DA baat by wegblystem, media-ondersteuning

Die Demokratiese Alliansie het gister by die wegblystem van swart kiesers gebaat, asook die media-ondersteuning van die groot mediagroepe wat voor die verkiesing intense blootstelling aan Helen Zille en haar span gegee het.

In hierdie vroeë stadium van die verklaarde verkiesingsdistrikte, het die ANC 55,7% behaal, die DA 31,7%, Cope 3% en die IVP 2%. Die enigste Afrikaanse party in die verkiesing, die VF Plus, het ongeveer 1% van stemme op hom verenig.

In die Wes-Kaap het die DA tot dusver 65% ven getelde stemme verwerf en blyk die party die duidelikste wenner te wees.

Volgens die hoofverkiesingsbemapte van die OVK, Pansy Tlakula, is die stempersentasie ongeveer 40%, teenoor die vorige plaaslike verkiesing se 48%. Hierdie syfer versluier egter plaaslike en rassepatrone, want in swart gebiede is ‘n laer deelname as in die blanke gebiede opgemerk. In die Johannesburgse stemdistrik Dainfern College in wyk 94 is ‘n ongehoorde 90% stempersentasie aangeteken in ‘n gebied wat oorwegend vir die DA gestem het. By vele verkiesingstoue in Gauteng waar voorheen gelyke hoeveelhede blanke en swart kiesers teenwoordig was, is oorwegend blanke kiesers opgemerk, wat die vermoede laat ontstaan dat die grootskaalse media-aandag aan die verkiesing blanke en ander minderheidskiesers in groot getalle laat opruk het, terwyl swart kiesers meer apaties gestaan het.

Voorspellings deur mnr. Jan-Jan Jou Joubert en ander kommentators van Naspers dat die VF Plus as party in hierdie verkiesing sou verwdyn, is nie bewaarheid nie. Om 4.30 vanoggend het die VF Plus 1,5 persent van die stemme in Gauteng op hom verenig, teenoor die DA se bykans 40 persent. Ook die VF Plus baat by die laer stempersentasie in swart gebiede en het dus sy persentasie van die totale stemme opgestoot.

Ander kleiner partye soos Cope, die IVP en ACDP het meesal steun ingeboet.

Die ANC het by monde van sy woordvoerder Fikile Mbalula verklaar dat die party nie deur die intense veldtog vooraf gesteur is nie. “Ons is nie bang nie, ons is eintlik tevrede dat die ander partye hul veldtog op hierdie wyse gevoer het. Dis in ons bloed, ons is gewoond daaraan, dis in ons DNS. Wat ons kan sê, is dat ons vol vertroue na ‘n oorweldigende oorwinning uitsien,” het Mbalula gesê.

бак вФильчаков Александр Васильевич

Iran help Venezuela militêr

Iran bou tans middelafstand-missiellanseerders op die Paraguaná Skiereiland, en ingenieurs van ‘n konstruksiefirma – Khatam al-Anbia – wat deur die Rewolusionêre Wagte besit word, het Paraguaná in Februarie besoek. Die Duitse koerant, Die Welt het dié inligting van “Westerse veiligheidsdienste” gelek.

Die vuurpylbasisse, wat sowel as kommando- en beheerstelsels insluit, is ontwerp om lugaanvalle teen Venezuela te stuit.

Die Iranse militêre betrokkenheid in die projek strek van bunker-, kaserne- en wagtoringkonstruksie. Silo’s van tot twintig-meter diep word vir die vuurpyle beplan.

Die koste van die militêre projek word glo betaal met olie-inkomste. Die Iraniërs word in kontant betaal vir die eerste fase van die projek en die totale koste sal na verwagting “dosyne miljoene” dollars, kos, volgens Die Welt.

Die Paraguaná Skiereiland is op die kus van Venezuela en is rofweg 120 kilometer van Amerika se belangrikste Suid-Amerikaanse vennoot, Columbia.

Volgens Welt, is die ooreenkoms tussen Venezuela en Iran geheim. Iran se vyande sal dus binne die bereik van Venezuela wees.

Intussen het die Duitse pers agentskap (DPA) Vrydag berig dat Duitsland nie sal teëstribbel teen die EIH-bank wat op die EU sanksielys geplaas is nie. Dié bank wat in Hamburg is, is een van die belangrikste instellings in Europa vir die finansiering van Iran se missiel- en kernverspreidingprogramme. Duitsland is skerp deur Amerikaanse, Franse, Britse en Israeliese amptenare gekritiseer nadat hulle geweier het om die EIH te sluit.

