep beskou as neerhalend en rassisties in ‘n land waar ras verhoudinge ‘n knelpunt is.”

Ek dink u sal met my saamstem dat hierdie naastenby die situasie beskryf.

Ek nooi u nou uit om die name Julius Malema en Steve Hofmeyr in hierdie stelling om die beurt te gebruik. Ons sien dus dat beide hierdie persone hulle self moontlik kan skuldig maak aan presies dieselfde optrede. Ek is seker u het ook ‘n aanvallende brief aan Julius Malema geskryf in die publieke oog waar u dit duidelik gemaak het dat hy ‘n verleentheid en ‘n skande is en dat hy sy “groot gevolg gebruik om woede en haat te saai”. (Ek sal bly wees as u die brief aan ons kan beskikbaar maak, want ek kry dit nog nie in die hande nie)

Nou moet ons die konteks van die saak bespreek. Julius Malema het in die laaste paar maande 3 (drie) uitsprake gemaak wat my as wit man beledig en bekommer. Drie uitsprake wat direk implikasies inhou vir my manier van lewe.

Die eerste is die sing van “Kill the Boer”. U “kom dalk vanuit ‘n plaasomgewing” (wat dit ook al mag beteken), maar ek en my vrou en ons 2 seuntjies (2 jaar en 6 maande oud) is nog steeds op die plaas. Lewe u met die wete dat wat met klein Willemien Potgieter gebeur het kan ook met u kinders gebeur omdat die regering van die dag veg om ‘n uiters rassistiese term soos “Kill the Boer” te probeer regverdig? Wat sou u gevoel wees as Steve ‘n liedjie gesing het met die woorde “Kill the K….r” in? Dog sien ek nie die Instituut wat u verteenwoordig in die hof om hierdie saak aan te spreek nie? Dink u nie ‘n uitspraak waar mense se lewens letterlik bedreig word is dalk belangrik genoeg om op te reageer nie?

Tweedens maak Julius Malema die uitspraak dat alle wittes misdadigers is. Kan u vir my verduidelik hoe op aarde is hierdie nie ‘n uiters rassistiese uitlating en ‘n oortreding van die Grondwet nie? Ek het ook hier u brief misgelees in die media.

Derdens word die bedreiging van die onteiening van ons grond ‘n al groter wordende realiteit. Indien dit die geval is sal ek ook binnekort in my skrywes moet insluit dat ek “vanuit ‘n plaaslike omgewing kom…” voor hulle my grond onteien het. U dink nie uitsprake soos die beïnvloed die rasverhoudings nie? U dink nie die implikasies van so uitlating moet dalk genoem word nie?

Verder is u ook duidelik bewus van die mag wat Julius Malema het. Ek haal u skrywe aan van 14-04-2011 in Business Day:

It must come as no surprise, therefore, that the politics of the country will increasingly gravitate towards these numbers . Your readers must therefore be left in no doubt that Mr Malema and his youth league can achieve every political and economic policy aim that they have set for themselves.

Doelwitte soos “Kill the Boer”, “Wittes is misdadigers” en “onteiening van grond”? Tog wil u voorgee dat Malema se uitlatings nie so erg is in vergelyking van Steve se optrede nie?

Kom ons kyk na die konteks van Steve se lied.

Ek het sopas na die lied geluister en indien ons kyk na die woorde weerspieël dit die Afrikaner se geveg om ons kultuur te beskerm hier aan die Suidpunt van Afrika deur verskillende moeilike tye. Die “feite” in die lied kan dus nie bevraagteken word nie, slegs die gebruik van die enkele rassistiese aanhaling. Indien ons verder die konteks bestudeer sien ons dat Steve die liedjie as ‘n teenfoeter vir die gebruik van “Kill the Boer” daarstel. U besef dit dalk nie, maar ons Afrikaners (ek sluit hiermee dan die liberale Afrikaners uit na aanleiding van u skrywe) voel nog erger gemarginaliseer deur die sing van “Kill the Boer” as wat ‘n swart mens kan voel oor die gebruik van die woord k…r. Dit blyk egter uit u skrywe dat u nie alle kulture oor dieselfde kam skeer in Suid-Afrika nie en dat dit met u in orde is as een leier van een kultuur dit doen, maar nie as ‘n ander nie…

Hierdie subjektiwiteit laat ‘n mens wonder of die verslae wat die instituut waaraan u verbonde is, nie dalk ook op dieselfde wyse hanteer word nie. Ek is baie keer verbaas oor die statistieke wat deur die instituut voorgelê word, want dit verskil hewig met dit wat ons gewone mense ervaar…

