Zuma kondig geskommelde kabinet aan

President Jacob Zuma het Sondag by die presidensiële gastehuis in Pretoria aangekondig dat hy tien nasionale ministers gaan vervang in ‘n kabinetskommeling.

“Ons het lank en deurdringend na sommige van die departemente gekyk, met die oogmerk om van die ministeries te ondersteun. Ons het besluit van die departemente het bykomende adjunkministers nodig om hulle te verbeter,” het Zuma gesê.

“Ons moes die manier waarop die regering werk verander sodat ons dienslewering kan verbeter. Ons doelwit is om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter.”

– Die minister van kommunikasie, Siphiwe Nyanda, is deur Roy Padayachie vervang. Sy adjunk sal Obed Bapele wees.

– Die minister van openbare werke, Geoff Doidge, is deur Gwen Mahlangu-Nkabinde vervang.

– Die minister van vroue, kinders en gestremdes, Noluthando Mayende-Sibiya, is deur Lulu Xingwana vervang.

– Die minister van arbeid, Membathisi Mdladlana, is deur Mildren Oliphent vervang.

– Die minister van waterwese en omgewingsake, Buyelwa Sonjica, is deur Edna Molewa vervang.

– Die minister van die staatsdiens en administrasie, Richard Baloyi, is deur Ayanda Dlodlo vervang.

– Die minister van openbare ondernemings, Barbara Hogan, is deur Malusi Gigaba vervang. Sy adjunk sal Benedict Martin wees.

– Die minister van sport en ontspanning, Makhenkesi Stofile, is deur Fikile Mbalula vervang.

– Die minister van kuns en kultuur, Lulu Xingwana, is deur Paul Mashatile vervang.

– Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Edna Molewa, is deur Bathabile Dlamini vervang.

верхняя одежда для мальчиковтопкарго кидалы

Dokter in hospitaal verkrag

‘n Swart man en ‘n seun wat na bewering ‘n vroulike dokter in ‘n hospitaal in Bloemfontein aangerand en verkrag het, is Saterdag in hegtenis geneem, het die polisie in die Vrystaat gesê.

Die 16-jarige seun, sy 24-jarige makker en nóg ‘n man het na bewering die dokter Saterdag in die vroeë oggendure by die Pelonomi-hospitaal oorweldig.

Een van die mans het die 35-jarige dokter met ‘n baksteen oor die kop geslaan. Hulle het haar toe in ‘n saal, wat opgeknap word, verkrag.

Die groep het gevlug, maar die polisie het hulle in hegtenis geneem nadat leidrade opgevolg is.

Hulle sal Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

куплю свитер на мальчика берегите белыхданильченко юрій броніславович компромат

Hoërskool Parys in rasseoorlog

Die webblad van die Afrikanervolksparty berig dat die Hoërskool Parys in die Vrystaat in ‘n “rasseoorlog” gewikkel is. Tydens die skoolpouse gisteroggend het 50 leerlinge handgemeen geraak in ‘n rassevoorval. Hier volg die volledige berig:

Hoërskool Parys het gister en vandag net die puntjie van die ysberg gesien toe rassekonflik tussen leerlinge tot uitbarsting gekom het. ‘n AVP-verteenwoordiger het vandag in ‘n onderhoud met van die leerlinge en ouers van die skool bevestig dat hierdie skool ‘n vulkaan is wat reeds so bietjie-vir-bietjie rooiwarm lawa bo uitspuug en dat dit net die begin is.

Nagenoeg 50 leerlinge van die skool het mekaar vanoggend tydens die skoolpouse bygedam nadat rassespanning vanaf gister hoogty vier op die skoolgronde. Hierdie uitbarsting het volgens een Blanke leerling met wie ons gesels het ‘n baie lang aanloop en bevestig weer dat daar nie so iets soos vredevolle rasse-integrasie bestaan nie.

Angsbevange onderwysers en ‘n paar leerlinge kon net hulpeloos toekyk toe die rassespanning tot uitbarsting kom en Swart en Blanke leerlinge mekaar vandag met mening gepak het. Van die Swartes het met skêrre op die terugvegtende Blankes toegesak. Sommige leerlinge het die voorval as ‘n oorlog tussen Swart en Blank beskryf, wat dit inderdaad ook was en nie heeltemal ten einde sal kom na nuwe dreigemente vir more nie.