 

освещение в ландшафтном дизайнеДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Wag voor die mond en plaasaanvalle

Nou weet Suid-Afrikaners wat almal diep in hul harte reeds geweet het – die lied: “Skiet die Boere” ís haatspraak. Trouens, dit gaan verder – dit kom op aanhitsing tot moord neer.

Heel toevallig is gister berig oor nog drie plaasaanvalle die afgelope paar dae. Hoewel niemand dood is nie, is ‘n vrou van Joubertina deur die kop geskiet, en ‘n egpaar is so erg aangerand en verneder dat lewensverlies kon voorkom. Ook ‘n ander boer is erg aangerand. Die aanvalle het in twee uithoeke van die land voorgekom.

Hoewel gister se uitspraak – ‘n uitstekende stuk regswerk van sowat 80 getikte bladsye, nie regstreeks op die Julius Malema-haatspraakverhoor betrekking het nie, sal die regspanne in hul slotbetoë waarskynlik mildelik uit hierdie uitspraak en presedente put. Daar is verskeie ander klagtes oor dieselfde lied teen Malema aanhangig, onder meer verskeie deur die Afrikanerbond by die SA Menseregtekommissie wat skynbaar vir uitsprake wag voor hulle met hul ondersoek begin.

‘n Kern-belangrike aspek van die waarnemende regter se uitspraak is dat dit irrelevant is wat persoon wat die haatspraak uiter se bedoeling daarmee was, dit is hoe die aanhoorder of slagoffer dit vertolk. Dit is nie ‘n nuwe presedent nie, soos al geblyk het met uitsprake waar iemand aan die pen gery het omdat hy na swart mense verwys het deur die k-woord te gebruik. Of dit kwetsend bedoel is, was irrelevant, die feit dat swart mense daardeur gekwets voel is voldoende. Die woord is nou net as’t ware in die ander mond.

Die Hooggeregshofuitspraak kom twee dae voor die landswye munisipale verkiesing, maar of dit ‘n beduidende impak op die uitslag gaan hê is onseker.

Intussen dui die jongste peiling – dié van Ipsos-Markinor, daarop dat die ANC wel minder as 60 % van die stemme sal trek, met die DA wat ook swakker vaar as met vorige peilings, en waarskynlik nie 20 % sal haal nie.

Cope en die immer-krimpende IVP is die ander partye wat meer as 1 % van die stemme behoort te kry.

Die Vryheidsfront Plus sal waarskynlik nie met die peiling saamstem dat dit slegs 0,2 persent van die geregistreerde kiesersteun, en 0,1 in die algemeen geniet nie, en sal waarskynlik ook in die wyke waar meegeding word beter vaar. Trouens, onder die kleiner partye se steun kan kritiek op Ipsos-Markinor se peiling uitgespreek word, onder meer omdat ‘n alliansie wat nie aan die verkiesing deelneem nie, ook gemeet is. Een van die alliansievennote wat wel regionaal deelneem kan egter heelwat inspirasie uit die peiling put.

‘n Groot gevaar van ‘n peiling van hierdie aard is dat dit kiesers kan ontmoedig om vir die partye van hul eie oortuigings, of dan die naaste aan hul eie oortuigings te stem, en dat sommiges van die stembus kan wegbly, of teen hul eie beginsels in vir ‘n groter party gaan stem. So kan die munisipaliteite in die hande beland van partye wat nie werklik die steun van die bevolking het nie, en wat nie die belange en beginsels van die inwoners verteenwoordig nie. Later, op provinsiale en nasionale vlak kan die burgers vind hulle word regeer deur ‘n toeloop van omstandighede eerder as die produk van demokrasie. Die leemtes in die grondwet waar dit van internasionale reg en die verskansing van minderheidsregte afwyk, word ook tydens verkiesings die meeste aan die kaak gestel en daarna gevoel.

Demokrasie plaas ‘n groot verantwoordelikheid op die kiesers: In ‘n demokrasie kry die inwoners die regering wat hulle verdien, ongelukkig ook dié individue en groepe wat wél reg gestem het maar te min was. En op die regeerders wag net so ‘n groot verantwoordelikheid – hulle moet in algemene belang regeer – nie net die belang van diegene wat vir hulle gestem het nie, want waar ‘n regering in sektorale belang regeer, is dit gewoon ‘n diktatuur van die meerderheid.

стоимость ремонта квартиры за м2Фильчаков прокуратура харьков

Ope brief aan Frans Cronjé

Geagte Mnr. Cronjé,

Reaksie op u brief aan Steve Hofmeyr.

Ek ken u nie persoonlik nie, maar ek neem aan u is ‘n geleerde man. Om hierdie rede neem ek die vrymoedigheid om eers die hele saak te vereenvoudig voordat ons die konteks daarvan bespreek.