Op ‘n meer praktiese noot blyk dit ook dat u oningelig was rakende die woorde van die liedjie want u skryf: “Ek verneem dat jy beplan om ‘n liedjie oor “k****rs” te sing”. Indien u nog nie bekend is met die lirieke nie, kan ek u inlig dat die term k….r net een keer voorkom en dat dit na ‘n geskiedkundige konteks verwys. U sinskonstruksie het egter self ‘n rassistiese ondertoon… Moes u nie dalk iets geskryf het in die lyn van “‘n lied met ‘n rassistiese term” of so iets nie? U skrywe laat dit voorkom of u na die kollektief verwys wat baie meer rassisties is as wat Steve se geskiedkundige konteks is. (Ek is seker u het dit nie so beplan nie, maar dalk kan u daarop let in die toekoms)

Persoonlik dink ek u het oorreageer op beperkte inligting, sowel as die feit dat u nie die konteks in ag geneem het nie.

Ek wil ook dan nou van die geleentheid gebruik maak om u brief meer direk aan te spreek:

Geagte mnr. Hofmeyr,

Ek verneem dat jy beplan om ‘n liedjie oor “k****rs” te sing as die regter in die Julius Malema-haat-spraakverhoor in die guns van mnr. Malema besluit.

Soos reeds geskryf het u nie die lirieke bestudeer nie, maar tog besluit om hierdie aggressiewe en beledigende brief te publiseer (ons hoop almal van harte dat hierdie nie die amptelike werkswyse van die Instituut is nie).

Jou dreigement is rassisties in die ergste tradisies van rassistiese nasionalisme en ondermyn die posisie van wit mense in Suid-Afrika.

U verwysing na “rassistiese nasionalisme” is ‘n blatante veralgemening. Indien u die konteks in ag neem is hierdie “rassistiese dreigemente” direk gelyk aan die “rassistiese dreigemente” wat Julius Malema maak. Die vraag op almal se lippe is hoekom mag Julius Malema dan hierdie uitsprake maak, maar ons nie? Is ons nie veronderstel om dieselfde regte en onder dieselfde wette te val nie? Hoekom word net die wit mense as “rassisties” uitgesonder terwyl ons wette het wat wit mense op die kleur van hulle vel van werk ontneem?

Jy is klaarblyklik onbewus van die feit dat wit mense ‘n baie bevoorregte en omstrede posisie in Suid-Afrika beklee.

Soos voorheen genoem is, het u subjektiewe houding teenoor die saak die Instituut se navorsing ook in gedrang gebring. Sluit u die 900 000 wit mense in plakkerskampe by hierdie getal in of maak ons of hulle nie bestaan nie? Ek neem ook aan dit sluit die sowat 800 000 blankes, wat nie meer kans gesien het vir die situasie in Suid-Afrika nie, ook uit? Ek gee u gelyk dat ons posisie omstrede is, maar definitief nie in die konteks wat u daarna verwys nie. Omstrede in die konteks van ongeveer 4000 plaasmoorde waar die aanvallers in ‘n verre meerderheid jong swart mans is en niemand braaf genoeg is om dit te erken nie.

Hul langtermyn-toekoms in die land hang af van in hoe ‘n mate hulle daardie posisie kan gebruik om ‘n meer stabiele, regverdige en voorspoedige samelewing te bevorder.

Wat interessant is van hierdie sin is dat u na die wit mense verwys as “hul”. U sluit u self dus nie in by hierdie groep nie. Ek neem aan dat u dus verwys na die “nie-liberale wittes”? Hier kry die “hulle” weer die skuld, wat die verantwoordelikheid is van die regering om ‘n stabiele, regverdige en voorspoedige samelewing te bevorder word nou “ons” verantwoordelikheid. Indien dit nie gebeur nie sal “julle- die liberale Afrikaner en die regering” sekerlik weer die “ons” daarvoor die skuld gee.

Jy, aan die ander kant, gebruik jou groot gevolg om woede en haat onder jong wit mense te saai.

Sou jy na die lirieke gaan luister is daar geen boodskap van geweld of woede nie, maar eerder ‘n lied wat die swaarkry van “ons” uitbeeld, die boodskap dat ons deur dit alles oorleef het en ‘n gebed ter sake. Hoe bevorder dit haat onder jong wit mense?

Dit is ongelooflik dat jy klaarblyklik nietemin glo dat hierdie gedrag die posisie van wit Suid-Afrikaners kan verbeter.