Een leerling het aan ons verteenwoordiger gesê dat die hitte van die stryd reeds gister begin het toe vyf Swart leerlinge een Wit seun op die skoolterrein bespring en probeer aanrand het.

Net daarna het ‘n soortgelyke geval buite die terrein plaasgevind toe Swartes (nogal almal van die vroulike geslag) ‘n dreigende kring rondom ‘n ander Blanke gr 8 seun gevorm het, dít nadat hulle eers genoeg skêrre onder mekaar uitgeruil het.

Die arrogansie van die Swart leerlinge gaan glo alle verstand te bowe, dit het die onderwysers ook beleef. Een onderwyseres het dit gewaag om ‘n Swart leerling wat in die klas aanmekaar met sy selfoon besig was, te gebied om dit aan haar te oorhandig waarop hy botweg geweier en selfs ‘n dreigende houding ingeneem het. Sy moes maar die aftog blaas.

Vanoggend se oorlog tydens pouse het begin toe vyf Swartes ‘n derde Blanke seun en weer onbetrokke by die vorige voorvalle, dreigend omkring het waarop sy maats hom te hulp gesnel het. Soos dit met die Swart nasie gaan was daar in ‘n ommesientjie honderde Swartes rondom hierdie geveg wat lustig ingeklim het waarop die meerderheid Blanke seuns in die skool toe besluit het om ook te gaan help. Volgens een graad 10 leerling is daar ongeveer 500 leerlinge in die skool waarvan Swart ‘n baie groot deel uitmaak, en het dit gelyk asof amper die hele skool in die geveg betrokke was.

Hoe die spul uitmekaargemaak is, is nie heeltemal duidelik nie maar die dreigemente van die Swartes dat hulle ná skool vir die Wit kinders buite die skoolterrein sou wag het gemaak dat onderwysers en ook die hoof self by die skooluitgang tydens huistoegaantyd waggestaan het om te probeer voorkom dat geweld nie weer uitbars nie.

‘n Swart seun wat vroeër vandag ook van die Blanke meisies aangerand het sal glo more verhoor word. Volgens die meisies behoort hy onmiddellik geskors te word maar of geregtigheid sal seëvier is ‘n ander saak.

Een van die meisies het aan die AVP-verteenwoordiger gesê dat hulle ernstig bekommerd is oor more en al die dae hierna omdat hierdie spanning oor ‘n baie lang tyd opgebou het en nie sommer sal gaan lê nie.

влагостойкий светодиодный светильниктопкарго развод

Die trop olifante in die hoek

Daar is ‘n paar dinge waarmee die inwoners van die landstreek Suid-Afrika kampioene is. Ek kan diegene wat per ongeluk die geografiese gebied Suid-Afrika deel, nie Suid-Afrikaners noem nie, siende hoe die ANC by monde van Butana Khompela en sy LP’s dit duidelik maak dat daar geen Suid-Afrikaanse volk bestaan nie. Daar is vir die ANC, en sekerlik dan die 90% van die swart bevolking wat vir hom stem, die ware Jakob, die “African Africans”, en dan die res; die wittes, gekleurdes en Indiërs. Waar ek dus na inwoners verwys, dui dit op diegene wat deur ongelukke van die geskiedenis suid van breedtegraad 22 suid in Afrika saamgeflans is.

Van die dinge waarin die inwoners van dié landstreek kampioene is, sluit in stakings, klipgooiery, brandstigting, die verspreiding van vigs, drankmisbruik, korrupsie, plundery, selfverryking en al daardie dinge waarvan ons daagliks in die koerant lees. Nog ‘n ding waarmee die inwoners egter van internasionale gehalte is, is om die trop olifante in die hoek van die kamer te ignoreer, en om as gevolg hiervan totaal onvanpaste oplossings vir heeltemal die verkeerde en dikwels denkbeeldige probleme te probeer bedink.

Die energie wat op die histeriese heksejag gemik teen denkbeeldige blanke rassisme verkwis word, is ‘n uitstekende voorbeeld hiervan.  Die land het ‘n geweldige misdaadprobleem. Moord, verkragtings en roof is so alledaags dat bykans niks ons meer kan skok nie. Nietemin word daar op heeltemal die verkeerde ding in terme van wetstoepassing gefokus. Geweldige hoeveelhede bronne is verkwis om die Reitzhuis-studente te vervolg, mense wie se optrede niemand seergemaak het nie, en wie se sogenaamde misdaad volkome slagofferloos was. Was die Reitz-studente egter van ‘n ander velkleur, en het hulle ‘n motor vol blankes met pangas en tuinvurke gemartel en toe uitgewis, nádat die hele bende ‘n baba in die motor verkrag het, was daar nie eens ‘n fraksie van die publisiteit of energie verspil om hulle te probeer vervolg nie.