“‘n Populêre leiersfiguur van ‘n spesifieke kultuurgroep maak ‘n uitlating wat ‘n ander kultuurgroep beskou as neerhalend en rassisties in ‘n land waar ras verhoudinge ‘n knelpunt is.”

Ek dink u sal met my saamstem dat hierdie naastenby die situasie beskryf.

Ek nooi u nou uit om die name Julius Malema en Steve Hofmeyr in hierdie stelling om die beurt te gebruik. Ons sien dus dat beide hierdie persone hulle self moontlik kan skuldig maak aan presies dieselfde optrede. Ek is seker u het ook ‘n aanvallende brief aan Julius Malema geskryf in die publieke oog waar u dit duidelik gemaak het dat hy ‘n verleentheid en ‘n skande is en dat hy sy “groot gevolg gebruik om woede en haat te saai”. (Ek sal bly wees as u die brief aan ons kan beskikbaar maak, want ek kry dit nog nie in die hande nie)

Nou moet ons die konteks van die saak bespreek. Julius Malema het in die laaste paar maande 3 (drie) uitsprake gemaak wat my as wit man beledig en bekommer. Drie uitsprake wat direk implikasies inhou vir my manier van lewe.

Die eerste is die sing van “Kill the Boer”. U “kom dalk vanuit ‘n plaasomgewing” (wat dit ook al mag beteken), maar ek en my vrou en ons 2 seuntjies (2 jaar en 6 maande oud) is nog steeds op die plaas. Lewe u met die wete dat wat met klein Willemien Potgieter gebeur het kan ook met u kinders gebeur omdat die regering van die dag veg om ‘n uiters rassistiese term soos “Kill the Boer” te probeer regverdig? Wat sou u gevoel wees as Steve ‘n liedjie gesing het met die woorde “Kill the K….r” in? Dog sien ek nie die Instituut wat u verteenwoordig in die hof om hierdie saak aan te spreek nie? Dink u nie ‘n uitspraak waar mense se lewens letterlik bedreig word is dalk belangrik genoeg om op te reageer nie?

Tweedens maak Julius Malema die uitspraak dat alle wittes misdadigers is. Kan u vir my verduidelik hoe op aarde is hierdie nie ‘n uiters rassistiese uitlating en ‘n oortreding van die Grondwet nie? Ek het ook hier u brief misgelees in die media.

Derdens word die bedreiging van die onteiening van ons grond ‘n al groter wordende realiteit. Indien dit die geval is sal ek ook binnekort in my skrywes moet insluit dat ek “vanuit ‘n plaaslike omgewing kom…” voor hulle my grond onteien het. U dink nie uitsprake soos die beïnvloed die rasverhoudings nie? U dink nie die implikasies van so uitlating moet dalk genoem word nie?

Verder is u ook duidelik bewus van die mag wat Julius Malema het. Ek haal u skrywe aan van 14-04-2011 in Business Day:

It must come as no surprise, therefore, that the politics of the country will increasingly gravitate towards these numbers . Your readers must therefore be left in no doubt that Mr Malema and his youth league can achieve every political and economic policy aim that they have set for themselves.

Doelwitte soos “Kill the Boer”, “Wittes is misdadigers” en “onteiening van grond”? Tog wil u voorgee dat Malema se uitlatings nie so erg is in vergelyking van Steve se optrede nie?

Kom ons kyk na die konteks van Steve se lied.

Ek het sopas na die lied geluister en indien ons kyk na die woorde weerspieël dit die Afrikaner se geveg om ons kultuur te beskerm hier aan die Suidpunt van Afrika deur verskillende moeilike tye. Die “feite” in die lied kan dus nie bevraagteken word nie, slegs die gebruik van die enkele rassistiese aanhaling. Indien ons verder die konteks bestudeer sien ons dat Steve die liedjie as ‘n teenfoeter vir die gebruik van “Kill the Boer” daarstel. U besef dit dalk nie, maar ons Afrikaners (ek sluit hiermee dan die liberale Afrikaners uit na aanleiding van u skrywe) voel nog erger gemarginaliseer deur die sing van “Kill the Boer” as wat ‘n swart mens kan voel oor die gebruik van die woord k…r. Dit blyk egter uit u skrywe dat u nie alle kulture oor dieselfde kam skeer in Suid-Afrika nie en dat dit met u in orde is as een leier van een kultuur dit doen, maar nie as ‘n ander nie…

Hierdie subjektiwiteit laat ‘n mens wonder of die verslae wat die instituut waaraan u verbonde is, nie dalk ook op dieselfde wyse hanteer word nie. Ek is baie keer verbaas oor die statistieke wat deur die instituut voorgelê word, want dit verskil hewig met dit wat ons gewone mense ervaar…