“Ons” posisie in Suid Afrika… Ons word vermoor op ons plase, gedreig met onteiening, ons kinders se opvoeding lei onder wanbestuur, ons kultuur lei onder wetgewing… Maar die oomblik as iemand opstaan om iets aan “ons” posisie te doen dan is dit mense soos u wat gal braak. Steve dreig niemand met geweld nie, hy vergestalt die frustrasie en woede van ons mense in ‘n lied… Ek is verbaas dat u, wat by ‘n instituut verbonde is om hierdie tipe gedrag te bestudeer nie kan insien wat hier gebeur nie. Weereens kan ons net hoop die instituut deel nie hierdie karakter eienskappe nie.

Die teenoorgestelde is waar.

As ‘n noemenswaardige aantal swart mense sou begin dink dat jy die sieninge van alle wit mense verteenwoordig, stel jy hul toekoms in hierdie land in gevaar.

Wat is hierdie siening? Dat “ons sal oorleef”? Gun u ons nie hierdie siening dat ons gaan oorleef nie? Stel die feit dat “ons sal oorleef” die toekoms van die land in gevaar?

Dit skeel jou blykbaar ook min dat Suid-Afrika se vreedsame transformasie sowel as die vergewensgesindheid van swart Suid-Afrikaners iets merkwaardigs was.

Met ander woorde- Ons moet dankie sê ons is nie almal vermoor nie, net 4000 van ons mense. Ons moet so dankbaar wees dat ons maar moet opgee op ons regte?

Sou jy die soort vernedering wat deur swart mense ervaar is so maklik kon vergewe as dit jou ouers en grootouers was?

U is duidelik nie bekend met “ons” geskiedenis nie. Ek daag u uit om ‘n vergelyking te tref met 26 000 vroue en kinders wat in kampe gesterf het terwyl hulle soos diere in hokke aangehou is en ons plase tot die grond afgebrand is…

Ek skryf nie hier oor die handjievol swart politieke leiers wat hul bevrydingstryd se sogenaamde verbintenis tot nie-rassigheid geskend het nie.

Ek skryf eerder oor die veel groter aantal gewone swart mense wat net soos soveel gewone wit mense hulle daartoe verbind het om saam ‘n beter Suid-Afrika te bou.

Die probleem is dat die mag in die hande van hierdie klein groepie is en dat hulle ons gewone wit mense se regte vertrap en sodoende die voorbeeld stel vir hulle volgelinge.

Dit is belangrik dat jy weet ek kom vanuit ‘n plaasomgewing, so ek weet presies wat “kill the boer” kan beteken en wat die implikasies daarvan kan wees.

Hierdie stelling is ‘n belediging aan elke Boer. Die feit dat u dalk uit ‘n plaasomgewing kom maak nie van u ‘n kenner oor die onrus en dreigende omstandighede wat ons elke dag moet beleef nie. U poging om ons vrese sommer af te maak as iets nietigs wat u toevallig kan ingooi in u skrywe om u punt kredietwaardig te maak is net so erg soos Julius se sing van die lied.

Maar ek sê vir jou, as jy dink dat ons rassisme met rassisme kan beveg, dan is jy net so ‘n groot gek as wat jy ‘n rassis is.

Dit is ironies dat u Steve dreig met die feit dat hy ‘n gek en ‘n rassis is as hy hierdie spesifieke roete wil volg… U doen presies dieselfde as wat Steve doen deur hom te dreig met ‘n etiket.

Dit is vir my ‘n verleentheid om te dink dat jy as ‘n leiersfiguur van enige aard in die wit en Afrikanergemeenskappe opgeduik het.

Is dit ook vir u ‘n verleentheid dat Julius Malema ‘n leiersfiguur is wat onder sekere wit mense ondersteun word? Hoe kan hy (Steve) vir u ‘n verleentheid wees as u uself in elk geval distansieer van “hulle”. Of Steve reg of verkeerd is, hy probeer ten minste iets doen om ons mense se situasie aan te spreek. As navorser moet u nie dalk let op die rede hoekom so baie mense hierdie aksie ondersteun nie? Indien Steve geen ondersteuning gehad het nie, sou u hom alleen kon blameer, maar die feit dat hy so geweldige ondersteuning kry moet tog sekerlik ‘n aanduiding wees van ‘n groter frustrasie onder ‘n groot groep mense, nie waar? Hy sien die ongeregtigheid raak en sit dit op die publieke platform. As mens so daaroor dink- Hy is besig om julle werk te doen, want julle kan duidelik nie ons frustrasie raaksien in julle navorsing nie.

Jy is ‘n verleentheid vir liberale Afrikaners en ‘n skande vir Suid-Afrika.

