SA se lae-intensiteitsoorlog teen homself

Tans beleef hierdie plek (L.W. nie land nie) 'n lae-intensiteitsoorlog teen homself.

Dit is eintlik nie die moeite werd om meer hier te woon nie aangesien ons in ons eie tronke woon. Weg is die dae van teaters, museums, parke, ens. besoek.

Die regering is ongehoorsaam en ignoreer pleidooie van sy burgers.

Ek stel voor ons bly almal Dinsdae en Donderdae by die huis om ons mense en eiedom op te pas. Sonder opoffering gaan hierdie probleem nie opgelos word nie.

By die werksplek sal die leuse wees: " Fire one fire all."

Ross
Noord-Kaap

бурение артезианской скважиныФильчаков прокурор отзывы

Misdaad: wat is die oplossing?

Suid-Afrika word tans geteister deur die ergste geweld sedert 1900 toe die Britse leër voor die voet plase, dorpe en kerke afgebrand het. Hulle noem dit "misdaad". Maar wat is die oplossing? Lug u mening in ‘n brief aan briewe@praag.org of klik op die "Briewe"-knoppie hier links om bydraes wat tot dusver ontvang is, te lees.

дизайн баниtopcargo кидалы

Hoe voel Anton Goosen nou?

ImageDie Afrikaanse sanger, Anton Goosen, is beroof naby die Hartebeespoortdam. Saam met Gerrie Germishuis, verteenwoordig hy die soveelste bekende persoonlikheid wat onlangs onder geweldsmisdaad moes deurloop.
‘n Aantal jare gelede het hy en Lukas Maree ‘n liedjie geskryf vir hul groep Die Kommissie van Ondersoek met die titel "Die Winde van Verandering". Hier volg die lirieke:

Moenie omkyk nie, moenie terugkyk nie
Moenie bang wees nie, daars nie soutpilare nie
Dis net die wind, die wind, die wind my kind
Dis net die winde van verandering wat waai

Die winde het natuurlik verwys na Harold McMillan se "winds of change" wat deur Afrika gewaai het.

Ek wonder of Goosen vandag, n.a.v. die aanval, terugdink aan die "Moenie bang wees nie" hierbo en homself afvra of daar tog rede was om bang te wees vir ‘n swart regering. Kan dit wees dat Pandora se doos wel oopgemaak is in 1994, dat die swart (in die sin van onheilspellende) winde van verandering nie gaan ophou waai totdat daar net anargie maar nie een blanke met besittings oorbly nie?

Kyk nou maar gerus vandag na die "kunstige" poefters en paaiers van die briewekolom op Litnet, hoe daar in ‘n gesamentlike uitbarsting van histerie klere geskeur word en as op die hoof gestrooi word. Kyk ook hoe niemand daar die probleem op sy naam noem nie, iets wat so akkuraat en op die man af gestel was in die HNP se plakkate met die vorige verkiesing: Swart regering = mislukking.

{mos_mb_discuss:13}

эжекторные насосные станцииДанильченко Харьков

Bogaardse: Waar is mev. Suzman nou?

Die nuus dat ‘n boere-egpaar van Nylstroom, Jaco en Bess Bogaards, tans sonder verhoor op Warmbad aangehou word, is op sy minste kommerwekkend. Die Bogaardse word beskuldig van “hoogverraad, terrorisme en dat hulle glo hulp verleen het aan voortvlugtige verdagtes.”

Klink dit dalk bekend? Hulle mag ook nie besoek by hul selle ontvang nie. Dit gaan hier nie om hulp aan gemeenregtelike verdagtes soos Tony Yengeni of Robert McBride wat as’t ware amptelik verleen word nie, maar om bystand aan politieke beskuldigdes wat tydens die sogenaamde Boeremagverhoor vanuit die Paleis van Justisie ontsnap het.

Toe die NP finaal in 1994 oorgegee het en die nuwe “demokratiese” grondwet aanvaar is, is ons belowe dat niemand ooit weer sonder verhoor aangehou sal word op vae klagtes van sedisie nie of bloot om ideologiese redes nie.

Trouens, in die tydvak vóór 1994 was daar ‘n hele bedryf van menseregte-aktivisme wat met oorsese geld aan die gang gehou is sodat enigiemand wat met ‘n kattebak vol AK-47’s gevang is die beste en duurste advokate in Johannesburg kon bekostig. Vanuit die parlement het mev. Helen Suzman en ander liberale luidkeels beswaar gemaak en dit gereeld bekla dat die regstaat en menseregte in die naam van staatsveiligheid vertrap word. Linkse akademici het Suid-Afrika gereeld as ‘n “polisiestaat” uitgekryt.

In die Bogaards-geval is presies dieselfde nou besig om te gebeur. Behalwe dat die Bogaardse nie met enige plofstof of onwettige wapens in hul besit betrap is nie, maar met – luidens berigte – ‘n motorfiets en ‘n tent. Indien die besit van ‘n motorfiets en ‘n tent genoeg is om van hoogverraad en terrorisme aangekla te word, dan is u en ek en ons almal potensieel skuldig.

Die Zimbabwifisering van Suid-Afrika is moontlik al heelwat verder gevorder as wat ons dink. Dat die ANC-staat vinnig besig is om by die glybaan van totalitarisme af te daal, soortgelyk aan soveel ander state benede die Sahara, is gewis. Nie net verskaf geweldsmisdaad ‘n dekmantel vir staatsterreur teen politieke dissidente nie (moord is so alledaags, wie sal nou agterkom as ‘n paar mense om politieke redes omgebring word?), maar enige lid van die opposisie kan van hoogverraad en terreur beskuldig word.