Op ‘n meer praktiese noot blyk dit ook dat u oningelig was rakende die woorde van die liedjie want u skryf: “Ek verneem dat jy beplan om ‘n liedjie oor “k****rs” te sing”. Indien u nog nie bekend is met die lirieke nie, kan ek u inlig dat die term k….r net een keer voorkom en dat dit na ‘n geskiedkundige konteks verwys. U sinskonstruksie het egter self ‘n rassistiese ondertoon… Moes u nie dalk iets geskryf het in die lyn van “‘n lied met ‘n rassistiese term” of so iets nie? U skrywe laat dit voorkom of u na die kollektief verwys wat baie meer rassisties is as wat Steve se geskiedkundige konteks is. (Ek is seker u het dit nie so beplan nie, maar dalk kan u daarop let in die toekoms)

Persoonlik dink ek u het oorreageer op beperkte inligting, sowel as die feit dat u nie die konteks in ag geneem het nie.

Ek wil ook dan nou van die geleentheid gebruik maak om u brief meer direk aan te spreek:

Geagte mnr. Hofmeyr,

Ek verneem dat jy beplan om ‘n liedjie oor “k****rs” te sing as die regter in die Julius Malema-haat-spraakverhoor in die guns van mnr. Malema besluit.

Soos reeds geskryf het u nie die lirieke bestudeer nie, maar tog besluit om hierdie aggressiewe en beledigende brief te publiseer (ons hoop almal van harte dat hierdie nie die amptelike werkswyse van die Instituut is nie).

Jou dreigement is rassisties in die ergste tradisies van rassistiese nasionalisme en ondermyn die posisie van wit mense in Suid-Afrika.

U verwysing na “rassistiese nasionalisme” is ‘n blatante veralgemening. Indien u die konteks in ag neem is hierdie “rassistiese dreigemente” direk gelyk aan die “rassistiese dreigemente” wat Julius Malema maak. Die vraag op almal se lippe is hoekom mag Julius Malema dan hierdie uitsprake maak, maar ons nie? Is ons nie veronderstel om dieselfde regte en onder dieselfde wette te val nie? Hoekom word net die wit mense as “rassisties” uitgesonder terwyl ons wette het wat wit mense op die kleur van hulle vel van werk ontneem?

Jy is klaarblyklik onbewus van die feit dat wit mense ‘n baie bevoorregte en omstrede posisie in Suid-Afrika beklee.

Soos voorheen genoem is, het u subjektiewe houding teenoor die saak die Instituut se navorsing ook in gedrang gebring. Sluit u die 900 000 wit mense in plakkerskampe by hierdie getal in of maak ons of hulle nie bestaan nie? Ek neem ook aan dit sluit die sowat 800 000 blankes, wat nie meer kans gesien het vir die situasie in Suid-Afrika nie, ook uit? Ek gee u gelyk dat ons posisie omstrede is, maar definitief nie in die konteks wat u daarna verwys nie. Omstrede in die konteks van ongeveer 4000 plaasmoorde waar die aanvallers in ‘n verre meerderheid jong swart mans is en niemand braaf genoeg is om dit te erken nie.

Hul langtermyn-toekoms in die land hang af van in hoe ‘n mate hulle daardie posisie kan gebruik om ‘n meer stabiele, regverdige en voorspoedige samelewing te bevorder.

Wat interessant is van hierdie sin is dat u na die wit mense verwys as “hul”. U sluit u self dus nie in by hierdie groep nie. Ek neem aan dat u dus verwys na die “nie-liberale wittes”? Hier kry die “hulle” weer die skuld, wat die verantwoordelikheid is van die regering om ‘n stabiele, regverdige en voorspoedige samelewing te bevorder word nou “ons” verantwoordelikheid. Indien dit nie gebeur nie sal “julle- die liberale Afrikaner en die regering” sekerlik weer die “ons” daarvoor die skuld gee.

Jy, aan die ander kant, gebruik jou groot gevolg om woede en haat onder jong wit mense te saai.

Sou jy na die lirieke gaan luister is daar geen boodskap van geweld of woede nie, maar eerder ‘n lied wat die swaarkry van “ons” uitbeeld, die boodskap dat ons deur dit alles oorleef het en ‘n gebed ter sake. Hoe bevorder dit haat onder jong wit mense?

Dit is ongelooflik dat jy klaarblyklik nietemin glo dat hierdie gedrag die posisie van wit Suid-Afrikaners kan verbeter.