Ek kan u belowe, baie Afrikaners (“ONS”) wat hierdie brief lees voel as volg:

“Jy is ‘n verleentheid vir ware Afrikaners en ‘n skande vir Suid-Afrika omdat jy ‘n hele kultuurgroep se vrese en frustrasie nie kan raaksien nie al is dit jou beroep!”

Vriendelike groete…

Johan van der Merwe.

десны красныеФильчаков прокурор харькова

Munisipale verkiesing: Die tokkelossie sal jou gryp

As iemand steeds getwyfel het dat die misbruik van godsdiens vir politieke gewin deel van die ANC se strategie vir volgende week se verkiesing is, het pres. Jacob Zuma dit self finaal uit die weg geruim. Na Zuma tevore deur godsdiensleiers oor die kole gehaal is oor hy kiesers met ontevrede voorvadergeeste gedreig het sou hulle weg van die ANC stem, het hy dit pas weer gedoen. Hy kan hom immers lank nie meer op onkunde beroep nie.

Reeds voor sy vorige gebruik hiervan, was hy en van sy meelopers al deur kerkleiers en Christelike organisasies oor die kole gehaal oor ‘n rits uitlatings, soos dat mense Zuma moet volg soos hulle Jesus gevolg het. In ‘n stadium het die Afrikaanse susterkerke ‘n gesamentlike verklaring uitgereik om die ANC tot orde te roep. Ander kerke soos die AGS en die APK het dit ook gedoen, en die VGK het selfs lidmate afgeraai om hieroor vir die ANC te stem. Zuma is selfs persoonlik deur dr. Izak Burger van die AGS hieroor aangespreek.

Die NG Kerk het dit na nog voorvalle nodig geag om die ANC te vermaan dat ook hierdie kerk sy lidmate gaan vra om nie ANC te stem nie sou die ANC nie dadelik ophou nie. Die ANC gaan steeds voort, met onder andere ‘n vergelyking tussen die Vryheidsmanifes en die Bybel.

Die plaas Christen-demokratiese Partye in ‘n baie moeilike posisie, en die ANC buit dit ook uit deur daarop te wys dat die gebruik van die woord “Christen” in die naam van ‘n party op dieselfde neerkom. In sommige gevalle is daar moontlik ‘n element van waarheid in, maar die basiese beginsel is dat ‘n Christen in sy hele lewe, nie net in sy kerk nie, as werktuig van Christus moet optree – dus ook in die politiek. Hy dwaal egter as hy Christus vir politieke gewin begin inspan, al is sy motiewe suiwer.

Hoe dit in die praktyk neerslag vind, is die werklike toets. Het die ANC te midde van al die aansprake oor hoe Christelik dit sou wees, byvoorbeeld ‘n piep gemaak dat dit onbybelse wette soos dié van aborsie op aanvraag gaan skrap? Is daar enige planne om die Lotto te skrap? Kerke is eendragtig in hul teenstand hierteen.

Baie Suid-Afrikaners sal nog onthou hoe die kerke hul profetiese stem so sterk laat hoor het oor die bonusobligasies dat die vorige regering dit moes skrap. Die bonusobligasies was nie eens werklike dobbel nie, aangesien die deelnemers steeds sy geld met rente teruggekry het. Die element van die geluksgodin in die bonus-gedeelte was genoeg om die kerke te laat rug styfmaak tot die vlakke van totale onbuigsaamheid.

Om die woord “Christen” in ‘n party se naam aan te bring plaas ‘n groot verantwoordelikheid op so ‘n party.

Juis daarom is dit teleurstellend dat die ACDP in die Vrystaat weer kiesersgidse van die Christian Action Network, met die ACDP se kontakbesonderhede daarop, in die provinsie gaan versprei het. Die Christian Action Network staan onverbonde tussen die land se Christen-demokratiese Partye en tree gereeld op as fasiliteerder om samesmelting of minstens samewerking tussen hierdie partye te bewerkstellig. Toe die ACDP in die Vrystaat in die vorige algemene verkiesing begin het om hierdie gedokterde gidse te versprei, het die Christian Action Network hulle gelas om dit te onttrek, en die ACDP het onderneem om dit te doen. Daar is egter voortgegaan om dit te versprei. Nou word dit weer saam met ACDP-pamflette versprei. Dié keer word Christian Acton Network egter ook in die verleentheid gestel omdat die ACDP se kontakbesonderhede daarop verouderd is – dit bestaan nie meer sedert die ACDP sy setel in die Vrystaatse Wetgewer verloor het nie.

Dit is belangrik dat die ander CDP’s nie beeldskade lei deur die optrede van die ACDP nie, wat tot dusver die samesprekings vir samewerking laat misluk het.