Die ware olifant in die hoek – die ongelooflik hoë misdaadkoers – word dus geïgnoreer en daar word eerder naarstigtelik na oplossings vir denkbeeldige probleme – onder andere blanke rassisme – gesoek.

So ook bestaan daar grootskeepse ontkenning oor die trop olifante wat op ekonomiese gebied in die hoek rondmaal. Die ANC regime wil links en regs nasionaliseer, sosialiseer en die belastingmelkkoeie tot die maksimum plunder om SEB-begunstigde “African Africans” tot die maksimum te verryk. Almal verknies hulle in die proses oor hoe die vyf miljoen persoonlike belastingbetalers ooit veertien miljoen welsyn-parasiete sal kan onderhou. (Die antwoord is natuurlik dat dit onmoontlik is op die lange duur.) Gekoppel hieraan is die feit dat niemand weet wat om aan die 40% werkloosheidssyfer te maak nie.

Selfs die blanke ekonome soos mnr Mike Schussler wat dikwels op bostaande onmoontlikheid wys, ignoreer egter die trop olifante in die hoek, waarskynlik uit vrees dat ‘n storm van beskuldigings van rassisme op hulle sal neerdaal as hulle die kaalkop waarheid sou durf praat. Daardie trop olifante bestaan uit twee komponente: Eerstens die miljoen of meer onwettiges wat jaarliks oor die grense stroom. Snaaks hoe hulle so ‘n dringende behoefte het om  daardie denkbeeldige blanke rassisme eerstehands te kom beleef, terloops.

Die tweede komponent van die trop is die ongebreidelde voortplantingstempo onder sekere dele van die inwoners van die landstreek. Alhoewel vigs daarvoor gesorg het dat die oorhoofse bevolkingsaanwastempo heelwat gedaal het, is dit grootliks so omdat die gemiddelde lewensverwagting vir volwassenes dramaties gedaal het. Dit is met ander woorde ouer mense wat aan vigs sterf, maar nie vóórdat hulle twintig kinders by ses verskillende vrouens gaan verwek het nie, kinders wat self gaan werk soek voordat vigs hulle ook inhaal, of wat deur die belastingbetaler onderhou moet word as hul ouers aan vigs omkom. Dus: Alhoewel werkloosheid ‘n groot probleem is, word die ware onderliggende oorsaak, te veel kinders agv die gebrek aan seksuele selfbeheersing en ongebreidelde voortplanting, totaal en al oor die hoof gesien. Nie net word die ware probleem geïgnoreer nie, maar dra die swak oplossings vir die verkeerde probleem eintlik by tot die probleem. Kindertoelaes moedig ma’s aan om nog bekkies wat gevoer moet word, in die wêreld te bring, vir ‘n karige R200 per maand.

Omdat die inwoners egter te politiek-korrek is om die trop olifante in die hoek raak te sien nie, sal geen politieke party egter die enigste werkbare oplossings vir werkloosheid en armoede durf aan die hand doen nie. Die enigste langtermyn-oplossings is naamlik effektiewe grensbeheer en ‘n demper op ongebreidelde voortplanting.

Vergeet dus van brandstof en loodse vir die lugmag se wit-olifant Gripens. Stuur die weermag na die landsgrense om diegene wat so graag denkbeeldige blanke rassisme wil kom ervaar, by die grense om te keer en huistoe te jaag.  Stuur ‘n operasie van stapel om die 10 tot 15 miljoen onwettiges so spoedig as moontlik oorkant die Limpopo, waar hulle vandaan kom, te kry.

As die regime werklik ernstig was om werkloosheid en armoede hok te slaan, het hy ook aktief begin met maatreëls om die bevolking te beheer, sodat die grondliggende oorsaak van die probleem aangespreek kan word. Deel daarvan is om die verkeerde insentiewe wat maatskaplike toelaes veroorsaak, te verwyder. Maak die ontvangs van maatskaplike toelaes voorwaardelik daarop dat die ontvangers voorbehoedmiddel-inspuitings moet ontvang, of gesteriliseer moet word. Dit help immers nie die belastingbetaler befonds diegene wie se eie onverantwoordelikheid in terme van te veel kinders, tot verdere armoede lei nie.