“Ons” posisie in Suid Afrika… Ons word vermoor op ons plase, gedreig met onteiening, ons kinders se opvoeding lei onder wanbestuur, ons kultuur lei onder wetgewing… Maar die oomblik as iemand opstaan om iets aan “ons” posisie te doen dan is dit mense soos u wat gal braak. Steve dreig niemand met geweld nie, hy vergestalt die frustrasie en woede van ons mense in ‘n lied… Ek is verbaas dat u, wat by ‘n instituut verbonde is om hierdie tipe gedrag te bestudeer nie kan insien wat hier gebeur nie. Weereens kan ons net hoop die instituut deel nie hierdie karakter eienskappe nie.

Die teenoorgestelde is waar.

As ‘n noemenswaardige aantal swart mense sou begin dink dat jy die sieninge van alle wit mense verteenwoordig, stel jy hul toekoms in hierdie land in gevaar.

Wat is hierdie siening? Dat “ons sal oorleef”? Gun u ons nie hierdie siening dat ons gaan oorleef nie? Stel die feit dat “ons sal oorleef” die toekoms van die land in gevaar?

Dit skeel jou blykbaar ook min dat Suid-Afrika se vreedsame transformasie sowel as die vergewensgesindheid van swart Suid-Afrikaners iets merkwaardigs was.

Met ander woorde- Ons moet dankie sê ons is nie almal vermoor nie, net 4000 van ons mense. Ons moet so dankbaar wees dat ons maar moet opgee op ons regte?

Sou jy die soort vernedering wat deur swart mense ervaar is so maklik kon vergewe as dit jou ouers en grootouers was?

U is duidelik nie bekend met “ons” geskiedenis nie. Ek daag u uit om ‘n vergelyking te tref met 26 000 vroue en kinders wat in kampe gesterf het terwyl hulle soos diere in hokke aangehou is en ons plase tot die grond afgebrand is…

Ek skryf nie hier oor die handjievol swart politieke leiers wat hul bevrydingstryd se sogenaamde verbintenis tot nie-rassigheid geskend het nie.

Ek skryf eerder oor die veel groter aantal gewone swart mense wat net soos soveel gewone wit mense hulle daartoe verbind het om saam ‘n beter Suid-Afrika te bou.

Die probleem is dat die mag in die hande van hierdie klein groepie is en dat hulle ons gewone wit mense se regte vertrap en sodoende die voorbeeld stel vir hulle volgelinge.

Dit is belangrik dat jy weet ek kom vanuit ‘n plaasomgewing, so ek weet presies wat “kill the boer” kan beteken en wat die implikasies daarvan kan wees.

Hierdie stelling is ‘n belediging aan elke Boer. Die feit dat u dalk uit ‘n plaasomgewing kom maak nie van u ‘n kenner oor die onrus en dreigende omstandighede wat ons elke dag moet beleef nie. U poging om ons vrese sommer af te maak as iets nietigs wat u toevallig kan ingooi in u skrywe om u punt kredietwaardig te maak is net so erg soos Julius se sing van die lied.

Maar ek sê vir jou, as jy dink dat ons rassisme met rassisme kan beveg, dan is jy net so ‘n groot gek as wat jy ‘n rassis is.

Dit is ironies dat u Steve dreig met die feit dat hy ‘n gek en ‘n rassis is as hy hierdie spesifieke roete wil volg… U doen presies dieselfde as wat Steve doen deur hom te dreig met ‘n etiket.

Dit is vir my ‘n verleentheid om te dink dat jy as ‘n leiersfiguur van enige aard in die wit en Afrikanergemeenskappe opgeduik het.

Is dit ook vir u ‘n verleentheid dat Julius Malema ‘n leiersfiguur is wat onder sekere wit mense ondersteun word? Hoe kan hy (Steve) vir u ‘n verleentheid wees as u uself in elk geval distansieer van “hulle”. Of Steve reg of verkeerd is, hy probeer ten minste iets doen om ons mense se situasie aan te spreek. As navorser moet u nie dalk let op die rede hoekom so baie mense hierdie aksie ondersteun nie? Indien Steve geen ondersteuning gehad het nie, sou u hom alleen kon blameer, maar die feit dat hy so geweldige ondersteuning kry moet tog sekerlik ‘n aanduiding wees van ‘n groter frustrasie onder ‘n groot groep mense, nie waar? Hy sien die ongeregtigheid raak en sit dit op die publieke platform. As mens so daaroor dink- Hy is besig om julle werk te doen, want julle kan duidelik nie ons frustrasie raaksien in julle navorsing nie.

Jy is ‘n verleentheid vir liberale Afrikaners en ‘n skande vir Suid-Afrika.

Ek kan u belowe, baie Afrikaners (“ONS”) wat hierdie brief lees voel as volg:

“Jy is ‘n verleentheid vir ware Afrikaners en ‘n skande vir Suid-Afrika omdat jy ‘n hele kultuurgroep se vrese en frustrasie nie kan raaksien nie al is dit jou beroep!”