Intussen staan kerke voor ‘n uitdaging: Dit is duidelik dat die ANC hul vermanings uitdaag en ongesteurd voortgaan om van die Here, en tussenin sommer van die voorvadergeeste, as politieke foefies gebruik te mak. Sou die kerke nie hul profetiese stemme duidelik laat hoor nie, en daarin faal om te toon dat sy nee sy nee bly, gaan die ANC hiermee wegkom.

free sotsтопкарго

Tegnologie vir kommunikasie

Elke generasie benut die tegnologie van sy tyd om sy boodskap oor te dra. Is dit ‘n boodskap waaroor die ondersteuners sterk voel, word die voorpunt van tegnologie dikwels aangewend…

Die Amerikaanse gehaltekoerant, die Christian Science Monitor, bekyk in ‘n onlangse artikel die nuutste verwikkelinge oor hoe mense maak wat vir ‘n saak veg om so vinnig en doeltreffend as moontlik hul boodskap oor te dra. En waar beter as die rebelle in Libië, ‘n land wat danksy sy olierykdomme en streng perssensuur oor dekades, maksimaal buit die kassie moes dink?

Die opskrif lui: “Die vervolmaking van revolusie deur Twitter.”

Baie eeue het verloop sedert Cromwell se bewind in Engeland Payne en sy ewe oorlose makkers uit die tronk bevry het, na die ontevrede koning hul ore laat afkap het omdat hulle nie wou hoor nie, en na die koning se smaak te krities was.

In 1775 het die drukkuns so ver gevorder dat pamflette die “in” manier was om gedagtes te versprei.

Sedertdien het tegnologie nog reuse spronge gemaak, maar het die kommunikasiewetenskap self groot spronge gemaak.

Tog, interessant, dat die Britse politici besonder stadig uit die blokke was om by die werklikhede aan te pas. Die Britse politiek word nog grootliks volgens kiesafdelings beslis, en die tradisie was dat die parlementslede, as orators, in hul eie oë die meester-kommunikators sou wees. Daar is dus neergesien op die nuwe ontwikkelinge in die kommunikasiewese, en is by geykte praktyke gehou…tot die destydse jong Margaret Thatcher ‘n nuwe blaadjie omgeslaan het, en gesorg het dat haar Konserwatiewe Party kommunikasiekundiges kontrakteer, en met ‘n moderne kommunikasieveldtog die pad aandurf.

Die gevolg was dat ‘n vars Konserwatiewe Party onder die stoflae uitgekom, en die andersins meer moderne Arbeiders die loef afsteek. Later het die rolle min of meer omgekeer.

Met ‘n voormalige professor in Kommunikasiekunde as partyleier het die Vryheidsfront, en later Vryheidsfront Plus dikwels die toon aangegee om die publiek met mediakommunikasie en ander kommunikasie te bereik. Dié party het die standaard gestel, en partye wat beter wou vaar, moes ‘n trappie beter op hierdie terrein presteer, dikwels deur die hand diep in die sak te steek.

In Libië het die betogers nog nie eens met hul skadukabinet kontak gemaak nie, of hulle het al koppe bymekaar gesit en ‘n webtuiste gebou, en hul boodskap wêreldkundig begin maak. ‘n Wye verskeidenheid instansies moet via e-pos bereik word. Die sosiale media het die verskeidenheid teikengehore nog oneindig vermeerder.

Te midde van al die moderne verwikkelinge, bly die ou Bybelse waarheid nog staan: Moenie die een ding doen en die ander nalaat nie. Elke soort media spreek ‘n ander soort gehoor optimaal aan, en dikwels is die gehore of generasies nie ewe ontvanklik vir ‘n politieke boodskap nie. ‘n Party wat weens politieke korrektheid of ander rede nie ook interkulturele kommunikasie inspan nie, doen dit tot sy eie nadeel. Instinktief word nog gevoel dat die groot dagbladpers nog grootliks die mees geankerde meningsvormers aanspreek. Die TV tref ‘n ander tipe gehoor, en die radio bereik op verskillende tye van die dag verskillende gehore.

Met die vorige sensus tien jaar gelede was die publisiteitsveldtog reeds ver gevorder, dit was al verskeie kere in betrokke ‘n streek se dagbladpers, dit was al verskeie kere oor die plaaslike en streekradiostasies, dit was al etlike kere op TV en is by groot vergaderings geopper, maar toe toesighouers uit die meer opgevoede deel van die bevolking gewerf is, is gevind bykans niemand weet van die komende sensus nie. Eers toe die kondoomstorm – via ‘n wakker koerantjoernalis – losbars, het bykans almal dadelik kennis geneem. Al hoe meer word sepies ingespan om belangrike boodskappe soos verkiesings, belastingseisoene ens na die publiek oor te dra. Dié noodsaak dryf standaard-analiste die mure uit.