Die dawerende stilte wat rondom die Bogaards-geval in linkse en liberale geledere heers, toon net weer aan ons hoe skynheilig die menseregtekritiek op die vorige bewind was. Soos die politieke ontleder Raymond Aron reeds in die vyftigerjare aangetoon het: solank menseregtevergrype deur Links gepleeg word, is hulle aanvaarbaar.

online casino games to play for freeпрокурор харьковской области

Ope brief aan Mbeki oor ‘Tshwane’

Pres. Thabo Mbeki,
Uniegebou
Pretoria

Meneer

Ons skryf hierdie brief namens 87 000 (en wat daagliks toeneem) ontstoke TV-kykers wat ons veldtog Pretoria bly Pretoria steun teen die onetiese, onredelike, kwaadwillige indien nie korrupte optrede deur die nuusskrywers wat aanhoudend praat van TSHWANE in hulle nuusberigte, in plaas van PRETORIA.

Daar is baie voorbeelde van hierdie wangedrag, maar ek wil graag die nuusberig op SABC2 van Woensdag 1 November 2006 waar berig is oor mnr PW Botha se afsterwe, onder u aandag bring. In hierdie berig is gesê dat mnr Botha nie ‘n staatbegrafnis verlang nie en dat hy ook nie in die Heldeakker in TSHWANE begrawe wil word nie. Die feit is dat die Heldeakker in PRETORIA is. Botha sou nooit die naam Tshwane gebruik het nie, bloot omdat Tshwane nie bestaan nie.

Waarom is die ANC en die SABC so gretig om ons kultuurerfenis te vernietig deur die name uit te wis van Afrikaners wat hierdie land ontwikkel het met hulle vaardighede, kennis, ywer, deursettingsvermoë en vernuf? Dit kan sekerlik nie bydrae tot rekonsiliasie of nasiebou nie. So, waarmee is u en u kaders besig?

Die Amerikaanse politieke kommentator, eerwaarde Robert Slimp het in die Edgefield Advertiser van 30 Mei 1990 geskryf: “The ANC has ‘n hidden agenda. This is the complete destruction of the Afrikaner race, language, culture and even religion…. From 1960 the Communist radio transmissions beamed at South Africa… continuously emphasized that the Boer government and their racist Afrikaans language are the suppressors of the black majority and must be destroyed”.

Daar is min rede om te dink dat hierdie opvattings en oogmerke nie steeds bestaan in die kringe waaruit slagspreuke soos “Kill a Boer, kill a farmer”, One Settler, one bullet” en “Bring my masjiengeweer” alla Zuma gebore word nie.

Die meeste Pretorianers wil hê dat Pretoria Pretoria moet bly. Pretoria was in 1855 deur MW Pretorius op die plase Elandspoort en Koedoespoort gestig. Hierdie plase het hy spesiaal aangekoop vir die doel. Vanjaar vier ons die 151ste verjaardag van hierdie internasionaal erkende stad, Pretoria.

Pretoria is vernoem na een van die Afrikaners se grootste helde, naamlik die Voortrekkerleier Andries Pretorius. Hy het die ontwikkeling na die Binneland gered deur Dingaan se magte by Bloedrivier te verslaan. U sal onthou dat die trek op ‘n mespunt was na die verraderlike dood van Piet Retief en Piet Uys en die afsterwe van Gerrit Maritz, en die aanvalle van Dingaan se impi’s op die trekkers by Blaauwkrans, Weenen en Moordspruit. Baie trekkers het dit oorweeg om terug te gaan na die Kaapkolonie. Was dit nie vir ‘n Andries Pretorius wat op daardie tydstip op die toneel verskyn het nie, sou die ontwikkeling na die binneland met minstens vyftig jaar vertraag gewees het.

Volgens navorsing deur prof Louis Louwrens van Unisa is daar geen bewyse van die bestaan van ‘n swart kaptein Tshwane nie, en berus die hele basis van die Tshwane Metro Munisipale Raad se redenasie op hoorsê. Volgens prof Louwrens wat ‘n kenner van swart tale is, is Tshwane die naam van ‘n swart koei. Maar nie enige swart koei nie. Dit is ‘n koei wat gebruik was in reënmaakseremonies. Die toordokter het sy muti op die koei gesmeer en oral waar die koei geloop en mis het, sou dit vrugbaar wees en reën. U sal dus besef dat hierdie naam vir ons as Christene onaanvaarbaar is.

Wat die SABC aanbetref het, ons reeds briewe aan mnr Snuki Zikala, die SABC nuushoof en mnr Dali Mpofu, hoof uitvoerende beampte van die SABC, geskryf om ons misnoë te kenne te gee. Dit val op dowe ore.

Dit is onbetaamlik om belastingbetalersgeld of die openbare uitsaaier te gebruik in u ooglopende breinspoeling en kondisionering vir slinkse politieke redes.

Die handtekeninge wat ons versamel is nie om u te probeer beindruk of te oortuig van ons saak nie. Dit is ‘n streep wat ons getrek het en elkeen wat dit geteken het betuig daarmee sy verset teen u knoeiery en magsmisbruik.

U moet asseblief hiermee kennis neem dat u te doen sal kry met die nageslag van Bloedrivier.

ВагонкаФільчаков прокурор