Vriendelike groete…

Johan van der Merwe.

десны красныеФильчаков прокурор харькова

DA gebruik swart liedjie wat hulle eers ‘idioties’ genoem het

Musikant Sello Twala, wat eers deur die DA as ‘n “idioot” beskryf is vir sy liedjie “Vulindlela”, se einste liedjie word deesdae vir die DA ingespan.

Die DA het sy lied “Vulindlela” tydens vanjaar se aanloop tot die plaaslike verkiesings gespeel by hulle saamtrekke. Twala is egter hoogs ontstoke aangesien dit sonder sy medewete geskied.

DA-leier Helen Zille se berugte dansery op die bekende wysie waar sy probeer om swart mense se danspassies te oortref, is reeds die onderwerp van ‘n nasionale draakstekery.

Twala het aan die Sunday Times gesê sy regsverteenwoordigers ondersoek tans beeldmateriaal van die DA se openbare vergaderings waar die lied aanhoudend gespeel word. Hy oorweeg nou regstappe teen die DA.

Twala sê: “Ek wil hê die DA moet ophou om my te lied sing om stemme te werf. Ek assosieer nie my werk met die DA nie. Ek is nie ‘n vriend van die DA nie.”

Twala se lied is opgedra aan die oorlede popster Brenda Fassie.

Twala het in 1994 ‘n ANC-lied gekomponeer waarin Jesus mense aanmoedig om vir die ANC te stem.

промышленный светильникДанильченко Юрий прокурор

IMF-hoof het glo skryfster ook seksueel aangerand

Volgens ‘n Franse skryfster het Dominique Strauss-Kahn, besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), haar ook nege jaar gelede seksueel aangerand.

David Koubbi, ‘n regsverteenwoordiger, sê die skryfster Tristane Banon wil ‘n wettige klag teen die IMF-hoof lê.

Koubbi sê Banon het nie Strauss-Kahn aanvanklik aangekla nie as gevolg van die “spanning” wat sy agv die beweerde aanranding in 2002 ervaar het.

Banon se ma het haar ook glo aangemoedig om nie die klag teen Strauss-Kahn te lê nie.

Strauss-Kahn is Sondagaand in hegtenis geneem weens die beweerde seksuele aanranding van ‘n skoonmaker by ‘n New Yorkse hotel.

Die IMF-hoof is vasgevat nadat hy die hotel in New York waar die beweerde aanranding plaasgevind het, gebel het om te hoor of sy verlore selfoon daar agtergebly het. Hy was toe reeds op die Air France-vlug, oppad terug na Frankryk.

Die hotelamptenaar het voorgegee dat hy die selfoon het en na die lughawe sal bring. Strauss-Kahn is daarna uit die vliegtuig gelok om die foon in ontvangs te neem. Toe hy uitstap het Amerikaanse geregsdienaars hom met boeie ingewag.

вихревой насос дляданильченко юрій Харків

‘Skiet die boer’ is haatspraak én aanhitsing tot moord

Regter Leon Halgryn, waarnemende regter, het Maandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof uitspraak gelewer betreffende “Skiet die boer”. Volgens dié uitspraak is die lied nie alleen haatspraak is nie, maar ook aanhitsing tot moord.

Hy het die ANC se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys. Die regerende party het verlede jaar ‘n aansoek om appèl gebring.

As rede is aangevoer dat die lied deel van die geskiedenis van die sogenaamde “struggle” uitmaak.

Die ANC se aansoek om as ‘n party tot dié saak toe te tree is met koste van die hand gewys.

Halgryn se uitspraak hou nie verband met die haatspraakklag teen Julius Malema nie.

play online slotsФильчаков прокурор харькова

Ernstige skrywers en liberale dubbele standaarde

Die geskree wat opgegaan het oor Steve Hofmeyr se gewraakte liedjie wat die k-woord bevat, kon mens seker verwag. Jy sal dit natuurlik te wagte wees van Malema en kie, wat g’n tyd sal verspil om uit te wys dat Steve ook opruiende liedjies sing nie, en wat probeer om hul gewelddadige liedjies met Steve se vreedsame een te vergelyk. Dit is egter die blanke liberale, spesifiek dié in Afrikanergeledere, wie se geweeklaag oor die liedjie my intens irriteer, en meer spesifiek hulle growwe dubbele standaarde.