Jare gelede het ‘n minister, Blaar Coetzee, gesê vir ‘n politieke party is daar nie so iets soos slegte publisiteit nie, net goeie publisiteit. Die element van waarheid daarin blyk uit die gemengde reaksie op die Julius Malema-haatspraakverhoor. Tog lyk dit of die ANC nou geraak word deur die vrag slegte publisiteit. In die jongste geval het die regering probeer walgooi deur ‘n Tesourie-verslag oor die stand van munisipaliteite na die opstellers terug te verwys vir – soos die regering dit stel – herverpakking, of soos die opposisie dit sal noem, om die boeke te kook.

Omdat die regering die verkiesingsdatum bepaal en die bekendmaking van gunstige verslae daarmee sinchroniseer word om die maksimale gunstige publisiteit te genereer, kan aanvaar word dat dit nou ook die bedoeling was – maar dat die regering deur sy eie funksionarisse aan die neus gelei is oor wat werklik op grondvlak aangaan.

Iemand moet werklik met oogklappe deur die lewe gaan om nie tydens ‘n verkiesingsveldtog iewers by iemand wys te word nie. Dan verdien hulle, by wyse van spreke, dat die koning se laksman sy byl inspan vir die ongewone delikate werkie om ore af te kap.

Eina Payne!

games onlineтопкарго развод

Nuwe grondeise gaan landbou verwoes

Die minister van grondsake en grondherverspreiding Mkwinti gaan blykbaar die regering vra om swartes wat hulle grond voor 1913 verloor het se eise toe te laat. Beeld het vanmôre ‘n berig daaroor: Staat wil grondeise heropen.

 

Die wet van 1913 het die reg van swartes om grond te besit in Suid-Afrika beperk – ‘n wet wat na alle waarskynlikheid nie geskrap is tydens die swart oorname in 1994 nie.

 

Na aanleiding van hierdie vergoeding wat aan die swart eisers uitbetaal word deur die regering kan ‘n mens ook vra wie dan nou die nuwe eienaars van die grond word inaggenome dat hierdie grond met belastinggeld betaal word? Dit is ook duidelik dat die swart patriotisme t.o.v. hulle “afgeneemde grond” net tot by hulle beursie strek.

Die verwoestende gevolge wat ‘n nuwe rondte grondeise op die landbou-ekonomie gaan hê, met banke wat geen verdere krediet aan boere sou wou verskaf nie, spreek vanself. Maar dis moontlik presies wat die ANC in gedagte het.

тамбов автохимияОлександр Васильович Фільчаков

Tweepartystelsel se slaggate

In die aanloop tot volgende week se munisipale verkiesing is die gedagte aan ‘n tweepartybedeling ‘n paar keer genoem – ook in kringe wat van beter behoort te weet.

Die versugting aan ‘n tweepartybedeling is in hooftrekke gebore uit ‘n versugting om op die gouste wyse die ANC se beergreep op die Suid-Afrikaanse politiek te verbreek. Dit beteken dat van baie kiesers verwag word om hul eie beginsels oorboord te gooi, of minstens tydelik op die ys te gaan plaas sodat die een prioriteit – om die land van die ANC se wanbestuur – te bevry. Kiesers word byvoorbeeld versoek om in ‘n kwalik verskuilde foefie hul stemme vir ‘n opposisieparty te leen.

‘n Tweepartybedeling word gewoonlik aan die hand van die Amerikaanse voorbeeld verduidelik – en daarin lê juis die knoop.

In die eerste plek is die VSA nie werklik ‘n tweepartystaat nie, hoewel dit op federale vlak de facto so ontwikkel het. Hoe laer die vlak van demokrasie – uiteindelik by counties, die verkiesing van sheriffs en skoolbeheerliggame – hoe geringer word die rol van die twee groot partye.

‘n Baie groot verskil tussen Suid-Afika en die VSA is dat verkose verteenwoordigers hier bykans altyd aan hul party-koukus gebind word, terwyl dit veel minder die geval in die VSA is. Die Amerikaanse weergawe van veelparty-regering speel hom dus grootliks af in belangegroepe en lobbies. Daar word ook talle koukusse oor partygrense gevorm, wat na spesifieke belange omsien, soos die Armeense koukus, die swart koukus wat in die tyd van Jesse Jackson en Martin Luther King op hul hoogtepunte baie aktief was, en vele meer.