Kontant-welsysnstoelaes word eweneens dikwels op drank verkwis, wat ook tot seksuele onverantwoordelikheid lei. Dit sou veel beter wees om eerder kosbewyse uit te deel, wat by ‘n supermark slegs vir stapelvoedsel soos brood en mieliemeel verruil kan word. Dit is moontlik om die bevolking te beheer, soos China ons gewys het, maar dit is te betwyfel of iemand in Suid-Afrika die visie of politieke moed het om die trop olifante raak te sien.

Hoe langer daardie trop olifante in die hoek egter moedswillig geïgnoreer word, en hoe langer die verkeerde oplossings vir probleme wat nie bestaan nie probeer word, hoe groter word die gevaar dat die olifante ons almal gaan doodtrap.

купить гидробактопкарго

Kopskuif sal Afrika voedsel-selfonderhoudend maak

“In 1960 het Afrika 8% bygedra tot die wêreld se landbouproduksie, vandag is dit slegs 2%. Berekende vennootskappe tussen regerings en die privaatsektor, universiteite, georganiseerde landbou en burgerlike organisasies is nodig om landbou weer winsgewend in Afrika te kry,” het dr. Pieter Mulder, Suid-Afrikaanse adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye in Lilongwe, Malawi gesê.

Dr. Mulder het gepraat by die konferensie van landbou-ministers van Afrika wat deur die Afrika Unie oor voedselsekerheid in Malawi aangebied word. Dr. Mulder lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die konferensie.

“Jaarliks voer Afrika $22 miljard se voedsel vanaf ander kontinente in. Met ‘n berekende kopskuif kan Afrika selfonderhoudend raak wat voedsel betref. Maar dan moet Afrika-leiers aanvaar dat landbou nie ‘n welsynsaktiwiteit van die staat is nie, maar ‘n sake-onderneming wat winsgewend moet wees,” het dr. Mulder bygevoeg.

Die konferensie is gereël na aanleiding van dr. Bingu Wa Mutharika, president van Malawi en voorsitter van die Afrika Unie se oproep dat “geen kind in Afrika oor vyf jaar honger bed toe moet gaan nie”. Dr. Mutharika het hierdie oproep Februarie vanjaar, tydens die veertiende sitting van Afrika-staatshoofde in Addis Abeba, gedoen.

Die ministerskonferensie in Malawi duur nog tot Saterdag.

поршневой масляный компрессорОлександр Фільчаков прокурор

Nuwe era met Henry Jeffreys New Age

Die nuus dat Henry Jeffreys, tot onlangs redakteur van Die Burger, die nuwe redakteur van die New Age gaan word, sal deur skeptici met valkoë dopgehou word.

Hoewel Jeffreys met sy aanstelling aangedui het dat die nuwe koerant “‘n unieke en onafhanklike geleentheid aan lesers van dagblaaie bied” sal min mense sy verwysing na die “onafhanklike” nou ernstig opneem.

Die eienaars van die New Age, die Gupta-familie, se bande met die ANC en pres. Jacob Zuma is gewoon te sterk. Boonop het die koerant ‘n eerste, en spesiale opgawe, gedruk met die bykans uitsluitlike doel om dit by die ANC se onlangse kongres in Durban te versprei.

Daardie uitgawe het saamgeval met ‘n waarskuwingsbrief oor persvryheid deur die internasionale persvryheidswaghond, Verslaggewers sonder Grense. Toe die ANC nie gehoor nie, het Suid-Afrika kort hierna vyf plekke op die internasionale persvryheidsindeks teruggesak, nadat die land vroeër reeds deur Freedom House tot land wat net gedeeltelik persvry is, geherklassifiseer is.

Om dan te midde hiervan ‘n knieval voor die ANC te doen, en boonop in verskeie opsigte die vlae van ‘n lyfblad te swaai, dui nie werklik op onafhanklikheid nie.

Wat, uit die persoon Jeffreys, kan uit die aanstelling afgelei word?

Jeffreys was redakteur van Beeld, en is maar is ‘n paar jaar gelede as redakteur van Die Burger herontplooi, waarheen hy deur minstens een kornuit gevolg is. By Die Burger het hy, en die adjunk-redakteur Zelda Jongbloed, egter in dieselfde koor begin sing, wat veral gemanifesteer het in dikwels hoogs omstrede rubrieke wat nie net in Die Burger nie, maar ook in van die ander susterkoerante geplaas is.