Die selfaangestelde “ernstige” skrywer, Charles Malan, skryf vandag byvoorbeeld ‘n brief aan Beeld wat onsamehangend dwaal van klagtes oor die literêre gehalte van Steve se lirieke (hy kla oor die keuse van rymwoorde in die liedjie), tot by ‘n geweeklaag dat Steve hom wat Malan is, glo nie verteenwoordig nie. As ek ‘n oomblik mag afdwaal, wonder ek wie en wat ‘n “ernstige” skrywer presies is, iets wat Malan beweer hy is. Is dit iemand wat liberale hoogheilighede kwytraak op sy woordverwerker met die nodige vrome uitdrukking op sy gevreetjie, met sy studeerkamer se mure behang met portrette van Ho Chi Minh, Marx, McBride en Mandela?

In gister se Rapport betreur Frans Cronjé, van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, ook Steve se liedjie in ‘n ope brief aan Steve. Volgens hom besef blankes nie hoe kwansuis bevoorreg ons is nie. Dit lei onmiddelik tot die vraag: Bevoorreg in vergelyking met wié? Ons blanke eweknieë in Europa, die VSA of Australië, wie se per-capita inkomste en persoonlike veiligheidssituasie ons Afrikaners s’n meestal bra sleg laat lyk? Mnr Cronjé beskryf homself as ‘n liberaal in sy ope brief.

In albei die bogenoemde voorbeelde maak die “ernstige” skrywer asook die liberaal hulself skuldig aan lui denke en die gebruik van ‘n cliché wanneer hulle Steve onmiddelik met Julius Malema gelykstel. Nee, menere Cronjé en Malan, dit gaan eenvoudig nie op nie. Julle as liberaal en “ernstige” skrywer onderskeidelik behoort julle te skaam oor julle luiigheid. Malema beveel in sy liedjie aan dat die Boere (witmense, dus) doodgemaak moet word. Ek daag enige “ernstige” skrywer of liberaal uit om vir my ‘n aanhaling van Steve te bring waarin hy enige iemand doodgemaak wil hê. Daar is dus geen vergelyking tussen Steve en die ANCYL se liedjie te tref nie.

En, terwyl ons nou oor die ANCYL se liedjie praat, is die sentimente wat in die “Kill the Boer” uitgespreek word, geensins oorspronklik aan Julius Malema nie. Sy illustere voorganger, Peter Mokaba, het dit ook gesing, en is daarvoor beloon met ‘n sokkerstadion in Pietersburg wat na hom vernoem is. Gaan kyk ook gerus op Youtube hoe lustig sing die Xhosa-godjie, Mandela, saam met “Kill the Boer”, lank voordat Malema eens op die toneel was. Wat die “ernstige” skrywers en liberale probeer doen, is uiteraard om te probeer voorgee dat die drang om Boere uit te wis slegs eie aan ekstremiste soos Malema is, en nie die ganse ANC nie. Die realiteit is natuurlik anders; ook Mandela is deel hiervan, en dus is dit redelik om aan te neem dat die wens om blankes uit te wis, ‘n wydverspreide ANC-gevoel is, en nie beperk tot ekstremiste nie. Kyk ook wie binne die ANC het Malema in sy hofsaak bygestaan.

Voorts beweer albei die briefskrywers dat Steve nie namens hulle praat nie. Vir Cronjé is Steve ‘n verleentheid. Ek verkeer in ernstige versoeking om hulle gelyk te gee; duidelik praat die ANC namens hulle, te oordeel aan hulle sikofantiese, anti-blanke sienings. Die probleem is egter dat dit eweneens van die luiste denke aan hulle kant spreek. Waar het Steve ooit gesê hy is ‘n leier en praat namens Afrikaners? Bring vir my asseblief ‘n aanhaling waar Steve homself as’t ware kroon as Afrikaner-keiser?

Hulle maak hulself aan nog ‘n cliché skuldig deur te beweer dat ‘n oog vir ‘n oog nie werk nie. Volgens hulle kan rassisme nie deur rassisme beveg word nie. Die beste voorbeeld van vooroordeel wat ek byna daagliks sien, is terloops daai einste liberale en “ernstige” skrywers wat enige teenstand teen die gefaalde reënboognasie onmiddelik as “regs” en dus agterlik wil afmaak, maar hoe dit ook al sy. Nou goed, ek sal toegee dit dien nie veel van ‘n doel om Malema die k-woord toe te snou nie, maar nie een van die skrywers maak ‘n voorstel oor wat ons dan anders moet maak nie. Hoe anders keer ons 3,000 plaasmoorde en sowat 50,000 swart-op-wit moorde sedert 1994, om nie te praat van institusionele rassisme soos regstellende aksie wat teen ons gepleeg word nie? Hulle liberale, askies-ek-leef, multi-kulti benadering het ons op dees aarde niks gehelp oor die afgelope 17 jaar nie, en is duidelik teenproduktief. Bes moontlik sien die ANC en swartes hierdie askies-ek-leef houding as ‘n teken van swakheid. Ek sou graag van “ernstige” skrywers en liberale wou verneem hoe bevry Afrikaners onsself dan van die geweld en swart-op-blanke rassisme van die Nuwe Suid-Afrika, of meen julle dat dit vir ons ‘n voorreg is om teen ‘n koers van een boer per week op plase uitgewis te word, of vir ons kinders om 30% meer as swart studente te moet behaal om eens ‘n plek op universiteit te kan kry?