Die drukgroep, die Christian Coalition of America, is ‘n goeie voorbeeld. Dié drukgroep het sy eie beleid wat nie te onderskei is van die beleid van ‘n Christen-demokratiese party elders ter wêreld nie. Hoewel dit 4 miljoen opbetaalde, ingeskrewe lede het, het dit egter nie ‘n enkele verteenwoordiger wat onder dié organisasie se vaandel verkies is nie. Dit steun gewoon die kandidatuur van politici wat sy beginsels en beleid onderskryf. Hoewel dit in die verlede ook in die praktyk gewoonlik kandidate van die Republikeinse Party was, het dié regstreekse steun onlangs eers meer regstreeks geword.

‘n Kandidaat wat pro-aborsie is, ongeag Republikein of Demokraat, kan maar steun uit daardie geledere op sy maag skryf.

Suid-Afrikaners het onlangs ook gesien hoe die opkoms van die drukgroep, die Tea Party, die politiek in die VSA na die Republikeinse Party kon swaai. Gesoute Demokrate in liberale kiesafdelings in die Ooste van die VSA het in die slag gebly voor die aanslag.

Deelstaat op deelstaat het federale wetgewing oor gay huwelike in die slag laat bly.

Daar is ‘n belangrike rede hoekom so ‘n stelsel Suid-Afrika nie oorweeg kan word nie – in elk geval nie voor korrupsie en veral korrupsie onder verkose politici nie behoorlik nek omgedraai is nie. Selfs die VSA moet deurlopend die maatreëls en toesig verskerp maar tog is daar kort-kort berigte oor ten volle betaalde uitstappies op hierdie of daardie maatskappy se koste na ‘n Skotse gholflandgoed, om maar een voorbeeld te noem.

In ‘n diverse land soos Suid-Afrika sou die twee partye ook ideologies wyer van mekaar moet staan as wat die ANC en die DA van mekaar staan, wat beide die Vryheidsmanifes onderskryf. Om hierdie twee partye as enigste kiesopsies te stel sou beteken dat baie kiesers wat sterk oor nis-aangeleenthede soos selfbeskikking of Christenskap of beide voel in effek ontkieser word.

Dit beteken dat demokrasie baie maklik ongesiens in ‘n minderheidsbewind kan ontwikkel, waar ‘n meerderheid ontkieser is. Die wêreldwye – met die uitsondering tot dusver van Suid-Afrika – na konserwatiewer beleidsopsies toon dat partye wat soortgelyke beleidsrigtings aanvaar soos die ANC en die DA, kort voor lank ‘n minderheid kiesers kan verteenwoordig.

‘n Hebridestelsel is wel volop waar ‘n party ‘n sekere drempel van steun, byvoorbeeld 7 %, moet behaal voor dit verteenwoordiging in ‘n parlement of ander wetgewende liggaam kan verkry. So ‘n stelsel, soos in Nieu-Seeland, word weer aangevul met ‘n stelsel van gereserveerde setels vir ‘n minderheid, soos die Maori’s, en ‘n Maori-kongres.

как построить саунуалександр лобановский класс

Onthou 20 Mei 1983

Op 20 Mei 1983 om ongeveer twintig oor vier die middag het die Kerkstraatbom in die  Pretoriase middestad ontplof.

Die ANC het hiervoor verantwoordelikheid aanvaar.

Ten tye dien Eugene de Kock ‘n 212-jaarvonnis uit omrede hy die organiseerders en medewerkers van sulke dade uitgesnuffel het en onskadelik gemaak het. Hy het dit gedoen vir ons veiligheid en per
instruksie van sy meerderes.

Ek versoek elke organisasie en induwidue om te oorweeg om op die aand van die 20ste Mei in klein groepies te vergader op verskillende plekke en volksliedere te sing.

Die sing van volksliedere het verskeie gevolge

  1. Dit intimideer die vyande van ons volk;
  2. dit inspireer nie-deelnemende volksgenote om betrokke te raak by volksaksies;
  3. dit is lekker om volksliedere in groepe te sing.

Dit is heeltemal wettig om groepe onder 14 persone byeen te hê. Sou u ‘n groep groter as 14 persone beoog, sal u dit met die plaaslike owerheid en polisie bespreek en die nodige toestemmings kry.

Ek versoek dat niemand deelneem hieraan as ‘n spesifieke groep nie, maar as ‘n burger wat nie te vinde is vir terrorisbendes wat tans aan bewind van die land is nie. Deur dit te doen sal u te kenne gee
dat daar ‘n gevoel onder die volk is wat weerstand wil bied teen die huidige situasie, hetsy dit bloot miskenning is van ons volk se bestaan, diskriminerende wetgewing, polisiegeweld of enige van
die tientalle redes hoekom dit nodig is om weerstand te toon.