Skielik is beide saam weg, maar is as rubriekskrywers behou. Dié rubrieke het hul gebruiklike kwota omstredenheid behou.

Beide Jefferys en Jongbloed het geen geleentheid verpas om hul struggle-verlede aan die groot klok te hang nie. Veral Jongbloed het dikwels onsuksesvol die balanseertoertjie van transformasie onder die dekmantel van nie-rassigheid probeer in vee.

Jeffreys het ‘n ruk na sy onverwagse uittog by Die Burger ook nog as die voorsitter van Sanef aangebly. In hierdie hoedanigheid het hy gewoonlik die regte geluide gemaak.

In dié stadium is daar so ver bekend geen aanduiding dat Jongbloed of ander knievallers Jeffreys na die New Age gaan volg nie.

Dit sal interessant wees om nou te sien of Jeffreys en die New Age so sal saamspan dat die koerantwese in Suid-Afrika dieselfde kenmerke van polarisasie dra as dit wat peilings al hoe meer op die land se bevolkingsamestelling van toepassing maak.

Gaan die New Age bloot die naïewe erfenis van die struggle wat in die oë van sommiges erg ontspoor het, en in die oë van ander nooit eens op die spoor was nie, se lewe verleng, of gaan dit soos Malema en ander eis, by die koor van voortgesette revolusie inval?

Min waarnemers sal egter twyfel – die gevaar vergroot dat nog meer Suid-Afrikaners van die werklikhede vervreem gaan raak, en dat nog meer mense hul kruisies gaan trek sonder die vaagste benul van die inhoud van die sosiale kontrak wat hulle teken.

светильники купитьДанильченко Харьков

SA se verslag oor tronkmishandeling nog nie ingedien

Suid-Afrika se verslag oor sy verbintenis tot die beëindiging van marteling en ander vorme van mishandeling in polisieselle en korrektiewe instellings, is nog steeds nie afgehandel nie.

Suid-Afrika is een van die 82 lande wie se verslae laat ingedien is. Die land het die Verenigde Nasies se Konvensie teen marteling in 1998 onderteken, maar dit nog nie ingevolge die wet tot ‘n misdryf verklaar nie.

Suid-Afrika se aanvanklike verslag is vyf jaar ná die sperdatum in 2005 ingehandig. Die Komitee teen Marteling het gevolglik dringende terugvoering oor ‘n aantal kwessies aangevra.

Die sperdatum hiervoor was drie jaar gelede. Die land moes verder ‘n periodieke verslag aan die einde van 2009 inhandig, maar nie die terugvoering óf die verslag is ingedien nie.

для аккумулятораФильчаков прокурор отзывы

Aksieplan met China onderteken

‘n Landbou-ooreenkoms en gesamentlike Aksieplan is gister in Pretoria tussen die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Departement van Landbou van die Chinese Volksrepubliek onderteken.

Dit het gevolg na ‘n bilaterale gesprek gister tussen dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en mnr. Wei Chaoan, Senior Vise-Minister van die Chinese Departement van Landbou. Die twee ministers is bygestaan deur senior amptenare van hulle departemente.

Die ondertekening van die gesamentlike Aksieplan volg op samesprekings wat in Augustus in Beijing tussen me. Tina Joemat-Pettersson, Suid-Afrikaanse minister van Landbou, Bosbou en Visserye en haar Chinese ampsgenoot, minister Han Changfu, gehou is. ‘n Gesamentlike werkskomitee tussen die twee lande het na aanleiding van hierdie gesprek tussen die ministers die Aksieplan opgestel.

Die Aksieplan omskryf die verdere samewerking tussen Suid-Afrika en China ten opsigte van die vestiging van akwa-kultuur projekte in Suid-Afrika. Dit maak ook voorsiening vir die opbou van sekere skaars vaardighede in Suid-Afrika deur dit moontlik te maak vir Suid-Afrikaanse studente om onderwerpe soos akwa-kultuur in China nagraads en tot op doktorale vlak te kan studeer.

Omdat Suid-Afrika in die Suidelike- en China in die Noordelike halfrond val, verskil die landbouseisoene van die twee lande. Dit maak dat die beskikbaarheid van sekere landbouprodukte aanvullend en nie kompeterend tot mekaar is nie. In die gesprek tussen die twee adjunkministers is dit as moontlike prioriteit vir toekomstige onderhandelinge en ooreenkomste uitgelig.