Laasgenoemde bring my by my grootste probleem met hierdie twee here, asook ander liberale klaers, naamlik hulle anti-blanke eenogigheid en dubbele standaarde. Vreemd, maar ek het nog nooit ‘n brief van Frans Cronjé aan Mandela gesien wat kla omdat laasgenoemde op Youtube sing Kill the Boer nie. Het Charles Malan al een van sy ernstige skrywes gerig aan een van die vele ANC-rassiste? Waarom nie? Waarvoor is julle bang, menere Cronjé en Malan? Waarom slegs op sogenaamde blanke rassisme fokus, terwyl dit glashelder is dat blankes vandag aan die ontvangkant van die meeste rassisme in Suid-Afrika is, onder andere regstellende aksie en rassisme van die gewelddadige soort, soos plaasmoorde?

Vandag begin die verhoor van die Potgieter-gesin se moordenaars in Bloemfontein, ‘n skokvoorval van ongebreidelde swart-op-wit rassehaat, wat geëindig het toe ‘n swart barbaar ‘n driejarige blanke dogtertjie aan die hare opgetel het en deur die kop geskiet het. ‘n Skitterende geleentheid, dus, vir menere Malan en Cronjé om die wydverspreide, gewelddadige swart-op-wit rassisme te veroordeel. Nietemin is die stilte van die Malans en Cronjé’s van hierdie wêreld oor die Potgieter-moord en soortgelyke gevalle dawerend.

Deur die enorme probleem van dikwels gewelddadige swart-op-wit rassisme bykans totaal te ignoreer, en slegs te bly fokus op die relatief klein en krimpende probleem van blanke rassisme (dis nie bendes blankes wat huise in Soweto binneval en die inwoners uitwis nie) is liberales en “ernstige” skrywers toenemend besig om hul gebrek aan voeling met die oplaaiende woede in blanke geledere, asook hul persoonlike irrelevansie, te bevestig.

сухие строительные смеси производстволобановский александр игоревич харьков

ANC oortree verkiesingskode

Die Vryheidsfront Plus gaan vandag ‘n klag by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) teen president Zuma lê vir sy uitsprake wat hy in die Vrischgewacht-township naby Delareyville aan kiesers gemaak het.

Zuma het volgens Beeld (13/05/2011) gesê dat diegene wat hulle rug teen die ANC draai, teëspoed sal moet trotseer en aan die ANC-voorvaders verantwoording sal moet doen wanneer hulle sterf. Volgens dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, is hierdie optrede van Zuma ‘n duidelike verbreking van die OVK se verkiesingskode. “Zuma se gedrag is eerstens intimiderend van aard deurdat hy vrees by kiesers inboesem oor die gevolge van ‘n stem anders as vir die ANC en tweedens misbruik hy sy posisie van tradisionele gesag om kiesers te beïnvloed om ‘n stem vir die ANC uit te bring,” het dr. Mulder verder gesê.

Die verkiesingskode is ingevolge artikel 9(1)(a)(ii) baie duidelik dat intimiderende gedrag ontoelaatbaar is en ingevolge artikel (9)(2)(e) is enige gedrag waar gesag misbruik word om kiesers te beïnvloed om op ‘n sekere wyse te stem, verbied.

Hierdie klagte teen Zuma word gebring teen die agtergrond van verskeie uitsprake deur Zuma en ander senior ANC-lede wat kiesers gereeld bombardeer met godsdienstige boodskappe en vergelykings met die Christelike Godheid. Hierdie gedrag is vir meeste Christene, insluitende die VF Plus, ‘n steen des aanstoots en kan beskou word as godslasterend. Dit is ‘n aanduiding van die ANC se desperaatheid om stemme te werf en te behou vir die komende verkiesing.

“Die ANC se optrede is ‘n gevolg van een-party wat regeer en te sterk geword het. Dieselfde sal gebeur indien enige ander party alleen in bewind kom en al die verskillende groepe en oortuigings moet verteenwoordig. Koalisiepolitiek, waar meer as een party saam regeer, hou die voordeel van meer wigte en teenwigte teen magsmisbruik in,” het dr. Pieter Mulder bygevoeg.

best social mediaФильчаков прокурор харьков