Op hierdie wyse kan elke wetsgehoorsame man ook deelneem aan die stryd tot ‘n volk se ontwaking. Deur nie namens spesifieke organisasies deel te neem nie versterk die gevoel dat ons tog kan saamwerk.

Teikentyd:           20:00 op 20 Mei 2011
Teikengebied:    u eie omgewing

Maak publisiteit hiervoor per e-pos, sosiale netwerke en onder vriende, sodat hierdie aksie wye ondersteuning geniet. Daar is geen sentrale reelings komitee of enige georganiseerde struktuur nie; ek rig hierdie versoek in my eie hoedanigheid as Boer en as Afrikaner.

Ek hoop u geniet die organisering hiervan, oud en jonk kan deelneem en daarvan ‘n lekker geleentheid maak, neem foto’s en stuur dit aan plaaslike koerante, met u eie persoonlike storie van hoekom die volk
besig is om te ontwaak!casino bonusФильчаков прокурор отзывы

Die misbruik van godsdiens vir politiek

Die ANC se Vryheidsmanifes, beter bekend as die Freedom Charter, het met die huidige verkiesing selfs nog meer aktueel geword as met vorige verkiesings.

Nie alleen word gou na die manifes gegryp as beleid skynbaar ongrondwetlik is nie – iets wat al verskeie kere op hofsake uitgeloop het waar die grondwet gehandhaaf is, maar ook omdat die DA ook nou aangedui dat dit die manifes onderskryf.

Intussen het die minister van Energie, Dipuo Peters, die manifes gebruik om die omstrede kwessie oor die ANC se gebruik van die Christelike geloof om verkiesingspropaganda te maak, ‘n stappie verder gevoer deur die manifes te vergelyk met beginsels wat in die Bybel gestel word.

Reeds in sy tweede punt maak die manifes melding dat die mense van hul geboortereg op grond beroof is. Grondonteiening word later in die vooruitsig gestel, en so ook die nasionalisering van mineraleregte, myne en die banke. Die nuwe grondeienaars sal van alles voorsien word wat nodig is om voedselsekuriteit te verseker.

Die manifes bevat ook mooi ideale, maar dit is nogal opvallend dat dit juis daardie ideale is wat in die teenoorgestelde realiseer, soos die verskillende gemeenskappe se reg op gelyke taalberegtiging. Trouens, Pansat het vroeg in sy bestaan die regering self as die grootste oortreder van die grondwet se taalbepalings verskaf.

Dit is ‘n teologiese vraag of ‘n dokument wat uitsluitlik humanisties opgestel is in ‘n tyd, 1955, toe die SAKP die ANC sterk begin oorheers het, enigsins met die Bybel vergelyk kan word.

Die Christen-Demokratiese Party het al by verskeie geleenthede daarop gewys dat die ANC in die aanloop tot die verkiesingsveldtog en die veldtog self, waar herhaaldelik op ‘n spesiale status voor God aanspraak gemaak is, nog nie een keer beloof het om enige van die wette wat strydig met die Bybel is, te herroep nie. Daar is verskeie, soos die aborsiewetgewing wat as van die mees liberale in die wêreld beskou word, die wetgewing oor staatslotery, die beskikbaarheid van pornografie en ander. Van die ouer Suid-Afrikaners sal onthou hoeveel druk die kerke op die vorige regering uitgeoefen het om die bonusobligasies te onttrek, al het die houers daarvan hul geld met rente belê. Dit is veroordeel oor die element van die geluksgodin om bonusse te verdien. Dit is moeilik om die skade aan en lyding van gesinne te meet wat hul broodgeld in Lotto-spelery kwyt is.

So opsigtelik span die ANC die Here as verkiesingsfoefie in, dat al die noemenswaardige kerke dit al veroordeel het. Dit sluit die susterkerke, die APK, die AGS en vele meer in. Die VGK het selfs so ver gegaan om sy lidmate af te raai om vir die ANC te stem, terwyl die NG Kerk sy vermanings onlangs opgevolg het met ‘n vermaning dat ook hierdie kerk sy lidmate kan afraai om ANC te stem. Sedertdien is minstens twee gevalle gerapporteer waaruit dit blyk dat die ANC hom nie hieraan steur nie.

Die standpunt van die Christen-demokrasie is duidelik: Die Here is niemand se verkiesingsfoefie nie – die Christen is God se werktuig.

casino gamesФильчаков прокурор