Die Chinese vise-minister en sy afvaardiging word vanaand deur me. Tina Joemat-Pettersson, Suid-Afrikaanse minister van Landbou, Bosbou en Visserye, in Kaapstad onthaal.

куплю медицинскую справкуФильчаков прокурор отзывы

Ekonomie

Die sterkte van ‘n ekonomie word bepaal deur die norm wat daarvoor aangewend word. Met die VSA en Sjina wat nou kop aan kop trek wat die grootste ekonomie ter wêreld betref, is daar steeds geen ooreenkoms in die gemiddelde per capita inkomste nie. Die gemiddelde Amerikaner kan ‘n taamlike gemaklike lewe bekostig.

Dis net jammer van die VSA se hoë werkloosheidskoers.

Ekonome kap terug en wys daarop dat die werkloosheidskoers deels die werkloses se eie skuld is … mense is gewoon nie meer bereid om uit hul gevestigde omgewing te verhuis na die deelstate waar daar wel werksgeleenthede is nie.

Dis is uiteindelik ook die werkloosheidskoers wat Suid-Afrika se skynbaar sterk ekonomie in die bek geruk het. Boonop is daar nie oral eenstemmigheid oor wat die werkloosheidskoers is nie. Baie mense wat as motorwagte en los werkies die pot aan die kook probeer hou maar minder as die tipiese minimum-loon verdien, beskou hulself as werkloos.

Die ekonoom, Mike Schussler, wys daarop dat Suid-Afrika minder werk skep as tipiese konflikgebiede, en boonop dui syfers daarop dat Suid-Afrika in terme van Afrika Suid van die Sahara ook swak vaar.

Selfs al word die regering se werkskeppingsdoelwitte van vyf miljoen nuwe werksgeleenthede oor die volgende tien jaar bereik – gaan eintlik maar steeds die kreeftegang geboer word.

Voeg hierby die feit dat slegs ongeveer ‘n kwart van die geld wat nodig is om die land se padinfrstruktuur in stand te hou jaarliks begroot word, dan skets dit ‘n deeltjie van die probleem. Om die indiensnemingsteiken te behaal is ‘n geraamde groeikoers van 6 % oor die volgende dekade nodig.

Dit sny egter veel dieper. Ten eerste is daar ‘n onbekende getal onwettige immigrante in die land. Syfers van etlike miljoene word beraam.

Tweedens, is daar die kwessie van werksetiek. Dit hou verband met die gees wat die soustrein uitstraal – begunstigdes wat bitter baie vir bitter min werk verdien.

Suid-Afrika het ook die grootste meetbare inkomstegaping ter wêreld. Benewens dat dit tipies op politieke sosioloë se model van relatiewe deprivasie ‘n revolusionêre klimaat skep, dui navorsing ook ‘n regstreekse verwantskap met sosio-ekonomiese en maatskaplike probleme, soos meer drank- en dwelmmisbruik, meer egskeidings, meer misdaad en voller tronke.

Minister Pravin Gordhan se belangrikste boodskap tydens die mid-termyn-aansuiweringbegroting is egter dié dat daar geen ruimte vir korrupsie en leeglêery in poste is nie. Wat dit betref, is voorbeelde van daad by die woord genoem, maar sommer met die aankoopslag van Volksblad vanoggend skree ‘n voorblad-opskrif die boodskap van nog ‘n bedenklike mynreg wat toegeken is. Boonop het die nuus dat die Valke die ondersoek na die omstrede wapentransaksie gesluit het presies die teenoorgestelde boodskap uitgeskreeu.

Die werklike toets gaan nie net kom oor die invordering en omdraai van sente wat rande moet word nie, maar die inkoop aan ‘n stelsel van harde, etiese werk, doeltreffendheid en bekwaamheid.

Die land het verskeie agterstande wat ingehaal moet word. Hieronder tel die herstel van onderwysstandaarde, wat nou onder die swakstes in die wêreld gereken word. Bevolkingsaanwas vind tot ‘n groot mate plaas in daardie deel van die bevolking wat dit die minste kan bekostig, en ‘n enorme druk op die land se ekonomie plaas. Met die president wat self ongeveer 20 kinders het is dit ‘n boodskap wat baie moeilik verkoop kan word.

casino greeceФільчаков Олександр Васильович